Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE
" Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE [boodskap #116752] Do, 27 Maart 2008 15:22
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
H.J. Pieterse
Bloubaard verwelkom sy vrou

Ek wag al soveel dae op jou;
kyk hoe maer het ek geword van verlange.
My lanings vul die wind groen in,
maar my gange is leeg, my gange is leeg.

Voëls volg jou heeltyd op jou lang pad
waar jy rustig deur blou aande aankom.
Jy stap altyd lig, 'n naaldekoker bo
'n vloeiende reënboogsproei.

Om my hou klippe asem op.
Die son raak agter wasigheid weg.
Ek verbeel my ek sien jou reeds
newelrig oor my heuwels.

Jou topaasoë kyk van ver af
koel na jou nuwe woning.
Nou is jy eindelik hier, stil een;
welkom in my kasteel.

Groet my aalwyne, vriendelike wagte
of fakkels, op aandag op my mure,
en laat my gange jou lok na binne
met 'n groen wind deur ons kamers.
Vorige onderwerp: " Tersiene " deur ELISABETH EYBERS
Volgende onderwerp: 6 April 1652
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:13:38 MGT 2024