Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Lewensdood" deur BREYTEN BREYTENBACH
Uit " Lewensdood" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #116430] Do, 28 Februarie 2008 15:39
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Lewendood"
Breyten Breytenbach


Luister ( sê Don Espejuelo) die breinblom van 'n hemel 'n Anderplek
blom in bykans alle gelowe uit - en wat is geloof anders
as 'n oorlewering? ... skeef of krom ....
- is die saadjie ons gemeenskaplike onsyn
ons gesamentlike geheue?

want baie verligtes beweer dat van ons voorsate
uit Oorbo afgetuimel het lank en lank gelede:
reisigers van die binneruim, Meesters, ballinge, Dorslandtrekkers,
verdwaaldes, soldate van die versuim, bakterieë, uitvarendes,
krygsgevangenes van Sint Helena en Ceylon, sendelinge,
gebrandmerktes, rebelle, terroriste, vlugtelinge uit 'n strafkolonie,
vryheidsvegters -
en met ons en met hier het hul hul kom meng
met die stof en die slym
die roosblare in die klei
kleidrome

is dit hùlle uitgehunkerde heimwee na 'n land
waar almal pêrels in die kroon is
of die harde besef van 'n retoer
wat ons tot in der bloute toe
besmet het met 'n skuiwergatdroom?

is die hemel inherente erfgoed?
is die hemel 'n Atlantis of 'n Thoel?
is die hemel in ons bloed?

is daar in die laaste instansie 'n hiervóórmaals?
Vorige onderwerp: '" 'n Wit Berk het in die Bos gestaan " deur BAREND TOERIEN
Volgende onderwerp: " Sondag van 'n Kind " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:22:17 MGT 2024