Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Jan Spies Stories
Jan Spies Stories [boodskap #115990] So, 20 Januarie 2008 05:13 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1079
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier's een van Jan Spies se stories. Ek het dit so geniet, maar nou's
ek opsoek na klank en/video-opnames van Spies se vertellings - kan
iemand my 'n verwysing(s) gee.
Spies het eens sy stories op die SAUK se Afrikaanse radiostasie vertel
- so hulle behoort daaroor te beskik. Maar is daar 'n uitgewer,
watookal waar ek die goed kan koop.

Grote aan almal - Jonas

Dawid en Jonathan

‘n Oubaas daar uit Pelgrimsrust se wệreld bel my en hy sv vir my by
wil my 'n leeustorie vertel wat vir hom 'n besondere boodskap inhou.

Ek sê: "Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is." Hy sê nee, lat by
eers die storie vertel; dis uit die mond van 'n oorlede ou oom van
hom.

Nou, die ou kêrel vertel lat toe by vroeër dae daar in Pelgrimsrust se
wereld ingetrek het, toe was daar vrees¬lik baie ongediertes.

En kort-kort dan pla daar die een of anner ding - veral die leeus.

Hy sê maar hy boer vorentoe, en later het by 'n lekker plaas en 'n
gerieflike huis en 'n buitekamer en 'n waen¬huis en 'n skuur. En dit
gaan goed. En die leeus is later redelik uitgeskiet en die wat oorbly,
is sommer heel skaflik.

Hy sê en toe op 'n dag begin daar sommer 'n on¬smaaklike vangery net
toe by meen by kan nou maar vergeet van die leeus. Dan's dit 'n koei
en dan's dit 'n os en dan 's dit 'n kalf. En sommer kortby die huis
ook.

Hy sê en een more lê daar 'n kalf, jy kan sê op die werf doodgebyt en
opgevreet.

En hy en sy volkies kyk daar rond en hulle kry die spoor. Toe's dit
nou net na so 'n motreëntjie.

Die ou sê en by gryp sy Mauser en by en 'n paar van sy mense vat die
spoor en in 'n ruigte teen 'n klipkoppie kry hulle die leeu.

En hy sê met 'n geluk gee by die boosdoener 'n dood¬skoot.

En hulle kom nader en toe sal hulle nou maar sien dis 'n leeuwyfie, en
sy het melk.

En hulle soek daar rond en hulle kry haar boerplek en so kom hulle op
'n welpie af.

Die oubaas sê en daar's die ma dan nou dood en hier's die pragtige,
onskuldige klein leeutjie totaal moeder¬loos.

Hy sê en 'n vreeslike jammerte en hartseer oorval hom daar. Hy sê: so
lat by al sy beeste wat al opgevreet is, vergeet en die leeus vir
alles vergewe.

En hy besluit hy gaan die wesie aanneem. En hulle vat die klein
leeutjie huis toe.

Hy sê en hulle het dae lank gesukkel en proefnemings gemaak voor hulle
eers afkom op die regte dieet vir hom. En dit was nie lank nie, toe
het die leeutjie heel goed ingepas by die huishouding.

En die leeutjie maak so met verloop van tyd maats met almal - met die
ander huisdiere ook.

Maar sy boesemvriend is die hansvark.
Die oom sê en die bure en ander mense wat kom kuier, het begin
waarsku.

Hulle sê vir hom: "Jong, jy maak hier 'n adder aan jou boesem groot.
Eendag is eendag en dan neem die leeu se natuur van hom besit en dan
oorwin dit oor hierie vreemde kultuur, en dan weet jy nooit wat by
aanvang nie. Dis 'n verkeerde liefde hierie wat jy vir die ding het."

Die ou sê en die leeu is later 'n halfvolgroeide leeu¬mannetjie en die
hansvark is later so groot en vet dat hy, jy kan sê, sy gewig in ivoor
werd is.

Hy sê maar wie eet nou 'n hansvark?

En buitendien is die twee toe al soos Dawid en Jona¬tan, en hulle het
toe ook al in die familie die name gekry. En hy sê: Eenmaal moes 'n
Dawid met smarte en hartseer 'n Jonathan verloor.

G'n mens durf dit weer laat gebeur nie.

Hy sê en die predikant kom daar op huisbesoek. En die het hom vreeslik
gekapittel.

Hy sê vir hom: "Broer, dis 'n bose ding wat jy hier doen."

Hy sê vir die oom: "'n Leeu is 'n wille ding, en by hoort in die
natuur. Nou's by soos 'n goeie hond, maar die dag gaan kom lat by nie
meer so trou is aan jou nie en lat by getrou word aan sy aard. En die
een wat jy die liefste het, die ontneem by dalk vir jou."

En die name staan hom ook nie aan nie, se die predi¬kant.

Dis een ding om Dawid 'n leeu te noem, maar dis 'n anner ding om 'n
leeu Dawid te noem.

En om 'n vark Jonathan te noem - nee, dit mag net nie. Die oom se en
hy't gewonner of die dominee nie tog reg had nie.

En hy't so in die stilligheid gehoop daar kom weer leeus in die
omgewing lat by kon sien of Dawid nie dalk in sy eie mense belang wou
stel nie.

Maar toe hy wens daar kom leeus, toe kom aas nie eens een daar in die
omgewing nie.

Hy sê en wat kon by dan nou verder doen?

Want op die werf het almal vir almal lief: by en die vrou en die
kinners mekaar, en hulle vir Dawid en Jona¬tan, en die nog weer mekaar
ook.

Hy sê en as by dit nou oor sy hart sou kon kry om Jonathan to slag,
maak dit nog nie vir Dawid minner ge¬vaarlik nie.

En as by Dawid aan 'n dieretuin sou skenk, sou die stomme dier daar
van hartseer sterf.

En in die natuur sou hy ook omkom om by vir hom¬self nie kon sorg nie.

Die oom sê en om Dawid dood te skiet, was totaal buite die kwessie.

En as hy dit sou kon regkry, sou hulle met die be¬droefde Jonathan
gesit het.
Hy sê en later is al twee mooi uitgegroeide wesens. En hulle het
elkeen sy eie manier van doen gehad, maar hulle andershede het hulle
nooit van mekaar laat vervreem nie.

Want hulle het saam rondgeloop en alles saam ge¬doen wat in 'n leeu en
'n vark se wêrelde eenders is. Maar die slapery was heel verskillend.

Bedags as dit warm is, dan het Dawid in die buite¬kamer op die koel
klipvloer gelê en Jonathan het buite teen die muur in die skaduwee in
'n lekker klam holte in die grond gelê.

Veral as dit ietwat modderig was, was dit vir hom tog to lekker.

Die oom sê en hy't vir hulle baie dae so sit en bekyk en dan snaakse
gedagtes gekry, want sy Mauser staan daar in die einste buitekamer.

En dan't hy met 'n rilling gewonner of die geweer dalk eendag 'n
onmoontlike en onhanteerbare familietwis uit die weg sou moes ruim.

Hy sê maar alles gaan goed; vir baie lank. En toe gebeur die vreeslike
ding amper.

Hy ry eendag dorp toe en by kom trug en toe by naby die huis kom, toe
sien by daar tussen die lang gras bult Jonathan se rug uit waar by aan
die vroetel is.

Hy sê en hy kyk rond, maar hy sien nie vir Dawid nie.

Hy sê en by ry nou maar so rondkyk-rondkyk aan, en toe by so omtrent
regoor Jonathan kom, toe raak die pêre onrustig.

En hy kyk weer mooi rond.
En toe sien by die ding wat by gehoop het nooit sou gebeur nie.

Daar in die lang gras is Dawid besig om vir Jonathan to bekruip. Die
ou se: "Maar ek is op die plek so kwaad oor die dag moes aanbreek wat
ek nie wou beleef nie, lat ek die leisels daar en dan styf pluk.

"En ek knoop hulle vas.

"En die pệre wil nog diekant toe en dariekant toe. Maar ek steur my
nie aan hulle nie.

"Ek gryp die sambok en vlie daar van die kar of en ek dink: As jy dan
nou 'n wille nuk in jou kop wil kry, sal ek dit uit jou uit foeter."

Hy sê en by loop Dawid van agter of by met die sambok. Hy se en hy's
so vol moordgedagtes lat by nie eens dink aan moontlike gevaar nie.

Hy sê en die leeu is ook net so, want by is so ingestel op Jonathan se
clood lat by nie sien dat daar van agter of iemand op hom afkom nie.

Die ou sê: "Ek slaat hom met so 'n lang hou van sy blad of oor sy
ribbekas tot op sy boud."

Hy sê: "En toe by opspring - pleks van tot sy sinne kom, vervies by
hom vir my en by vlie om en by trek 'n gevreet en by wys tanne lat dit
soos 'n brommer lyk wat daar op sy bolip sit as jy na sy neus kyk."

Hy sê: "En ek stryk hom hot en haar deur sy bek lat die spoeg so spat.
En toe sien hy ek is kwaad. En by vlie om en ek streep hom nog weer so
'n slag oor sy agter¬wêreld.


"En by hol daar innie rigting van die ruigte waar ek sy oorle ma
doodgeskiet het.

"En ek dink: Net daar gaan jy ook bars.
"Want toe's ek darem kwaad orie ding wat ek nie wou gehad het by my
moes aandoen nie."

En Jonathan vlug huis toe.

En die oom sê: "Ek dink: Jou lewe is gered, maar as Dawid sy lyf dan
rêrig wille leeu wil hou, moet ek heden vandag nog met hom
klaarspeel."

Die oom sê maar toe het die pệre ook al weggehol huis toe.

En daarom pak by die laaste entjie pad te voet aan. Hy se: "Maar ek
het net een ding in my kop, en dis my Mauser."

Hy sê: "En ek loop bars daar by die buitekamer in op pad na die geweer
toe.

"En ek slaat daar neer oor 'n ding."

Hy sê: "En toe ek so uit die val uit omkyk, sal ek sien dis bo-oor
Dawid. Die lip toe net sy kop op en toe by gewaar dis maar net ek wat
so haastig kom kuier, gee by 'n steun en slaap verder."

Ek sê vir die oom wat my gebel het: "Maar Oom, hoe bring die storie
vir Oom by 'n boodskap uit? Al bood¬skap wat ek sien, is dat daar
amper 'n lelike ding gebeur het weens nalatigheid.

Want die vreemde leeu moes nie met Dawid verwar gewees het nie."

Hy sê: "Nee, nefie, jy kyk na die storie net so sleg soos daardie
oorlede ou oom van my na die wille leeu. "Die boodskap staan so: As jy
op 'n gevaar afkom, en dit lyk vir jou na iets gewoons en jy pak hom
ook of by nie iets waffers is nie, dan dink die ding jy's gevaarlik,
en dan skrik hy.

"Of, om dit vir jou annersterom te stel: As jy dink jy loop vir Dawid
storm, maar dis allie tyd Goliat, dan moet jy maak of jy Simson is."
Re: Jan Spies Stories [boodskap #116025 is 'n antwoord op boodskap #115990] Di, 22 Januarie 2008 09:30 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het onlangs 'n boek gekoop met al Jan Spies se stories in: Spieserye.
ek sal kyk of hulle enige kontakte gee, maar ek twyfel. Jy sal moet by die
SAUK gaan soek.

"Jonas" skryf in boodskap news:c3976135-0670-425c-ba86-da2862fee353@i72g2000hsd.google groups.com...

Hier's een van Jan Spies se stories. Ek het dit so geniet, maar nou's
ek opsoek na klank en/video-opnames van Spies se vertellings - kan
iemand my 'n verwysing(s) gee.
Spies het eens sy stories op die SAUK se Afrikaanse radiostasie vertel
- so hulle behoort daaroor te beskik. Maar is daar 'n uitgewer,
watookal waar ek die goed kan koop.

Grote aan almal - Jonas

Dawid en Jonathan

'n Oubaas daar uit Pelgrimsrust se w?reld bel my en hy sv vir my by
wil my 'n leeustorie vertel wat vir hom 'n besondere boodskap inhou.

Ek s?: "Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is." Hy s? nee, lat by
eers die storie vertel; dis uit die mond van 'n oorlede ou oom van
hom.

Nou, die ou kêrel vertel lat toe by vroeër dae daar in Pelgrimsrust se
wereld ingetrek het, toe was daar vreeslik baie ongediertes.

En kort-kort dan pla daar die een of anner ding - veral die leeus.

Hy s? maar hy boer vorentoe, en later het by 'n lekker plaas en 'n
gerieflike huis en 'n buitekamer en 'n waenhuis en 'n skuur. En dit
gaan goed. En die leeus is later redelik uitgeskiet en die wat oorbly,
is sommer heel skaflik.

Hy s? en toe op 'n dag begin daar sommer 'n onsmaaklike vangery net
toe by meen by kan nou maar vergeet van die leeus. Dan's dit 'n koei
en dan's dit 'n os en dan 's dit 'n kalf. En sommer kortby die huis
ook.

Hy s? en een more lê daar 'n kalf, jy kan s? op die werf doodgebyt en
opgevreet.

En hy en sy volkies kyk daar rond en hulle kry die spoor. Toe's dit
nou net na so 'n motreëntjie.

Die ou s? en by gryp sy Mauser en by en 'n paar van sy mense vat die
spoor en in 'n ruigte teen 'n klipkoppie kry hulle die leeu.

En hy s? met 'n geluk gee by die boosdoener 'n doodskoot.

En hulle kom nader en toe sal hulle nou maar sien dis 'n leeuwyfie, en
sy het melk.

En hulle soek daar rond en hulle kry haar boerplek en so kom hulle op
'n welpie af.

Die oubaas s? en daar's die ma dan nou dood en hier's die pragtige,
onskuldige klein leeutjie totaal moederloos.

Hy s? en 'n vreeslike jammerte en hartseer oorval hom daar. Hy s?: so
lat by al sy beeste wat al opgevreet is, vergeet en die leeus vir
alles vergewe.

En hy besluit hy gaan die wesie aanneem. En hulle vat die klein
leeutjie huis toe.

Hy s? en hulle het dae lank gesukkel en proefnemings gemaak voor hulle
eers afkom op die regte dieet vir hom. En dit was nie lank nie, toe
het die leeutjie heel goed ingepas by die huishouding.

En die leeutjie maak so met verloop van tyd maats met almal - met die
ander huisdiere ook.

Maar sy boesemvriend is die hansvark.
Die oom s? en die bure en ander mense wat kom kuier, het begin
waarsku.

Hulle s? vir hom: "Jong, jy maak hier 'n adder aan jou boesem groot.
Eendag is eendag en dan neem die leeu se natuur van hom besit en dan
oorwin dit oor hierie vreemde kultuur, en dan weet jy nooit wat by
aanvang nie. Dis 'n verkeerde liefde hierie wat jy vir die ding het."

Die ou s? en die leeu is later 'n halfvolgroeide leeumannetjie en die
hansvark is later so groot en vet dat hy, jy kan s?, sy gewig in ivoor
werd is.

Hy s? maar wie eet nou 'n hansvark?

En buitendien is die twee toe al soos Dawid en Jonatan, en hulle het
toe ook al in die familie die name gekry. En hy s?: Eenmaal moes 'n
Dawid met smarte en hartseer 'n Jonathan verloor.

G'n mens durf dit weer laat gebeur nie.

Hy s? en die predikant kom daar op huisbesoek. En die het hom vreeslik
gekapittel.

Hy s? vir hom: "Broer, dis 'n bose ding wat jy hier doen."

Hy s? vir die oom: "'n Leeu is 'n wille ding, en by hoort in die
natuur. Nou's by soos 'n goeie hond, maar die dag gaan kom lat by nie
meer so trou is aan jou nie en lat by getrou word aan sy aard. En die
een wat jy die liefste het, die ontneem by dalk vir jou."

En die name staan hom ook nie aan nie, se die predikant.

Dis een ding om Dawid 'n leeu te noem, maar dis 'n anner ding om 'n
leeu Dawid te noem.

En om 'n vark Jonathan te noem - nee, dit mag net nie. Die oom se en
hy't gewonner of die dominee nie tog reg had nie.

En hy't so in die stilligheid gehoop daar kom weer leeus in die
omgewing lat by kon sien of Dawid nie dalk in sy eie mense belang wou
stel nie.

Maar toe hy wens daar kom leeus, toe kom aas nie eens een daar in die
omgewing nie.

Hy s? en wat kon by dan nou verder doen?

Want op die werf het almal vir almal lief: by en die vrou en die
kinners mekaar, en hulle vir Dawid en Jonatan, en die nog weer mekaar
ook.

Hy s? en as by dit nou oor sy hart sou kon kry om Jonathan to slag,
maak dit nog nie vir Dawid minner gevaarlik nie.

En as by Dawid aan 'n dieretuin sou skenk, sou die stomme dier daar
van hartseer sterf.

En in die natuur sou hy ook omkom om by vir homself nie kon sorg nie.

Die oom s? en om Dawid dood te skiet, was totaal buite die kwessie.

En as hy dit sou kon regkry, sou hulle met die bedroefde Jonathan
gesit het.
Hy s? en later is al twee mooi uitgegroeide wesens. En hulle het
elkeen sy eie manier van doen gehad, maar hulle andershede het hulle
nooit van mekaar laat vervreem nie.

Want hulle het saam rondgeloop en alles saam gedoen wat in 'n leeu en
'n vark se wêrelde eenders is. Maar die slapery was heel verskillend.

Bedags as dit warm is, dan het Dawid in die buitekamer op die koel
klipvloer gelê en Jonathan het buite teen die muur in die skaduwee in
'n lekker klam holte in die grond gelê.

Veral as dit ietwat modderig was, was dit vir hom tog to lekker.

Die oom s? en hy't vir hulle baie dae so sit en bekyk en dan snaakse
gedagtes gekry, want sy Mauser staan daar in die einste buitekamer.

En dan't hy met 'n rilling gewonner of die geweer dalk eendag 'n
onmoontlike en onhanteerbare familietwis uit die weg sou moes ruim.

Hy s? maar alles gaan goed; vir baie lank. En toe gebeur die vreeslike
ding amper.

Hy ry eendag dorp toe en by kom trug en toe by naby die huis kom, toe
sien by daar tussen die lang gras bult Jonathan se rug uit waar by aan
die vroetel is.

Hy s? en hy kyk rond, maar hy sien nie vir Dawid nie.

Hy s? en by ry nou maar so rondkyk-rondkyk aan, en toe by so omtrent
regoor Jonathan kom, toe raak die pêre onrustig.

En hy kyk weer mooi rond.
En toe sien by die ding wat by gehoop het nooit sou gebeur nie.

Daar in die lang gras is Dawid besig om vir Jonathan to bekruip. Die
ou se: "Maar ek is op die plek so kwaad oor die dag moes aanbreek wat
ek nie wou beleef nie, lat ek die leisels daar en dan styf pluk.

"En ek knoop hulle vas.

"En die p?re wil nog diekant toe en dariekant toe. Maar ek steur my
nie aan hulle nie.

"Ek gryp die sambok en vlie daar van die kar of en ek dink: As jy dan
nou 'n wille nuk in jou kop wil kry, sal ek dit uit jou uit foeter."

Hy s? en by loop Dawid van agter of by met die sambok. Hy se en hy's
so vol moordgedagtes lat by nie eens dink aan moontlike gevaar nie.

Hy s? en die leeu is ook net so, want by is so ingestel op Jonathan se
clood lat by nie sien dat daar van agter of iemand op hom afkom nie.

Die ou s?: "Ek slaat hom met so 'n lang hou van sy blad of oor sy
ribbekas tot op sy boud."

Hy s?: "En toe by opspring - pleks van tot sy sinne kom, vervies by
hom vir my en by vlie om en by trek 'n gevreet en by wys tanne lat dit
soos 'n brommer lyk wat daar op sy bolip sit as jy na sy neus kyk."

Hy s?: "En ek stryk hom hot en haar deur sy bek lat die spoeg so spat.
En toe sien hy ek is kwaad. En by vlie om en ek streep hom nog weer so
'n slag oor sy agterwêreld.

"En by hol daar innie rigting van die ruigte waar ek sy oorle ma
doodgeskiet het.

"En ek dink: Net daar gaan jy ook bars.
"Want toe's ek darem kwaad orie ding wat ek nie wou gehad het by my
moes aandoen nie."

En Jonathan vlug huis toe.

En die oom s?: "Ek dink: Jou lewe is gered, maar as Dawid sy lyf dan
rêrig wille leeu wil hou, moet ek heden vandag nog met hom
klaarspeel."

Die oom s? maar toe het die p?re ook al weggehol huis toe.

En daarom pak by die laaste entjie pad te voet aan. Hy se: "Maar ek
het net een ding in my kop, en dis my Mauser."

Hy s?: "En ek loop bars daar by die buitekamer in op pad na die geweer
toe.

"En ek slaat daar neer oor 'n ding."

Hy s?: "En toe ek so uit die val uit omkyk, sal ek sien dis bo-oor
Dawid. Die lip toe net sy kop op en toe by gewaar dis maar net ek wat
so haastig kom kuier, gee by 'n steun en slaap verder."

Ek s? vir die oom wat my gebel het: "Maar Oom, hoe bring die storie
vir Oom by 'n boodskap uit? Al boodskap wat ek sien, is dat daar
amper 'n lelike ding gebeur het weens nalatigheid.

Want die vreemde leeu moes nie met Dawid verwar gewees het nie."

Hy s?: "Nee, nefie, jy kyk na die storie net so sleg soos daardie
oorlede ou oom van my na die wille leeu. "Die boodskap staan so: As jy
op 'n gevaar afkom, en dit lyk vir jou na iets gewoons en jy pak hom
ook of by nie iets waffers is nie, dan dink die ding jy's gevaarlik,
en dan skrik hy.

"Of, om dit vir jou annersterom te stel: As jy dink jy loop vir Dawid
storm, maar dis allie tyd Goliat, dan moet jy maak of jy Simson is."
Vorige onderwerp: Grappie
Volgende onderwerp: Kleurgrens Humor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Aug 24 23:10:30 UTC 2019