Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Generator
Generator [boodskap #116035] Do, 24 Januarie 2008 07:36 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat
hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag
onderbrekings.

My Oupa dink 10% is kragonderbrekings, die anner 90% is die Munispaliteit se
geld wat my pa innie borrelstoor belê. My pa sê dit maak nie saak nie, of
dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is wat sy krag afsny, of daai
simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator hê.

Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want my Pa
sê my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening. Jy koop
en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek weet nie
lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se rekening.
Ek reken die Budget outjie gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat my
pa alles op sy rekening koop. In elk geval, ons gat loop koop toe die
generator ding, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin.

Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of
van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan moet julle
weet, hy weet bokkerol van krag af. Dis wat my ouma sê, dis so. Maar my pa
worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy
'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan. Toe is my
pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop, solank maak hy
krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n fancy Japanese
naam.

So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers die
generatortjie af, en hy sê vir my: " Dawie, as 'n ou met krag werk, dan moet
jy slim wees, en nugter". Wel, my pa is nie een vannie twee nie, so toe
beginne ek worrie. Maar ek het verniet geworrie. Toe my pa daai drade vat,
en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade
mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die
kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die
kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek
kan sien my pa weet van.

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop en hy maak reg om sy
generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo solat
as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se krag sal
die swietsbord maak werk.

Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê lat as die pôpo die
fan tref, dan's daar moeilikheid. Daai ooms wat so sê het nog nie gesien wat
gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie. Kyk ooms, toe my pa so
oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se kragdraad so aan die
swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval
kry of hy kry 'n seningwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke
offe ding. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat
die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los. Nie syne nie, maar een
innie muur daar waar die swietsbordtjie was.

Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy skreeu
ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad is virrie
swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie rond bo-op
daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.

Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur
dit; hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet
nie, en toe verstaan ek hoekom party mense sê " hy't daar afgemoer", want
daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se moer
weg is, lyk my met die krag saam het 'n ou maar probleme met die moere.

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf
gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lig trek, nes daai ouens
op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lug maak. Toe dit
vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy alie val, toe skrik ek,
want my ma sê my pa het 'n harde kop maar hy is 'n lamgat. Ek wil toe nie hê
my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is ek te laat, toe val
my arme pa plat op sy blaker.

Maar toe my pa so sit en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan sien
hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker vinnig
wikkel. Toe ek in my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte
ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net die
wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat ek nie
weet wat anners om te doen nie. Toe kom my oupa ingehardloop om te sien wat
gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan my pa en toe begin oupa ok
jaaif. Toe dog ek dis 'n paartie toe beginne ek ok jaaif solat hulle kan
sien ek kan ok jaaif.

Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe staan ek
ok maar daar rond en kyk wat gat my pa nou met die generatortjie doen.

Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan die
draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is oorlat
die plug binne in my pa se boud ingesteek het. Toe gebeur daar 'n vreeslike
ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal, en hy gooi
daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad uit die
swietsbordtjie uit soos 'n sweepslag.

Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer
toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is alles
weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie.
Re: Generator [boodskap #116036 is 'n antwoord op boodskap #116035] Do, 24 Januarie 2008 09:08 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ook maar lekker stupid, die pappie van jou! Loop dit in die familie?
Hehe.

"Riaan" skryf in boodskap news:1201160285.199139@vasbyt.isdsl.net...
> My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit
> lat hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag
> onderbrekings.
>
>
> My Oupa dink 10% is kragonderbrekings, die anner 90% is die Munispaliteit
> se geld wat my pa innie borrelstoor belê. My pa sê dit maak nie saak nie,
> of dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is wat sy krag afsny, of
> daai simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator hê.
>
>
> Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want my
> Pa sê my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening. Jy
> koop en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek weet
> nie lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se
> rekening. Ek reken die Budget outjie gat darem lekker moerig wees as hy
> uitvind wat my pa alles op sy rekening koop. In elk geval, ons gat loop
> koop toe die generator ding, en dis net mooi daar waar die moeilikheid
> begin.
>
>
> Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie,
> of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan moet
> julle weet, hy weet bokkerol van krag af. Dis wat my ouma sê, dis so. Maar
> my pa worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe dink hy
> lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan.
> Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop,
> solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n
> fancy Japanese naam.
>
>
> So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers die
> generatortjie af, en hy sê vir my: " Dawie, as 'n ou met krag werk, dan
> moet jy slim wees, en nugter". Wel, my pa is nie een vannie twee nie, so
> toe beginne ek worrie. Maar ek het verniet geworrie. Toe my pa daai drade
> vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die
> drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien
> aan die kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim
> pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie,
> oorlat ek kan sien my pa weet van.
>
>
> Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop en hy maak reg om sy
> generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo
> solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se
> krag sal die swietsbord maak werk.
>
>
> Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê lat as die pôpo
> die fan tref, dan's daar moeilikheid. Daai ooms wat so sê het nog nie
> gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie. Kyk ooms, toe
> my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se kragdraad
> so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die
> hartaanval kry of hy kry 'n seningwee instorting of 'n eleptiese aanval of
> 'n stroke offe ding. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek
> my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los. Nie syne
> nie, maar een innie muur daar waar die swietsbordtjie was.
>
>
> Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy
> skreeu ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad
> is virrie swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie
> rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.
>
>
> Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur
> dit; hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet
> nie, en toe verstaan ek hoekom party mense sê " hy't daar afgemoer", want
> daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se moer
> weg is, lyk my met die krag saam het 'n ou maar probleme met die moere.
>
>
> In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy
> lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lig trek, nes daai
> ouens op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lug maak.
> Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy alie val, toe
> skrik ek, want my ma sê my pa het 'n harde kop maar hy is 'n lamgat. Ek
> wil toe nie hê my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is ek
> te laat, toe val my arme pa plat op sy blaker.
>
>
> Maar toe my pa so sit en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan sien
> hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker vinnig
> wikkel. Toe ek in my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte
> ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net
> die wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat
> ek nie weet wat anners om te doen nie. Toe kom my oupa ingehardloop om te
> sien wat gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan my pa en toe begin
> oupa ok jaaif. Toe dog ek dis 'n paartie toe beginne ek ok jaaif solat
> hulle kan sien ek kan ok jaaif.
>
>
> Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe staan
> ek ok maar daar rond en kyk wat gat my pa nou met die generatortjie doen.
>
>
> Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan die
> draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is
> oorlat die plug binne in my pa se boud ingesteek het. Toe gebeur daar 'n
> vreeslike ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal, en
> hy gooi daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad uit die
> swietsbordtjie uit soos 'n sweepslag.
>
>
> Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer
> toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is alles
> weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie.
>
Vorige onderwerp: Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk
Volgende onderwerp: Spring maar rond met verduidelikings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:25:05 MGT 2024