Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » net soos met Fifa
net soos met Fifa [boodskap #116398] So, 24 Februarie 2008 09:32
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Julle sal onthou dat ek julle vertel het toe Fifa samesprekings gehou
het hier op die strand, en die polisie die strand area gepatrolleer
het sonder ophou. Dat daar tot mobiele polisiestasies op die strande
was, en dit alles net tot Fifa met hul miljuisende oorsese besoekers,
wat hier was om die wêreldbeker van 2010 te bespreek en te beplan
natuurlik, weer hul ry gekry het. Dit het egter nie voorkom dat een
van die Fifa mense op 'n gholflandgoed doodgeskiet is vir sy selfoon
en beursie.

Nou is die A1 Grand Prix hier. Met besoekers uit alle oorde in die
wêreld. En wêreldwye mediadekking natuurlik.
Ons was gister daar. En ons was vanmôre daar. en ons sal môre daar
wees en ons is elke dag daar, want dit is 'n straatren op die pad wat
my vrou en ek elke dag stap. So, ons behoort te weet wat anders is.
Ons kan nie vol afstand stap nou nie, want deels is afgesper vir die
straatren. En die reisieskarre met hul Japanese hoog roterende enjins
wow..! Wooow..!!! Woooowwww!!!! in die strate en om die draaie,
en jy hoor net tyres sing en fluit op die teer.

Net soos toe Fifa hier was, krioel die polisie weer. En magsvertonings
word gehou deur polisievoertuie met loeiende sirenes. Op die strand
self is daar SAP voertuie en Metro Polisie voertuie en Law Enforcement
voertuie, motorfietse en stap patrollies. Ek het twee lede, 'n man en
vrou, van die stap patrollies, gister na twee swart jeugdiges met
sproeiverf gestuur wat besig was met grafiti vandalisme, en hulle het
die blikke afgeneem.

Maar waaroor ek eintlik kommentaar lewer, is die magsvertonings
wanneer groot getalle oorsese besoekers hier is, veral wanneer dit
iets is soos nou se A1 Grand Prix wat wêreldwyd gebeeldsend word.
En die manier waarop die sekuriteitsbeheer verdwyn saam met die
oorsesenaars.
Vorige onderwerp: Brief deur Roy Jankielsohn in Beeld, 28 September
Volgende onderwerp: Dit geld ook private sekuriteitswerkers....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:08:13 MGT 2024