Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » sommer so terloops
sommer so terloops [boodskap #117323] Ma, 19 Mei 2008 18:29
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Vir die wat na die nuus gekyk het en gesien het dat ons slangpark gaan
verskuif. My vrou en ek was gister by die vertoning waarvan op TV
vertel is, en ek sê 'verskuif' want ons was by waar Craig Smith gehuil
en gesê het dat die slangpark, na 70 jaar, gaan toemaak. Hy en en vrou
het besluit om nie voort te gaan met die gevg nie.

Goodbye for snakes
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=14& art_id=vn20080519092138516C465405

Ek het dit nog nie gelees nie, sal dit netnou doen, maar hy het gister
vertel dat hy as kind daar begin werk het, en nou mede-eienaar is.
Die stadsraad wil om verskeie (elke koerant noem dit anders) redes nie
kontrak hernu nie. Na sewentig jaar. Die tweede oudste slangpark in
die land. Tweede teen slegs die van Port Elizabeth.

Gister het ek daar gesien hoe 3 klein waterskilpaaie 'n hoender afneem
by 'n sowat 2 meter krokodil. Maar hulle was drie, onthou! (Daar is
baie meer van hulle saam met hom in die poel, maar drie het hom gepak
vir die hoender. En sy (die krokodil se naam? Steve:-)

Ons was daar op uitnodiging van die bestuur, want die vertoning is
gereël vir gistermmiddag 2 uur, en vele besware is geteken, en hulle
wou natuurlik so veel as moontlik mense daar hê, maar die slangpark
sal nie veel langer daar wees nie.

Ek het gesê 'verskuif' want Graig het, toe ek hom gevra het, gesê dat
dit 'n verskuwing sal wees en nie toemak nie. Hulle moes vandag uit
wees. Met 4000 diere. Nou word daar ernstig na plek vir die diere
gesoek. Hopelik tydelik, sodat die slangpark weer sal kan voortgaan.
Vorige onderwerp: Haaihokke....
Volgende onderwerp: Manx katte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:18:15 MGT 2024