Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier?
Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116207] Ma, 11 Februarie 2008 15:36 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jim Alweer het onlangs weer 'n klomp adamiese twak kwytgeraak oor mens, en
submens, die vermoë om te bloos, bleek te word, kroontjies, ens.

Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116208 is 'n antwoord op boodskap #116207] Ma, 11 Februarie 2008 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 17:36:30 +0200, "Torreke" wrote:

> Jim Alweer het onlangs weer 'n klomp adamiese twak kwytgeraak oor mens, en
> submens, die vermoë om te bloos, bleek te word, kroontjies, ens.
>
> Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
> mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?
>

Dit is 'n vraag waaroor gedink moet word eer geantwoord word,
want as ek impulsief antwoord, gaan ek aan diegene wat die mensheid
van sommige (mense?) bevraagteken, ondersteuning gee.
Het jy gesien in vandag se Beeld van die sendeling wie se vrou keel af
gesny is in Potgietersrus, maar hy steeds sy diens gehou het?

'n Vraag direk aan jou: ek het al ten minste twee keer op die
nuusgroep die bewering gemaak dat Adam en Eva nie die eerste mense was
nie. Elke keer gewonder of daar reaksie van jou gaan wees daarop, maar
jy het dit stilswyend laat verbygaan. Hierdie is nie uitlok tot 'n
debat nie, maar slegs uit nuuskierigheid - kan ek jou stilswye daaroor
as aanvaarding / saamstem sien?
*of jou antwoord positief of negatief is, sal ons nie daaroor debateer
nie, net my nuuskierigheid bevredig.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116209 is 'n antwoord op boodskap #116207] Ma, 11 Februarie 2008 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
> mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?

Hierdie vraag van jou laat my dink aan daardie eeue oue en bekende
debat/dialoog tussen Bartolomé de las Casas (padre Las Casas) en
Sepúlveda, oor die kwessie of die Indiane 'n siel het of nie.
Indien hulle wel 'n siel sou hê, sou hy verantwoording moes doen vir
die duisendtalle moorde wat hy gepleeg het, en aan die ander kant,
indien hulle nie 'n siel sou hê nie, was al die "conversions" van nul
en gener waarde.
Interessante teologiese tameletjie, nè?
So tragies eintlik, dat honderde jare later, dieselfde vrae nogsteeds
gevra word.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116210 is 'n antwoord op boodskap #116208] Ma, 11 Februarie 2008 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote
> Dit is 'n vraag waaroor gedink moet word eer geantwoord word,
> want as ek impulsief antwoord, gaan ek aan diegene wat die mensheid
> van sommige (mense?) bevraagteken, ondersteuning gee.
> Het jy gesien in vandag se Beeld van die sendeling wie se vrou keel af
> gesny is in Potgietersrus, maar hy steeds sy diens gehou het?

Nee. Vertel meer of plaas die berig asb?
>
> 'n Vraag direk aan jou: ek het al ten minste twee keer op die
> nuusgroep die bewering gemaak dat Adam en Eva nie die eerste mense was
> nie. Elke keer gewonder of daar reaksie van jou gaan wees daarop, maar
> jy het dit stilswyend laat verbygaan. Hierdie is nie uitlok tot 'n
> debat nie, maar slegs uit nuuskierigheid - kan ek jou stilswye daaroor
> as aanvaarding / saamstem sien?
> *of jou antwoord positief of negatief is, sal ons nie daaroor debateer
> nie, net my nuuskierigheid bevredig.

Ek het al vroeër in gesprekke met Katryn en Ferdi gesê hoe ek dit sien, en
het aanvaar jy het gelees wat ek gesê het.

Ek glo Adam en Eva is die stamouers van almal wat "mense" is in die Bybelse
sin van die Woord. Dit beteken nie dat daar nie ook ander hominiede lewende
wesens reeds was toe God Adam en Eva geskape het nie, maar sodaniges voldoen
nie aan die Bybelse definisie van mens nie.

Toe ek hierdie standpunt vantevore gestel het, het Katryn gevra of ek nie
daarmee die deur oopmaak vir Jim Alweer se siening nie. My antwoord was 'n
baie besliste nee.

Die vraag is natuurlik wat die Bybel as "mens" definieer. Na my oortuiging
is die enigste verskil dit, dat die mens "na die beeld van God geskape is" -
sy afbeelding - verteenwoordiger. Die Nuwe Testament definieer "beeld van
God" as "ware, geregtigheid en heiligheid". Ek sou van dié kwalifisering
gemaklik die lyn kan deurtrek na die drie-Eenheid van God, maar dit sou my
op 'n syspoor neem.

Ek volstaan bloot deur te sê dat die mens wat waarlik mens is, 'n
Godsbewussyn het! - en God bewustelik dien en vereer! Sommige wil die
onderskeid sien as dat die mens 'n selfbewussyn het en die diere nie, maar
daar is getuienis dat diere soos die olifant en dolfyne 'n sterk ontwikkelde
selfbewussyn het. 'n Mens sou selfs ook kon aantoon dat die diere God op
onbewuste wyse dien en vereer, maar dis slegs die mens wat doelbewus en
aktief God dien en met God in gesprek tree.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116211 is 'n antwoord op boodskap #116209] Ma, 11 Februarie 2008 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:31u0r350mdsebanjruaf61ut3d2u5tl9vf@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
>> mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?
>
> Hierdie vraag van jou laat my dink aan daardie eeue oue en bekende
> debat/dialoog tussen Bartolomé de las Casas (padre Las Casas) en
> Sepúlveda, oor die kwessie of die Indiane 'n siel het of nie.
> Indien hulle wel 'n siel sou hê, sou hy verantwoording moes doen vir
> die duisendtalle moorde wat hy gepleeg het, en aan die ander kant,
> indien hulle nie 'n siel sou hê nie, was al die "conversions" van nul
> en gener waarde.
> Interessante teologiese tameletjie, nè?

Mmmmmm

> So tragies eintlik, dat honderde jare later, dieselfde vrae nogsteeds
> gevra word.

Jip. Maar nog meer tragies as iemand mensheid soek in dinge soek soos
"bloos", "bleek word" en haar kroontjies, of hoe?

Ek glo nie eintlik in die siel-liggaam onderskeiding nie. Dié voorstelling
is afkomstig uit die voor-Christelike Griekse filosofieë van Plato en
Aristoteles, soos jy waarskynlik weet.

Dit beteken egter nie dat ek nie in 'n voorsetting van die lewe na die
liggaamlike sterwe glo nie, maar die voorsetting van die lewe ("ewige lewe")
is in Christus gesetel nie, nie in 'n sg. "onsterflike siel" nie. ("Ek is
die opstanding en die lewe" sê Hy, "Wie in My glo, sal lewe al het hy ook
gesterwe, en wie in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie")

Kyk asb ook my antwoord aan Dave.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116212 is 'n antwoord op boodskap #116210] Ma, 11 Februarie 2008 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:22:40 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Dave" < wrote
>> Dit is 'n vraag waaroor gedink moet word eer geantwoord word,
>> want as ek impulsief antwoord, gaan ek aan diegene wat die mensheid
>> van sommige (mense?) bevraagteken, ondersteuning gee.
>> Het jy gesien in vandag se Beeld van die sendeling wie se vrou keel af
>> gesny is in Potgietersrus, maar hy steeds sy diens gehou het?
>
> Nee. Vertel meer of plaas die berig asb?

Sendeling se vrou grusaam tuis vermoor

Hilda Fourie

Mokopane (Potgietersrus). – Die 65-jarige vrou van 'n sendeling van
dié Bosvelddorp is eergistermiddag in haar huis vermoor.

Me. Reinette Meyer (65) en haar man, past. Faan Meyer, sou vandeesweek
op 'n sendingtog na Malawivertrek het.

Supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê Meyer is
eergister omstreeks 15:00 in haar huis oorval. Sy was alleen by die
huis.

Die Meyers se huis grens glo aan 'n bos wat die dorp van Sekgagapeng,
'n swart woonbuurt, skei.

"Die aanvallers het haar keel afgesny. Voordat sy dood is, het sy nog
die paniekknoppie gedruk," het Ramatseba gesê.

Hy het bygevoeg hulle weet nie hoeveel mense by Meyer se dood betrokke
is nie.

Niks is skynbaar gesteel nie.

Past. Meyer is die leier van die Kompas-gemeente in dié dorp. Die
gemeente is onafhanklik. Ondanks die moord op sy vrou het Meyer steeds
gisteraand vir sy gemeente gepreek.

Volgens een ooggetuie op die toneel was past. Meyer ten tyde van die
voorval in Burgersfort besig met sendingwerk.

Veiligheidswagte van dieStrikeforce-veiligheidsdienste het gesukkel om
by die huis in te kom.

Volgens 'n veiligheidswag op die toneel wat nie sy naam genoem wou hê
nie, lyk die Meyers se woning soos 'n "tronk".

Hulle het Meyer se dogter, Jana, gebel. Sy het die huis oopgesluit en
op haar ma afgekom waar sy op 'n stoel tussen die badkamer en
hoofslaapkamer sit.

Sy was reeds dood.

Volgens die ooggetuie het Meyer verskeie steekwonde aan haar liggaam
gehad. Een was 'n diep steekwond aan haar nek. Haar slagaar is glo
afgesny.

Die ooggetuie het gesê daar was baie bloed op die gordyne, op die mat
en ander plekke waar Meyer skynbaar gevat het.

Die Meyers se tuinwerker is volgens ooggetuies in hegtenis geneem
nadat bloed glo op sy skoensole gevind is.

DNS-toetse moet bepaal of dit wel Meyer se bloed is.

Die polisie kon nog nie bevestig dat die man in hegtenis geneem is
nie.

'n Nadoodse ondersoek sal vroeg vandeesweek gedoen word.

Die ooggetuie het gesê misdaad is 'n probleem in Mokopane, maar dat
die aanvalle nog nooit só grusaam was nie.

Iemand na aan die familie wat ook nie sy naam genoem wil hê nie, het
gesê Meyer was baie geliefd onder die mense in Mokopane.

“Almal in Potties is geskud.

"Dit is 'n skok vir ons almal. Sy het niemand niks gemaak nie," het hy
gesê.

Meyer laat ook twee ander kinders agter.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2268061,00. html
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116213 is 'n antwoord op boodskap #116210] Ma, 11 Februarie 2008 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:22:40 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Nee. Vertel meer of plaas die berig asb?


Patrollie sonder koeëls
Feb 10 2008 11:42:09:370PM - (SA)

Buks Viljoen

Standerton. – Drie polisielede, een dienspistool, geen maga- syn vir
die wapen nie - en geen koeëls.

Dít is hoe 'n groepie polisielede Vrydagnag in dié dorp patrolliediens
moes doen.

En hul grootste vrees het eergister in die vroeë oggendure waar geword
toe rowers op hulle losgebrand het.

Om die kroon te span, gaan studentekonstabel Thabisa Lepho (35)
waarskynlik al die vingers van sy regterhand verloor nadat hy in dié
skietery in die hand getref is.

Volgens supt. Abie Khoabane, woordvoerder van die polisie in
Mpumalanga, was die polisielede eergister omstreeks 03:00 besig om 'n
verdagte voertuig op die pad tussen Standerton en Newcastle,
KwaZulu-Natal, te volg.

'n VW Jetta het van agter by die polisiebakkie verbygery en daar is op
die polisiebakkie met sy drie insittendes geskiet.

Lepho, wat bestuur het, is in die hand getref. Die voertuig het gerol
toe hy beheer daaroor verloor het.

Reservis-konstabel Alfred Yende (27) en sers. Lucky Dube (36) was ook
ten tyde van die voorval in die polisievoertuig.

“Die verdagtes in die Jetta het omgedraai en naby die polisiebakkie
stilgehou. Hulle het uitgeklim en na die polisievoertuig geloop,” het
Khoabane gesê.

Die drie polisiemanne het uit die wrak van die voertuig gekruip en in
die vlak water van 'n dam daar naby gaan wegkruip.

Hulle het later na die polisiekantoor teruggeloop om hulp te ontbied.

Lepho is in die plaaslike hospitaal opgeneem waar 'n noodoperasie aan
sy hand gedoen is.

Daar is later vasgestel dat die polisievoertuig ses keer in die
skietery getref is.

Die kaliber van die vuurwapen waarmee op die polisiemanne geskiet is,
was teen druktyd nog onbekend.

“Dit gebeur gereeld dat ons sonder vuurwapens moet werk,” het 'n
polisiebeampte (wat anoniem wil bly) by die Standerton-polisiekantoor
gister gesê.

Khoabane was nie bewus daarvan dat die polisiemanne wat eergister in
die voorval betrokke was, nie behoorlik gewapen was nie.

Die provinsiale kantoor gaan dringend ondersoek instel na dié
bewering, het Khoabane gesê.

) Intussen krap die polisie van Siyabuzwa, naby Witbank, kop oor die
dood van sers. L. Ramoseletsane (32) wie se lyk eergister omstreeks
22:00 langs sy voertuig gekry is.

Hy het 'n skietwond in die maag gehad.

Volgens Khoabane word niks uit Ramoseletsane se Volkswagen Golf vermis
nie. “Selfs sy beursie en dienspistool was steeds onder die sitplek in
sy voertuig.

“Hy was nie aan diens nie en ons weet ook nie wat die motief van die
moord was nie,” het Khoabane bygevoeg.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2268064,00. html
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116214 is 'n antwoord op boodskap #116210] Ma, 11 Februarie 2008 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:22:40 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Nee. Vertel meer of plaas die berig asb?

Bejaardes loop onder rowermes deur - vir R30
Feb 10 2008 11:42:18:510PM - (SA)

Daleen van Manen

Sannieshof. - 'n Bejaarde vrou het gisteroggend haarself en haar man
met pepersproei teen 'n gewapende rower probeer verdedig toe die man
hulle in hul huis oorval het.

Mnr. Dawid Ras (83) en sy vrou, Sarie (78), is herhaaldelik met 'n mes
in die hande en arms gesteek voordat die rower met 'n skamele R30
gevlug het.

Mnr. Ras het kort ná 08:00 vuil wasgoed na die waskamer buite die huis
geneem en was op pad terug toe mev. Ras deur die kombuisvenster die
gemaskerde rower agter haar man sien.

“Sy het pepersproei gegryp en die rower daarmee gespuit, maar sy
gesigbedekking het gekeer dat die gas hom verblind,” het insp. Carina
Fourie, polisiewoordvoerder, gesê.

Die rower het die egpaar by die huis ingedwing terwyl hy hulle gesteek
en geld geëis het.

“Mev. Ras het net sowat R30 in haar beursie gehad. Die rower het die
geld gegryp en gevlug.”

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2268025,00. html
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116215 is 'n antwoord op boodskap #116210] Ma, 11 Februarie 2008 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:22:40 +0200, "Torreke"
w
>
> Nee. Vertel meer of plaas die berig asb?
>

Vrou bloei byna dood en verpleër doen niks

Antoinette Pienaar

'n Oos-Randse vrou is glo byna dood in 'n private hospitaal,
vermoedelik omdat 'n ongeregistreerde verpleër in die hoësorgeenheid
nie agtergekom het sy het inwendige bloeding nie.

Die verpleër is die hospitaal verbied en dit blyk intussen daar is
"probleme met sy papierwerk" by 'n werwingsagentskap waar hy
geregistreer is.

Me. Anna Sophia (Ona) Vasconcelles (63) van Primrose het op 14
Januarie 'n angiogram gehad in die Glynwood-hospitaal in Benoni.

"Die laaste wat ek onthou, is die dokter wat roep vir noodbloed," het
Vasconcelles die afgelope week aan Beeld gesê.

Volgens haar dogter, me. Sonja James, sou Vasconcelles die oggend ná
die angiogram ontslaan word.

Sy het egter ná die prosedure erg begin bloei by die wond op haar
bobeen.

Die bloeding is gestop en sy is in die hoësorgeenheid opgeneem.

" 'n Verpleër was veronderstel om my ma te moniteer, maar hy het
meestal met 'n pasiënt langsaan gesit en gesels.

"Kort ná 11:00 het haar buik opgeswel soos 'n klip. Ek het die
verpleër geroep, maar hy het gesê ek moet huis toe gaan.

"Ek het aangehou dat iets fout is, maar hy het beklemtoon dit is sý
werk om haar te moniteer."

Haar ma se bloeddruk het glo skielik begin daal en James het die
kardioloog gebel.

Die kardioloog het glo 'n verpleegster gevra om te gaan kyk of
Vasconcelles bloei en die verpleegster het dit glo ontken.

Na verneem word, het die personeel kort daarna weer die dokter gebel
toe hulle feitlik geen bloeddruk by Vasconcelles kon meet nie.

Hy het hospitaal toe gejaag en gespook om haar ma se lewe te red. Sy
moes drie eenhede bloed en een eenheid plasma ontvang.

Volgens James is sy meegedeel haar ma kon minute later dood gewees het
as dit nie vir die kardioloog was nie.

Die dokter wou nie kommentaar lewer nie omdat hy verkies dat
Vasconcelles se familie self die kwessie met die hospitaal opneem.

'n Woordvoerder van die Life-hospitaalgroep het gesê die hospitaal
ondersoek die voorval. Hulle ontken dat Vasconcelles “uitgebloei” het
of dat haar bloeddruk onmeetbaar was.

Die hospitaal beweer die V&A Agency het die verpleër die aand by hulle
geplaas, maar die agentskap ontken dit. Die man is by dié agentskap
geregistreer.

Life en die agentskap weier om sy volle naam aan Beeld te gee.

Life het gesê die eenheidsbestuurder het die verpleër die aand direk
gekontak en die agentskap het hom betaal.

Die agentskap het glo nie die hospitaal laat weet van die vroeëre
"probleme met sy papierwerk" nie.

Hy was glo tot verlede jaar 'n ingeskrewe verpleegstudent op die
Verpleegstersraad se boeke, maar het glo in sy derde jaar sy studies
gestaak.

Hy is glo nie tans op die raad se boeke nie.

Volgens Life is hy meegedeel die verpleër beweer James het 'n probleem
gehad daarmee dat 'n manlike verpleër omsien na haar ma.

Die verpleër beweer glo ook die swelling in Vasconcelles se lies het
vir hom dieselfde gelyk as toe die dokter vroeër die aand daar weg is.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2268025,00. html
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116216 is 'n antwoord op boodskap #116207] Ma, 11 Februarie 2008 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke" skryf

Hoe onderskei mens tussen 'n
> mens en 'n dier?  Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?

Kyk vireers na die eerste drie woorde in jou vraag:
"Hoe onderskei mens..."
Jou vraag en jou verwagte antwoord het alles te doen,
in 'n relatiewe bewussyn, met wat "mens" is en hoe
dit funksioneer.
Volgens meeste moderne wetenskaplike bevindings,
is daar nie 'n vreeslike verskil tussen mens en dier
nie. Die verskil is 'n mensgemaakte konstruk, wat
nie op wetenskaplike bene kan staan nie.
Baie oosterse filosofiese standpunte herken hierdie
foutiewe dikotomie. Dis die westerse filosofiese
standpunte wat foutief is.

Gloudina

Gloudina.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116217 is 'n antwoord op boodskap #116210] Ma, 11 Februarie 2008 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Die vraag is natuurlik wat die Bybel as "mens" definieer.  Na my oortuiging
> is die enigste verskil dit, dat die mens "na die beeld van God geskape is" -
> sy afbeelding - verteenwoordiger.  Die Nuwe Testament definieer "beeld van
> God" as "ware, geregtigheid en heiligheid".

In hierdie woorde van jou is daar dinge waaroor
diep gedink moet word. Op 'n sekere manier is
dit die kruks van die saak. As die "beeld van God"
geregtigheid en heiligheid is, onder andere, dan
dan is Christus God op aarde, selfs al was hy
vlees en bloed. Vir sover "die mens" in "die beeld
van God" geskape is, is hy 'n kind van God. Dit,
soos dit gesê word in die Christelike raamwerk.
Ongeveer dieselfde argument hou dan goed
wanneer daar oor Buddha-nature gepraat word
in die Buddhisme.

Gloudina
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116218 is 'n antwoord op boodskap #116211] Ma, 11 Februarie 2008 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Dit beteken egter nie dat ek nie in 'n voorsetting van die lewe na die
> liggaamlike sterwe glo nie, maar die voorsetting van die lewe ("ewige lewe")
> is in Christus gesetel nie, nie in 'n sg. "onsterflike siel" nie.  ("Ek is
> die opstanding en die lewe" sê Hy, "Wie in My glo, sal lewe al het hy ook
> gesterwe, en wie in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie")

Ek wonder of jy bietjie kan uitbrei op hierdie
stellings van jou. Soos ek jou lees, sit jy langs
dieselfde vuur as die Buddhiste, wat weier om te
glo in 'n "onsterflike siel." ( Dis die rede hoekom
Buddhisme ontstaan het. Die weiering om in 'n
"siel" te glo, iets wat die Hindoes wel doen. )
Jou aanhalings aan die einde van bostaande
paragraaf is diep diep waarhede, waaroor lank
bespiegel kan word, en waaroor "Christen" en
"Buddhis" essensieel nie hoef te argumenteer
nie.

Gloudina
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116221 is 'n antwoord op boodskap #116217] Di, 12 Februarie 2008 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
"Torreke" skryf

> Die vraag is natuurlik wat die Bybel as "mens" definieer. Na my oortuiging
> is die enigste verskil dit, dat die mens "na die beeld van God geskape
> is" -
> sy afbeelding - verteenwoordiger. Die Nuwe Testament definieer "beeld van
> God" as "ware, geregtigheid en heiligheid".

In hierdie woorde van jou is daar dinge waaroor
diep gedink moet word. Op 'n sekere manier is
dit die kruks van die saak. As die "beeld van God"
geregtigheid en heiligheid is, onder andere, dan
dan is Christus God op aarde, selfs al was hy
vlees en bloed. Vir sover "die mens" in "die beeld
van God" geskape is, is hy 'n kind van God. Dit,
soos dit gesê word in die Christelike raamwerk.
Ongeveer dieselfde argument hou dan goed
wanneer daar oor Buddha-nature gepraat word
in die Buddhisme.

Die volle aanhaling uit Efesiërs is "ware, geregtigheid en heiligheid" (1933
Afr Vertaling). Ek het nie ander vertalings of die Griekse teks nagegaan
nie. Laat ons vir 'n oomblik, ter wille van die verduideliking, vergeet dat
"ware" 'n byvoeglike naamwoord is wat "geregtigheid en heiligheid"
kwalifiseer en dit hanteer asof dit 'n selfstandige naamwoord "waarheid" is.
Ek sal later verduidelik waarom dit hier as byvoeglike naamwoord gebruik
word en nie as selfstandige naamwoord nie.

"Waarheid" kwalifiseer kennis / profesie. Geregtigheid kwalifiseer
regering! Heiligheid kwalifiseer lewenstoewyding / afsondering (van die
sonde/kwaad). As sulks wys dit dan na die drie dienste waarin elke mens
voor God staan, nl. dié van profeet, koning en priester. "Christus" (of te
wel "Messias") beteken "Gesalfde" omdat Hy met die Gees van God gesalf is
tot ons hoogste profeet, enige Hoëpriester en ewige Koning. Die naam
"Christen" wil sê dat ons as sy volgelinge deel het aan sy salwing met die
Gees en so in dieselfde drie dienste staan, om (1) as profete God te ken, te
loof en sy evangelie te verkondig, (2) as priesters ons self in diens aan
Hom toe te wy/af te sonder en (3) as konings oor die sonde en uiteindelik
oor alle ander skepsels te heers.

Waarom dan 'n byvoeglike naamwoord "ware" en nie selfstandige naamwoord
"waarheid" gebruik? Ek meen dis omdat die profeetskap nie in die Bybel as
'n amp beklee is soos die priesterskap en koningskap nie, en daar nooit van
erflike opvolging sprake is nie (behalwe in die geval van Elia en Elisa).
Die Ou en NT verwys herhaaldelik dat God ons priesters en konings gemaak
het. Die profeetskap het die priesterskap en koninskap begelei en gewoonlik
as korrektief opgetree - dit dus as't ware gekwalifiseer. Dikwels was die
priesters en konings self ook profeet.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116222 is 'n antwoord op boodskap #116221] Di, 12 Februarie 2008 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" < wrote
> "Hessie" < wrote
> "Torreke" skryf
>
>> Die vraag is natuurlik wat die Bybel as "mens" definieer. Na my
>> oortuiging
>> is die enigste verskil dit, dat die mens "na die beeld van God geskape
>> is" -
>> sy afbeelding - verteenwoordiger. Die Nuwe Testament definieer "beeld van
>> God" as "ware, geregtigheid en heiligheid".
>
> In hierdie woorde van jou is daar dinge waaroor
> diep gedink moet word. Op 'n sekere manier is
> dit die kruks van die saak. As die "beeld van God"
> geregtigheid en heiligheid is, onder andere, dan
> dan is Christus God op aarde, selfs al was hy
> vlees en bloed. Vir sover "die mens" in "die beeld
> van God" geskape is, is hy 'n kind van God. Dit,
> soos dit gesê word in die Christelike raamwerk.
> Ongeveer dieselfde argument hou dan goed
> wanneer daar oor Buddha-nature gepraat word
> in die Buddhisme.
>
>
> Die volle aanhaling uit Efesiërs is "ware, geregtigheid en heiligheid"
> (1933 Afr Vertaling). Ek het nie ander vertalings of die Griekse teks
> nagegaan nie. Laat ons vir 'n oomblik, ter wille van die verduideliking,
> vergeet dat "ware" 'n byvoeglike naamwoord is wat "geregtigheid en
> heiligheid" kwalifiseer en dit hanteer asof dit 'n selfstandige naamwoord
> "waarheid" is. Ek sal later verduidelik waarom dit hier as byvoeglike
> naamwoord gebruik word en nie as selfstandige naamwoord nie.
>
> "Waarheid" kwalifiseer kennis / profesie. Geregtigheid kwalifiseer
> regering! Heiligheid kwalifiseer lewenstoewyding / afsondering (van die
> sonde/kwaad). As sulks wys dit dan na die drie dienste waarin elke mens
> voor God staan, nl. dié van profeet, koning en priester. "Christus" (of
> te wel "Messias") beteken "Gesalfde" omdat Hy met die Gees van God gesalf
> is tot ons hoogste profeet, enige Hoëpriester en ewige Koning. Die naam
> "Christen" wil sê dat ons as sy volgelinge deel het aan sy salwing met die
> Gees en so in dieselfde drie dienste staan, om (1) as profete God te ken,
> te loof en sy evangelie te verkondig, (2) as priesters ons self in diens
> aan Hom toe te wy/af te sonder en (3) as konings oor die sonde en
> uiteindelik oor alle ander skepsels te heers.
>
> Waarom dan 'n byvoeglike naamwoord "ware" en nie selfstandige naamwoord
> "waarheid" gebruik? Ek meen dis omdat die profeetskap nie in die Bybel as
> 'n amp beklee is soos die priesterskap en koningskap nie, en daar nooit
> van erflike opvolging sprake is nie (behalwe in die geval van Elia en
> Elisa). Die Ou en NT verwys herhaaldelik dat God ons priesters en konings
> gemaak het. Die profeetskap het die priesterskap en koninskap begelei en
> gewoonlik as korrektief opgetree - dit dus as't ware gekwalifiseer.
> Dikwels was die priesters en konings self ook profeet.
>

Ek het nagelaat om die lyne deur te trek na die drie-Eenheid, Vader, Seun en
Heilige Gees. Ek sê dit met huiwering en besef van hoe gebrekkig mens se
taal is om God te beskryf: Die Vader beklee die koninklike posisie in die
drie-Eenheid, die Seun na sy Godheid (die "Woord" waardeur die Vader geskape
het, Vgl Gen 1 en Joh 1) die profetiese posisie en die Heilige Gees duidelik
die priesterlike posisie as die Een wat alles heilig en aan God (toe)wy /
vir God afsonder / salf.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116225 is 'n antwoord op boodskap #116207] Di, 12 Februarie 2008 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BammelBatterij  is tans af-lyn  BammelBatterij
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Junior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:u_ydnWNVuNAT9i3anZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Jim Alweer het onlangs weer 'n klomp adamiese twak kwytgeraak oor mens, en
> submens, die vermoë om te bloos, bleek te word, kroontjies, ens.
>
> Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
> mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?

Een dier handelt vanuit zijn instinkt, een mens vanuit zijn verstand.
Tenminste, zo zou het moeten zijn. ;o)
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116226 is 'n antwoord op boodskap #116225] Di, 12 Februarie 2008 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2008 14:17:24 +0100, "BammelBatterij" wrote:

>
> Een dier handelt vanuit zijn instinkt, een mens vanuit zijn verstand.
> Tenminste, zo zou het moeten zijn. ;o)
>

Dan is Jim reg
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116227 is 'n antwoord op boodskap #116211] Di, 12 Februarie 2008 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:32:09 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Dit beteken egter nie dat ek nie in 'n voorsetting van die lewe na die
> liggaamlike sterwe glo nie, maar die voorsetting van die lewe ("ewige lewe")
> is in Christus gesetel nie, nie in 'n sg. "onsterflike siel" nie. ("Ek is
> die opstanding en die lewe" sê Hy, "Wie in My glo, sal lewe al het hy ook
> gesterwe, en wie in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie")

Charles T. Russell se stigting, oftewel 'Jehova Getuies' predik ook
iets in dier voege, met die verskil dat hulle nie Christene is nie,
want hulle glo nie in die Godheid van Jesus nie.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116228 is 'n antwoord op boodskap #116210] Di, 12 Februarie 2008 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2008 21:22:40 +0200, "Torreke" wrote:
>
> Ek glo Adam en Eva is die stamouers van almal wat "mense" is in die Bybelse
> sin van die Woord. Dit beteken nie dat daar nie ook ander hominiede lewende
> wesens reeds was toe God Adam en Eva geskape het nie, maar sodaniges voldoen
> nie aan die Bybelse definisie van mens nie.
>

Ek weet ek het gesê dat dié nie die uitlok tot 'n debat is nie en ek
volstaan daarby. Ek kan myself egter nie daarvan weerhou om te vra of
jy dan beweer dat die 'nasies' wat genoem word in Jesaja 14:12-14, dan
nie mense was nie.
!Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116229 is 'n antwoord op boodskap #116227] Di, 12 Februarie 2008 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" > Dit beteken egter nie dat ek nie in 'n voorsetting van die lewe na die[/color]
>> liggaamlike sterwe glo nie, maar die voorsetting van die lewe ("ewige
>> lewe")
>> is in Christus gesetel nie, nie in 'n sg. "onsterflike siel" nie. ("Ek is
>> die opstanding en die lewe" sê Hy, "Wie in My glo, sal lewe al het hy ook
>> gesterwe, en wie in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie")
>
> Charles T. Russell se stigting, oftewel 'Jehova Getuies' predik ook
> iets in dier voege, met die verskil dat hulle nie Christene is nie,
> want hulle glo nie in die Godheid van Jesus nie.
>

Nee, die Jehovas predik nie naastenby dieselfde nie. :-)

Hulle predik as jy sterf, is jy so dood soos 'n klip! Jy weet niks en
bestaan gewoon nie meer nie. Hulle glo wel aan 'n opstanding uit die dood,
maar net die sg 144k verseëldes (Openb 7) sal opstaan - net Jehovas
Getuies! - die res bly so dood soos klippe - die ewige dood! Hulle glo die
144k het geen besef van die tydsverloop tussen hulle dood en opstanding
nie - dis soos om in 'n koma (of soos narkose) te gaan waar jy totaal
onbewus is - en dan weer daaruit wakker word met geen kennis van die tyd
tussenin nie. Daar is nie so-iets soos 'n hel nie (volgens hulle); wat die
Bybel met hel bedoel, is (volgens hulle) gewoon dat jy so dood soos 'n klip
is en bly.

Ek glo en bely dat die dood gewoon 'n poort is waardeur mens uit hierdie
lewe oorstap na die lewe aan die ander kant - van een dimensie na 'n ander
dimensie, van 'n liggaamlike lewe na 'n geestelike lewe; jou liggaam sterf,
maar jy leef voort! By die wederkoms van Christus sal die liggaam ook weer
uit die dood opstaan en met die persoon herenig word. Soos ook die
Afrikaanse vertaling van die Bybel, verwys die Gereformeerde
belydenisskrifte ook na die lewende persoon wat oorbly na die dood, as
"siel". Ek het dit nie teen die woord "siel" asx sodanig nie! - solank mens
duidelik weet wat jy daarmee bedoel! Die woord wat met "siel" in die
Afrikaanse Bybelvertaling vertaal word, beteken in die oorspronklike taal
gewoon "asem" of "wind".

Wat ek wel verwerp is die idee van 'n "onsterflike siel" - 'n stukkie god in
die mens! - wat die mens van die dier sou onderskei! Dié gedagte kom nie
uit die Bybel nie, maar uit die voor-Christelike Griekse filosfie van Plato
en veral sy leerling Aristoteles en is in die Middel Eeue deur Thomas van
Aquino vanuit Aristoteles se filosofie, in die Christelike leer ingedra.
Thomas van Aquino was ook die vader van die Roomse leer van "natuur en
genade", weereens gebaseer op Aristoteles se filosofie wat onderskei het
tussen "vorm en materie".

Ons lewe na die dood is nie in 'n "onsterflike siel" gesetel nie, maar in
Christus wat kragtens sy Godheid die ewige lewe in Homself het en dit
onverdiend aan ons gee.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116230 is 'n antwoord op boodskap #116226] Di, 12 Februarie 2008 17:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:g093r3dgie1b7f21ojn8f0rrb5g8b5egv5@4ax.com...
> On Tue, 12 Feb 2008 14:17:24 +0100, "BammelBatterij"
> wrote:
>

>> Een dier handelt vanuit zijn instinkt, een mens vanuit zijn verstand.
>> Tenminste, zo zou het moeten zijn. ;o)

>
> Dan is Jim reg

:-)
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116231 is 'n antwoord op boodskap #116225] Di, 12 Februarie 2008 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"BammelBatterij" [/color]
> Een dier handelt vanuit zijn instinkt, een mens vanuit zijn verstand.
> Tenminste, zo zou het moeten zijn. ;o)

Ek kan met jou stelling akkoord gaan, solank mens dit binne die konteks van
die beeld van God in die mens plaas.

Dat 'n mens nie soos 'n dier bloot op instink reageer nie, maar met sy
verstand, is die praktiese toepassing van die feit dat hy na die beeld van
God geskape is - profeet (die vermoë om te ken en die kennis te kan toepas),
koning - oor die skepping heers, gedragkodes instel (wette) en dit afdwing,
priester - homself bewustelik in God se diens stel en aan God toewy.

Net die mens het 'n bewussyn van God! - en dien God bewustelik en met 'n
redelike verstand!
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116232 is 'n antwoord op boodskap #116226] Di, 12 Februarie 2008 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]

>> Een dier handelt vanuit zijn instinkt, een mens vanuit zijn verstand.
>> Tenminste, zo zou het moeten zijn. ;o)

>
> Dan is Jim reg

Vind jy dit nie veelseggend dat ons Jim hierdie gesprek eenvoudig vermy nie?
Ek het dit begin deur duidelik sy kriteria vir mens, bloos, bleek word en
kroontjie, as aanleiding te gebruik. Ek het hom daarmee doelbewus getart,
maar wou graag 'n oop debat tussen almal aanmoedig.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116233 is 'n antwoord op boodskap #116228] Di, 12 Februarie 2008 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Ek weet ek het gesê dat dié nie die uitlok tot 'n debat is nie en ek[/color]
> volstaan daarby. Ek kan myself egter nie daarvan weerhou om te vra of
> jy dan beweer dat die 'nasies' wat genoem word in Jesaja 14:12-14, dan
> nie mense was nie.

Jesaja 14:12 verwys na die morester wat uit die hemel geval het - 'n
profesie oor die val van Nebukadnesar van Babel! Die "nasies" waarna verwys
word, verwys na al die omringende volke wat Babel onderwerp, vertrap en in
ballingskap weggevoer het, o.a. ook Juda.

Ek verstaan nie hoe jy die nasies in verband bring met wat ek oor Adam en
Eva gesê het nie.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116235 is 'n antwoord op boodskap #116231] Di, 12 Februarie 2008 23:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Tor

Jy is die een wat wel direkte en relevante debat vermy.

Ek "vermy" niks nie.

Ek gee almal net eers 'n kans om ook hulle menigs te lug.

Ek het mos klaar my saak gestel. ...Ek hoef niemand te
oortuig nie. Ek voel nie verplig om mense te forseer om
saam met my te stem nie. As mense nie oor 'n saak wil
redeneer nie is dit ook O.K. Ek smeek niemand nie.

Glo gerus wat jy wil en doen wat jy wil.

Net terloops : Diere het ook siele. En jy het geen bewyse
dat diere "nie van God bewus" is nie...

Jim
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116236 is 'n antwoord op boodskap #116233] Wo, 13 Februarie 2008 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2008 19:22:01 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"
>> Ek weet ek het gesê dat dié nie die uitlok tot 'n debat is nie en ek
>> volstaan daarby. Ek kan myself egter nie daarvan weerhou om te vra of
>> jy dan beweer dat die 'nasies' wat genoem word in Jesaja 14:12-14, dan
>> nie mense was nie.
>
> Jesaja 14:12 verwys na die morester wat uit die hemel geval het - 'n
> profesie oor die val van Nebukadnesar van Babel! Die "nasies" waarna verwys
> word, verwys na al die omringende volke wat Babel onderwerp, vertrap en in
> ballingskap weggevoer het, o.a. ook Juda.
>
> Ek verstaan nie hoe jy die nasies in verband bring met wat ek oor Adam en
> Eva gesê het nie.

Die Afrikaanse Bybel bewoord dit as volg 'Hoe het jy uit die hemel
geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde
neergeslaan, oorweldiger van die nasies!'

Die Engelse weergawe van die King James Version bewoord dit sò: 'How
art thou fallen from heaven, O Lucifer, son of the morning! How art
thou cut down to the ground, which didst weaken the nations!'

Lees ook van die Koning van Tirus in Eségiel 28:11-19.

Dit is tog nie 'n aardse koning van wie hier gepraat word nie.

Lucifer (Heb. Heylel) beteken helderheid, môrester.

Dit is nasies wat bestaan het voor Adam en Eva dus, want daar word
gepraat van nasies wat bestaan het tydens die val van Lucifer.

Het jy 'n King James Version in jou huis?
Gen 1:28
And God blessed them, and God said unto them, Be fruitful and multiply
and replenish the earth and subdue it: and have dominion over the fish
of the sea, and over the fowl of the air, and over every living thing
that moveth upon the earth.

Let op die woord 'replenish'.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116237 is 'n antwoord op boodskap #116235] Wo, 13 Februarie 2008 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
>
> Net terloops : Diere het ook siele. En jy het geen bewyse
> dat diere "nie van God bewus" is nie...
>
>
> Jim

Jare gelede het 'n predikantsvriend, in reaksie op iets wat ek gesê
het, gereageer deur te sê dat daar nerens geskryf staan dat diere nie
hemel toe gaan nie. Belangrike stelling.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116238 is 'n antwoord op boodskap #116236] Wo, 13 Februarie 2008 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < skryf in boodskap news:mi85r39v6obf2vvuenbvdt37tspqi0uisg@4ax.com...
> On Tue, 12 Feb 2008 19:22:01 +0200, "Torreke"
> wrote:
>

>> "Dave" >> Ek weet ek het gesê dat dié nie die uitlok tot 'n debat is nie en ek
>>> volstaan daarby. Ek kan myself egter nie daarvan weerhou om te vra of
>>> jy dan beweer dat die 'nasies' wat genoem word in Jesaja 14:12-14, dan
>>> nie mense was nie.

>> Jesaja 14:12 verwys na die morester wat uit die hemel geval het - 'n
>> profesie oor die val van Nebukadnesar van Babel! Die "nasies" waarna
>> verwys
>> word, verwys na al die omringende volke wat Babel onderwerp, vertrap en in
>> ballingskap weggevoer het, o.a. ook Juda.

>> Ek verstaan nie hoe jy die nasies in verband bring met wat ek oor Adam en
>> Eva gesê het nie.
>
> Die Afrikaanse Bybel bewoord dit as volg 'Hoe het jy uit die hemel
> geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde
> neergeslaan, oorweldiger van die nasies!'
>
> Die Engelse weergawe van die King James Version bewoord dit sò: 'How
> art thou fallen from heaven, O Lucifer, son of the morning! How art
> thou cut down to the ground, which didst weaken the nations!'
>
> Lees ook van die Koning van Tirus in Eségiel 28:11-19.
>
> Dit is tog nie 'n aardse koning van wie hier gepraat word nie.
>
> Lucifer (Heb. Heylel) beteken helderheid, môrester.
>
> Dit is nasies wat bestaan het voor Adam en Eva dus, want daar word
> gepraat van nasies wat bestaan het tydens die val van Lucifer.
>
> Het jy 'n King James Version in jou huis?
> Gen 1:28
> And God blessed them, and God said unto them, Be fruitful and multiply
> and replenish the earth and subdue it: and have dominion over the fish
> of the sea, and over the fowl of the air, and over every living thing
> that moveth upon the earth.
>
> Let op die woord 'replenish'.

Ek stem gewoon nie met jou saam dat dit nie 'n gewone mens is waarvan hier
gepraat word nie. Ja, ek het 'n King James Version (KJV). Nee, ek het dit
nie die KJV se weergawe gekontrolleer nie. Maar onthou asseblief, die KJV
is eintlik die Engelse weergawe van die Nederlandse State Vertaling (NSV).
Albei is gebaseer op die teks wat Desederius Erasmus saamgestel het.
Afgesien daarvan dat die Erasmus teks nie op die beste manuskripte berus het
nie, was vertalingstegnieke ook nog in die kinderskoene toe die NSV en KJV
gedoen is.

In elk geval, die belangrikste beginsel in Skrifverklaring is: Sola
Scriptura suis ipsuis interpres ("die heilige skrif is sy eie verklaarder").
D.w.s. jy moet vir die verstaan van die teks die Bybel self laat praat. Dit
doen mens deur die teks binne die verband van die onmiddelike perikoop, dan
die plek in die boek, en uiteindelik binne die konteks van die hele Bybel te
plaas. Die bepaalde teks moet mens dus binne sy verband gelees en verstaan
word.

Jesaja 14:1-3 is 'n profesie oor die herstel van Israel na die ballingskap.
In vers 4 profeteer Jesaja dat die volk, nadat hulle herstel is, 'n spotlied
oor die koning van Babel wat hulle verdruk en weggevoer het, sal sing. Die
res van die hoofstuk insluitend vers 14 waarna jy verwys, is deel van
hierdie spotlied. Vers 11 verwys byvoorbeeld na die ontbinding van sy
liggaam wat deur wurms - maaiers! - verteer word.

Die feit dat daar staan dat hy uit die hemel geval het, moet beslis nie
letterlik verstaan word nie. Sien dit teen die agtergrond van Genesis 11
waar die toringbou van Babel beskryf word. Hulle wou 'n toring bou waarvan
die spits tot aan die hemel reik sodat hulle nie oor die aarde verstrooi
word nie - in direkte stryd en opstand teen God se gebod om vrugbaar te wees
en die aarde te vul. Babel word in die Bybel simbool van die mensdom wat
teen God in opstand is - sy teëstanders! Nebukadnesar word veral in die
boek Daniël geteken as 'n arrogante en verwaande heerser wat homself in sy
hoogmoed figuurlik gesproke hemelhoog verhef het - soveel so dat God hom vir
'n tydperk kranksinnig laat word en uit die mensdom verstoot het (Vgl Daniël
4). Dis teen hierdie agtergrond dat Babel (Grieks Babilon) ook weer in die
Openbaringboek terugkeer as simbool van die mensdom in opstand teen God -
die hoofsetel van Satan (Lucifer) op aarde! Die morester wat uit die hemel
geval het, is gewoon beeldspraak wat beskryf hoe Nebukadnesar wat so hoog in
aansien was, so groot in sy eie oë, tot in die afgrond verneder is.

Jy en Jim het vantevore saamgestem dat die duiwel uit die hemel geval het
voor die skepping van Adam en Eva, indien ek julle reg verstaan het.

Ek het nie daarop gereageer nie, maar ek sou beslis nie saamstem met 'n
siening dat die duiwel voor die skepping van Adam en Eva uit die hemel geval
het nie. Die duiwel het in opstand gekom teen God en sowat 'n derde van
die engele saam met hom (Openb 12:4). Of hierdie opstand voor of na die
skepping van Adam en Eva plaasgevind het, weet ons nie. Trouens, ons weet
nie presies hoe lank Adam en Eva in die tuin van Eden gebly het voordat
hulle in sonde geval het nie. Daar kon baie jare verloop het tussen hulle
skepping en hulle sondeval. Die duiwel kon in daardie tyd in sonde geval
het. Wat ons wel weet is dat die duiwel reeds in opstand teen God was en
dus "duiwel" toe hy as 'n slang vermom Adam en Eva verlei het.

Maar die duiwel het steeds in die hemel gewoon!!!!! Gaan lees gerus weer
Job 1 en 2 waaruit dit duidelik is dat die duiwel ewe skynheilig saam met
die engele voor God verskyn om kamtig verslag te doen en dan Job by God
beskuldig dat Job God met valse motiewe dien - t.w.v. die voordeel wat Job
dan kamtig daaruit sou kry. Juda 1:9 sê dat toe Migael in 'n woordestryd
met die duiwel beland het oor die liggaam van Moses kon hy geen vervloeking
oor die duiwel uitspreek nie, maar hy het die duiwel wel gewaarsku dat God
hom sou bestraf. Maar nadat Jesus na die hemel opgevaar het (Openb 12:5)
het daar oorlog in die hemel gekom tussen Migael en sy engele aan die een
kant, en die duiwel en sy engele aan die ander kant. Toe het Migael nie meer
magteloos teenoor die duiwel gestaan soos wat Juda 1:9 beskryf nie, maar hy
het die duiwel en sy trawante by die hemel uitgesmyt. Die annklaer, die
duiwel, is by die hemel uitgesmyt (Openb 12:10) - wat duidelik herinner aan
hoe die duiwel Job by God aangekla het.

Waarom het die duiwel steeds tot die hemel toegang gehad en kon hy die
gelowiges by God aankla voor Christus se hemelvaart? Waarom het Migael
magteloos teenoor die duiwel gestaan tot met die hemelvaart? Die antwoord
is gewoon: Omdat daar voor die voltooing van Jesus se plaasvervangende lyde,
sterwe en opstanding op aarde, nie grond vir Migael en sy engele was om die
duiwel by die hemel uit te smyt nie - selfs nie eens genoeg grond om Moses
se dooie liggaam teen die aanslae van die duiwel te beskerm nie. Maar toe
Jesus na sy hemelvaart in die hemel aankom, het Hy met sy liggaam wat steeds
die merktekens van sy soendood gedra het, die kwitansie vir die betaling van
die sonde by God ingelewer. Daarmee het die duiwel alle grond om die
gelowiges aan te kla verloor. Migael was nie meer magteloos nie en hy kon
optree en die duiwel uitsmyt. In die OT het die ellende van die mens
voorop gestaan, sy sonde en mislukkings, en die aanklaer wat die gelowiges
voortdurend by God verkla; die gelowiges boer al verder agteruit totdat net
een oorbly, Christus. In die NT is die situasie omgekeer. Die redding
staan nou voorop! In die hemel is daar nie meer 'n aanklaer nie, maar 'n
Advokaat met die kwitansie vir betaling in sy hand. Die aanklaer is by die
hemel uitgesmyt. Die hemelvaart van Christus was die begin van die
hellevaart van die duiwel. Openb 12 beween die lot van die bewoners van die
aarde omdat die duiwel na hulle neergedeaal het met groot woede omdat hy
weet dat hy min tyd oorhet. Maar die gelowiges op aarde is nie as wese
agtergelaat nie, want die Heilige Gees het ook uit die hemel neergedaal en
in die gelowiges sy intrek geneem. Die duiwel is magteloos!
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116239 is 'n antwoord op boodskap #116237] Wo, 13 Februarie 2008 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

> Jare gelede het 'n predikantsvriend, in reaksie op iets wat ek gesê
> het, gereageer deur te sê dat daar nerens geskryf staan dat diere nie
> hemel toe gaan nie. Belangrike stelling.

Stem saam. Romeine 8 maak dit duidelik dat die hele skepping met
reikhalsende verlange wag op die openbaarmaking van die kinders van God in
die hoop dat die hele skepping vrygemaak sal word van die slawerny van die
verganklikheid. Die aarde is vervloek om die mens ontwil. Die mens word
eerste gered, maar die mens is nie die enigste wat gered word nie. Die hele
skepping word gered! Daar kom 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde. Openb. 4
beskryf die 4 lewende wesens rondom die troon, een met die gesig van 'n mens
(vertenwoordiger van die mense), een met die gesig van 'n arend (die voëls),
een met die gesig van 'n leeu (wilde diere), en een met die gesig van 'n
bees (mak diere).

Gaan lees weer wat ek gesê het. Ek het nêrens gesê dat 'n dier nie 'n siel
het, soos Jim beweer ek gesê het nie, en ook nêrens gesê dat diere nie die
koninkryk sal beërwe nie. Trouens ek het al vantevore op die ng dit
duidelik gestel dat God nie net mense nie, maar die hele skepping insluitend
die diere wil red.

Wat ek wel gesê het, is: Slegs die mens is na die beeld van God geskape! En
dit is die enigste onderskeid tussen mens en dier. Slegs die mens dien God
bewustelik! - organiseer eredienste, bid saam, sing saam, ens!!! - bely en
verkondig God, wy homself bewustelik aan God toe, heers oor die sonde en
straf die sondaar. Die diere bokspring as dit reën na die droogte - 'n
teken van blydksap en dankbaarheid! - maar dis instinktiewe gedrag! Daar's
geen sprake van 'n bewustelike en georganiseerde diens aan God nie.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116240 is 'n antwoord op boodskap #116235] Wo, 13 Februarie 2008 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." Jy is die een wat wel direkte en relevante debat vermy.[/color]
>
> Ek "vermy" niks nie.

Jimmy, dis laat en ek is moeg, maar hierdie een moes jy nie gesê het nie.
Jy't vergeet van al die kere wat ek ongemaklike vrae voor jou neergesit het
en wat jy net eenvoudig weggevlug het. Ek het hulle nog almal op my
rekenaar se hardeskyf.

=====================================================

(1) Eerste voorbeeld van 'n ongemaklike vraag wat jy nie beantwoord het nie

> "Jim Again..."
> 6) Hulle het reeds alle bestaande Kerke geïnfiltreer.
> Johan Heyns was 'n Jood en sy regte Joodse van is
> (was) Heinsovitz.
>
>
> Bewys?
>
>

Jimsowitz,

Waarom so stil?
Is die vragie te moeilik om te antwoord?
Gesien hoe koggel almal?

===========================================================

(2) Tweede voorbeeld van 'n ongemaklike vraag wat jy nooit beantwoord het
nie

> Jimosowitz,
>
> Kan jy ons een teks in die Bybel gee wat sê dat 'n mens op grond van sy
> genetiese afkoms gered word?
>

Kom nou, Jimmy, waarom vermy jy hierie een? Het jy nie so 'n teks nie, of
wat

===========================================================
>
> Ek gee almal net eers 'n kans om ook hulle menigs te lug.
>
> Ek het mos klaar my saak gestel. ...Ek hoef niemand te
> oortuig nie. Ek voel nie verplig om mense te forseer om
> saam met my te stem nie. As mense nie oor 'n saak wil
> redeneer nie is dit ook O.K. Ek smeek niemand nie.

Net weer 'n lieg! Jy's net om een rede hier - omdat jy ander na jou
standpunt probeer oorhaal! Of miskien probeer jy kliphard om jouself van
jou leuens te oortuig.

>
> Glo gerus wat jy wil en doen wat jy wil.
>
> Net terloops : Diere het ook siele. En jy het geen bewyse
> dat diere "nie van God bewus" is nie...
>

Ek het nie gesê dat diere nie siele het nie, ek het gesê dat net die mens na
die beeld van God geskape is.

Jy's reg, ek het nie bewys dat diere nie van God bewus is nie, maar jy't ook
nie bewys dat hulle wél van God bewus is nie!

Ek het wel bewys dat hulle nie God bewustelik en op georganiseerde wyse dien
soos die mens nie - dis uniek aan die mens!!! - of kan jy my een voorbeeld
noem van 'n erediens vir God wat deur diere gereël is of waaraan diere
bewustelik deelgeneem het?
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116241 is 'n antwoord op boodskap #116238] Wo, 13 Februarie 2008 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
>
>>>> Ek weet ek het gesê dat dié nie die uitlok tot 'n debat is nie en ek
>>>> volstaan daarby. Ek kan myself egter nie daarvan weerhou om te vra of
>>>> jy dan beweer dat die 'nasies' wat genoem word in Jesaja 14:12-14, dan
>>>> nie mense was nie.
>

>>> Jesaja 14:12 verwys na die morester wat uit die hemel geval het - 'n
>>> profesie oor die val van Nebukadnesar van Babel! Die "nasies" waarna
>>> verwys


>> Lees ook van die Koning van Tirus in Eségiel 28:11-19.

>> Dit is tog nie 'n aardse koning van wie hier gepraat word nie.

>> Lucifer (Heb. Heylel) beteken helderheid, môrester.


> Ek stem gewoon nie met jou saam dat dit nie 'n gewone mens is waarvan hier
> gepraat word nie. Ja, ek het 'n King James Version (KJV). Nee, ek het dit
> nie die KJV se weergawe gekontrolleer nie. Maar onthou asseblief, die KJV
> is eintlik die Engelse weergawe van die Nederlandse State Vertaling (NSV).
> Albei is gebaseer op die teks wat Desederius Erasmus saamgestel het.
> Afgesien daarvan dat die Erasmus teks nie op die beste manuskripte berus het
> nie, was vertalingstegnieke ook nog in die kinderskoene toe die NSV en KJV
> gedoen is.
>

Na ek die skrywe van jou gelees het, het ek op iets anders afgekom wat
as voorbeeld dien dat daar veel meer mense is wat hieroor verskil.
Lees die bladsy:
http://www.1john57.com/isaiah1412.htm

Iets heel inteerssant wat ek nou op afgekom het maar net vinnig na
gekyk het en weer wil gaan lees, is
http://www.hope-of-israel.org/solars.htm

Ek besef nou eers watter veel besproke tema ek onder bespreking
gebring het:
http://www.kjvonly.org/doug/kutilek_notes_on_lucifer.htm

http://christiananswers.net/dictionary/lucifer.html

Moet nie nalaat om hierdie een te lees nie:
http://www.chick.com/ask/articles/lucifer.asp
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116242 is 'n antwoord op boodskap #116238] Wo, 13 Februarie 2008 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2008 21:12:32 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Jy en Jim het vantevore saamgestem dat die duiwel uit die hemel geval het
> voor die skepping van Adam en Eva, indien ek julle reg verstaan het.
>

Kan nie dit onthou nie, maar dit is glad nie onmoontlik nie, want dit
is hoe ek dit verstaan.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116243 is 'n antwoord op boodskap #116239] Wo, 13 Februarie 2008 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2008 21:24:36 +0200, "Torreke" wrote:

> Stem saam. Romeine 8 maak dit duidelik dat die hele skepping met
> reikhalsende verlange wag op die openbaarmaking van die kinders van God in
> die hoop dat die hele skepping vrygemaak sal word van die slawerny van die
> verganklikheid. Die aarde is vervloek om die mens ontwil. Die mens word
> eerste gered, maar die mens is nie die enigste wat gered word nie. Die hele
> skepping word gered! Daar kom 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde. Openb. 4
> beskryf die 4 lewende wesens rondom die troon, een met die gesig van 'n mens
> (vertenwoordiger van die mense), een met die gesig van 'n arend (die voëls),
> een met die gesig van 'n leeu (wilde diere), en een met die gesig van 'n
> bees (mak diere).
>
> Gaan lees weer wat ek gesê het. Ek het nêrens gesê dat 'n dier nie 'n siel
> het, soos Jim beweer ek gesê het nie, en ook nêrens gesê dat diere nie die
> koninkryk sal beërwe nie. Trouens ek het al vantevore op die ng dit
> duidelik gestel dat God nie net mense nie, maar die hele skepping insluitend
> die diere wil red.
>

Wat ek oor diere gesê het was nie in stryd bedoel met enige iets wat
jy oor diere gesê het nie. Ek het jou nerens verkeerd verstaan nie,
en jy het ook niks van diere gesê wat ek met jou verskil nie. Wat ek
gesê het was slegs as interessante byvoegsel tot die gesprek bedoel.
Interessant, omdat mens somtyds dinge onthou omdat jy daarvan hou
en jouself daarmee kan vereenselwig.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116244 is 'n antwoord op boodskap #116243] Do, 14 Februarie 2008 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Wat ek oor diere gesê het was nie in stryd bedoel met enige iets wat[/color]
> jy oor diere gesê het nie. Ek het jou nerens verkeerd verstaan nie,
> en jy het ook niks van diere gesê wat ek met jou verskil nie. Wat ek
> gesê het was slegs as interessante byvoegsel tot die gesprek bedoel.
> Interessant, omdat mens somtyds dinge onthou omdat jy daarvan hou
> en jouself daarmee kan vereenselwig.

:-)
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116245 is 'n antwoord op boodskap #116242] Do, 14 Februarie 2008 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

> Kan nie dit onthou nie, maar dit is glad nie onmoontlik nie, want dit
> is hoe ek dit verstaan.

Jy reageer nie op my verwysings na Job 1 en 2, Judas 1:9 en Openb 12, sowel
as my verklaring daarvan nie.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116246 is 'n antwoord op boodskap #116241] Do, 14 Februarie 2008 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" wrote
>
> Na ek die skrywe van jou gelees het, het ek op iets anders afgekom wat
> as voorbeeld dien dat daar veel meer mense is wat hieroor verskil.
> Lees die bladsy:
> http://www.1john57.com/isaiah1412.htm

Die oorgrote meerderheid van die tekste wat aangehaal word, neem die
argument niks verder nie - en bewys nie wat die skrywer probeer bewys nie!

Die artikel maak in die middel die opmerking dat mens versigtig moet wees
wanneer jy die dinamies-ekwivalente metode van vertaling gebruik en
beskuldig die NIV daarvan dat dit opsetlik verkeerd vertaal en uiteindelik
van Godslastering. Dit is dieselfde soort weerstand en beskuldigings wat
mens dikwels teen die 1983 Afr Vertaling teenkom wat ook volgens die
dinamies-ekwivalente metode vertaal is.

Dis opvallend dat die 1933 Afr vertaling - wat ook op Erasmus se Textus
Receptus gebaseer is, beslis nie volgens die dinamies-ekwivalente metode
vertaal is nie (wat toe nog nie bestaan het nie), en waar die vertalers
doelbewus so na as moontlik aan die Nederlandse StateVertaling (NSV) (soos
reeds gesê uit dieselfde tyd as die KJV) gehou het, dit ook met "blink
morester" vertaal. Ek het nie 'n NSV nie, maar ek voel gerus dat dit
waarskynlik ook "blink morester" sou gebruik het en dat die 1933 Afri
Vertaling die NSV daarin gevolg het. Die OT-gedeelte van die 1933 vertaling
is hoofsaaklik deur JD du Toit (Totius) gedoen; ek dink hy't baie meer
geweet van Hebreeus en Skrifverklaring as die skrywer van die betrokke
artikel.

Die skrywer van die artikel hou duidelik ook nie rekening met hoe Satan
homself aan die mensdom voorhou nie. Satan maak daarop aanspraak dat hy
eintlik god is - dat hy die waarheid praat en God lieg! Vgl Gen 3. Paulus
wys daarop dat die Antichris in die tempel van God sal sit en voorgee dat hy
god is. Dit is presies wat die woord "antichris" probeer sê. Die Griekse
voorvoegsel "anti" beteken soos in Afr "teen" of "teenoor", maar
terselfdertyd ook "in die plek van". Hy stel hom teenoor Christus in die
plek van Christus. Hy maak daarop aanspraak dat hy eintlik die christus is!
en hy beveg die ware Christus.

Presies waaroor dit in Jesaja 14 gaan - die koning van Babel / of te wel die
koninkryk van Babel wat daarop aanspraak maak dat hy die blink morester is.
Die herstelde Israel lag vir hom want Babel het geval en is nie eers begrawe
nie; hy lê op die grond weggesmy en die maaiers vreet die lyk. Hy wat
daarop aanspraak gemaak het dat hy die "blink morester" in die hemel is, het
uit die hemel geval. Die feit dat die skrywer van Jesaja nie die gewone
woorde vir "morester" gebruik nie, wil gewoon beklemtoon dat Babel daarop
aanspraak maak dat hy die morester is, maar dit nie werklik is nie - 'n
vervalsing!

Die beskuldiging van godslastering teen die NIV is misplaas.

Die aanhaling uit Lukas waar Jesus sê Hy het die Satan soos 'n bliksemstraal
uit die hemel sien val, kan nie as bewys dien dat die Satan toe alreeds uit
die hemel geval het nie. Twee redes: (1) Jesus vertel gewoon van 'n visoen
wat Hy gehad het - daarom staan dit logies in die verlede tyd soos alle
ander visoene in die Bybel. (2) Jesus verseker sy dissipels dat die
aanklaer beslis by die hemel uitgesmyt sal word - Hy't dit alreeds gesien
gebeur!

Sal later na die ander bladsye gaan kyk - moet nou hardloop.

>
> Iets heel inteerssant wat ek nou op afgekom het maar net vinnig na
> gekyk het en weer wil gaan lees, is
> http://www.hope-of-israel.org/solars.htm
>
> Ek besef nou eers watter veel besproke tema ek onder bespreking
> gebring het:
> http://www.kjvonly.org/doug/kutilek_notes_on_lucifer.htm
>
> http://christiananswers.net/dictionary/lucifer.html
>
>
> Moet nie nalaat om hierdie een te lees nie:
> http://www.chick.com/ask/articles/lucifer.asp
>
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116247 is 'n antwoord op boodskap #116239] Do, 14 Februarie 2008 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Feb, 20:24, "Torreke" wrote:
> Gaan lees weer wat ek gesê het. Ek het nêrens gesê dat 'n dier nie 'n siel
> het, soos Jim beweer ek gesê het nie, en ook nêrens gesê dat diere nie die
> koninkryk sal beërwe nie. Trouens ek het al vantevore op die ng dit
> duidelik gestel dat God nie net mense nie, maar die hele skepping insluitend
> die diere wil red.

Na vele bespreking smaak dit my daar is nogsteeds nie vordering op die
oorspronklike vraag nie.
Ek dink Hessie het tog reg dat die vraag op 'n mensgemaakte konstruk
baseer is wat slegs deur 'n mens interpreteer kan word. In baie
eenvoudige terme, enigiemand wat die vraag kan lees en verstaan, of
wat geleer kan word om dit te lees en te verstaan, is mens.
Waar trek jy die streep en kan jy hoegenaamd 'n streep trek oor wat 'n
siel het en wat nie? Het klippe, bome en insekte ook 'n siel? Het 'n
griep-virus of ander multi-sel organismes 'n siel en gaan dit ook die
ewige lewe erwe? Daar staan tog niks in die Bybel wat sê dit is nie so
nie en dit is tog alles deel van die skepping? Vir dieselfde prys kan
jy jou Toyota Hilux ook in die vergelyking ingooi want dit is tog deel
van die wyer skepping?
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116248 is 'n antwoord op boodskap #116239] Do, 14 Februarie 2008 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Wat ek wel gesê het, is: Slegs die mens is na die beeld van God geskape!  En
> dit is die enigste onderskeid tussen mens en dier.  Slegs die mens dien God
> bewustelik! - organiseer eredienste, bid saam, sing saam, ens!!!  - bely en
> verkondig God, wy homself bewustelik aan God toe, heers oor die sonde en
> straf die sondaar.  Die diere bokspring as dit reën na die droogte - 'n
> teken van blydksap en dankbaarheid! - maar dis instinktiewe gedrag!  Daar's
> geen sprake van 'n bewustelike en georganiseerde diens aan God nie.

Ag, Torreke, watter homo sapiens chauvinist pig is jy tog.
Watter bevooroordeelde uitsprake. Wie is jy om te sê dat
wanneer jy na die voëls luister, jy nie georganiseerde
lofsange hoor nie. Toe ek klein was daar op die eilande
in die Noordkaap, het ons in die somer buite geslaap en
dan kon mens na die paddas se gesang luister. En ek
sweer hulle het georganiseerd vir 'n halfuur aanmekaar
met talle stemme gesing. En as jy na olifante kyk wat
in sirkusse werk, bewonder jy nie hulle bewustelike
akrobatiese aksies nie, iets wat jy nooit vir hulle sal
kan namaak nie.
In alle geval, jou gepraat oor "gered" word, is
eintlik maar net 'n homo sapiens opinie. Jy weet
eenvoudig nie wat in die heelal aangaan nie. Dis
daarom dat jy nie kan predik nie. Jy kan net
aanbid.

Gloudina
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116249 is 'n antwoord op boodskap #116245] Do, 14 Februarie 2008 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2008 13:07:38 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" < wrote
>
>> Kan nie dit onthou nie, maar dit is glad nie onmoontlik nie, want dit
>> is hoe ek dit verstaan.
>
> Jy reageer nie op my verwysings na Job 1 en 2, Judas 1:9 en Openb 12, sowel
> as my verklaring daarvan nie.

Omdat dit geen verandering maak aan enige van die twee sieninge
betreffende pre-Adamiete nie. En omdat ek, in teenstelling daarmee dat
ek jou in die gesprek ingelok het, toegegee, ook gesê het dat ek nie
'n debat hieroor wil begin nie.

'n Debat hieroor gaan niks meer oplewer as my mening en jou mening
sonder dat enige van ons twee die ander klinkklaar sal kan oortuig.
Interessant dat, na ek die gesprek aangevoer het, dit duidelik word
dat die tema 'n baie wyer stryery tot gevolg het. Ek was nie bewus
daarvan nie.

*
Opsomming - jy glo nie dat daar mense voor Adam en Eva was nie
en ek glo dat dit baie waarskynlik so is. Jy gee Bybelse redes vir jou
stelling en so doen ek, maar ons gebruik verskillende vertalings, wat
beslis nie verskillend praat nie, maar as gevolg van verskille in
woordgebruik die moontlikheid van verwarring kan skep.

Jy bevraagteken die bronne waaruit die KJV vertaal is, sonder om
oortuigend daarmee te wees.

Omdat ek glo soos ek glo,
dat daar mense voor Adam en Eva (kon) geleef het,
dat die sonvloed die tweede vloed was en dat die eerste vloed alle
aardse lewe vernietig het en die aarde in duisternis gehul was
daartydens, en dat daar miljoene jare kon wees tussen die eerste en
tweede verse van die Bybel, en dat die 6 dae 'n herstel daaruit was,
het ek geen probleme daarmee wanneer mense beweer dat Adam en Eva
ses duisend jaar gelede geleef het nie. Soos ek ook geen probleme sou
hê as sommiges my sou vra waarom ons dan nie van pre-historiese diere
lees in die bybel nie. Vir my vra wat van die dinasourusse geword het
- en in opvolg vir my vra na Mev Ples en haar tydsgenote, nie. Of vir
my vra op watter dag die son geskep is en op watter dag daar lig was,
nie.

*
Dan, maak alles vir my sin. Andersins is daar te veel onbeantwoorde
vrae.

Voorts, verander my en jou verkillende sieninge hieroor geensins die
basis van ons geloof, dit waaroor ons saamstem, nie. Want dit wat ons
oor stry is oor die geskiedenis wat geen verskil maak aan die toekoms,
nie.
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116251 is 'n antwoord op boodskap #116248] Do, 14 Februarie 2008 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

"Torreke" skryf

> Wat ek wel gesê het, is: Slegs die mens is na die beeld van God geskape!
> En
> dit is die enigste onderskeid tussen mens en dier. Slegs die mens dien God
> bewustelik! - organiseer eredienste, bid saam, sing saam, ens!!! - bely en
> verkondig God, wy homself bewustelik aan God toe, heers oor die sonde en
> straf die sondaar. Die diere bokspring as dit reën na die droogte - 'n
> teken van blydksap en dankbaarheid! - maar dis instinktiewe gedrag! Daar's
> geen sprake van 'n bewustelike en georganiseerde diens aan God nie.

Ag, Torreke, watter homo sapiens chauvinist pig is jy tog.

Ek raak nou stadigaan gatvol vir dié soort beledigings van jou kant. Dis
nie die eerste keer dat jy my 'n "chauvinistiese vark" noem nie. Ek het jou
in die verlede om verskoning gevra toe ek beledigende dinge teenoor jou
kwytgeraak het. Ek kan my nie een keer herinner dat jy vir jou beledigings
verskoning gevra het nie. Doen so voort en ek sal jou gewoon uit my lewe
uitsny.

Watter bevooroordeelde uitsprake. Wie is jy om te sê dat
wanneer jy na die voëls luister, jy nie georganiseerde
lofsange hoor nie. Toe ek klein was daar op die eilande
in die Noordkaap, het ons in die somer buite geslaap en
dan kon mens na die paddas se gesang luister. En ek
sweer hulle het georganiseerd vir 'n halfuur aanmekaar
met talle stemme gesing.

Ag, twak!!! My gebruik van die woord "maag" vir baarmoeder, is 'n metonima
(ek sien jy't my herplasing gerieflik geignoreer), maar wat noem mens
hierdie soort snert? Kinderfantasie wat as wetenskaplike argument
aangebied word!!!!

En as jy na olifante kyk wat
in sirkusse werk, bewonder jy nie hulle bewustelike
akrobatiese aksies nie, iets wat jy nooit vir hulle sal
kan namaak nie.

Akorbatiese aksies wat 'n homo sapiens sapiens vir hulle geleer het, nie
waar nie!

In alle geval, jou gepraat oor "gered" word, is
eintlik maar net 'n homo sapiens opinie. Jy weet
eenvoudig nie wat in die heelal aangaan nie. Dis
daarom dat jy nie kan predik nie. Jy kan net
aanbid.

En hier's ons t'rug by die Tannie wat Christus en sy redding die rug
toegekeer het!
Re: Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier? [boodskap #116253 is 'n antwoord op boodskap #116251] Do, 14 Februarie 2008 13:52 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Ek raak nou stadigaan gatvol vir dié soort beledigings van jou kant.  Dis
> nie die eerste keer dat jy my 'n "chauvinistiese vark" noem nie.  Ek het jou
> in die verlede om verskoning gevra toe ek beledigende dinge teenoor jou
> kwytgeraak het.  Ek kan my nie een keer herinner dat jy vir jou beledigings
> verskoning gevra het nie.  Doen so voort en ek sal jou gewoon uit my lewe
> uitsny.

Torreke, jy ken duidelik nie die Engelse/Amerikaanse
gebruik van die frase "xyz-chauvinist pig" nie. 'n Chauvinist
is iemand wat net sy eie groep as die toonaangewende en
regte groep sien. Dus is 'n male -chauvinist pig iemand
wat dink net mans kan dinge dink en doen. 'n Female
chauvinist pig is 'n uiters ekstreme feminis. As ek jou
'n homo sapiens chauvinist pig noem, beskuldig ek jou
daarvan dat jy dink dat net homo sapiens die wysheid
in pag het en die heelal regeer. As jy beledig voel oor
hierdie aanklag van my, is jy eens te fyngevoelig om
met grootmense te argumenteer. Word groot.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: vir Riaan - diepstoot.jpg (0/1)
Volgende onderwerp: Rassiste en Kommuniste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:22:25 MGT 2024