Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedigte deur PHILIP DE VOS
Gedigte deur PHILIP DE VOS [boodskap #118293] Do, 07 Augustus 2008 14:49 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS

Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland

Hallo walvis
hoesie water?

Nat, ou pellie,
sien jou later!

Skilpad kan nie sing nie
Skilpad kan nie spring nie
Stom
en
stadig
stap
hy aan
waar sy skilpadpad mag gaan.

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Ek sal
vir jou
'n appel pluk;
twee vere
en 'n roos.
Die appel
en die roos
is net
'n soetigheid
vir nou.
Die pouveer
en makouveer
is vir
more se onthou.

Wees dankbaar
vir 'n bleskop
waar skilfers
nooit
kan nesskop.

Hou poedels
van noedels
van pap
en polonie?
Ek glo nie.

Maar kaviaar
en Crepes Suzette?
You bet!
Re: Gedigte deur PHILIP DE VOS [boodskap #120285 is 'n antwoord op boodskap #118293] Sa, 28 Mei 2016 06:07 Na vorige boodskap
darhita...  is tans af-lyn  darhita...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2016
Karma: 0
Junior Lid
On Thursday, 7 August 2008 16:49:42 UTC+2, Hessie wrote:
> GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS
>
> Rolbos
> is 'n tolbos,
> 'n hardloop-
> spring-
> en hol-bos.
> Soek jy hier
> dan is hy daar -
> weggewaai
> tot
> wieweetwaar:
> oor die berg
> en oor die rant
> weggewaai
> tot
> annerland
>
>
> Hallo walvis
> hoesie water?
>
> Nat, ou pellie,
> sien jou later!
>
>
> Skilpad kan nie sing nie
> Skilpad kan nie spring nie
> Stom
> en
> stadig
> stap
> hy aan
> waar sy skilpadpad mag gaan.
>
>
> Die liedjie
> van my rietfluit
> my gonnie-piet-
> verdriet-fluit
> het niks
> het niks
> van die
> ret-tet-tet
> van die
> luister-hoe-ek-
> skree-trompet,
> het niks
> het niks
> van die
> rom-tom-tom
> van die
> hier's-ek-weer-
> met-my-
> trommel-trom;
> hy't net
> hy't net
> die fyn verdriet
> die fyn verdriet
> van die fluitjiesriet
>
>
> Ek sal
> vir jou
> 'n appel pluk;
> twee vere
> en 'n roos.
> Die appel
> en die roos
> is net
> 'n soetigheid
> vir nou.
> Die pouveer
> en makouveer
> is vir
> more se onthou.
>
>
> Wees dankbaar
> vir 'n bleskop
> waar skilfers
> nooit
> kan nesskop.
>
>
> Hou poedels
> van noedels
> van pap
> en polonie?
> Ek glo nie.
>
> Maar kaviaar
> en Crepes Suzette?
> You bet!
Vorige onderwerp: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)
Volgende onderwerp: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:24:25 MGT 2024