Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " "Reën " deur ERNST VAN HEERDEN
" "Reën " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #118322] So, 17 Augustus 2008 11:56
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Reën
Ernst van Heerden
"Amulet teen die vuur"
(1987)

Ons twee het teen die berg
gaan hardloop - blymoedig
en vol gees en tog behoedsaam
vir bedekte gate, die verskuilde slang -
toe die reën skielik uitsak
en slierte mis teen die hange
'n stuiwende verkwikking
oor skouers, neus en hare bring.

Jy was fanaties oor die fiksheid,
stip en streng oor elke oefenloop -
verstaanbaar ook dat dié dissipline
so maklik jou bynaam Kaptein kon kweek.
Ons moes 'n klein kwartiertjie
teen die vlae onder 'n rotsbank skuil,
die deurweekte truie uitskud
en mekaar laggend betrag;
op jou bruin skouer was 'n dun strepie bloed,
deur 'n tak in die haas as spoor gelaat,
maar ek het net 'n blasie op die hakskeen
vir jou versorging opgedoen -
dit alles
met die heerlike prikkeling én verdowing
van siftende water en siftende water...

Soveel jare sedertdien laat my wonder
of jy ooit met jou drieluik-seuns
- prokureur, dosent en predikant -
gaan hardloop in die reën.
Vorige onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Die Laaisel van die Sonbesie " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:58:59 MGT 2024