Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ontkenning, ontkenning....
Ontkenning, ontkenning.... [boodskap #116179] Wo, 06 Februarie 2008 10:49 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ons minister sê:

Hendricks het in die verklaring ook verwys na die suurmynwater wat
by die Harmony-myn se skag 8 uitborrel en in die Tweelopiespruit
beland het, en gesê dié kwessie is "heeltemal onder beheer".

Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees dat suurmynwater die
ondergrondse waterbronne bedreig nie.>

Die mediese kenners sê:

Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van Kansa, het eergister op
Wêreldkankerdag gesê 'n span deskundiges het onlangs begin navorsing
doen oor die voorkoms van kanker in die besoedelde
Wonderfonteinspruitgebied waar intensief vir goud gemyn word.

Volgens Albrecht is Kansa veral bekommerd oor die hoë vlakke van
kadmium wat in dié omgewing voorkom.

Luidens verslae wat deur die Waternavorsingskommissie gepubliseer is,
lê daar in een van die plaasdamme naby Welverdiend in die
Wonderfonteinspruitgebied kadmiumkonsentrasies wat tot 16 000 keer
hoër is as dié wat normaalweg in die natuurlike omgewing sou
voorkom.>

------------------------------------------------------------ ----------------
Hier is albei stories volledig:

Besoedelde spruit sál glo herstel word
Feb 05 2008 09:22:26:543PM - (SA)

Elise Tempelhoff

Die Wonderfonteinspruit sál herstel word.

Die regering is besonder bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse
ondersoek deur die Nasionale Kernreguleerder (NKR) wat daarop dui dat
verskeie kossoorte in dié gebied met radioaktiewe gifstowwe besoedel
is.

Só het me. Lindiwe Hendricks, minister van waterwese en bosbou,
eergister in 'n verklaring gesê.

Luidens Hendricks se verklaring word net 950 mense in 'n strook van 1
km van die Wonderfonteinspruit geraak deur die besoedeling wat deur
goudmyne in die omgewing veroorsaak is.

Verskeie verslae het in die verlede daarop gewys dat die
Wonderfonteinspruit (wat strek van Randfontein af tot by die Gerhard
Minnebronveenland by die Mooirivier) met uraan, radio-aktiewe lood,
kadmium en verskeie ander swaar metale besoedel is. Almal is
newe-produkte van goudmynbedrywighede.

Mnr. Ben Nell van die Tlokwe-plaaslike owerheid het gister by 'n
vergadering in Potchefstroom waar gemeenskapsverteenwoordigers, die
departement van waterwese en bosbou en die myne teenwoordig was, gesê
die reguleerders is baie ernstig oor die herstel van die
Wonderfonteinspruit.

'n Tegniese taakspan wat bestaan uit die NKR en die ander
reguleerders, sal Vrydag hul eerste vergadering oor dié rehablitasie
hou.

Hendricks het gesê die plaaslike owerhede is sowat 'n jaar gelede
aangesê om skoon drinkwater na die mense in die
Wonderfonteinspruitgebied aan te lê. Mnr. Sas Coetzee van die plaas
Blaauwbank buite Welverdiend sê egter hulle moet steeds gebottelde
water koop.

Hendricks het in die verklaring ook verwys na die suurmynwater wat by
die Harmony-myn se skag 8 uitborrel en in die Tweelopiespruit beland
het, en gesê dié kwessie is “heeltemal onder beheer”.

Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees dat suurmynwater die
ondergrondse waterbronne bedreig nie.

Hendricks het verwys na die algemene watersituasie in Suid-Afrika en
ontken dat besoedeling die waterbronne bedreig. "Suid-Afrikaners kan
gerus wees daar is geen waterkrisis weens die regering se sogenaamde
swak beplanning nie." Maar Suid-Afrikaners móét bekommerd wees oor die
land se water, het sy in dieselfde asem gesê. "Suid-Afrika is 'n land
waar water skaars is. Daar is steeds mense wat die water besoedel.
Húlle sal gedwing word om te betaal én op te ruim."

------------------

Kansa kyk na omgewing se aandeel in die vorming van kanker
Feb 05 2008 09:22:28:043PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Click here to find out more!
Elise Tempelhoff

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is besig met
baanbreker-navorsing waarmee hulle probeer vasstel wat die rol van
omgewingsbesoedeling in die ontstaan van kanker is.

Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van Kansa, het eergister op
Wêreldkankerdag gesê 'n span deskundiges het onlangs begin navorsing
doen oor die voorkoms van kanker in die besoedelde
Wonderfonteinspruitgebied waar intensief vir goud gemyn word.

Volgens Albrecht is Kansa veral bekommerd oor die hoë vlakke van
kadmium wat in dié omgewing voorkom.

Luidens verslae wat deur die Waternavorsingskommissie gepubliseer is,
lê daar in een van die plaasdamme naby Welverdiend in die
Wonderfonteinspruitgebied kadmiumkonsentrasies wat tot 16 000 keer
hoër is as dié wat normaalweg in die natuurlike omgewing sou voorkom.

Kadmium word veral in batterye en plastiekstowwe gebruik en is 'n
kragtige kankervormende metaal.

Volgens Albrecht is Kansa besig om doodsertifikate by Statistieke
Suid-Afrika deur te werk om te probeer vasstel hoeveel mense in die
omgewing van die Wonderfonteinspruit - van Randfontein af tot by die
Gerhard Minnebron-veenland wes van Carletonville - aan kanker dood is.

Kansa gaan ook probeer vasstel aan hoeveel verskillende soorte kanker
die mense in die omgewing ly.

Nier- en beenkanker sal waarskynlik toegeskryf kan word aan die
radioaktiewe besoedelstowwe wat in die lug, grond en water hier
voorkom.

Volgens Albrecht is die omgewing se rol in die vorming van kanker tot
nou toe feitlik geïgnoreer.

Hy het verwys na navorsing wat in die vroeë 1980's deur sir. Richard
Doll en prof. Richard Peto, twee Britte, gedoen is waarin gesê is
omgewingsfaktore is vir net 2% van alle kankergevalle verantwoordelik.

Doll en Peto het gevind dieet en rook is elk vir 30% van kankergevalle
verantwoordelik.

"Dit het 'n soort dogma oor die wêreld heen geword dat
omgewingsfaktore 'n baie klein rol speel in die vorming van kanker.
Niemand het ook vrae gevra nie."

Dit het ná Doll, wat as die grootste epidemioloog en kankernavorser
van die 20ste eeu beskou is, se dood bekend geraak dat hy deur
chemiese nyweraars betaal is om nie navorsing te doen oor
omgewingsfaktore en kanker nie.

Kansa gaan nou ook kankerkaarte opstel vir die land en sogenaamde
"warm kolle" uitwys.

Die "warm kolle" sal gebiede aantoon waar die hoogste voorkoms van
kanker is.

"Daar bestaan nie so 'n kaart in Suid-Afrika nie. Daar is ook geen
vigskaart nie. Dit is noodsaaklik dat dié navorsing nóú gedoen word."

Albrecht het gesê hy meen die rol wat chemiese besoedeling by
kankervorming speel, is tot dusver erg onderskat.

"Kankernavorsing behoort ook in plekke soos Sasolburg, waar groot
chemiese nywerhede bedrywig is, gedoen te word," het Albrecht gesê.
Re: Ontkenning, ontkenning.... [boodskap #116180 is 'n antwoord op boodskap #116179] Wo, 06 Februarie 2008 11:40 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ferdi wrote:

Natuurlik het dit niks met dit waaroor hier skryf, te doen nie.
Dit is net so bekend, die name en plekke wat jy hier noem
Dit is waar ek groot geword het, en vir dekades gewoon het.
Vanaf Welverdiend het ek verhuis na waar ek nou woon.
My rekenaarvriend in Welverdiend is ook die man wat dit 'n loopbaan
gemaak het om as tussenganger tussen die myne en die boere op te tree,
en as sulks die boere se eise teen die myne te hanteer.
Vorige onderwerp: Nederlands in Antwerpen
Volgende onderwerp: Barack of Hillary
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 20:05:01 MGT 2024