Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Die blackberry
Die blackberry [boodskap #116990] So, 27 April 2008 23:03 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die grootste uitvinding om uit Kanada te kom, is
onteenseglik insulin, vir die eerste keer gebruik
deur Banting en Best in Toronto.
Maar deesdae lyk dit vir my asof die black-
berry, ook 'n maaksel van Kanada, die wiele van
die wêreld olie. Toe een van ons kinders onlangs
in Engeland begin werk het, is hy die eerste
dag voorsien van 'n blackberry. 'n Ander kind,
'n staatsdiensamptenaar wat sopas om die
wêreld gereis het op 'n leierskursus, het gevind
dat sy blackberry amper oral waar hy gegaan het,
gewerk het - in Jerusalem, by die Dooie See,
in Kairo, Bangkok, Hong Kong en selfs in die
landelike provinsies van Sjina. Die enigste plek
waar hulle gewaarsku is dat dit nie sou werk nie,
was in Jordanië.
Die blackberry is die maaksel van Research
in Montion, waarvan die hoofkwartier in Waterloo
in Ontario is. Omdat dit taamlik duur is om
maandeliks daarvoor te betaal, was dit net gebruik
deur veral staatsdiensamptenare. 'n Paar jaar
gelede, toe daar 'n patent-wetsaksie teen Research in
Motion in die VSA was, het die Federale Regering
spesiaal versoek dat daar geen onderbreking in die
diens moes wees nie, want die hele Amerikaanse
Federale staatsdiens sou daaronder ly.
Nou egter word dit algemeen gebruik deur
die man in die straat. Selfs die IPod, wat veronderstel
was om kompetisie te wees, kon nie 'n duik in die
sukses daarvan maak nie, en Research in Montion
se stockprice styg eenvoudig fenomenaal.
Daar is natuurlik 'n negatiewe invloed
wanneer iemand aanhoudend eposse kan ontvang,
aangekondig deur 'n vibrasie in sy middelrif. Dit
beteken dat die werker soos met 'n naelstring aan
sy kantoor verbind word, en alle tye van die dag
gekontak kan word.
Ek wonder, word die blackberry in SA
gebruik? Ek kan nie sien hoekom nie, veral as
dit in Sjina werk.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #116993 is 'n antwoord op boodskap #116990] Ma, 28 April 2008 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:63828928-9bbd-4355-872c-77062fe68cc0@y21g2000hsf.google groups.com...
Omdat dit taamlik duur is om
maandeliks daarvoor te betaal, was dit net gebruik
deur veral staatsdiensamptenare. 'n Paar jaar
gelede, toe daar 'n patent-wetsaksie teen Research in
Motion in die VSA was, het die Federale Regering
spesiaal versoek dat daar geen onderbreking in die
diens moes wees nie, want die hele Amerikaanse
Federale staatsdiens sou daaronder ly.

----'n Lekker voorbeeld van die vermorsing van die belastingbetaler se geld?
Het dit enigsins die dienslewering van die staatsdiens beter gemaak? Die
Blackberry is al 'n ou storie! 'n PDA, is dit nie?
Re: Die blackberry [boodskap #116994 is 'n antwoord op boodskap #116993] Ma, 28 April 2008 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
.
  Die
> Blackberry is al 'n ou storie!   'n PDA, is dit nie?

Waarvoor staan PDA? Wat is dit?

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #116998 is 'n antwoord op boodskap #116994] Ma, 28 April 2008 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c1d30e69-2bec-4e81-8cd4-2906bc9c8e73@26g2000hsk.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf
.
Die
> Blackberry is al 'n ou storie! 'n PDA, is dit nie?

Waarvoor staan PDA? Wat is dit?

Gloudina
Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is. Nes die
Blackberry. Jy kry nou alle vorme van die ding. Daar is die wat 'n
verkuilde keyboard het wat sigbaar raak as jy hom oopskuif....soos in
horsiontaal en as jy hom vertikaal opskuif, dan's dit die telefoon se
nommers. Dit is egter lankal nie meer iets snaaks nie. Meeste reps wat
ons sien, werk daarop. Hulle vat die bestelling en stuur hom sommer so op
sy PDA via die internet na sy leweransier toe.
Re: Die blackberry [boodskap #116999 is 'n antwoord op boodskap #116998] Ma, 28 April 2008 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek dog dat 'PDA' staan vir 'Pos Die Antie'?

Jan van Perth

"Suidwester" skryf in boodskap news:y7mdnZBaYJkJU4jVnZ2dnUVZ8sOonZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:c1d30e69-2bec-4e81-8cd4-2906bc9c8e73@26g2000hsk.googleg roups.com...
> "Suidwester" skryf
> .
> Die
>> Blackberry is al 'n ou storie! 'n PDA, is dit nie?
>
> Waarvoor staan PDA? Wat is dit?
>
> Gloudina
> Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is. Nes
> die Blackberry. Jy kry nou alle vorme van die ding. Daar is die wat 'n
> verkuilde keyboard het wat sigbaar raak as jy hom oopskuif....soos in
> horsiontaal en as jy hom vertikaal opskuif, dan's dit die telefoon se
> nommers. Dit is egter lankal nie meer iets snaaks nie. Meeste reps wat
> ons sien, werk daarop. Hulle vat die bestelling en stuur hom sommer so
> op sy PDA via die internet na sy leweransier toe.
>
Re: Die blackberry [boodskap #117001 is 'n antwoord op boodskap #116999] Ma, 28 April 2008 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haaaa-haaaa! 10 uit 10, man!
"Daniel le Roux" wrote in message
news:4815d8c4$0$8157$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.ne t.au...
> Ek dog dat 'PDA' staan vir 'Pos Die Antie'?
>
> Jan van Perth
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:y7mdnZBaYJkJU4jVnZ2dnUVZ8sOonZ2d@saix.net...

>> "Hessie" wrote in message
>> news:c1d30e69-2bec-4e81-8cd4-2906bc9c8e73@26g2000hsk.googleg roups.com...
>> "Suidwester" skryf
>> .
>> Die
>>> Blackberry is al 'n ou storie! 'n PDA, is dit nie?

>> Waarvoor staan PDA? Wat is dit?

>> Gloudina
>> Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is. Nes
>> die Blackberry. Jy kry nou alle vorme van die ding. Daar is die wat
>> 'n verkuilde keyboard het wat sigbaar raak as jy hom oopskuif....soos in
>> horsiontaal en as jy hom vertikaal opskuif, dan's dit die telefoon se
>> nommers. Dit is egter lankal nie meer iets snaaks nie. Meeste reps
>> wat ons sien, werk daarop. Hulle vat die bestelling en stuur hom sommer
>> so op sy PDA via die internet na sy leweransier toe.

>
Re: Die blackberry [boodskap #117002 is 'n antwoord op boodskap #116999] Ma, 28 April 2008 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" skryf

> Ek dog dat 'PDA' staan vir 'Pos Die Antie'?

So jy lewe ook nog? Ken julle die blackberry
in Australië? Ons seun was daarmee in
New Zealand 'n jaar of wat gelede en dit
het daar gewerk.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117007 is 'n antwoord op boodskap #116998] Ma, 28 April 2008 23:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is.   Nes die
> Blackberry.   Jy kry nou alle vorme van die ding.  

Beste om blackberry op Google in te tik
en te sien wat dit werklik is. Dit lyk vir
my hulle noem dit 'n smartphone, maar
as ek reg onthou, was die blackberry
se eerste edisie sonder foonkapabiliteit.
Dit word hoofsaaklik gebruik vir sy
email lewering. Ek merk dat mens
lang briewe op die blackberry kan lees.
Dit is dus nie net vir SMS nie.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117008 is 'n antwoord op boodskap #117007] Di, 29 April 2008 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Apr 2008 16:57:52 -0700 (PDT), Hessie wrote:
> "Suidwester" skryf
>
>> Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is. Nes die
>> Blackberry. Jy kry nou alle vorme van die ding.
>
> Beste om blackberry op Google in te tik
> en te sien wat dit werklik is. Dit lyk vir
> my hulle noem dit 'n smartphone, maar
> as ek reg onthou, was die blackberry
> se eerste edisie sonder foonkapabiliteit.
> Dit word hoofsaaklik gebruik vir sy
> email lewering. Ek merk dat mens
> lang briewe op die blackberry kan lees.
> Dit is dus nie net vir SMS nie.
>
> Gloudina

*
en as jy dit op Google in tik, sal jy heelwaarskynlik die volgende
beskrywing daarvan kry:

>
@rogers.com

Sep 27 2003, 3:34 pm
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Local: Sat, Sep 27 2003 3:34 pm
Subject: Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries

"Jonas" wrote

> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
> Klink nie so nie.

Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar,
waarop jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan
surf.
Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie
staatsdiensamptenare wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking
moet kom. Dit word vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. (
Die Universiteit van Waterloo is een van die beste vir
Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) (
Waterloo is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto,
in 'n area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe
Mennoniete glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart
kapkarretjies selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle
karre aanskaf, is dit gewoonlik swart. Een van die
toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo kry, is om op 'n Sondagmôre na
een van hulle kerkies in die omgewing te gaan en dan te sien hoe al
die swart kapkarretjies aan die een kant geparkeer is, en al die swart
taamlike duur motors aan die anderkant.)

Gloudina

Ellie

Sep 27 2003, 3:51 pm
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
From: "Ellie"
Date: Sat, 27 Sep 2003 13:51:27 GMT
Local: Sat, Sep 27 2003 3:51 pm
Subject: Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries

Gloudina, ek wou ook nog net se, dis net jy wat n storie kan begin oor
n elektroniese apparaat, en kan eindig met die Mennoniete se swart
kapkarretjies :-))) Praat van afdwaal, ek dog ek is die ergste, maar
jy kom n close tweede!
Re: Die blackberry [boodskap #117009 is 'n antwoord op boodskap #117007] Di, 29 April 2008 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:388cb69f-c223-4fdb-835c-df0a0b346efa@r66g2000hsg.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> Nie seker nie....maar dis 'n klein rekenaar wat ook 'n selfoon is. Nes die
> Blackberry. Jy kry nou alle vorme van die ding.

Beste om blackberry op Google in te tik
en te sien wat dit werklik is. Dit lyk vir
my hulle noem dit 'n smartphone, maar
as ek reg onthou, was die blackberry
se eerste edisie sonder foonkapabiliteit.
Dit word hoofsaaklik gebruik vir sy
email lewering. Ek merk dat mens
lang briewe op die blackberry kan lees.
Dit is dus nie net vir SMS nie.

Gloudina
----Presies wat ek gesê het, dis 'n klein rekenaar, deesdae met goed soos
GPS in, ens. Al die PDA's doen dit, die een dalk met meer funksies as die
ander. BlackBerry het definitief nie die monoplie op die mark nie. Jy
reken dis beter as die iPod, maar jy praat sekerlik van die iPhone van
Apple, maar die BlackBerry werk met knoppies en iPhone werk met 'n
touch-panel en sover ek weet was hulle die eerste wat uitgefigure het hoe om
te verhoed dat jou oor en esig interfere met die touch-panel as jy besig is
om te praat. Nou het almal dit. Vir blote kwaliteit, sou ek maklik eerer
Apple se goete blindelings kies, soos hulle rekenaars wat myle voor die
gewone PC is.
Re: Die blackberry [boodskap #117010 is 'n antwoord op boodskap #116998] Di, 29 April 2008 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:y7mdnZBaYJkJU4jVnZ2dnUVZ8sOonZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:c1d30e69-2bec-4e81-8cd4-2906bc9c8e73@26g2000hsk.googleg roups.com...

> Waarvoor staan PDA? Wat is dit?

Personal Digital Assistant
Re: Die blackberry [boodskap #117011 is 'n antwoord op boodskap #117009] Di, 29 April 2008 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ----Presies wat ek gesê het, dis 'n klein rekenaar, deesdae met goed soos
> GPS in, ens.  

Ek moet nog iemand ontmoet wie se blackberry
'n GPS in het. Sover ek kan uitmaak, word dit
amper eksklusief gebruik vir sy vinnige en
vertroubare epos-konneksie. Daar moet 'n rede
wees hoekom die hele VSA se staatsdiens en
die hele Kanadese staatsdiens en ek neem
aan 'n hele paar ander lande se staatsdiens-
amptenare almal met blackberry's rondloop
in plaas van die lande se eie maatskappye
se uitvindsels.
Van GPS gepraat. Hier by ons in Kanada
het mense GPS. ( Eintlik was Kanada een
van die voorste plekke om GPS tegnologie
te ontwikkel.) Maar as mens in 'n huurmotor
inklim, dan kry jy nog nie vanselfsprekend
GPS in die huurmotor nie. Dit is wel die
geval in Japan, waar ons oor laaste Kersfees
was. Elke huurmotor, en ook private persone,
het vanselfsprekend GPS in hulle kar. Dit
is effe irriterend, want die maak dit bietjie
onmoontlik om 'n gesprek in die kar te
voer, veral as die bestuurder aanhoudend
na sy GPS moet luister.
Iemand het vir een van ons kinders
verlede Kersfees 'n GPS persent gegee,
maar ek het nog nie gesien dat hy dit
gebruik nie.

Gloudina

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117012 is 'n antwoord op boodskap #116993] Di, 29 April 2008 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Apr 2008 10:08:11 +0100, "Suidwester" wrote:

> ----'n Lekker voorbeeld van die vermorsing van die belastingbetaler se geld?
> Het dit enigsins die dienslewering van die staatsdiens beter gemaak? Die
> Blackberry is al 'n ou storie! 'n PDA, is dit nie?

Naomi Campbell het die beste gebruik vir 'n Blackberry uitgevind. Dis
'n groot, plat, swaar foon. Toe moer sy haar assistent teen die kop
daarmee.
Re: Die blackberry [boodskap #117013 is 'n antwoord op boodskap #117011] Di, 29 April 2008 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:813b21f1-b732-42df-836c-39f9b2df44df@k13g2000hse.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> ----Presies wat ek gesê het, dis 'n klein rekenaar, deesdae met goed soos
> GPS in, ens.

Ek moet nog iemand ontmoet wie se blackberry
'n GPS in het. Sover ek kan uitmaak, word dit
amper eksklusief gebruik vir sy vinnige en
vertroubare epos-konneksie. Daar moet 'n rede
wees hoekom die hele VSA se staatsdiens en
die hele Kanadese staatsdiens en ek neem
aan 'n hele paar ander lande se staatsdiens-
amptenare almal met blackberry's rondloop
in plaas van die lande se eie maatskappye
se uitvindsels.
-----Eenvoudig. Ondat hulle op begrotings van die staat werk en nie 'n
clue het waarvandaan geld vandaan kom nie. Later het veel goedkoper, net
so goed indien nie beter as BlackBerry, PDA's die lig gesien. As jou
virende se BlackBerry's nog nie GPS het nie, dan is hulle outyds en vertel
vir hulle daar is beter goete as BlackBerry in die land. Dalk nie in
Kanada nie, maar tot hier in ou Namibië!
Van GPS gepraat. Hier by ons in Kanada
het mense GPS. ( Eintlik was Kanada een
van die voorste plekke om GPS tegnologie
te ontwikkel.)
-----Ja en jy reken sommer dat Kanada die sateliete opgesit het waarmee die
GPS werk? Hehe! My antie, toe julle Kanadese nog gedink het daai helder
sterretjies wat so lekker in die lug rondloop is 'alien'-goete, toe het die
verdedigingsateliete van die VSA sy ding gedoen en 'n groot dankie aan die
Yanks wat ons, die publiek, toelaat om hulle satelietstelsel te gebruik.
En weet jy wat, daai GPS's waarvan jy praat in taxi's wat met die bestuurder
praat, is die sagte verbruikskern van GPS. As jy rêrige GPS praat, dan
praat jy van 'n landmeter se GPS wat baie, baie akkuraat is en wat so
ongeveer R300 000 kos. Selfs die betere positionele GPS's is van 'n beter
kwaliteit as hierdie street pilots waarvan jy praat. In die woestyn
gebruik ons GPS's wat tot op 5m akkuraat is. Soos ek gesê het, ons is nog
agter die klip, maar duidelik weet mense in Kanada nog nie lekker dat hulle
eintlik klone van die Yanks is nie!
Re: Die blackberry [boodskap #117014 is 'n antwoord op boodskap #117013] Di, 29 April 2008 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
     

  As jy rêrige GPS praat, dan
> praat jy van 'n landmeter se GPS wat baie, baie akkuraat is en wat so
> ongeveer R300 000 kos.   Selfs die betere positionele GPS's is van 'n beter
> kwaliteit as hierdie street pilots waarvan jy praat.  

Dis daardie goed wat die landmeters gebruik,
waarin Kanada se navorsers die voortou geneem
het, dekades gelede. Die Universiteit van New
Brunswick se landmeterskool, een van die drie
bestes in die wêreld, was besig met hierdie
goed toe jy nog nie eens geweet het van 'n
GPS nie.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117015 is 'n antwoord op boodskap #117013] Di, 29 April 2008 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Hier volg sommige van haar uitlatings oor die tyd.
Dit is natuurlik wanneer sy ons nie probeer oortuig dat sneeu
lekkerder is as sonskyn. Of dat hulle die Indiane niks skuld nie.
Miskien moet ons ophou om haar te kritiseer en liewer
vir haar jammer wees. Maar,
onthou ook my filosofie wat sê dat jy jou eie valskerm pak
en dus self verantwoordelik is vir jou landingsplek.
As jy dus in die dorings land en die toehoorders kan oortuig dat
jy in 'n roseland geland het, good for you..:-)

Sep 25 2003, 9:16 pm
Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
'n Amerikaanse publikasie.

Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
'n werkende een vervaardig.

Gloudina

Date: Sun, 27 Apr 2008 16:03:37
Die grootste uitvinding om uit Kanada te kom, is
onteenseglik insulin, vir die eerste keer gebruik
deur Banting en Best in Toronto.
Maar deesdae lyk dit vir my asof die black-
berry, ook 'n maaksel van Kanada, die wiele van
die wêreld olie.

Gloudina

Date: Tue, 29 Apr 2008 04:41:31
Van GPS gepraat. Hier by ons in Kanada
het mense GPS. ( Eintlik was Kanada een
van die voorste plekke om GPS tegnologie
te ontwikkel.)

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117016 is 'n antwoord op boodskap #117014] Di, 29 April 2008 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c5c5a585-d385-43ae-afea-aaf43d0bcf26@m36g2000hse.google groups.com...
"Suidwester" skryf

As jy rêrige GPS praat, dan
> praat jy van 'n landmeter se GPS wat baie, baie akkuraat is en wat so
> ongeveer R300 000 kos. Selfs die betere positionele GPS's is van 'n beter
> kwaliteit as hierdie street pilots waarvan jy praat.

Dis daardie goed wat die landmeters gebruik,
waarin Kanada se navorsers die voortou geneem
het, dekades gelede. Die Universiteit van New
Brunswick se landmeterskool, een van die drie
bestes in die wêreld, was besig met hierdie
goed toe jy nog nie eens geweet het van 'n
GPS nie.

Gloudina
----Tante, geen GPS kan werk sonder 'n satelliet nie. En waarvoor sou die
Yanks 'n satelliet opstuur? Julle het nog gesit en tjierie-tjierie rondom
julle vure en gewonder oor die sterre toe's die Yanks al daar. Moenie
hulle prestasies steel nie.
Re: Die blackberry [boodskap #117019 is 'n antwoord op boodskap #117016] Wo, 30 April 2008 02:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ----Tante, geen GPS kan werk sonder 'n satelliet nie.   En waarvoor sou die
> Yanks 'n satelliet opstuur?  .   Moenie
> hulle prestasies steel nie.

As jy dink jy het alleen 'n satelliet nodig om
'n gesofistikeerde GPS instrument daar te stel,
dan is jy baie naief.
Bo en behalwe dit, klink jy asof jy dink dat
alleen Amerikaners satelliete opstuur. Daar is
baie van die goed daar bo in die lug, en baie
van hulle word gefinansieer en word besit deur
private maatskappye. As ek reg verstaan, is
die onderste verdiepings in ons condominium
se telefoondiens op 'n landlyn, en die boonste
verdiepings se telefoondiens via satelliet.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117020 is 'n antwoord op boodskap #117009] Wo, 30 April 2008 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
> ----Presies wat ek gesê het, dis 'n klein rekenaar, deesdae met goed soos
> GPS in, ens.   Al die PDA's doen dit, die een dalk met meer funksies as die
> ander.   BlackBerry het definitief nie die monoplie op die mark nie.

Dis vir my duidelik dat jy nie eintlik weet wat
die blackberry eintlik is nie, en ek wonder of
dit wel in SA aangebied word. Maar as dit
nie daar gebruik word nie, kan ek nie verstaan
hoekom nie.
Die blackberry is onteenseglik 'n voorwerp
met kulturele impak. Ek lees in vandag se
koerant dat die Public Alliance of Canada
( die unie vir federale staatsdiensamptenare)
wil hê dat hulle lede vergoed moet word vir
die tyd wat hulle na werk op blackberries
deur hulle werk gekontak word. Die unie
argumenteer dat hulle lede se werksdag nie
meer ophou soos in die ou dae wanneer hulle
die gebou verlaat nie.
Laat ek net weer duidelik maak. Die
blackberry is nie 'n selfoon nie. Die eerste
modelle het net email-kapabiliteit gehad.
( Latere modelle het selfone.) 'n Blackberry
lui nie. ( Ek weet nie of sommige modelle
wel kan lui nie.) Wat wel gebeur, is dat
dit vibreer wanneer daar 'n epos inkom.
Vandag was daar oor die nuus ook
die informasie dat die telefoon en kabel
maatskappy Rogers (ons internet-bediener)
nou die Iphone hier in Kanada gaan bemark.
Rogers se aandele het onmiddellik in prys
gestyg. Toe die Iphone in die VSA vrygestel
is, het mense gewonder of dit Research in
Motion negatief sou tref. Maar snaaks genoeg,
het die verkope van blackberries sterk toegeneem
nadat die Iphone uitgekom het. Hulle verwag dus
nie dat dit RIM hier in Kanada negatief sal
beinvloed nie. Die volgende tipe blackberry
gaan glo ook 'n touchstone gesig hê. Op
die oomblik tik mens jou epos op 'n klein
computerscreen in, gewoonlik met jou
twee duime. Dis hoekom hulle grappe maak
oor die volgende geslag wat net met hulle
duime sal kan tik.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117021 is 'n antwoord op boodskap #117019] Wo, 30 April 2008 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c901a876-5a7e-470a-9503-36b1bc652912@l64g2000hse.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> ----Tante, geen GPS kan werk sonder 'n satelliet nie. En waarvoor sou die
> Yanks 'n satelliet opstuur? . Moenie
> hulle prestasies steel nie.

As jy dink jy het alleen 'n satelliet nodig om
'n gesofistikeerde GPS instrument daar te stel,
dan is jy baie naief.
Bo en behalwe dit, klink jy asof jy dink dat
alleen Amerikaners satelliete opstuur. Daar is
baie van die goed daar bo in die lug, en baie
van hulle word gefinansieer en word besit deur
private maatskappye. As ek reg verstaan, is
die onderste verdiepings in ons condominium
se telefoondiens op 'n landlyn, en die boonste
verdiepings se telefoondiens via satelliet.

Gloudina
----Weet jy ooit hoe werk 'n GPS? Besit jy 'n GPS? Duidelik besef jy nie
dat die die Amerikaners se verdediging is wat hiermee begin het en volgens
jou het hulle dan by Kanada gaan aanklop om die ontvangers vir hulle te
ontwerp? Twak. Teen die tyd toe dit bekend geword het, was die VSA die
res van die wêreld myle voor. Is jy bewus van die feit dat as die
Amerikaners in 'n militêre aanval ingaan, dan dekodeer hulle hul satelliete
sodat, waar jy normaalweg dalk op 5m akkuraatheid kan werk, nou skielik is
dit veel minder akkuraat want die VSA se vyande gebruik ook GPS om hulle
aanvalle te loods?
Jy moet lees wat mens sê! Ek het nie gesê die res van die wêreld het
nie bygekom en het nie satelliete in die lug nie. Daar word ook beplan vir
'n GPS-soortgelyke tipe satellietnetwerk vanuit Europa wat dieselfde diens
sal gee as die Yanks se GPS. Teen betaling natuurlik, terwyl GPS nou
gratis vir almal is. Maar net so bietjie realiteit vir jou: Onlangs was
daar groot gehoe en gehaa vanuit Rusland omdat die VSA een van hulle eie
satelliete wat sy leeftyd oorskry het, uit die lug gehaal het met 'n missiel
en die Russe het getjank dat dit 'n toets was van die VSA om hulle
satelliete ook te kan afskiet.
Moenie jou land se agternategnologie met julle ouboet daar langs julle
vergelyk nie. Julle gaan tweede kom.
Re: Die blackberry [boodskap #117022 is 'n antwoord op boodskap #117020] Wo, 30 April 2008 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:3719469e-f3f0-4be9-9e70-7c724838e394@f36g2000hsa.google groups.com...

Laat ek net weer duidelik maak. Die
blackberry is nie 'n selfoon nie. Die eerste
modelle het net email-kapabiliteit gehad.
( Latere modelle het selfone.) 'n Blackberry
lui nie. ( Ek weet nie of sommige modelle
wel kan lui nie.) Wat wel gebeur, is dat
dit vibreer wanneer daar 'n epos inkom.

Gloudina die doel van 'n PDA is eenvoudig om op een of ander manier
bereikbaar te wees. Nie almal hou van die gedagte om met 'n laptop rond te
loop nie, en dit sal ook nie baie slim wees om dit te doen in Johannesburg
nie.

Die oorspronklike modelle was maar primatief, maar die nuwes is 'n telefoon,
e-mail, GPS en sovoorts alles in een. Ander bekende selfoon vervaardigers
soos Nokia met hulle symbian opperating system en HTC met die Windows
opperating system het lankal al programme wat hulle selfone in 'n PDA
omskep. Inteendeel ek dink die neiging is eerder van so aard in SA dat die
mense wegbeweeg van die Blackberry af en eerder die telefoon van sy keuse
gebruik (as die model die toelaat natuurlik).

Die nadeel vn Blackberry is dat jou firma 'n Blackbery server moet opstel om
met julle e-mail server te gesels. Die ander telefone het nie 'n derde party
server nodig nie. Inteendeel Microsoft maak dit vir al die soorte selfone
wat 'n Windows opperating system het baie maklik om met jou werk se mail
server te kan praat as jou werk 'n microsoft exchange server het. Die word
gedoen deur bloot 'n sertifikaat op jou selfoon te laai, en jou telefoon
gesels met jou werkgewer se mail server.

Microsoft bied die moonlikheid ook aan vir beperkte Symbian telefone,
waarvan Nokia die meeste is.
Re: Die blackberry [boodskap #117023 is 'n antwoord op boodskap #117020] Wo, 30 April 2008 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:3719469e-f3f0-4be9-9e70-7c724838e394@f36g2000hsa.google groups.com...
"Suidwester" skryf
> ----Presies wat ek gesê het, dis 'n klein rekenaar, deesdae met goed soos
> GPS in, ens. Al die PDA's doen dit, die een dalk met meer funksies as die
> ander. BlackBerry het definitief nie die monoplie op die mark nie.

Dis vir my duidelik dat jy nie eintlik weet wat
die blackberry eintlik is nie, en ek wonder of
dit wel in SA aangebied word. Maar as dit
nie daar gebruik word nie, kan ek nie verstaan
hoekom nie.
-----Omdat daar goedkoper produkte op die mark is wat dieselfde doen.
Die blackberry is onteenseglik 'n voorwerp
met kulturele impak.
-----So nou praat jy van mode eerder as tegnologie?
Ek lees in vandag se
koerant dat die Public Alliance of Canada
( die unie vir federale staatsdiensamptenare)
wil hê dat hulle lede vergoed moet word vir
die tyd wat hulle na werk op blackberries
deur hulle werk gekontak word. Die unie
argumenteer dat hulle lede se werksdag nie
meer ophou soos in die ou dae wanneer hulle
die gebou verlaat nie.
Laat ek net weer duidelik maak. Die
blackberry is nie 'n selfoon nie. Die eerste
modelle het net email-kapabiliteit gehad.
( Latere modelle het selfone.) 'n Blackberry
lui nie. ( Ek weet nie of sommige modelle
wel kan lui nie.) Wat wel gebeur, is dat
dit vibreer wanneer daar 'n epos inkom.
------So eintlik is dit eintlik maar agter wat die res aanbetref? My ou
Nokia van 6 jaar gelede het al gevibreer as dit lui en boodskappe ophet.
Vandag was daar oor die nuus ook
die informasie dat die telefoon en kabel
maatskappy Rogers (ons internet-bediener)
nou die Iphone hier in Kanada gaan bemark.
Rogers se aandele het onmiddellik in prys
gestyg. Toe die Iphone in die VSA vrygestel
is, het mense gewonder of dit Research in
Motion negatief sou tref. Maar snaaks genoeg,
het die verkope van blackberries sterk toegeneem
nadat die Iphone uitgekom het. Hulle verwag dus
nie dat dit RIM hier in Kanada negatief sal
beinvloed nie. Die volgende tipe blackberry
gaan glo ook 'n touchstone gesig hê.
------En daar na-aap hulle vir Apple?
Re: Die blackberry [boodskap #117024 is 'n antwoord op boodskap #117022] Wo, 30 April 2008 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Microsoft bied die moonlikheid ook aan vir beperkte Symbian telefone,
> waarvan Nokia die meeste is.

Riaan, dis vir my duidelik dat jy nog nie die
blackberry raakgeloop het nie, want dan sal
jy dadelik geweet het waarvan daar gepraat
word. Die blackberry is nie 'n selfoon nie.
( Sommige mense noem dit die "crackberry"
omdat dit so verslawend is.)
Dit fassineer my dat dit iets is wat so
vinnig versprei. Een van ons seuns ( wat
in die staatsdiens is) het 'n blackberry
gehad lank voor dit eers foonkapabiliteit
gehad het. 'n Ander seun, wat in die
high tech klimaat in San Jose gewerk
het, tot ses maande gelede, het nie 'n
blackberry gehad nie, maar op sy laptop
gelewe. Toe hy nou onlangs in Engeland
begin werk, toe is die eerste ding wat
die maatskappy hom gee 'n blackberry.
Ek het lank gelede aan nog 'n seun van
ons, 'n prokureur hier in Ottawa, gevra
of hy nie graag 'n blackberry sal wil hê
nie, en hy het gesê hy sien nie die nut
daarvan nie. Onlangs het sy firma
egter besluit om vir al hul werknemers
blackberries uit te handig. Nou is hy
net so verslaaf aan die ding soos al die
ander. 'n Verslaafde blackberry user
is iemand wat elke tien minute op sy
blackberry kyk om te sien of hy nie 'n
nuwe email het nie.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117025 is 'n antwoord op boodskap #117023] Wo, 30 April 2008 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ------So eintlik is dit eintlik maar agter wat die res aanbetref?   My ou
> Nokia van 6 jaar gelede het al gevibreer as dit lui en boodskappe ophet.

Suidwester, 'n blackberry is nie 'n selfoon nie.
Mense gebruik dit nie in plaas van 'n selfoon
nie. Ons seun in die staatsdiens, wat tiener-
kinders het, kommunikeer met sy kinders
gedurende die dag tussen sy blackberry
en hul selfone. Hulle kan SMS aan sy
blackberry stuur. Hulle kan egter nie lang
emails aan hom stuur nie. Haal dit uit jou
kop uit. 'n Blackberry is nie 'n selfoon nie.
Dit word vertel dat Karl Rove, George Bush
se regterhand voordat hy in die sop beland
het, meeste van die tyd gesien kon word
dat hy tegelykertyd op 'n selfoon met iemand
praat en emails stuur met sy blackberry.
Hoekom dink jy die hele federale regering
van die VSA was in angs toe daar 'n jaar
of so weens 'n hangende patentsaak die
kans was dat die blackberry nie meer in die
VSA sou werk nie. Hulle het spesiaal hof
toe gegaan om die ding te verhoed.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117028 is 'n antwoord op boodskap #117025] Do, 01 Mei 2008 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:ae0bdb3a-2cb4-4838-b456-e6bcdb3b3a8b@m45g2000hsb.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> ------So eintlik is dit eintlik maar agter wat die res aanbetref? My ou
> Nokia van 6 jaar gelede het al gevibreer as dit lui en boodskappe ophet.

Suidwester, 'n blackberry is nie 'n selfoon nie.
Mense gebruik dit nie in plaas van 'n selfoon
nie. Ons seun in die staatsdiens, wat tiener-
kinders het, kommunikeer met sy kinders
gedurende die dag tussen sy blackberry
en hul selfone. Hulle kan SMS aan sy
blackberry stuur. Hulle kan egter nie lang
emails aan hom stuur nie. Haal dit uit jou
kop uit. 'n Blackberry is nie 'n selfoon nie.
Dit word vertel dat Karl Rove, George Bush
se regterhand voordat hy in die sop beland
het, meeste van die tyd gesien kon word
dat hy tegelykertyd op 'n selfoon met iemand
praat en emails stuur met sy blackberry.
Hoekom dink jy die hele federale regering
van die VSA was in angs toe daar 'n jaar
of so weens 'n hangende patentsaak die
kans was dat die blackberry nie meer in die
VSA sou werk nie. Hulle het spesiaal hof
toe gegaan om die ding te verhoed.

Gloudina

------JY haak vas soos 'n ou plaat! Sekerlik mag die BlackBerry daar by
julle 'n kultus wees, daaroor stry ek nie. Dit is soos HP se scientific
calculator in die vroeë tagtigs was by ons. Toe kom Sharp met 'n meer
kragtige produk vir 'n tiende van die prys, maar dit het jare gevat voor die
staatsamptenare wou byt aan die tegnologie. Jy moet aanvaar dat mense wat
werk vir 'n salaris weet nie waar geld vandaan kom nie. Staatsamptenary is
veel erger.
Die nuutste BlackBerry word nou in SA geadverteer as om 'n selfoon
ook te wees en sommer 'n streetpilot [soort van GPS] ook te wees. Daar is
veel beter en goedkoper PDA's op die mark. Tog, daar is ook weerstand teen
hierdie kak. Want om soos 'n sombie agter jou PDA aan te loop, maak van
jou 'n stommerik.
Re: Die blackberry [boodskap #117029 is 'n antwoord op boodskap #117028] Do, 01 Mei 2008 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Apr 29 2008 8:07PM
'BlackBerry workers' ask more
http://www.fin24.com/articles/default/display_article.aspx?N av=ns&ArticleID=1518-1783_2314210
According to reports, Canada's Citizenship and Immigration department
recently banned the overnight use of BlackBerries because of their
overuse.

Blackberry comes to South Africa (Swakopmund)
*November 09, 2004
http://www.cherryflava.com/cherryflava/2004/11/blackberry_co me.html

New Blackberry in South Africa
http://www.crn.co.za/pebble.asp?relid=2267
Re: Die blackberry [boodskap #117031 is 'n antwoord op boodskap #117029] Do, 01 Mei 2008 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Blackberry comes to South Africa (Swakopmund)
> New Blackberry in South

Dankie, Dave. My vraag is uiteindelik
geantwoord. Die blackberry is dus
te kry in SA.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117032 is 'n antwoord op boodskap #117031] Do, 01 Mei 2008 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 May 2008 03:46:28 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Blackberry comes to South Africa (Swakopmund)
>> New Blackberry in South
>
> Dankie, Dave. My vraag is uiteindelik
> geantwoord. Die blackberry is dus
> te kry in SA.
>
> Gloudina

Plesier Gloudina. Soos die datum aandui, was dit 2004 se nuus.
Re: Die blackberry [boodskap #117050 is 'n antwoord op boodskap #117031] Vr, 02 Mei 2008 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f56ec7e2-c01f-4a69-8e4b-5710b0b40ffc@k37g2000hsf.google groups.com...
> Dave skryf
>
>> Blackberry comes to South Africa (Swakopmund)
>> New Blackberry in South
>
> Dankie, Dave. My vraag is uiteindelik
> geantwoord. Die blackberry is dus
> te kry in SA.
>
> Gloudina -----Hehe! Antie, die BlackBerry is OU nuus!
>
Re: Die blackberry [boodskap #117051 is 'n antwoord op boodskap #117031] Vr, 02 Mei 2008 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f56ec7e2-c01f-4a69-8e4b-5710b0b40ffc@k37g2000hsf.google groups.com...
> Dave skryf
>
>> Blackberry comes to South Africa (Swakopmund)
>> New Blackberry in South
>
> Dankie, Dave. My vraag is uiteindelik
> geantwoord. Die blackberry is dus
> te kry in SA.
>
> Gloudina -----Hehe! Antie, die BlackBerry is OU nuus!
>
Re: Die blackberry [boodskap #117052 is 'n antwoord op boodskap #117050] Vr, 02 Mei 2008 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> -----Hehe!   Antie, die BlackBerry is OU nuus!

Interessantheidshalwe, Suidwester, ken jy iemand
wat met 'n blackberry werk? En wat die ding op
sy naam noem - blackberry. Ek kan nie verstaan
hoekom dit so lank geneem het en soos tandetrek
gevoel het vir jou om voor die dag te kom met die
eenvoudige antwoord "ja, ons het blackberries
hier in Namibië." Antwoord dus die volgende
vraag met een woord: het jy al 'n blackberry
gesien en ken jy iemand wat dit gebruik.

Gloudina
Re: Die blackberry [boodskap #117053 is 'n antwoord op boodskap #117052] Vr, 02 Mei 2008 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:3aab8010-55c0-472f-92c0-f7ccfc91c961@l64g2000hse.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> -----Hehe! Antie, die BlackBerry is OU nuus!

Interessantheidshalwe, Suidwester, ken jy iemand
wat met 'n blackberry werk? En wat die ding op
sy naam noem - blackberry. Ek kan nie verstaan
hoekom dit so lank geneem het en soos tandetrek
gevoel het vir jou om voor die dag te kom met die
eenvoudige antwoord "ja, ons het blackberries
hier in Namibië." Antwoord dus die volgende
vraag met een woord: het jy al 'n blackberry
gesien en ken jy iemand wat dit gebruik.

Gloudina
----Tante, die enigste mense wat in my omgewing nut vir so iets kan vind is
reps...verkoopsverteenwoordigers en elkeen waarmee ek gepraat het sedert jy
met hierdie storie begin het, reken dis veel goedkoper om te werk op die
gewone PDA's. Die BlackBerry is hoeka beskikbaar teen moerse tariewe.
Hulle wil dit nie betaal nie want daar is praktiese probleme blykbaar in die
dat nie alle areas geaktiveer is met G3 en broadband nie. Jy grond jou
hele heldeverering vir die BlackBerry oor jou familie wat in die staatsdiens
werk en nie self vir die kostes betaal nie. Ek sien die ding uit 'n
besigheidsoogpunt en as ek 24 uur koppeling wil hê met iemand, dan is dit
moontlik en jy het nie 'n spesifieke maak nodig daarvoor nie.
Re: Die blackberry [boodskap #117065 is 'n antwoord op boodskap #117052] Ma, 05 Mei 2008 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:3aab8010-55c0-472f-92c0-f7ccfc91c961@l64g2000hse.google groups.com...

Ek kan nie verstaan
hoekom dit so lank geneem het en soos tandetrek
gevoel het vir jou om voor die dag te kom met die
eenvoudige antwoord "ja, ons het blackberries
hier in Namibië."

Gloudina

Maar my Antie - Jy is die een wat die kuns vervolmaak het om vrae wat aan
jou gestel word ook nie met 'n ja of nee te antwoord nie, so hoekom kla jy
nou so
Re: Die blackberry [boodskap #117066 is 'n antwoord op boodskap #117024] Ma, 05 Mei 2008 06:30 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f47774d2-86e7-4cf8-9150-1ef5ede0956f@b64g2000hsa.google groups.com...

Riaan, dis vir my duidelik dat jy nog nie die
blackberry raakgeloop het nie, want dan sal
jy dadelik geweet het waarvan daar gepraat
word.

Gee my krag - Antie ek werk in IT, ek werk vir 'n IT maatskapy. Blackberry
is die PDA wat ons onlangs vir 'n staats departement uitgerol het, en dit is
in my opinie 'n pot kak. Jy kan vir goedkoper en meer betroubaarheid ander
opsies oorweeg
Vorige onderwerp: Vir Dave
Volgende onderwerp: Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:36:58 MGT 2024