Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig deur AG Visser  () 1 stem
Gedig deur AG Visser [boodskap #117798] Ma, 23 Junie 2008 12:21
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
O gonna, ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag
Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom, die gort is gaar.

Dit knal en dit kraak en my derms kreun...
Toe los ek 'n poep wat die galery laat dreun!
Die mense kyk om en ek bloos bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil, sy oë omgedop
Die vrou reg agter se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die bulderende klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank..

Party begin te hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig, net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai...

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan.

Ek spring met mening op om te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tien pond drol
Die ouderling kom nader, sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n nog groter bol kak

My broek is nat en die pype staat wyd
so het ek laas myself as kind beskyt!
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die "cheek" om my kop tussen my bene te steek!

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
Hy druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer-
As jou maag wil werk, sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poepol blom
Sorg dat jy vinnig, ja vinnig, by die kakhuis kom!
Vorige onderwerp: Villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Volgende onderwerp: " 2.4. " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:21:55 MGT 2024