Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Olieprys..!
Olieprys..! [boodskap #115171] Di, 16 Oktober 2007 17:35 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.
Re: Olieprys..! [boodskap #115172 is 'n antwoord op boodskap #115171] Di, 16 Oktober 2007 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
new2usa[3]  is tans af-lyn  new2usa[3]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 2007
Karma: 0
Junior Lid
Go George Bush!!

Dink net hoeveel geld die man se vriende in Texas NOU maak.

Dit is naïf om te dink dat die destabilisering van die midde-Ooste vir enige
ander rede gedoen is as om die olievloei uit die deel van die wêreld te
kortwiek.
'supply and demand" - eenvoudig, neuk die midde-Ooste op en maak BAIE, BAIE
geld.
En betaal jou vriende as kontrakteurs en verskaffers om dit op te neuk.
Dalk is dit nie hy wat stupid is nie.

VSA het die beste president wat geld kan koop

"Dave" skryf in boodskap news:qrs9h3tsthlmmpskk9h5ap8ca9gk0blj87@4ax.com...
>
>
>
> Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
> Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
> opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
> Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
> buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
> van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
> gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.
>
Re: Olieprys..! [boodskap #115174 is 'n antwoord op boodskap #115171] Wo, 17 Oktober 2007 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:qrs9h3tsthlmmpskk9h5ap8ca9gk0blj87@4ax.com...
>
>
>
> Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
> Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
> opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
> Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
> buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
> van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
> gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.

Daar is natuurlik baie mense wat beweer dat so engin wel bestaan, maar die
olie manne betaal om dit stil te hou.
Re: Olieprys..! [boodskap #115175 is 'n antwoord op boodskap #115174] Wo, 17 Oktober 2007 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2007 07:36:21 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:qrs9h3tsthlmmpskk9h5ap8ca9gk0blj87@4ax.com...



>> Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
>> Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
>> opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
>> Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
>> buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
>> van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
>> gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.
>
>
> Daar is natuurlik baie mense wat beweer dat so engin wel bestaan, maar die
> olie manne betaal om dit stil te hou.
>

Ek het vele van daardie stories ook al gehoor, maar dit is belaglik.
Ek glo nie enigeen glo dit meer nie.
Dit is wolhaarstories wat in omloop was in my skooljare al, en dan het
die vertellers ook sommer vertel dat die petrolmaatskappye dit gekoop
en vernietig het. As ek reg onthou was dit ook sommer 'n lokale Mobil
of Caltex of so iets wat dit gekoop het, asof Suid Afrika die enigste
land is.

Dit kon geloofbaar gewees het, as iemand dit nou uit die kluise waarin
dìt EN DIE KOPIÉ DAARVAN UIT ANDER KLUISE haal, en die westerse wêreld
daarmee uit 'n verskriklike dillema haal. Want so iets sou mooi bewaar
gewees het.

Riaan, Die prys van petrol is tog die minder belangrike faktor.
Wat veel belangriker is, is die feit dat olie, wat teen 'n stygende
fel tempo uit die aarde gepomp word, gaan opgebruik word.
Daar is slegs 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol, onthou.

Daar was/is ook 'n storie dat die CoCa Cola resep slegs aan die
eienaar bekend sou wees en dat hy dit aan slegs die erfgenaam bekend
sal maak. As so iets die waarheid sou wees, sal dit tog ook erens in
gedrukte vorm gestoor wees.
( Dit was toe Coke nog duurder as petrol was, en toe Coke vir vele
van ons nog belangriker as petrol was...:-O )
Re: Olieprys..! [boodskap #115176 is 'n antwoord op boodskap #115174] Wo, 17 Oktober 2007 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1192599057.839005@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Dave" wrote in message
> news:qrs9h3tsthlmmpskk9h5ap8ca9gk0blj87@4ax.com...



>> Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
>> Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
>> opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
>> Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
>> buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
>> van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
>> gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.
>
>
> Daar is natuurlik baie mense wat beweer dat so engin wel bestaan, maar die
> olie manne betaal om dit stil te hou.
----Dis sommer tjol stories daai. Die hele wêreld probeer dit en niemand
kan oor die punt kom waar jy meer energie uitkry as wat jy insit nie, sonder
'n brandstof nie. Dis dieselfde as hierdie gimmicks wat glo die karre
ligter op brandstof maak. alles net om geld te maak uit liggelowige mense.
As dit nie supergladde olies is nie, dan is dit magnete wat die ione of iets
in die brandstof regdraai sodat dit beter sal verbrand, of so iets. Vroeër
jare was daar 'n idee van 'n bottel diesel onder die bonnet wat warm gemaak
word en die gasse dan onder die vergasser ingelei word met 'n pypie.
Re: Olieprys..! [boodskap #115177 is 'n antwoord op boodskap #115175] Wo, 17 Oktober 2007 08:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
">>"Dave" wrote in message
>> news:qrs9h3tsthlmmpskk9h5ap8ca9gk0blj87@4ax.com...

> Riaan, Die prys van petrol is tog die minder belangrike faktor.
> Wat veel belangriker is, is die feit dat olie, wat teen 'n stygende
> fel tempo uit die aarde gepomp word, gaan opgebruik word.
> Daar is slegs 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol, onthou.

Ja ek sien op Discovery dat die manne in Dubai net so 7 jaar se olie oor
het, en nou al begin plan maak om die stad in so 'n toeriste atraksie te
verander sodat hulle sodoende 'n inkomste sal kan genereer.

Ek was vir 2 jaar in Nigeria, en as ek reg kan onthou is daar toe gese dat
hulle ook net so 15 jaar oor het.
Re: Olieprys..! [boodskap #115178 is 'n antwoord op boodskap #115171] Wo, 17 Oktober 2007 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Oct 2007 19:35:28 +0200, Dave wrote:

> Het julle dit gesien.. die olieprys..R93.97...!
> Dit is asof dit nie so lank terug is wat die nuusleser
> opsigtelik bly gesê het "olie is weer onder R30.00."
> Dit klink so snaaks dat die mens reeds ontwikkel het tot 'n wese wat
> buitenste ruimtestasies beman maar nie 'n binnebrand enjin onafhanklik
> van petrol kan maak nie. Dit klink onsinnig as jy na modernisasie
> gepaardgaande met kompleet afhanklikheid van petrol, kyk.

Dit is dalk wat die wereld nodig het sodat alternatiewe tegnologiee
uiteindelik behoorlik ontwikkel kan word.
Re: Olieprys..! [boodskap #115179 is 'n antwoord op boodskap #115175] Wo, 17 Oktober 2007 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2007 08:38:30 +0200, Dave wrote:

> Ek het vele van daardie stories ook al gehoor, maar dit is belaglik.
> Ek glo nie enigeen glo dit meer nie.

Wat wel waar is dat BWN 'n kar het wat op waterstof loop. Dat daar
dorpe en nywerheids-omgewings in Duitsland, Kanada en die VSA is waar
waterstof-aangedrewe busse daagliks in gebruik is.
En dat daar wyd navorsing gedoen word - met sukses - om 'n
waterstof-bron te kry wat (soos petrol) ekonomies saam met die kar
gery kan word.

Bv. :

Pellets Of Power Designed To Deliver Hydrogen For Tomorrow's Vehicles

Science Daily — Hydrogen may prove to be the fuel of the future in
powering the efficient, eco-friendly fuel cell vehicles of tomorrow.
Developing a method to safely store, dispense and easily "refuel" the
vehicle's storage material with hydrogen has baffled researchers for
years. However, a new and attractive storage medium being developed by
Pacific Northwest National Laboratory scientists may provide the
"power of pellets" to fuel future transportation needs.

A small pellet of solid ammonia borane (240 mg), as shown, is capable
of storing relatively large quantities of hydrogen (0.5 liter) in a
very small volume. (Credit: Image courtesy of DOE/Pacific Northwest
National Laboratory)
Ads by Google
Advertise on this site
Hydrogen from Ethanol
Ethanol to H2 Fuel Processor Hi purity H2 for PEM Fuel Cells
www.powerandenergy.com
Run Your Car On Water
Video Proof Of This Controversial New Fuel Saving Technique.
www.Water-4-Fuel.com
Hydrogen From Water
Hydrogen generators to fuel cells Buy direct to save time and money
www.HGenerators.com
Triple Point Technology
Advanced solutions for energy and commodity trading
www.tpt.com
The Truth on Oil & Energy
Why Oil's Prognosis Is Terminal & Where the Future Stands: New Report
www.EnergyAndCapital.com/PeakOilRpt

The Department of Energy's Chemical Hydrogen Storage Center of
Excellence is investigating a hydrogen storage medium that holds
promise in meeting long-term targets for transportation use. As part
of the center, PNNL scientists are using solid ammonia borane, or AB,
compressed into small pellets to serve as a hydrogen storage material.
Each milliliter of AB weighs about three-quarters of a gram and
harbors up to 1.8 liters of hydrogen.

Researchers expect that a fuel system using small AB pellets will
occupy less space and be lighter in weight than systems using
pressurized hydrogen gas, thus enabling fuel cell vehicles to have
room, range and performance comparable to today's automobiles.

"With this new understanding and our improved methods in working with
ammonia borane," said PNNL scientist Dave Heldebrant, "we're making
positive strides in developing a viable storage medium to provide
reliable, environmentally friendly hydrogen power generation for
future transportation needs."

A small pellet of solid ammonia borane (240 mg), as shown, is capable
of storing relatively large quantities of hydrogen (0.5 liter) in a
very small volume.

PNNL scientists are learning to manipulate the release of hydrogen
from AB at predictable rates. By varying temperature and manipulating
AB feed rates to a reactor, researchers envision controlling the
production of hydrogen and thus fuel cell power, much like a gas pedal
regulates fuel to a car's combustion engine. "Once hydrogen from the
storage material is depleted, the AB pellets must be safely and
efficiently regenerated by way of chemical processing," said PNNL
scientist Don Camaioni. "This 'refueling' method requires chemically
digesting or breaking down the solid spent fuel into chemicals that
can be recycled back to AB with hydrogen."

Don Camaioni and Dave Heldebrant presented this research at the 234th
American Chemical Society National Meeting in Boston, Mass. on August
21.

Note: This story has been adapted from material provided by
DOE/Pacific Northwest National Laboratory.
Re: Olieprys..! [boodskap #115180 is 'n antwoord op boodskap #115179] Wo, 17 Oktober 2007 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2007 12:40:43 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 17 Oct 2007 08:38:30 +0200, Dave wrote:
>
> belaglik.
>> Ek glo nie enigeen glo dit meer nie.
>
> Wat wel waar is dat BWN 'n kar het wat op waterstof loop. Dat daar
> dorpe en nywerheids-omgewings in Duitsland, Kanada en die VSA is waar
> waterstof-aangedrewe busse daagliks in gebruik is.
> En dat daar wyd navorsing gedoen word - met sukses - om 'n
> waterstof-bron te kry wat (soos petrol) ekonomies saam met die kar
> gery kan word.
>
>
> Bv. :
>
> Pellets Of Power Designed To Deliver Hydrogen For Tomorrow's Vehicles
>
> Science Daily — Hydrogen may prove to be the fuel of the future in
> powering the efficient, eco-friendly fuel cell vehicles of tomorrow.
> Developing a method to safely store, dispense and easily "refuel" the
> vehicle's storage material with hydrogen has baffled researchers for
> years. However, a new and attractive storage medium being developed by
> Pacific Northwest National Laboratory scientists may provide the
> "power of pellets" to fuel future transportation needs.
>
> A small pellet of solid ammonia borane (240 mg), as shown, is capable
> of storing relatively large quantities of hydrogen (0.5 liter) in a
> very small volume. (Credit: Image courtesy of DOE/Pacific Northwest
> National Laboratory)
> Ads by Google
> Advertise on this site
> Hydrogen from Ethanol
> Ethanol to H2 Fuel Processor Hi purity H2 for PEM Fuel Cells
> www.powerandenergy.com
> Run Your Car On Water
> Video Proof Of This Controversial New Fuel Saving Technique.
> www.Water-4-Fuel.com
> Hydrogen From Water

'n Paar interessante sites wat jy hier opgehaal het.
Het jy by die site direk hierbo (Water4Fuel) na die video
'How Does It Work?' gekyk?

Toe ek dié thread begin het, het dit by my opgekom dat 'n maat in my
hoërskooljare aan my vertel het van die uitvindsel wat karre op water
laat loop. Hy het verduidelik dat dit 'n stelsel is wat die suurstof
uit die water neem en as brandstof gebruik. Dit was werklik te
belaglik om dit eens te vertel;-)
Nou wil dit klink asof dit 'n profetiese wetenskap fiksie was:-)
en dat dit nie meer fiksie is nie!

Dankie vir die links Ferdi. Ek is besig om daarna te kyk
en dit lyk asof daar tog lig is en dat die lamp met iets anders as
parafien brand:-)
Re: Olieprys..! [boodskap #115181 is 'n antwoord op boodskap #115180] Wo, 17 Oktober 2007 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> dat die lamp met iets anders as
> parafien brand:-)
>

of lampolie
Re: Olieprys..! [boodskap #115182 is 'n antwoord op boodskap #115176] Wo, 17 Oktober 2007 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Daar is natuurlik baie mense wat beweer dat so engin wel bestaan, maar
>> die olie manne betaal om dit stil te hou.
> ----Dis sommer tjol stories daai.

Korrek!!!

> Die hele wêreld probeer dit en niemand kan oor die punt kom waar jy meer
> energie uitkry as wat jy insit nie, sonder 'n brandstof nie. Dis
> dieselfde as hierdie gimmicks wat glo die karre ligter op brandstof maak.
> alles net om geld te maak uit liggelowige mense. As dit nie supergladde
> olies is nie, dan is dit magnete wat die ione of iets in die brandstof
> regdraai sodat dit beter sal verbrand, of so iets. Vroeër jare was daar
> 'n idee van 'n bottel diesel onder die bonnet wat warm gemaak word en die
> gasse dan onder die vergasser ingelei word met 'n pypie.

Soos jy weet, die konvensionele binnebrandenjin met sy suiers wat op-en-neer
beweeg, teken enorme energie verliese aan as gevolg van die voortdurende
verandering in spoed van die suiers - ou nuus! Enjins wat net roterende
dele het, soos die turbines, het nie dieselfde soort verliese nie, maar
ander nadele (stadige versnelling, hoë snelhede maar min wringkrag) maak
hulle onprakties vir motors. Omdat daar nie positiewe verplasing is nie, is
die effektiewiteit in elk geval nie beter nie. As ek reg onthou, is daar
nog nie 'n binnebrandenjin ontwerp wat meer as sowat 35% effektief is nie.
Die Wankel enjin se nadeel was die lang, skraal ontbrandingskamers! - die
enjin het baie minder gesuffer onder enersie-probleme as die konvensionele
enjin, maar vanweë die oneffektiewe verbranding was die effektiwiteit selfs
swakker as die konvensionele enjin, brandstof verbruik onaanvaarbaar hoog,
en het hy gevolglik nie oorleef nie. Dan was daar ook die sg,
"swash-plate"enjins waar die suiers soos die patrone in a revolwer se
magasyn roteer het - verskeie modelle het goed gewerk, maar was meganies te
kompleks om te oorleef; die ontwerp word steeds in kompressors gebruik.
Daar is natuurlik ook die sg. kat-en-muis enjins waar die suiers in die
ronde beweeg, maar die ontwerp het vereis dat die suiers se spoed ook
voortdurend verander soos in die konvensionele enjin - geen probleme opgelos
nie, net meer geskep. Min mense weet dat daar ook 'n roterende weergawe van
die radiaal-suier enjin wat so gewild as vliegtuig-enjin was in die
beginjare van die vliegkuns, is selfs in 'n motor gebruik ('n Amerikaanse
motor, "Macomber", dertigjare van die vorige eeu), maar die motor het
stuurprobleme gehad as gevolg van die giro-effek.

Afgesien van alternatiewe brandstowwe... Wat gesoek word, is 'n geometrie
wat die beste eienskappe van positiewe verplasing en rotasie kombineer.
Re: Olieprys..! [boodskap #115183 is 'n antwoord op boodskap #115182] Do, 18 Oktober 2007 07:14 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:mfidnQ71Qe7r0YvaRVnyuQA@saix.net...
> Soos jy weet, die konvensionele binnebrandenjin met sy suiers wat
> op-en-neer beweeg, teken enorme energie verliese aan as gevolg van die
> voortdurende verandering in spoed van die suiers - ou nuus! Enjins wat
> net roterende dele het, soos die turbines, het nie dieselfde soort
> verliese nie, maar ander nadele (stadige versnelling, hoë snelhede maar
> min wringkrag) maak hulle onprakties vir motors. Omdat daar nie positiewe
> verplasing is nie, is die effektiewiteit in elk geval nie beter nie. As
> ek reg onthou, is daar nog nie 'n binnebrandenjin ontwerp wat meer as
> sowat 35% effektief is nie. ---Stem saam.
> Die Wankel enjin se nadeel was die lang, skraal ontbrandingskamers! - die
> enjin het baie minder gesuffer onder enersie-probleme as die konvensionele
> enjin, maar vanweë die oneffektiewe verbranding was die effektiwiteit
> selfs swakker as die konvensionele enjin, brandstof verbruik onaanvaarbaar
> hoog, en het hy gevolglik nie oorleef nie.
----Stem nie heeltemal saam nie. Die Wankel was kraggewys veel meer
effektief as die gewone enjins in die dat 'n 1100 enjin meer effektiewe krag
gelewer het as enjins op tot 3000cc, en om die volgende redes:
- Die Wankel was 'n two-stroke en het gevuur op elke slag. Eintlik ook 'n
sesselinder.
- Die Wankel was baie ligter en daarom was die motor se krag tot
gewigverhouding baie beter.
- Die Wankel was uiters betroubaar [behalwe vir die apex-seëls!] in die dat
dit net drie bewegende dele gehad het. Die tegnologie het op sy hey-day
nog nie bestaan om 'n betroubare seël te hê nie.....vandag wel.
- Die Wankel het op enige brandstof geloop aangesien hy slegs 73 oktaan
nodig gehad het en ons het hom sommer op kragparaffien gery. Jy het net
skoon petrol nodig gehad met 'n koue 'start' dan was alles jollies en hy't
beter getrek op 'voco'.
- Vandag kry jy die R8 van Mazda wat 'n giftige werkverrigting het. Gaan
kyk by die streetracers en jy sal 'n magdom karre vind wat omgebou is om
Wankels te vat. Hulle sit so 'n lekker vet turbo op en gooi die NOS en dan
druk daai rotor krag uit wat jou BMW M3 na 'n speelding laat lyk. As ek
reg onthou, doen 'n M3 die 400 in so 13 sekondes. So 'n Wankel-kar doen
dit plek-plek onder die 10 sekondes!
- Ja die Wankel is swaar op brandstof, maar baie het te doene met die feit
dat jy die ding eenvoudig nie stadig kan ry nie. Ek kan 'n trip onthou
waar ons saam met 'n ander groep karre moes hou en almal het 120 gery en ek
het later gewonder of ons die petrol sal moes aftap! Die heerlikste was om
daai rotor sy vlerke te gee en baie groot V8's te laat snak na hulle asem!
Vorige onderwerp: Wat moek ek plaas, om fondse gedeponeer te kry, en/of 'n groot tjek
Volgende onderwerp: Eskom en myne - the rot sets in
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:35:55 MGT 2024