Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die vermetele boemelaar
Die vermetele boemelaar [boodskap #118490] Vr, 28 November 2008 08:25
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'n Klop aan die voordeur van my ma se huis. vroeg oggend. Toe sy die
deur oopmaak staan daar 'n middeljarige wit man in versloste klere en
'n baard. Hy groet in enkele woorde en vra vir " 'n sny brood met vye
jam."

My ma laat hom toe natuurlik voor die deur staan en sê sy sal gaan kyk
wat daar is. Toe sê hy sy moet gou maak want hy's haastig. Hy't "nie
die heel dag tyd nie."
Sy het dit geïgnoreer en maak toe twee toebroodjies (4 snye) met koue
ham.

Toe sy uitstap en dit vir hom, toegedraai en in 'n paperbord, gee, vra
hy of sy dink hy moet die heel dag wag. En hy het jam gevra. "Wat is
daarop?"

My ma is 83 jaar oud, woon alleen in haar huis, en is oorspronklik 'n
plaastannie met die geduld en medemenslikheid van die plaasboere,
maar daar is darem perke ook. Sy sê as sy geweet het hy gaan so
onbeskof wees het sy vir hom droë brood gegee.
Hy moet die brood vat en loop.

Die bliksem vra toe of hy dit droog moet eet. Daar's dan nie eens
koffie by nie! Sy sê toe hy moet wag, sy sal gaan koffie maak. Sy
draai toe om en stap weer in.

Toe bars hy uit van die lag. Toemaar tannie, sê hy proestend van die
lag. En Jan, die loodgieter, ook een van ons skoolmaats, wat twee
huise daarvandaan woon en die petalje van agter 'n heining in sy erf
dopgehou het, stap laggend nader. Een van ons skoolmaats van toeka
se jare, wat vir die loodgietervriend gekuier en met iets gehelp het,
wat die verslonste klere tot gevolg het. En toe hy hoor die tannie wat
daar woon is een van sy ma se gewese vriendine, was die grap
onvermydelik.

Natuurlik is die 'boemelaar' toe ingenooi vir koffie en beskuit:-)
Vorige onderwerp: Die belangrikheid van 'n tweede taal...
Volgende onderwerp: Die poepwedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:02:31 MGT 2024