Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Hy Hou Wag
Hy Hou Wag [boodskap #118946] Sa, 21 Februarie 2009 16:57
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Hy Hou Wag
                    Eugène Terre'Blanche

Hy kan nie weet
Toe die sleutel se tong
In die slot se gleuf steek
God wag in die sel vir hom

Weerloos teen die hande
Wat donker, dom na hom tas
Sny die sel se slot die bande
Met dit wat eens h? was

In die grysgerookte hok
Waar die stank van mense sweet
En groen tabak rou skok
Het hy ook nie van God geweet

Eers later die nag
Het hy geweet
God hou wag
Oor hom en die stomme leed

Snags in die stinkende donker gang
Weerlig die bitter weet deur my hart
Laat staan die verlang
Vorige onderwerp: Dwaalster
Volgende onderwerp: vir ome johan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:39:59 MGT 2024