Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby toekoms
Rugby toekoms [boodskap #115208] Wo, 24 Oktober 2007 05:40 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Enige voorspellings van julle kant af wat van volgende jaar met die Rugby in
SA gaan gebeur.

Persoonlik dink ek hier is probleme aan die kom agv die politiek
Re: Rugby toekoms [boodskap #115209 is 'n antwoord op boodskap #115208] Wo, 24 Oktober 2007 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens kan negatief wees en dink dat alles in sy moer is weens die politiek,
maar dalk help die WB se wen so effe?

"Riaan" skryf in boodskap news:1193204094.2259@vasbyt.isdsl.net...
> Enige voorspellings van julle kant af wat van volgende jaar met die Rugby
> in SA gaan gebeur.
>
>
>
> Persoonlik dink ek hier is probleme aan die kom agv die politiek
>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115210 is 'n antwoord op boodskap #115209] Wo, 24 Oktober 2007 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:s92dnRYW8OQoZIPanZ2dnUVZ8q7inZ2d@saix.net...
> Mens kan negatief wees en dink dat alles in sy moer is weens die politiek,
> maar dalk help die WB se wen so effe?

Ek sien vanoggend in die Daily Dispatch Thabo Mbeki het gesê dat Bafana
Bafana 'n ander naam moet kry - Bafana bafana is glo net nie goed genoeg vir
2010 nie. Al die spanne moet een naam hê wat simbolies is van die land se
prestasies, soos die Springbokke. Hy het ondersteuning van ander politici
gekry wat sê die Springbok is 'n Afrika Die berig gee mens die gevoel hy is
besig om op versigtige manier voorbrand te maak om die Springbok terug te
bring vir al die sportsoorte.

Sover dit die samestelling van spanne betref. Hier kom moeilikheid want die
ANC sal die verteenwoordigend-storie nie los nie. Maar ek glo daar's net
een manier om dit effektief te counter. Wittes moet wys hulle is ernstig
oor die ontwikkeling van Rugby onder swartes. Ons moet nie bloot sê "Kies
op meriete"nie, want dit word ervaar dat ons die span eksklusief blank wil
hou. Ek het gisternaand met 'n swart man gepraat wat al in Craven se dae by
die Rugbyraad betrokke was. Toe ek hom vra hoeveel daar in die swart skole
en woongebied gedoen word vir die ontwikkeling van rugby, was sy antwoord
"Niks"! Toe ek sê ek glo dis waar mens moet begin, bou sportvelde, kry
afrigters betrokke, en dan sal die nasionale span vanself oor 12 jaar van
nou af uit 'n meerderheid swart spelers bestaan sonder 'n kwotastelsel, was
sy antwoord: Nou praat jy my taal!!!
Re: Rugby toekoms [boodskap #115211 is 'n antwoord op boodskap #115210] Wo, 24 Oktober 2007 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:meydnbKifI3MmYLanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:s92dnRYW8OQoZIPanZ2dnUVZ8q7inZ2d@saix.net...
>> Mens kan negatief wees en dink dat alles in sy moer is weens die
>> politiek, maar dalk help die WB se wen so effe?
>
>
>
> Ek sien vanoggend in die Daily Dispatch Thabo Mbeki het gesê dat Bafana
> Bafana 'n ander naam moet kry - Bafana bafana is glo net nie goed genoeg
> vir 2010 nie. Al die spanne moet een naam hê wat simbolies is van die
> land se prestasies, soos die Springbokke. Hy het ondersteuning van ander
> politici gekry wat sê die Springbok is 'n Afrika Die berig gee mens die
> gevoel hy is besig om op versigtige manier voorbrand te maak om die
> Springbok terug te bring vir al die sportsoorte.
>
> Sover dit die samestelling van spanne betref. Hier kom moeilikheid want
> die ANC sal die verteenwoordigend-storie nie los nie. Maar ek glo daar's
> net een manier om dit effektief te counter. Wittes moet wys hulle is
> ernstig oor die ontwikkeling van Rugby onder swartes. Ons moet nie bloot
> sê "Kies op meriete"nie, want dit word ervaar dat ons die span eksklusief
> blank wil hou. Ek het gisternaand met 'n swart man gepraat wat al in
> Craven se dae by die Rugbyraad betrokke was. Toe ek hom vra hoeveel daar
> in die swart skole en woongebied gedoen word vir die ontwikkeling van
> rugby, was sy antwoord "Niks"! Toe ek sê ek glo dis waar mens moet begin,
> bou sportvelde, kry afrigters betrokke, en dan sal die nasionale span
> vanself oor 12 jaar van nou af uit 'n meerderheid swart spelers bestaan
> sonder 'n kwotastelsel, was sy antwoord: Nou praat jy my taal!!!
-----Jy is reg en daar is net een manier wat dit ooit sal gebeur. Die
rugbyraad sal die inisiatief moet vat en sorg dat die sportvelde en geriewe
gebou word en dat dit onderhou word ook. Die gemeenskappe self sal dit nie
doen nie. Hulle het nou annerdag op Sky 'n storie gehad van die gehawende
sportgeriewe in Soweto en hulle wys die rugbyveld wat vol ou bottels en
afval lê, maar nie een van die mense wat op die veld oefen, doen eers die
moeite om hulle eie gerief skoon te maak nie! Selfs die balle en duiksakke
is vuil en besmeer en niemand vee dit af met 'n nat lap nie. Dit irriteer
die kak uit my uit dat die politici altyd myle maak uit die storie van die
benadeling van swart kinders, maar die swart gemeenskappe is nie bereid om
self hande in die koue water te druk en iets omtrent die saak te doen nie!
Ek het vir jou 'n uitstekende voorbeeld. In Windhoek is hierdie
laerskool en sy rugbyveld was grond. As kinders moes ons elke jaar, as die
winter begin nader kom, die veld, wat oortrek was met dubbeltjies, self
skoonmaak want ons het mos kaalvoet gespeel. Toe neem die skool se bestuur
'n besluit dat die veld gras moet kry en die departement wou niks daarmee te
doene gehad het nie. Elke kind, of hy nou rugby of atletiek gedoen het of
nie, het elke dag na skool 'n uur gegee en gaan werk op dei veld. Ons het
sy gras geplant wat gekoop is met geld wat ons uit 'n basaar gemaak het, en
die kinders het die veld se gras gesny en natgemaak. Daar was daardie dae
nog nie gedagtes van borge en sulke dinge nie.
Nou vra ek myself af, waar's hierdie soort van inisiatief vandag?
Wat is dit wat maak dat gemeenskappe rondsit en wag vir ander mense om vir
hulle dinge te kom doen?
Re: Rugby toekoms [boodskap #115212 is 'n antwoord op boodskap #115211] Wo, 24 Oktober 2007 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" Ek het vir jou 'n uitstekende voorbeeld. In Windhoek is hierdie[/color]
> laerskool en sy rugbyveld was grond. As kinders moes ons elke jaar, as
> die winter begin nader kom, die veld, wat oortrek was met dubbeltjies,
> self skoonmaak want ons het mos kaalvoet gespeel. Toe neem die skool se
> bestuur 'n besluit dat die veld gras moet kry en die departement wou niks
> daarmee te doene gehad het nie. Elke kind, of hy nou rugby of atletiek
> gedoen het of nie, het elke dag na skool 'n uur gegee en gaan werk op dei
> veld. Ons het sy gras geplant wat gekoop is met geld wat ons uit 'n
> basaar gemaak het, en die kinders het die veld se gras gesny en natgemaak.
> Daar was daardie dae nog nie gedagtes van borge en sulke dinge nie.

Selfde het by my skole gebeur. Ons kinders het die gras geplant. Ons
kinders het die atletiekbane se strepe opgesit, ens.

> Nou vra ek myself af, waar's hierdie soort van inisiatief vandag? Wat
> is dit wat maak dat gemeenskappe rondsit en wag vir ander mense om vir
> hulle dinge te kom doen?

Daar's 'n persepsie dat alles in die wittes se skote geval het, of dat ons
dit gekry het deur uitbuiting. Van so st 6 af het ek my sakgeld en
skoolfonds selfverdien deur Saterdae by 'n haarkapper te werk.
Universiteitsvakansies het ek in 'n chemiese fabriek gewerk. Waarvoor ek
nie beurse by die kerk kon kry nie, moes ek eenvoudig leen en later pynlik
terugbetaal.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115213 is 'n antwoord op boodskap #115212] Wo, 24 Oktober 2007 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:IJednQ_cn8CS3ILanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>> Ek het vir jou 'n uitstekende voorbeeld. In Windhoek is hierdie
>> laerskool en sy rugbyveld was grond. As kinders moes ons elke jaar, as
>> die winter begin nader kom, die veld, wat oortrek was met dubbeltjies,
>> self skoonmaak want ons het mos kaalvoet gespeel. Toe neem die skool se
>> bestuur 'n besluit dat die veld gras moet kry en die departement wou niks
>> daarmee te doene gehad het nie. Elke kind, of hy nou rugby of atletiek
>> gedoen het of nie, het elke dag na skool 'n uur gegee en gaan werk op dei
>> veld. Ons het sy gras geplant wat gekoop is met geld wat ons uit 'n
>> basaar gemaak het, en die kinders het die veld se gras gesny en
>> natgemaak. Daar was daardie dae nog nie gedagtes van borge en sulke dinge
>> nie.
>
> Selfde het by my skole gebeur. Ons kinders het die gras geplant. Ons
> kinders het die atletiekbane se strepe opgesit, ens.
>
>
>> Nou vra ek myself af, waar's hierdie soort van inisiatief vandag?
>> Wat is dit wat maak dat gemeenskappe rondsit en wag vir ander mense om
>> vir hulle dinge te kom doen?
>
> Daar's 'n persepsie dat alles in die wittes se skote geval het, of dat ons
> dit gekry het deur uitbuiting. Van so st 6 af het ek my sakgeld en
> skoolfonds selfverdien deur Saterdae by 'n haarkapper te werk.
> Universiteitsvakansies het ek in 'n chemiese fabriek gewerk. Waarvoor ek
> nie beurse by die kerk kon kry nie, moes ek eenvoudig leen en later pynlik
> terugbetaal.
----Darem self met 'n beurs gaan swot en vakansies [winter en somer, nie die
kortes nie] vakansiewerk gehad by verskeie plekke. Het eintlik nie geweet
van vakansiehou saam met die ander familie nie. Is dit nie hoekom wit en
swart by mekaar grootliks verbypraat aangaande hierdie sake nie? My
ondervinding is dat baie swart mense sien rykdom as hierdie groot luukse sit
en rustig die vette van die lewe geniet. My suster is 'n dosent by 'n
groot universiteit en sy sê vir my jy moet die beurse sien wat van die swart
studente vandag kry en die klere en toerusting waarmee hulle daar opdaag.
Die tradisionele arm student geld blykbaar nie meer so lekker nie.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115217 is 'n antwoord op boodskap #115213] Vr, 26 Oktober 2007 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" [/color]

> Het eintlik nie geweet van vakansiehou saam met die ander familie nie.

Netso

> Is dit nie hoekom wit en swart by mekaar grootliks verbypraat aangaande
> hierdie sake nie?

Ek dink so

> My ondervinding is dat baie swart mense sien rykdom as hierdie groot
> luukse sit en rustig die vette van die lewe geniet. My suster is 'n
> dosent by 'n groot universiteit en sy sê vir my jy moet die beurse sien
> wat van die swart studente vandag kry en die klere en toerusting waarmee
> hulle daar opdaag. Die tradisionele arm student geld blykbaar nie meer so
> lekker nie.

Waar ek die geleentheid kry, praat ek daaroor. Hier in die Oos-Kaap nooi ek
hulle uit om wanneer hulle in Burgersdorp kom, die museum te besoek en te
gaan kyk waar die PUK begin het - in 4 kamertjies agter Dirk Postma se
huis!!!

Probleem met meeste Afrikane is dat hulle nie uit die "julle skuld ons"
houding uitkom nie, omdat hulle voortdurend op die onregte van die verlede
fokus. Niemand het nog ooit 'n sukses-verhaal gebou deur te fokus op watter
ander mense hom/haar aangedoen het, beskuldig, beledig en sit en wag dat die
ander een die onreg of vermeende regmaak nie. Mense/lande bou suksesverhale
deur die goeie selfs uit 'n baie sleg verlede te haal en daarop hulle
toekoms te bou. Die "julle skuld ons" maak dat selfs Mbeki knaend soos 'n
pikanien bakhand voor die wêreld staan. Die dié houding wat Zimbabwe in
minder as 7 jaar in die grond het en wat maak dat ander Afrika-leiers steeds
laer-trek om Mugabe te beskerm.

Gister se Daily Dispatch het 'n artikel gedra van iemand wat die rugby
storie, die bokke se sukses, ens. met die "julle skuld ons" houding
benader - het my sommer galsterig in die mond gemaak.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115219 is 'n antwoord op boodskap #115211] Vr, 26 Oktober 2007 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:AcidnXNHxJrQjoLanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:meydnbKifI3MmYLanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...


> Nou vra ek myself af, waar's hierdie soort van inisiatief vandag? Wat is
> dit wat maak dat gemeenskappe rondsit en wag vir ander mense om vir hulle
> dinge te kom doen?

Ek ek antwoord -> Van die swartes af was daar nog nooit so iets soos
inisiatief nie, dit is makliker om die witmense vir al hulle mislukkings
verantwoordelik te hou, makliker om af te vat waarvoor hulle nie gewerk het
nie.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115221 is 'n antwoord op boodskap #115217] Sa, 27 Oktober 2007 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:AuGdnVbHK8gDALzanZ2dnUVZ8q2dnZ2d@saix.net...
>
> Probleem met meeste Afrikane is dat hulle nie uit die "julle skuld ons"
> houding uitkom nie, omdat hulle voortdurend op die onregte van die verlede
> fokus. Niemand het nog ooit 'n sukses-verhaal gebou deur te fokus op
> watter ander mense hom/haar aangedoen het, beskuldig, beledig en sit en
> wag dat die ander een die onreg of vermeende regmaak nie. Mense/lande bou
> suksesverhale deur die goeie selfs uit 'n baie sleg verlede te haal en
> daarop hulle toekoms te bou.
-----Wat kan hulle anders doen? In die geskiedenis van Afrika kon geen
land werklik ontwikkel na bevryding nie. Hoekom nie? Bloot omdat hulle
nie wil nie en dat dit dalk te veel werk is? Die swart Afrikane is darem
veel langer in Afrika teenwoordig as die wit mense en lank voor die gebied
afgekamp was deur plaaslyne het beide die geleenthede gehad om te ontwikkel
onafhanklik van die ander en die swart man het bloot nie gevorder nie.
Vandag steeds is daar baie, baie voorbeelde van mense wat grond gekry het
van die staat en bloot daarop plak en eintlik niks bereik nie.

Die "julle skuld ons" maak dat selfs Mbeki knaend soos 'n
> pikanien bakhand voor die wêreld staan. Die dié houding wat Zimbabwe in
> minder as 7 jaar in die grond het en wat maak dat ander Afrika-leiers
> steeds laer-trek om Mugabe te beskerm.
----Wat sê dit vir ons? Dat swart mense rassiste is veel erger as wat die
wit mense ooit hoop om te kan wees?
>
> Gister se Daily Dispatch het 'n artikel gedra van iemand wat die rugby
> storie, die bokke se sukses, ens. met die "julle skuld ons" houding
> benader - het my sommer galsterig in die mond gemaak.
-----Foei tog ja. Ek wonder wat sou gebeur het as SA nie die WB gewen het
nie met 'n 'reggestelde' span? Seker maar soos dit met alle Suider-Afrika
sport gaan? Stel hom so reg tot dit nie meer 'n faktor op die
wêreldverhoog is nie en dan is dit mos soos wat Afrika is.....so 'n
gemiddelde, hangende kontinent wat wag op aalmoese van die buiteland!
Re: Rugby toekoms [boodskap #115235 is 'n antwoord op boodskap #115221] Ma, 29 Oktober 2007 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> -----Wat kan hulle anders doen? In die geskiedenis van Afrika kon geen
> land werklik ontwikkel na bevryding nie. Hoekom nie? Bloot omdat hulle
> nie wil nie en dat dit dalk te veel werk is?

Nee, ek dink dis bloot 'n geval van dat die besef nog nooit deurgedring het
dat niemand 'n sukses kan maak as hy nie van sy bitterheid oor die onreg of
vermeende onreg hom aangedoen, ontslae raak nie.

> Die swart Afrikane is darem veel langer in Afrika teenwoordig as die wit
> mense en lank voor die gebied afgekamp was deur plaaslyne het beide die
> geleenthede gehad om te ontwikkel onafhanklik van die ander en die swart
> man het bloot nie gevorder nie. Vandag steeds is daar baie, baie voorbeelde
> van mense wat grond gekry het van die staat en bloot daarop plak en eintlik
> niks bereik nie.

Moeilikheid, myns insiens, is dat jy nie net kan grond uitdeel sonder om
kennis en nasorg daarmee saam uit te deel nie. Die ou NP regering het ook
plase aan arm blankes uitgedeel (of liewers, goedkoop beskikbaar gemaak),
maar dis gegee aan mense met 'n boerdery agtergrond en saam daarmee was
landbou adviseurs, geldelike hulp, ens. Die mense is nie maar net op die
grond gesit en aanvaar hulle sal 'n sukses maak nie.

>
> Die "julle skuld ons" maak dat selfs Mbeki knaend soos 'n
>> pikanien bakhand voor die wêreld staan. Die dié houding wat Zimbabwe in
>> minder as 7 jaar in die grond het en wat maak dat ander Afrika-leiers
>> steeds laer-trek om Mugabe te beskerm.
> ----Wat sê dit vir ons? Dat swart mense rassiste is veel erger as wat
> die wit mense ooit hoop om te kan wees?

Ek stem saam met jou, maar hulle sal nie, want hulle definisie van rassisme
en ons s'n verskil. Vir ons is rassisme diskriminasie op grond van
velkleur, ongeag of dit wit teen swart of swart teen wit is, vir hulle is
dit 'n meerderwaardige houding van wittes teenoor swartes.


>> Gister se Daily Dispatch het 'n artikel gedra van iemand wat die rugby
>> storie, die bokke se sukses, ens. met die "julle skuld ons" houding
>> benader - het my sommer galsterig in die mond gemaak.
> -----Foei tog ja. Ek wonder wat sou gebeur het as SA nie die WB gewen
> het nie met 'n 'reggestelde' span? Seker maar soos dit met alle
> Suider-Afrika sport gaan? Stel hom so reg tot dit nie meer 'n faktor op
> die wêreldverhoog is nie en dan is dit mos soos wat Afrika is.....so 'n
> gemiddelde, hangende kontinent wat wag op aalmoese van die buiteland!

Ek het tot in my tone lekker gekry om te sien hoevel swartes hierdie
mede-swarte aangevat het in die volgende dae en met hom die vloer gepoleer
het. My tuinwerker het vir my gesê: Meneer, die Springbokke is groot, lang
manne. Daar's baie meer blankes wat daardie lengte het as swartes. Omtrant
30% swartes het dieselfde lengte. Daarom is dit logies dat mens gaan sukkel
om swartes te kry wat kompeterend kan meeding. My antwoord was: Nie die
hele storie nie, gebrek aan ontwikkeling vanaf skoolvlak is die grootste
struikelblok, maar hy't 'n goeie argument - verseker!
Re: Rugby toekoms [boodskap #115244 is 'n antwoord op boodskap #115208] Ma, 29 Oktober 2007 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Nee, ek dink dis bloot 'n geval van dat die besef nog nooit deurgedring
>> het dat niemand 'n sukses kan maak as hy nie van sy bitterheid oor die
>> onreg of vermeende onreg hom aangedoen, ontslae raak nie.
> ----Stem nie heeltemal saam nie. Swaarkry laat enigiemand van inbors net
> harder baklei.

Stem saam met jou laaste stelling. Tog is daar baie voorbeelde van mense
met inbors wat onreg gely het en deur bitterheid onder gekry is - ten minste
vir 'n tyd lank. Dit verg doelbewuste poging om oor mens se bitterheid te
kom en weer aan te gaan met jou lewe. Vra vir derduisende mense wat deur
egskeidings gegaan het. Maar die beginpunt is dat mens moet insien dat jy
moet vergewe en die bitterheid uit jou gestel kry. En dis waar te veel
Afrikane steeds in die hek bly sit - vaskyk teen die onreg of vermeende
onreg, bitter daaroor is, weier om te vergewe, en nie besef dat dit hulle
prestasie en herstel in die weg staan nie.

>
>> Moeilikheid, myns insiens, is dat jy nie net kan grond uitdeel sonder om
>> kennis en nasorg daarmee saam uit te deel nie. Die ou NP regering het
>> ook plase aan arm blankes uitgedeel (of liewers, goedkoop beskikbaar
>> gemaak), maar dis gegee aan mense met 'n boerdery agtergrond en saam
>> daarmee was landbou adviseurs, geldelike hulp, ens. Die mense is nie
>> maar net op die grond gesit en aanvaar hulle sal 'n sukses maak nie.
> ------Weereens moet ek verskil. Goedkoop plase moet jy nie meet aan
> vandag se standaarde nie, eerder aan die koopkrag in doerie tyd en dit dan
> omwerk in vandag se waarde. As 'n voorbleeld: Destyds was die manne
> lief om te betaal met 'n Mauser of 'n gesoute perd. In vandag se waarde
> sou so 'n geweer maklik R10 000 werd wees en die perd, as enigste
> vervoermiddel wat nie siek gaan word nie, maklik R50 000. As jy bloot
> pryse per vk.m uitwerk van wat die mense doerie tyd vir kaal,
> onontwikkelde grond betaal het, en dit omwerk saam met inflasie na vandag
> se waarde toe, dan was die grond nie goedkoop nie.

Hoor jou. Met "goedkoop"het ek bloot bedoel teen pryse minder as wat grond
destyds verkoop is, met verwysing na die Vaalharts skema, Pongola,
Groblersdal - Marble Hall, Citrusdal, Sterkrivier- skemas. Dié skemas was
daaropp gemik om die arm blanke vraagstuk op te los, en arm blankes het die
skema-gronde vir spotgoedkoop en teen die billikste terugbetaaltariewe
gekry. Groot verskil met vandag is dat hulle wel betaal het - nie verniet
gekry het soos nou nie!

> Wat hulle WEL gekry het, was hulp. Maw hulle het lenings gekry wat
> die eerste paaiment eers na die 5de jaar betaal moes word. Hulle het
> subsidies ontvang vir boorgate en lyndrade. Alles het egter afgehang van
> die feit af of hierdie ou besig was om te roei op sy grond en dit te
> ontwikkel.

Ja, seker.

>> Ek stem saam met jou, maar hulle sal nie, want hulle definisie van
>> rassisme en ons s'n verskil. Vir ons is rassisme diskriminasie op grond
>> van velkleur, ongeag of dit wit teen swart of swart teen wit is, vir
>> hulle is dit 'n meerderwaardige houding van wittes teenoor swartes.
> -----As 'n swart man 'n taak het om te doen en hy doen dit nie en ek sê
> dit, is dit 'n meerderwaardige houding?
>

Ek het nie gesê ek stem saam met hulle definisie nie, bloot dat dit hulle
definisie is.

>> Ek het tot in my tone lekker gekry om te sien hoevel swartes hierdie
>> mede-swarte aangevat het in die volgende dae en met hom die vloer
>> gepoleer het. My tuinwerker het vir my gesê: Meneer, die Springbokke is
>> groot, lang manne. Daar's baie meer blankes wat daardie lengte het as
>> swartes. Omtrant 30% swartes het dieselfde lengte. Daarom is dit logies
>> dat mens gaan sukkel om swartes te kry wat kompeterend kan meeding. My
>> antwoord was: Nie die hele storie nie, gebrek aan ontwikkeling vanaf
>> skoolvlak is die grootste struikelblok, maar hy't 'n goeie argument -
>> verseker!
> -----Ek stem half saam met jou tuinwerker! Jy kan niemand dwing om te
> presteer as hy nie wil nie. Sekerlik kan jy hom tydelik druk in die
> regte rigting, maar dit sal nie hou nie. Prestasie in sport is harde
> werk, met baie opofferings. Dit vat 'n sekere karakter om daartoe in
> staat te wees. Ontwikkelingsgeleenthede gaan dit nie vir jou gee nie.
> Talent wel.

Stem saam oor die harde werk. En oor die talent. Dit geld op alle
terreine van die lewe. Maar talent en harde werk sal nie help as jy nie van
jongs af ontwikkelingsgeleenthede in die vorm van goeie afrigters het nie.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115253 is 'n antwoord op boodskap #115235] Ma, 29 Oktober 2007 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:hYednR8I0YmLVrjaRVnyjgA@saix.net...
> Nee, ek dink dis bloot 'n geval van dat die besef nog nooit deurgedring
> het dat niemand 'n sukses kan maak as hy nie van sy bitterheid oor die
> onreg of vermeende onreg hom aangedoen, ontslae raak nie.
----Stem nie heeltemal saam nie. Swaarkry laat enigiemand van inbors net
harder baklei.

> Moeilikheid, myns insiens, is dat jy nie net kan grond uitdeel sonder om
> kennis en nasorg daarmee saam uit te deel nie. Die ou NP regering het
> ook plase aan arm blankes uitgedeel (of liewers, goedkoop beskikbaar
> gemaak), maar dis gegee aan mense met 'n boerdery agtergrond en saam
> daarmee was landbou adviseurs, geldelike hulp, ens. Die mense is nie maar
> net op die grond gesit en aanvaar hulle sal 'n sukses maak nie.
------Weereens moet ek verskil. Goedkoop plase moet jy nie meet aan vandag
se standaarde nie, eerder aan die koopkrag in doerie tyd en dit dan omwerk
in vandag se waarde. As 'n voorbleeld: Destyds was die manne lief om te
betaal met 'n Mauser of 'n gesoute perd. In vandag se waarde sou so 'n
geweer maklik R10 000 werd wees en die perd, as enigste vervoermiddel wat
nie siek gaan word nie, maklik R50 000. As jy bloot pryse per vk.m uitwerk
van wat die mense doerie tyd vir kaal, onontwikkelde grond betaal het, en
dit omwerk saam met inflasie na vandag se waarde toe, dan was die grond nie
goedkoop nie.
Wat hulle WEL gekry het, was hulp. Maw hulle het lenings gekry wat
die eerste paaiment eers na die 5de jaar betaal moes word. Hulle het
subsidies ontvang vir boorgate en lyndrade. Alles het egter afgehang van
die feit af of hierdie ou besig was om te roei op sy grond en dit te
ontwikkel.

>> ----Wat sê dit vir ons? Dat swart mense rassiste is veel erger as wat
>> die wit mense ooit hoop om te kan wees?
>
> Ek stem saam met jou, maar hulle sal nie, want hulle definisie van
> rassisme en ons s'n verskil. Vir ons is rassisme diskriminasie op grond
> van velkleur, ongeag of dit wit teen swart of swart teen wit is, vir hulle
> is dit 'n meerderwaardige houding van wittes teenoor swartes.
-----As 'n swart man 'n taak het om te doen en hy doen dit nie en ek sê dit,
is dit 'n meerderwaardige houding?

> Ek het tot in my tone lekker gekry om te sien hoevel swartes hierdie
> mede-swarte aangevat het in die volgende dae en met hom die vloer gepoleer
> het. My tuinwerker het vir my gesê: Meneer, die Springbokke is groot,
> lang manne. Daar's baie meer blankes wat daardie lengte het as swartes.
> Omtrant 30% swartes het dieselfde lengte. Daarom is dit logies dat mens
> gaan sukkel om swartes te kry wat kompeterend kan meeding. My antwoord
> was: Nie die hele storie nie, gebrek aan ontwikkeling vanaf skoolvlak is
> die grootste struikelblok, maar hy't 'n goeie argument - verseker!
-----Ek stem half saam met jou tuinwerker! Jy kan niemand dwing om te
presteer as hy nie wil nie. Sekerlik kan jy hom tydelik druk in die regte
rigting, maar dit sal nie hou nie. Prestasie in sport is harde werk, met
baie opofferings. Dit vat 'n sekere karakter om daartoe in staat te wees.
Ontwikkelingsgeleenthede gaan dit nie vir jou gee nie. Talent wel.
>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115267 is 'n antwoord op boodskap #115244] Di, 30 Oktober 2007 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:spWdndsZEvNNRrjanZ2dnUVZ8sSrnZ2d@saix.net...
>
> Stem saam oor die harde werk. En oor die talent. Dit geld op alle
> terreine van die lewe. Maar talent en harde werk sal nie help as jy nie
> van jongs af ontwikkelingsgeleenthede in die vorm van goeie afrigters het
> nie.

----Tog kry jy die gevalle waar dit wel gebeur en snaaks genoeg is dit die
ouens wat legendes word. Vat bv. vir Jan Ellis van doerie jare. Hy het
besluit bloot harde werk en fiksheid gaan hom bo kry en vanuit ou Gobabis en
hol met stene in die hande in die veld het hy een van die groot Springbokke
geword.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115285 is 'n antwoord op boodskap #115267] Di, 30 Oktober 2007 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>
> ----Tog kry jy die gevalle waar dit wel gebeur en snaaks genoeg is dit die
> ouens wat legendes word. Vat bv. vir Jan Ellis van doerie jare. Hy het
> besluit bloot harde werk en fiksheid gaan hom bo kry en vanuit ou Gobabis
> en hol met stene in die hande in die veld het hy een van die groot
> Springbokke geword.

Is waar. Ben Schoeman het as a stoker op 'n stoomtrein begin en as Minister
van Vervoer en premierskandidaat geëindig. Paul Kruger kon slegs lees en
skryf, en kyk wat het hy bereik.

Maar hoeveel verder sou enigieen van hulle dit gebring het, as hulle die
voorreg van beter onderrig gehad het?
Re: Rugby toekoms [boodskap #115293 is 'n antwoord op boodskap #115285] Di, 30 Oktober 2007 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:cr-dnVxxC5YhnrranZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote

>> ----Tog kry jy die gevalle waar dit wel gebeur en snaaks genoeg is dit
>> die ouens wat legendes word. Vat bv. vir Jan Ellis van doerie jare.
>> Hy het besluit bloot harde werk en fiksheid gaan hom bo kry en vanuit ou
>> Gobabis en hol met stene in die hande in die veld het hy een van die
>> groot Springbokke geword.
>
> Is waar. Ben Schoeman het as a stoker op 'n stoomtrein begin en as
> Minister van Vervoer en premierskandidaat geëindig. Paul Kruger kon slegs
> lees en skryf, en kyk wat het hy bereik.
>
> Maar hoeveel verder sou enigieen van hulle dit gebring het, as hulle die
> voorreg van beter onderrig gehad het?
----Wie sal weet of dit ooit sou gehelp het want 'n mens wat wil, sal
vorentoe, kom wat wil. Ek het 'n Du Plessis-oom wat 'n bouer in
Bloemfontein was. Net st. 6, maar hy kon enige gebou se beraming doen en
al die hoeveelhede perfek van planne af uitwerk. Of matriek of 'n graad
hom sou gehelp het, mens weet nie eintlik nie. Dalk sou hy geleerd gewees
het en vir die staat vir 'n salaris gaan werk het?
Hier by ons is Frans Indongo, multimiljoenêr en hoofsaaklik ongeskool.
Weet jy hoe het hy sy geld gemaak? Ipv om politiek teen die wit mense te
bedryf, het hy die swart mark voorsien en slegs een persent wins gemaak,
soos hy self gesê het. As 'n ding een rand kos, sit hy net een rand by
=R2! Daar saaan 'n toringgebou in Windhoek met sy naam op....met sy geld
gebou.
Mens moet geleerdheid nie te hoog opslaan nie. Ek sien dit as 'n
naslaanbron vir sou jy dieper kennis nodig kry, maar dit doen boggerall vir
jou eie dryfkrag en lus om te werk en te presteer.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115299 is 'n antwoord op boodskap #115293] Wo, 31 Oktober 2007 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:kL2dnWdhvZD4ubranZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

> Ipv om politiek teen die wit mense te bedryf, het hy die swart mark
> voorsien en slegs een persent wins >gemaak, soos hy self gesê het. As 'n
> ding een rand kos, sit hy net een rand by =R2!

Dude - Dit is 100% nie 1% nie
Re: Rugby toekoms [boodskap #115300 is 'n antwoord op boodskap #115299] Wo, 31 Oktober 2007 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1193806989.729560@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:kL2dnWdhvZD4ubranZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
>> Ipv om politiek teen die wit mense te bedryf, het hy die swart mark
>> voorsien en slegs een persent wins >gemaak, soos hy self gesê het. As 'n
>> ding een rand kos, sit hy net een rand by =R2!
>
> Dude - Dit is 100% nie 1% nie
----Dude, moet jy nou nie dig wees nie. Dis presies wat die kern van die
grappie is!
>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115301 is 'n antwoord op boodskap #115299] Wo, 31 Oktober 2007 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, "Riaan" wrote:

>> Ipv om politiek teen die wit mense te bedryf, het hy die swart mark
>> voorsien en slegs een persent wins >gemaak, soos hy self gesê het. As 'n
>> ding een rand kos, sit hy net een rand by =R2!
>
> Dude - Dit is 100% nie 1% nie
>

LOL:-...O
Re: Rugby toekoms [boodskap #115303 is 'n antwoord op boodskap #115221] Wo, 31 Oktober 2007 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo Suidwester, ignoreer die briefie - ek het dit sommer self uitgewerk
hoe om weer hier uit te kom

"Suidwester" skryf in boodskap news:h5-dnXeSgeFeQ7_anZ2dnUVZ8sCknZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:AuGdnVbHK8gDALzanZ2dnUVZ8q2dnZ2d@saix.net...

>> Probleem met meeste Afrikane is dat hulle nie uit die "julle skuld ons"
>> houding uitkom nie, omdat hulle voortdurend op die onregte van die
>> verlede fokus. Niemand het nog ooit 'n sukses-verhaal gebou deur te
>> fokus op watter ander mense hom/haar aangedoen het, beskuldig, beledig en
>> sit en wag dat die ander een die onreg of vermeende regmaak nie.
>> Mense/lande bou suksesverhale deur die goeie selfs uit 'n baie sleg
>> verlede te haal en daarop hulle toekoms te bou.
> -----Wat kan hulle anders doen? In die geskiedenis van Afrika kon geen
> land werklik ontwikkel na bevryding nie. Hoekom nie? Bloot omdat hulle
> nie wil nie en dat dit dalk te veel werk is? Die swart Afrikane is darem
> veel langer in Afrika teenwoordig as die wit mense en lank voor die gebied
> afgekamp was deur plaaslyne het beide die geleenthede gehad om te
> ontwikkel onafhanklik van die ander en die swart man het bloot nie
> gevorder nie. Vandag steeds is daar baie, baie voorbeelde van mense wat
> grond gekry het van die staat en bloot daarop plak en eintlik niks bereik
> nie.
>
> Die "julle skuld ons" maak dat selfs Mbeki knaend soos 'n
>> pikanien bakhand voor die wêreld staan. Die dié houding wat Zimbabwe in
>> minder as 7 jaar in die grond het en wat maak dat ander Afrika-leiers
>> steeds laer-trek om Mugabe te beskerm.
> ----Wat sê dit vir ons? Dat swart mense rassiste is veel erger as wat
> die wit mense ooit hoop om te kan wees?

>> Gister se Daily Dispatch het 'n artikel gedra van iemand wat die rugby
>> storie, die bokke se sukses, ens. met die "julle skuld ons" houding
>> benader - het my sommer galsterig in die mond gemaak.
> -----Foei tog ja. Ek wonder wat sou gebeur het as SA nie die WB gewen
> het nie met 'n 'reggestelde' span? Seker maar soos dit met alle
> Suider-Afrika sport gaan? Stel hom so reg tot dit nie meer 'n faktor op
> die wêreldverhoog is nie en dan is dit mos soos wat Afrika is.....so 'n
> gemiddelde, hangende kontinent wat wag op aalmoese van die buiteland!
>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115313 is 'n antwoord op boodskap #115303] Wo, 31 Oktober 2007 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bly jy het dit gemaak!

"Annette" skryf in boodskap news:1193837904.969063@vasbyt.isdsl.net...
> Hallo Suidwester, ignoreer die briefie - ek het dit sommer self uitgewerk
> hoe om weer hier uit te kom
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:h5-dnXeSgeFeQ7_anZ2dnUVZ8sCknZ2d@saix.net...

>> "Torreke" wrote in message
>> news:AuGdnVbHK8gDALzanZ2dnUVZ8q2dnZ2d@saix.net...
>
>>> Probleem met meeste Afrikane is dat hulle nie uit die "julle skuld ons"
>>> houding uitkom nie, omdat hulle voortdurend op die onregte van die
>>> verlede fokus. Niemand het nog ooit 'n sukses-verhaal gebou deur te
>>> fokus op watter ander mense hom/haar aangedoen het, beskuldig, beledig
>>> en sit en wag dat die ander een die onreg of vermeende regmaak nie.
>>> Mense/lande bou suksesverhale deur die goeie selfs uit 'n baie sleg
>>> verlede te haal en daarop hulle toekoms te bou.
>> -----Wat kan hulle anders doen? In die geskiedenis van Afrika kon geen
>> land werklik ontwikkel na bevryding nie. Hoekom nie? Bloot omdat
>> hulle nie wil nie en dat dit dalk te veel werk is? Die swart Afrikane
>> is darem veel langer in Afrika teenwoordig as die wit mense en lank voor
>> die gebied afgekamp was deur plaaslyne het beide die geleenthede gehad om
>> te ontwikkel onafhanklik van die ander en die swart man het bloot nie
>> gevorder nie. Vandag steeds is daar baie, baie voorbeelde van mense wat
>> grond gekry het van die staat en bloot daarop plak en eintlik niks bereik
>> nie.

>> Die "julle skuld ons" maak dat selfs Mbeki knaend soos 'n
>>> pikanien bakhand voor die wêreld staan. Die dié houding wat Zimbabwe in
>>> minder as 7 jaar in die grond het en wat maak dat ander Afrika-leiers
>>> steeds laer-trek om Mugabe te beskerm.
>> ----Wat sê dit vir ons? Dat swart mense rassiste is veel erger as wat
>> die wit mense ooit hoop om te kan wees?
>
>>> Gister se Daily Dispatch het 'n artikel gedra van iemand wat die rugby
>>> storie, die bokke se sukses, ens. met die "julle skuld ons" houding
>>> benader - het my sommer galsterig in die mond gemaak.
>> -----Foei tog ja. Ek wonder wat sou gebeur het as SA nie die WB gewen
>> het nie met 'n 'reggestelde' span? Seker maar soos dit met alle
>> Suider-Afrika sport gaan? Stel hom so reg tot dit nie meer 'n faktor op
>> die wêreldverhoog is nie en dan is dit mos soos wat Afrika is.....so 'n
>> gemiddelde, hangende kontinent wat wag op aalmoese van die buiteland!



>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115316 is 'n antwoord op boodskap #115300] Do, 01 November 2007 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:hcqdnVR7e_GxjrXanZ2dnUVZ8rGdnZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1193806989.729560@vasbyt.isdsl.net...

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:kL2dnWdhvZD4ubranZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

>>> Ipv om politiek teen die wit mense te bedryf, het hy die swart mark
>>> voorsien en slegs een persent wins >gemaak, soos hy self gesê het. As
>>> 'n ding een rand kos, sit hy net een rand by =R2!

>> Dude - Dit is 100% nie 1% nie
> ----Dude, moet jy nou nie dig wees nie. Dis presies wat die kern van die
> grappie is!

Grappie ? - Sorry my humor is nie altyd so op spoed nie, of miskien is dit
jou wiskunde wat bietjie stadig was, maar kom ek gee jou maar die voordeel
van die twyfel
Re: Rugby toekoms [boodskap #115326 is 'n antwoord op boodskap #115316] Do, 01 November 2007 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1193899393.118040@vasbyt.isdsl.net...
>>
>>> Dude - Dit is 100% nie 1% nie
>> ----Dude, moet jy nou nie dig wees nie. Dis presies wat die kern van
>> die grappie is!
>
>
> Grappie ? - Sorry my humor is nie altyd so op spoed nie, of miskien is dit
> jou wiskunde wat bietjie stadig was, maar kom ek gee jou maar die voordeel
> van die twyfel

---SUG!!!! Frans Indongo is amper ongeskool en hy's BEROEMD in ons land
juis oor sy een persent wins wat toe al die tyd 100% was. Almal glimlag
daaroor en hy maak ook grappe daaroor. Ek het darem self uiteindelik
anderkant Sub A gemaak na 20 jare van traai. Herre, moet my tog nou net
nie vra wat Sub A is nie! Dis Gr. 1 vir die Valies.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115330 is 'n antwoord op boodskap #115326] Do, 01 November 2007 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:p-udnSvpgpR1DLTanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1193899393.118040@vasbyt.isdsl.net...

> ---SUG!!!! Frans Indongo is amper ongeskool en hy's BEROEMD in ons land
> juis oor sy een persent wins wat toe al die tyd 100% was. Almal glimlag
> daaroor en hy maak ook grappe daaroor. Ek het darem self uiteindelik
> anderkant Sub A gemaak na 20 jare van traai. Herre, moet my tog nou net
> nie vra wat Sub A is nie! Dis Gr. 1 vir die Valies.

Duh ... Beroemd in julle land ja, nie noodwendig hier nie.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115342 is 'n antwoord op boodskap #115330] Do, 01 November 2007 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1193916498.420002@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:p-udnSvpgpR1DLTanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

>> "Riaan" wrote in message
>> news:1193899393.118040@vasbyt.isdsl.net...
>
>> ---SUG!!!! Frans Indongo is amper ongeskool en hy's BEROEMD in ons land
>> juis oor sy een persent wins wat toe al die tyd 100% was. Almal glimlag
>> daaroor en hy maak ook grappe daaroor. Ek het darem self uiteindelik
>> anderkant Sub A gemaak na 20 jare van traai. Herre, moet my tog nou net
>> nie vra wat Sub A is nie! Dis Gr. 1 vir die Valies.
>
> Duh ... Beroemd in julle land ja, nie noodwendig hier nie.
---Duidelik ja. Die breins het ook nie na julle kan toe geval nie, of hoe?
Duh?
>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115343 is 'n antwoord op boodskap #115342] Do, 01 November 2007 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:vuadnZKSTdU9XbTanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

> Duh ... Beroemd in julle land ja, nie noodwendig hier nie.
> ---Duidelik ja. Die breins het ook nie na julle kan toe geval nie, of
> hoe? Duh?

Moet jy nie minder kak praat hier op die NG en 'n 2de handse stofsuier aan
iemand gaan verkoop daar by jou Swop Shop nie.
Re: Rugby toekoms [boodskap #115344 is 'n antwoord op boodskap #115293] Do, 01 November 2007 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> ----Wie sal weet of dit ooit sou gehelp het want 'n mens wat wil, sal
> vorentoe, kom wat wil. Ek het 'n Du Plessis-oom wat 'n bouer in
> Bloemfontein was.

Ek het ook 'n Du Plessis-oom gehad - my ma was 'n Du Plessis. Dalk is ons
nog familie. Ha Ha. :-)

> Net st. 6, maar hy kon enige gebou se beraming doen en al die hoeveelhede
> perfek van planne af uitwerk. Of matriek of 'n graad hom sou gehelp het,
> mens weet nie eintlik nie. Dalk sou hy geleerd gewees het en vir die
> staat vir 'n salaris gaan werk het?

My pa het ook net St. 6 gehad, het sy eie ploeë ontwerp en gebou, eie huis
ontwerp en gebou, kon getalle optel wat uit drie of meer syfers bestaan deur
net een keer langs die ry af te gaan (Dus, nie eers die nulle, dan die
tiene, ens nie). Hy het dit tot in 'n bestuurspos gemaak en kon soms weke
nadat hy besendings buiteland toe gestuur het nog ellelange troknommers
aanhaal van vrugtebesendings wat by die dokke afgekeur is. Maar ek is
oortuig dat hy dit baie verder sou gebring het as hy matriek of 'n graad
agter sy naam gehad het.

Daar's baie mense, wat halfpad langs die pad van hulle lewe van loopbaan
verander. Hoewel die persoon basies nie opgelei is vir wat hy/sy doen nie,
het die opleiding wat hy/sy wel ontvang het 'n geslypte brein/denke gegee
wat dit moontlik maak om in die nuwe rigting te presteer sonder die formele
opleiding. Ek is een van dies.

>
Re: Rugby toekoms [boodskap #115346 is 'n antwoord op boodskap #115343] Do, 01 November 2007 13:58 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote

>> Duh ... Beroemd in julle land ja, nie noodwendig hier nie.
>> ---Duidelik ja. Die breins het ook nie na julle kan toe geval nie, of
>> hoe? Duh?
>
> Moet jy nie minder kak praat hier op die NG en 'n 2de handse stofsuier aan
> iemand gaan verkoop daar by jou Swop Shop nie.

Skei uit, julle twee. Ek sien geen smaailies nie. Die ng het net begin
beshaafd word - ek preek nie meer vir Suidwester nie en hy gooi my nie meer
met ekskresie nie. Selfs Dave en Suidwester killfile mekaar nie meer nie.

So moet julle twee nou nie weer begin om met die ekskresie te gooi nie.

"Salig is die vredemakers..." :-)
Vorige onderwerp: 20 - 18
Volgende onderwerp: Rugby / Krieket
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:24:05 MGT 2024