Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Roomse of Katolieke Kerk?
Roomse of Katolieke Kerk? [boodskap #117105] Wo, 07 Mei 2008 11:55 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Wie oplettend lees, sou gemerk het dat ek praat van "Roomse Kerk" en nie van
"Katolieke Kerk" of "Rooms Katolieke Kerk" nie.

Die Roomse Kerk eien vir homself wederregtelik die naam "katoliek" voor.
Die woord "katoliek" beteken "algemeen" soos in "heilige, algemene,
Christelike kerk".

Die Roomse maak verkeerdelik daarop aanspraak dat hulle die enigste
saligmakende kerk is - dat hulle en net hulle die "algemene" kerk is! - en
dat daar buite die Roomse geen saligheid is nie.

Dis twak!!! Dis nie die kerk wat mens salig maak nie, dis geloof in Jesus
Christus. Die "algemene" kerk omvat all ware gelowiges, ongeag aan watter
kerk hulle behoort, en nie net die lidmate van een bepaalde kerk nie.

Op voetspoor van al die gereformeerde vaders weier ek om aan die Roomse die
erkenning te gee waarop hulle wederregtlik aanspraak maak.
Dis "Roomse Kerk" net "Roomse Kerk" en niks anders as "Roomse Kerk" nie.
Re: Roomse of Katolieke Kerk? [boodskap #117113 is 'n antwoord op boodskap #117105] Wo, 07 Mei 2008 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Die Roomse maak verkeerdelik daarop aanspraak dat hulle die enigste
> saligmakende kerk is - dat hulle en net hulle die "algemene" kerk is! - en
> dat daar buite die Roomse geen saligheid is nie.

Ek opper beswaar teen hierdie lasterlike woorde
wat oor die Katolieke Kerk uitgespreek word. Die
Katolieke kerk maak nie aanspraak dat hulle die
enigste saligmakende kerk is nie. Dis dié soort
politiek-speel met godsdiens wat sommige
Protestantse kerke 'n slegte naam gee. Eintlik
is dit lede van die kerke wat hierdie soort
politiek speel. Hulle vergeet dat hulle, wanneer
dit hulle beurt is, ook predik dat net mense wat
soos hulle glo, "gered" kan word.
Sover ek kan sien, reik die Katolieke Kerk
met deernis na die Dalai Lama uit. Laat dit
'n les vir almal wees.

Gloudina
Re: Roomse of Katolieke Kerk? [boodskap #117116 is 'n antwoord op boodskap #117113] Wo, 07 Mei 2008 12:58 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Die Roomse maak verkeerdelik daarop aanspraak dat hulle die enigste
> saligmakende kerk is - dat hulle en net hulle die "algemene" kerk is! - en
> dat daar buite die Roomse geen saligheid is nie.

Ek opper beswaar teen hierdie lasterlike woorde
wat oor die Katolieke Kerk uitgespreek word. Die
Katolieke kerk maak nie aanspraak dat hulle die
enigste saligmakende kerk is nie. Dis dié soort
politiek-speel met godsdiens wat sommige
Protestantse kerke 'n slegte naam gee. Eintlik
is dit lede van die kerke wat hierdie soort
politiek speel. Hulle vergeet dat hulle, wanneer
dit hulle beurt is, ook predik dat net mense wat
soos hulle glo, "gered" kan word.
Sover ek kan sien, reik die Katolieke Kerk
met deernis na die Dalai Lama uit. Laat dit
'n les vir almal wees.

Gloudina

Jy's is nie net eenogig nie, jy's boonop ook dikvellig!!!

Ek het jou in geen onsekere taal laat verstaan dat ek nie bereid is om
verder met jou te korrespondeer nie tensy jy toon dat jy bereid is om ook
die ander kant van 'n saak raak te sien EN te erken as jy verkeerd is.

Maar jy's soos 'n lastige vlieg wat net nie weggewaai wil word nie - wat
elke keer terugkom om met haar vuil pote te kom sit waar sy nie welkom is
nie en haar vrot eiers te lê wat maaiers uitbroei en alles bederf.

Kry nou die boodskap, Antie!
1) Ek stel nie belang in jou Bhuddistiese twak nie (ek twyfel of hier
enigiemand anders is wat daarin belang stel),
en 2) ek stel nie belang om met iemand te gesels wat sulke tonnelvisie het
soos jy nie - wat nie die vermoë en/of grootmoedigheid besit om die ander
kant van die munt raak te sien nie.
Vorige onderwerp: Buchan se lekker roomys...
Volgende onderwerp: My Probleem met die Bybel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:21:17 MGT 2024