Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lewe in Jhb Deel 3
Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115940] Vr, 18 Januarie 2008 10:05 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Gister op pad huis toe is die verkeersligte in Braanfontein weer uit
en die metropolisie natuurlik weer nerens te bespeur nie.

Die reen het niks beter gemaak nie. Vir die wat Jhb ken, ek is eers 6
nm uit Melville weg omdat ek vir iemand moes wag en 'n lift gee.
Ons het na 7 in Kensington aangekom. In die proses ook vanaf een
gridlock afgdraai - reg in 'n ander een in.

Kan ek weer meld die verkeersligte was af en die metropolisie nerens
nie?

Iemand bel vanoggend 702 en se die metropolisie staan langs - en dink
dit was Beyers Naude rylaan? - en kyk na die volgepakte pad wat
stilstaan omdat die verkeersligte nie werk nie.

Hulle staan daar want hulle het 'n spoedlokval kom stel, maar kan nou
nie want verkeer is gegridlock.

So staan hulle toe maar daar en kyk na die karre wat voor die
verkeersligte gridlock. Iemand op die radio bel toe vir die verkeers
dept en vra hoekom reel hulle nie bleddie verkeer nie - en kry die
antwoord "dis nie ons skuld dat die krag af is nie".

Toe ek vanoggend opstaan, was daar natuurlik geen krag nie. Bel toe
maar weer vir City Power om uit te vind hoe lank gaan dit duur en kry
die antwoord: "About 7 years, sir".

Ek lieg nie. Sy het waarskynlik verwys na die geskatte tydperk wat
Eskom se ons nog die soort probleme gaan he. Vra toe oor MY BLEDDIE
VOORSTAD OK!!!!! en hoor, sy weet nie. "Two to 4 hours".
Wanneer het BEGIN?????
"About six."
En o ja, die call centre is eers 20 minute nadat die krag afgeskakel
is, gehoor dit is afgeskakel.

Anyway, skakel toe die kragopwekker aan wat ek gister gekoop het en
plug 'n lig en 'n ketel in. Kon toe die koerant in elektriese lig in
plaas van kerslig lees en kon tee drink.

2010, huh?

Weet die ouens van "ripple effects" en "unforseen consequences" en so
aan??

Check bietjie hier onder:

------------

rag kan SA miljarde se vooruitgang kos
18/01/2008 09:14 - (SA)

Sake24-verslagspan

Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan waarskynlik miljarde rande inboet en
nooit 6%-groei haal nie as die kragkrisis voortduur.

"Dit is 'n strukturele probleem. Jy gaan dit nie oornag regstel nie,"
sê dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PricewaterhouseCoopers,
oor die impak van voortslepende kragonderbrekings in verskeie dele van
die land.

Hy vrees ook dat invoervervanging sal begin plaasvind waar sekere
sektore weens kragtekorte 'n daling in produksie beleef. Suid-Afrika
sal noodgedwonge van dié produkte moet invoer, wat nóg meer druk op
die lopende rekening gaan plaas.

Hoewel dit eers later moontlik sal wees om die finansiële impak van
die kragonderbrekings te bepaal, sê mnr. Mike Schüssler, ekonoom van
T-sec, dit kan honderde miljoene rande beloop. Hy sê van die grootste
fabriek tot die kleinste onderneming word geraak en dit is ongelukkig
moeiliker vir die kleiner ondernemings om te oorleef.

Ander skat die impak op miljarde.

Groter groepe het reeds voorsiening gemaak vir kragopwekkers by hul
ondernemings.

Woolworths het gister gesê klante kan by dié die
kos-en-klerekleinhandelgroep inkopies doen ten spyte van
kragonderbrekings. Meer as 99% van die groep se takke wat deur die
maatskappy besit word (meer as 200, met die ander in
franchise-bestuur), het kragopwekkers.

Klein- en mikro-ondernemings het nie noodwendig die kapitaal vir
kragopwekkers nie.

Schüssler meen baie van hulle gaan nie oorleef nie. "Hul winsmarges is
nie groot genoeg om sulke skokke te deurstaan nie," sê Schüssler.

Klein en middelslag-ondernemings (KMO's) dra beduidend tot
werkverskaffing in die land by. Schüssler vrees die probleme wat hulle
nou in die gesig staar, kan 'n tydperk inlui waar daar nie net minder
werkskepping gaan wees nie, maar selfs werkverliese.

'n Bestuurder by 'n vleisverwerkingsfabriek, wat anoniem wil bly, het
aan Sake24 gesê die kragonderbrekings kos hulle baie geld.

"Aflewerings kan nie voltooi word nie omdat produkte weens die
onderbrekings nie reg is vir verspreiding nie."

Dié fabriek moes produkte van etlike tonne weggooi omdat die krag af
was en die verkoeling nie gewerk het nie, sê die bestuurder.

In die vermaaklikheidsbedryf gaan ook daagliks geld verlore.

Pieter Toerien se produksie van The Lion King by Montecasino in
Johannesburg het naastenby R100 000 skade gely toe 'n kragonderbreking
verlede week en Donderdag 'n vertoning in die wiele gery het.

Ondernemings is nie nét bekommerd oor die finansiële verliese nie.

Mnr. Brett Dungan, uitvoerende hoof van die federasie van
gasvryheidsverenigings van Suider-Afrika (Fedhasa), sê die meeste
hotelle het reeds kragopwekkers op bystand en hul kombuise gebruik
gas, eerder as elektrisiteit.

Só kan sake redelik normaal voortgaan.

Die bedryf is egter bekommerd oor gaste se veiligheid tydens
kragonderbrekings, want donkerte lok misdaad, sê Dungan.

Skielike kragonderbrekings kan ook vir werkers gevaar inhou, sê mnr.
Colin de Kock, uitvoerende direkteur van die Gautengse
meesterbouersvereniging.

Hy is bekommerd oor die gevaar vir werkers wanneer hulle tydens
kragonderbrekings in 'n kelder of branduitgang werk of besig is met
gevaarlike stowwe.

Dit is nie duidelik hoe die werk­gewer voorsiening kan maak vir sulke
situasies ingevolge die Wet op Beroepsveiligheid en -gesondheid nie.

EN HOEKOM GEBEUR DIT?

Swak instandhouding rede vir kragtekorte in SA
Jan 18 2008 12:41:22:470AM - (SA)

Vaardigheidstekorte, instandhouding wat agter geraak het en veral swak
skakeling met munisipaliteite is die hoofoorsake vir die ergste
elektrisiteitsprobleme nog wat die land vandeesweek teister.

'n Hoë amptenaar van Eskom wat nie geïdentifiseer wil word nie, het
gister gesê die kragonderbrekings sedert Dinsdag word meestal
veroorsaak deur stoomlekkasies wat in kragsentrales ontstaan.

"Dit gebeur omdat instandhouding nie behoorlik gedoen is nie en omdat
al die beskikbare kragsentrales, insluitende die gasaangedrewe
turbines by Atlantis in Kaapstad, volstoom werk om soveel krag
moontlik te lewer," sê hy.

Die gasturbines is gemaak om twee tot drie uur per dag te werk, maar
word die afgelope twee weke voluit tot 20 uur per dag ingespan om in
die vraag na elektrisiteit te voorsien.

Dis omdat verskeie turbines in steenkool- en kernkragsentrales elders
dié tyd van die jaar buite werking is vir instandhouding.

“Die belangrikste is Koeberg wat met kernbrandstof gelaai moet word.
Dis 'n enorme operasie wat twee weke gelede begin het en tot April
voortduur.

" 'n Span wetenskaplikes en ingenieurs word daarvoor van Frankryk
gebring," sê die amptenaar.

Koeberg lewer 1 800 megawatt aan die netwerk uit 'n beskikbare 33 036
megawatt. Koeberg se afwesigheid verminder die reserwemarge tot minder
as 2% van die piekvraag van 36 513 megawatt verlede winter.

"As enigiets verkeerd loop, is daar kragonderbrekings."

Die vaardigheidsprobleme behels 'n tekort aan werklike ervaring, "soos
'n ingenieur wat in 'n turbinekamer rondloop, vassteek en aan die
turbine kan hoor iets is verkeerd. Hy weet dadelik wat moet aandag kry
en wat die gevolge is as dit nie reggestel word nie," sê die
amptenaar. Eskom het die afgelope twee jaar baie moeite gedoen om
afgetrede werknemers terug te lok as tydelike mentors.

"Daar werk byvoorbeeld 'n 72-jarige afgetrede kragstasiebestuurder by
'n groot kragsentrale in Mpumalanga wat as mentor optree vir vier jong
ingenieurs," sê hy.

Die tekort aan sulke ervaring raak deurslaggewend in die somer as
groot turbines tot stilstand gebring word vir onderhoudswerk.

Skakeling met munisipaliteite oor wanneer om kragtoevoer af te skakel,
is ook 'n probleem.

Dit word volgens die amptenaar hoegenaamd nie volgens die program
gedoen wat Eskom aan die munisipaliteite stuur nie, deels omdat
toerusting verouderd is.

"By sommige munisipaliteite word letterlik met 'n bakkie van substasie
tot substasie gery om dit af te skakel."

Eskom het gister ontken dat hy elektrisiteit aan buurstate uitvoer.

Maar mnr. Bennie Blignaut, elektrisiteitshoof van die vakbond
Solidariteit wat lede in strategiese poste in Eskom het, het gesê sy
inligting is dat Eskom deurlopend sowat 3 000 megawatt lewer aan
onderskeidelik Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115943 is 'n antwoord op boodskap #115940] Vr, 18 Januarie 2008 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 18 Jan 2008 12:05:05 +0200, Ferdi wrote:

>
> Toe ek vanoggend opstaan, was daar natuurlik geen krag nie. Bel toe
> maar weer vir City Power om uit te vind hoe lank gaan dit duur en kry
> die antwoord: "About 7 years, sir".
>

Hardop uitgebars van die lag - dis so komies; 7 jaar se lag werd:-)))
En baie oorvertelbaar.

> Ek lieg nie. Sy het waarskynlik verwys na die geskatte tydperk wat
> Eskom se ons nog die soort probleme gaan he. Vra toe oor MY BLEDDIE
> VOORSTAD OK!!!!! en hoor, sy weet nie. "Two to 4 hours".
> Wanneer het BEGIN?????
> "About six."
> En o ja, die call centre is eers 20 minute nadat die krag afgeskakel
> is, gehoor dit is afgeskakel.
>
> Anyway, skakel toe die kragopwekker aan wat ek gister gekoop het en
> plug 'n lig en 'n ketel in. Kon toe die koerant in elektriese lig in
> plaas van kerslig lees en kon tee drink.
>
Kan nie glo dat jy nog koerant lees in jou vrye tyd ook nie.
Maar ek het eendag aan 'n kassier gesê dat sy seker nie nog met geld
betaal wil word aan die einde van die maand nie, en sy het bevestig
dat sy wil.

>
> Eskom het gister ontken dat hy elektrisiteit aan buurstate uitvoer.
>
Dit is natuurlik nie moeilik om dit te bewys nie, en ek hoop dat die
groot kraggebruikers dit sal opvolg.

> Maar mnr. Bennie Blignaut, elektrisiteitshoof van die vakbond
> Solidariteit wat lede in strategiese poste in Eskom het, het gesê sy
> inligting is dat Eskom deurlopend sowat 3 000 megawatt lewer aan
> onderskeidelik Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115946 is 'n antwoord op boodskap #115943] Vr, 18 Januarie 2008 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jan 2008 12:23:01 +0200, Dave wrote:

> Kan nie glo dat jy nog koerant lees in jou vrye tyd ook nie.

Behalwe dat dit deel van my werk is, is ek crazy daaroor om koerante
te lees. Die vloei van idees en die patrone van samelewings is soos
musiek.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115950 is 'n antwoord op boodskap #115940] Vr, 18 Januarie 2008 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jan 2008 14:15:27 +0200, Dave wrote:

Johannesburg is agter op die brug as hul nie so site beskikbaar het
> nie:

Jhb IS terug op die brug.
Kak stadsraad. Sloppy bestuur.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115968 is 'n antwoord op boodskap #115940] Sa, 19 Januarie 2008 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cape  is tans af-lyn  cape
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 18 Jan 2008 14:15:27 +0200, Dave wrote:

> On Fri, 18 Jan 2008 12:36:35 +0200, Ferdi wrote:
>
>> On Fri, 18 Jan 2008 12:23:01 +0200, Dave wrote:


>> > Behalwe dat dit deel van my werk is, is ek crazy daaroor om koerante
>> te lees. Die vloei van idees en die patrone van samelewings is soos
>> musiek.

>
>
> Natuurlik, en jy weet dat dit tong in die kies gesê is.
>
> Wat Load Shedding aanbetref is ons gelukkig dat ons net daarvan hoor
> en nog nie een maal ervaar het nie. Baie gelukkig, en ek wonder of dit
> dalk daarmee te doen het dat uShaka ons bure is en die elektrisiteit
> ononderbroke nodig is vir die diere. Maar as dit so sou wees, waarom
> tref dit dan hospitale?
>
> Johannesburg is agter op die brug as hul nie so site beskikbaar het
> nie:
> Kliek hierop
> http://www.durban.gov.za/durban
> en dan op 'See load shedding details here '
> of direk hier:
> http://www.durban.gov.za/durban/services/services/electricit y/load
>
> Is jy seker dat julle nie so webwerf beskikbaar het nie?
>
al gedink daaraan om eskom.co.za te besoek ?
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115970 is 'n antwoord op boodskap #115968] Sa, 19 Januarie 2008 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> al gedink daaraan om eskom.co.za te besoek ?
>

As jy reaksie wil hê op hierdie groep
sal jy moet lees om meer leesbaar te word
en nie patetiese enkel sinnetjies skryf nie.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115971 is 'n antwoord op boodskap #115968] Sa, 19 Januarie 2008 05:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> al gedink daaraan om eskom.co.za te besoek ?
>

As jy reaksie wil hê op hierdie groep
sal jy moet leer om meer leesbaar te word
en nie patetiese enkel sinnetjies skryf nie.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115984 is 'n antwoord op boodskap #115970] Sa, 19 Januarie 2008 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cape  is tans af-lyn  cape
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 19 Jan 2008 07:36:59 +0200, Dave wrote:

>
>
>> al gedink daaraan om eskom.co.za te besoek ?

>
> As jy reaksie wil hê op hierdie groep
> sal jy moet lees om meer leesbaar te word
> en nie patetiese enkel sinnetjies skryf nie.
>
ag toe, as jy meer as my kort sinnetjies wil lees
gaan lees my website..hier ontspan ek.
Re: Lewe in Jhb Deel 3 [boodskap #115985 is 'n antwoord op boodskap #115984] Sa, 19 Januarie 2008 16:02 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2008 15:24:09 GMT, cape@nearberg.co.zx (argonian) wrote:

> On Sat, 19 Jan 2008 07:36:59 +0200, Dave wrote:
>

>>
>>> al gedink daaraan om eskom.co.za te besoek ?
>

>> As jy reaksie wil hê op hierdie groep
>> sal jy moet lees om meer leesbaar te word
>> en nie patetiese enkel sinnetjies skryf nie.

> ag toe, as jy meer as my kort sinnetjies wil lees
> gaan lees my website..hier ontspan ek.

tot jou pa jou op sy rekenaar betrap.
Gaan 'ontspan' op 'n ander plek.
En as jy wil skoolslip, gaan doen dit soos enige ander ordentlike kind
in die baaiskoup.
Moet nie 'n oorlaaide nuusgroep soos hierdie se tyd kom mors nie.
Hier is net net genoeg plek vir al die serious posters.
Vorige onderwerp: Politiek
Volgende onderwerp: Tjoppie en 'n Six Pack
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:22:36 MGT 2024