Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kontras " deur A.D. KEET
" Kontras " deur A.D. KEET [boodskap #117064] So, 04 Mei 2008 13:39
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kontras
Kersmis 1914

A.D. Keet

Wit is die wêreld,
Wit van die sneeu;
Bokant die water
Sweef daar ‘n meeu.
Blou is die hemel,
Nergens ‘n wolk;
Oral is vrede
Rondom die kolk.

Spierwitte wêreld,
Diep in jou siel
Sug jy en smag jy
Om te verniel;
Skyn is jou vrede,
Donker jou hart.
Jy is maar bly oor
Ander se smart!
Vorige onderwerp: " Fragmente uit TRAM-ODE " deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: " Mériba " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:54:13 MGT 2024