Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winterpad " deur ANDRÉ LE TOIT
" Winterpad " deur ANDRÉ LE TOIT [boodskap #117514] Ma, 02 Junie 2008 20:43
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
WINTERPAD (uit “Die Bar op de Aar)
André le Toit

Ek wil my deken met jou deel
Daar’s prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar’s pinball-games diep in jou oë
Daar’s twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het ‘n vark gery
Maar jy’s vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep ‘n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.
Vorige onderwerp: " Seekoevlei " deur N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: Uit " Blom van die Baaierd " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:35:45 MGT 2024