Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Elegie " deur HENNING PIETERSE
" Elegie " deur HENNING PIETERSE [boodskap #117941] Do, 26 Junie 2008 15:17
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
ELEGIE
Henning Pieterse

Die bougainvillaea bloei ‘n vrolike rooi,
het jy die dag gesê voor jy weg is.
Ook: ek verstaan jou nie. Verstaan jou nie.

Langsaan het spreeus
die pruimboom kaal gesteel.
Hulle het soos ek dit nie verstaan nie.

Die formasies van voëls in die rooi middae
kon ek natrek
en die niks bewonder.

Tussendeur het jy laat weet van bloed
wat opdroog. Droë blomme
kon ek nooit begryp nie.

Op ‘n dag vat die jakaranda
blou vlam by die venster
sonder dat hy dit verstaan.

Toe was die bougainvillaea uitgebloei.
Sy hang, sonder om te verstaan,
tussen spreeus in die jakaranda.
Vorige onderwerp: " 2.4. " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Uys Krige - "Die seemeeu"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:51:21 MGT 2024