Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Hoever word SA geaffekteer deur die ekonomiese tsunami
Hoever word SA geaffekteer deur die ekonomiese tsunami [boodskap #118452] Do, 20 November 2008 13:12 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vantevore al die vraag gevra - hoeveel word SA geaffekteer
deur die onlangse finansiële skokgolwe wat die wêreld tot in sy
fondamente skud. As ek so vir Beeld op die internet lees, dan
lyk dit of baie min aangaan wat stof tot vrees is. Ek weet dat die
huismark deur die situasie getref is, maar verder kan ek geen teken
sien dat dit die nuus van die dag is, soos dit hier in Noord-Amerika
is. Alhoewel Kanadese banke nie drasties geaffekteer was deur die
aanvanklike skommelinge nie ( omdat hulle konserwatief opereer
en daar streng reëls is wat hulle praktyke reguleer) begin ons nou
die pyn voel. Baie van die karre wat die drie groot karmakers
vervaardig, word hier in Kanada net oor die grens aanmekaargesit
en dan na die VSA uitgevoer. As een of meer van die karmakers
nou bankrot speel, dan sal dit veral Ontario se ekonomie
katastrofies affekteer. Dit is daarom dat die Kanadese regering
oorweeg om ook te help met die "bail-out" waarvoor hulle nou
vra.

Gloudina
Re: Hoever word SA geaffekteer deur die ekonomiese tsunami [boodskap #118453 is 'n antwoord op boodskap #118452] Do, 20 November 2008 20:23 Na vorige boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
On Nov 20, 3:12 pm, Hessie wrote:
> Ek het vantevore al die vraag gevra - hoeveel word SA geaffekteer
> deur die onlangse finansiële skokgolwe wat die wêreld tot in sy
> fondamente skud. As ek so vir Beeld op die internet lees, dan
> lyk dit of baie min aangaan wat stof tot vrees is. Ek weet dat die
> huismark deur die situasie getref is, maar verder kan ek geen teken
> sien dat dit die nuus van die dag is, soos dit hier in Noord-Amerika
> is. Alhoewel Kanadese banke nie drasties geaffekteer was deur die
> aanvanklike skommelinge nie ( omdat hulle konserwatief opereer
> en daar streng reëls is wat hulle praktyke reguleer) begin ons nou
> die pyn voel. Baie van die karre wat die drie groot karmakers
> vervaardig, word hier in Kanada net oor die grens aanmekaargesit
> en dan na die VSA uitgevoer. As een of meer van die karmakers
> nou bankrot speel, dan sal dit veral Ontario se ekonomie
> katastrofies affekteer. Dit is daarom dat die Kanadese regering
> oorweeg om ook te help met die "bail-out"  waarvoor hulle nou
> vra.
>
> Gloudina

Gloudina

Ek wonder hoeveel mense wat gereeld hier deelneem jou regtig sal kan
sê. Ek dink Dave is in besigheid, dus sal hy dalk kan. Trevor Manual
en die Ekonome op RSG praat in verskillende rigtings. Die grootste
probleem is dat dinge in Suid-Afrika gewoonlik 'n hele ruk neem om te
reageer, maar daar is alreeds groot probleme wat die gewone mense en
kleiner besighede raak; die huis- en motormark, landbou, pryse, sprake
van afdankings oor 'n wye spektrum ens ens ens. Lees die Sake bylaag
van Beeld. Ek het nog nooit probeer nie, dus weet ek nie of mens dit
op die Internet kan doen nie. Seker darem.

Drom
Vorige onderwerp: Finansieële krisis
Volgende onderwerp: die rente is 'wettig'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:34:37 MGT 2024