Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oom Sampie se Afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN
" Oom Sampie se Afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #118346] Vr, 29 Augustus 2008 15:11
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman

dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand ‘n toemaakding

dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg lê dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak

dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek lê my hoof vir oulaas neer.
Vorige onderwerp: " Die Laaisel van die Sonbesie " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Pella lê 'n kruistog ver " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:39:53 MGT 2024