Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie?
Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115139] Do, 11 Oktober 2007 17:58 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo nie aan 'n pak slae nie, maar 'n vet klap so nou en dan op die boud -
vir my 4-jarige dogtertjie met wie mens nog nie eintlik kan redeneer nie! -
maak die ore baie vinnig oop en gee haar die sekerheid pa is nog in beheer.

Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die plathand
te gebruik.

Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wil praat nie - ek dink ons almal, selfs
Gloudina, sal basies hieroor saamstem.

Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle gewete
oor hierdie wetgewing te stem? Ek wed hulle sal nie, want hulle kan nie
seker wees dat hulle dit dan goedgekeur sal kry nie. Dié stuk wetgewing sal
beslis nie die toest van 'n referendum slaag nie. Is dit nou demokrasie? -
die wil van die meerderheid wat regeer? - of 'n piepklein minderheid wat a
bee in die bonnet het en die meerderheidsparty misbruik om hulle wil op die
verre meerderheid af te dwing?
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115141 is 'n antwoord op boodskap #115139] Vr, 12 Oktober 2007 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:bd-dnd4GSIDH-ZPanZ2dnUVZ8tyqnZ2d@saix.net...
> Ek glo nie aan 'n pak slae nie, maar 'n vet klap so nou en dan op die
> boud - vir my 4-jarige dogtertjie met wie mens nog nie eintlik kan
> redeneer nie! - maak die ore baie vinnig oop en gee haar die sekerheid pa
> is nog in beheer.
>
> Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die plathand
> te gebruik.
-----Ho nou! Ek stem nie saam nie. As kind het geen pak slae my ooit
enige kwaad aangedoen nie en snaaks genoeg is dit die lewenslesse wat
hiermee saamgegaan het, wat jy die beste onthou. Op skool ook, die
onderwysers wat die strengste was, die onthou jy. Die ouens wat my gelooi
het, die onthou ek almal. Die uitskrywergeërs, die ken ek nie meer een van
nie.
Ek glo aan dissipline. Daar moet lyne getrek word sodat almal sal weet
wat is reg en verkeerd. Die straf vir oortreding moet bekend wees en dit
moet toegepas word. My Pa het jou nooit gelooi sonder om eers vir jou te
verduidelik wat jy oortree het en hoekom jy jou straf sal moet vat nie.
Dan het hy ook geglo, dat as jy tot die punt oorgaan om 'n ou se stêre warm
te maak, dan moet jy dit behoorlik doen sodat die les een is wat die kind
sal onthou vir die res van sy lewe. Deel van sy roetine was die
skrikwekkendste, nie die slae nie. Jy moet vooruit gaan studeerkamer toe
en daar het hy drie skeerstroppe gehad wat teen die een kant van die
lessenaar op hake gehang het. Ken jy nog 'n skeerstrop? Dis so 'n 80mm
wye leerbelt waarop hulle die ou 'cut throat' skeermesse skerpgemaak het.
So, jy is in die studeerkamer en jy wag. Intussen stoom jy in jou eie
gewete-sous van dat jy presies weet wat jy verkeerd gedoen het en wat nou
gaan volg. Dan kom Pa en hy gaan sit agter die lessenaar en hy praat met
jou. Verduidelik moeisaam presies wat jy verkeerd gedoen het en hoekom hy
jou daarvoor gaan straf. Dat dit sy plig as ouer is om jou op die nou
paadjie van die lewe te hou deur vir jou te leer wat reg en wat verkeerd is.
Teen hierdie tyd huil meeste kinders al klaar en dan vat die ou man daai
strop en jy kry vier van die bestes. Glo my, vir die volgende paar dae sit
jy maar so effe skeef-skeef.
Snaaks genoeg, tot sy dood toe het al ons kinders geweet ons het 'n Pa
wat werklik omgee want hy het nie net sy deel in straf gedoen nie. Hy was
daar as ons sport speel, vakansies is so beplan dat die kinders dit
behoorlik geniet. Nie een van ons kinders het ooit 'n tienertantrum gegooi
nie, of enige persoonlikheidsprobleme of krisisse gehad nie. Niemand is
later geskei nie en niemand is 'n drug addict of 'n alkoholis nie.
Ek glo aan dissipline, die is seker.
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115143 is 'n antwoord op boodskap #115141] Vr, 12 Oktober 2007 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"

>> Ek glo nie aan 'n pak slae nie, maar 'n vet klap so nou en dan op die
>> boud - vir my 4-jarige dogtertjie met wie mens nog nie eintlik kan
>> redeneer nie! - maak die ore baie vinnig oop en gee haar die sekerheid pa
>> is nog in beheer.

>> Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die
>> plathand te gebruik.
> -----Ho nou! Ek stem nie saam nie. As kind het geen pak slae my ooit
> enige kwaad aangedoen nie en snaaks genoeg is dit die lewenslesse wat
> hiermee saamgegaan het, wat jy die beste onthou. Op skool ook, die
> onderwysers wat die strengste was, die onthou jy. Die ouens wat my gelooi
> het, die onthou ek almal. Die uitskrywergeërs, die ken ek nie meer een
> van nie.
> Ek glo aan dissipline. Daar moet lyne getrek word sodat almal sal
> weet wat is reg en verkeerd. Die straf vir oortreding moet bekend wees
> en dit moet toegepas word. My Pa het jou nooit gelooi sonder om eers vir
> jou te verduidelik wat jy oortree het en hoekom jy jou straf sal moet vat
> nie. Dan het hy ook geglo, dat as jy tot die punt oorgaan om 'n ou se
> stêre warm te maak, dan moet jy dit behoorlik doen sodat die les een is
> wat die kind sal onthou vir die res van sy lewe. Deel van sy roetine was
> die skrikwekkendste, nie die slae nie. Jy moet vooruit gaan studeerkamer
> toe en daar het hy drie skeerstroppe gehad wat teen die een kant van die
> lessenaar op hake gehang het. Ken jy nog 'n skeerstrop? Dis so 'n 80mm
> wye leerbelt waarop hulle die ou 'cut throat' skeermesse skerpgemaak het.
> So, jy is in die studeerkamer en jy wag. Intussen stoom jy in jou eie
> gewete-sous van dat jy presies weet wat jy verkeerd gedoen het en wat nou
> gaan volg. Dan kom Pa en hy gaan sit agter die lessenaar en hy praat met
> jou. Verduidelik moeisaam presies wat jy verkeerd gedoen het en hoekom
> hy jou daarvoor gaan straf. Dat dit sy plig as ouer is om jou op die nou
> paadjie van die lewe te hou deur vir jou te leer wat reg en wat verkeerd
> is. Teen hierdie tyd huil meeste kinders al klaar en dan vat die ou man
> daai strop en jy kry vier van die bestes. Glo my, vir die volgende paar
> dae sit jy maar so effe skeef-skeef.
> Snaaks genoeg, tot sy dood toe het al ons kinders geweet ons het 'n Pa
> wat werklik omgee want hy het nie net sy deel in straf gedoen nie. Hy
> was daar as ons sport speel, vakansies is so beplan dat die kinders dit
> behoorlik geniet. Nie een van ons kinders het ooit 'n tienertantrum
> gegooi nie, of enige persoonlikheidsprobleme of krisisse gehad nie.
> Niemand is later geskei nie en niemand is 'n drug addict of 'n alkoholis
> nie.
> Ek glo aan dissipline, die is seker.

Net baie vinnig reageer.

Ons het vantevore al hieroor gestry, maar destyds was ons altwee te
gepolariseer om mekaar te hoor.

Ons standpunte is nie so ver uit mekaar as wat dit mag lyk nie.

1) Ons stem saam oor dissipline.

2) Ons stem saam dat lyfstraf gebruik kan word.

3) Ons verskil oor hoe dissipline verkry word en die hoeveelheid lyfstraf.

4) Ek handhaaf dissipline eerstens met genoeg liefde gekombineer met
redelike reëls wat konsekwent geld. As hulle nie doen wat hulle moet nie,
dan skryf hulle 10 keer uit wat die korrekte gedrag is. Hulle haat die
uitskryfwerk meer as 'n klap op die boud, maar dit het dubbel voordeel: (a)
dit is straf - straf wta hulle haat omdat dit nie so gou oor is as 'n hou op
die boud nie, (b) dit kondisioneer die regte gedrag in hulle onderbewussyn.
Dit selfde nodig om hulle 'n tweede keer te laat uit skryf.

5) Maar dié een kan ek nie met die kleintjie gebruik nie, want sy kan nog
nie skryf nie. En natuurlik probeer sy haar willetjie afdwing; ek gebruik
al my "k... sielkunde" om haar te uitoorlê en met waardigheid van die
konfrontasie te laat afkom, sonder dat sy wegkom met wat sy wil. Maar soms
werk een hou met my plathand of lyfband wondere om die samewerking te
bewerkstellig. Ek dink daar's waarskynlik bitter min sielkundiges wat nie
sal saamstem dat 'n klap op sy tyd, so goed is soos brood en konfyt nie
(natuurlik net op die boud!)

6) My pa het my min of meer op dieselfde wyse as jou pa hanteer. Ja, die
enkele pakke slae wat ek by hom gekry het, onthou ek nou nog soos gister.
Ja, dit het gewerk, maar ek onthou ook goed hoe dit my verhouding met my pa
vir dae daarna beduiwel het. My pa was my beste vriend, en wanneer hy dit
nodig geag het om my te slae te gee, was die emosionele pyn so diep dat ek
vir dae (indien nie weke nie) eenvoudig in my dop gekruip en geen
vrymoedigheid gehad het om hom as vriend te nader nie. Ek het dieselfde by
my oudste seun gesien, toe ek baie jonger was en nog 'n pak slae uitgedeel
het. Dit het my laat besluit dat daar beter maniere moet wees om te bereik
wat mens wil bereik.

7) My kinders is goed gedissiplineerd - dié kan ek jou verseker! - en dit
word raakgesien op skool en waar hulle ookal beweeg.
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115144 is 'n antwoord op boodskap #115143] Vr, 12 Oktober 2007 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:zJydncC78ZLXgpLanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Ons het vantevore al hieroor gestry, maar destyds was ons altwee te
> gepolariseer om mekaar te hoor.
---Dis jy wat die breë stelling gemaak het dat almal behoort saam te
stem.....

> 6) My pa het my min of meer op dieselfde wyse as jou pa hanteer. Ja, die
> enkele pakke slae wat ek by hom gekry het, onthou ek nou nog soos gister.
> Ja, dit het gewerk, maar ek onthou ook goed hoe dit my verhouding met my
> pa vir dae daarna beduiwel het. My pa was my beste vriend, en wanneer hy
> dit nodig geag het om my te slae te gee, was die emosionele pyn so diep
> dat ek vir dae (indien nie weke nie) eenvoudig in my dop gekruip en geen
> vrymoedigheid gehad het om hom as vriend te nader nie. Ek het dieselfde
> by my oudste seun gesien, toe ek baie jonger was en nog 'n pak slae
> uitgedeel het. Dit het my laat besluit dat daar beter maniere moet wees
> om te bereik wat mens wil bereik.
----Ek verstaan wat jy sê, maar miskien is dit omdat ons in verskillende
wêrelde grootgeword het? Hier by ons is die natuur nader aan die mens en
die werklikhede van die lewe staan meer prominent. Soos die dood. Diere
maak mekaar dood. Die sterkste ou eet letterlik die swakkere op. As jy
'n fout maak in die natuur, is daar eintlik nie veel kans om te dink of te
tob oor die situasie nie. Jy gaan jou alie sien sonder 'n spieël as jy nie
gou die werklikheid voor die moontlikes kan plaas nie. Dis waarom ons so
geleer is. As jy 'n fout maak, erken dit, vat jou pak slae soos 'n man en
verwerk dit sodat dit nie weer gaan gebeur nie.
Is dit dalk nie hoekom ons so baie verskil ook nie? Jy is mos meer
van die dromer, is dit nie?
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115146 is 'n antwoord op boodskap #115144] Vr, 12 Oktober 2007 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Ons het vantevore al hieroor gestry, maar destyds was ons altwee te
>> gepolariseer om mekaar te hoor.
> ---Dis jy wat die breë stelling gemaak het dat almal behoort saam te
> stem.....

Ek het bedoel saamstem dat lyfstraf nie net eenvoudig geheel-en-al by die
agterdeur uitgegooi moet word nie.
Maar, goed, ek sien in dat ek misverstaan kon word.

>
>> 6) My pa het my min of meer op dieselfde wyse as jou pa hanteer. Ja, die
>> enkele pakke slae wat ek by hom gekry het, onthou ek nou nog soos gister.
>> Ja, dit het gewerk, maar ek onthou ook goed hoe dit my verhouding met my
>> pa vir dae daarna beduiwel het. My pa was my beste vriend, en wanneer hy
>> dit nodig geag het om my te slae te gee, was die emosionele pyn so diep
>> dat ek vir dae (indien nie weke nie) eenvoudig in my dop gekruip en geen
>> vrymoedigheid gehad het om hom as vriend te nader nie. Ek het dieselfde
>> by my oudste seun gesien, toe ek baie jonger was en nog 'n pak slae
>> uitgedeel het. Dit het my laat besluit dat daar beter maniere moet wees
>> om te bereik wat mens wil bereik.
> ----Ek verstaan wat jy sê, maar miskien is dit omdat ons in verskillende
> wêrelde grootgeword het? Hier by ons is die natuur nader aan die mens en
> die werklikhede van die lewe staan meer prominent. Soos die dood.
> Diere maak mekaar dood. Die sterkste ou eet letterlik die swakkere op.
> As jy 'n fout maak in die natuur, is daar eintlik nie veel kans om te dink
> of te tob oor die situasie nie. Jy gaan jou alie sien sonder 'n spieël
> as jy nie gou die werklikheid voor die moontlikes kan plaas nie. Dis
> waarom ons so geleer is. As jy 'n fout maak, erken dit, vat jou pak slae
> soos 'n man en verwerk dit sodat dit nie weer gaan gebeur nie.
> Is dit dalk nie hoekom ons so baie verskil ook nie? Jy is mos meer
> van die dromer, is dit nie?

Ons het in verskillende wêrelde grootgeword, ja, en dit het invloed. Maar
ons wêrelde is no so verskillend nie. Ek kom uit die Waterberg-omgewing van
die Noord-Transvaal - het jaarliks gaan jag in die Steenbokpan-omgewing naby
Ellisras, waar my pa op 'n beesplaas as beesboer grootgeword het.
Steenbokpan is Kalahari - woestyn! - sekerlik nie naastenby so 'n ongerep en
hard soos die Namib nie, maar dit waarvan jy praat is ek nie onbekend mee
nie. Ek het nie sag grootgeword nie, Suidwester. Ek ek was nog in my
prille jeug toe pa my op 'n vaaljapie gesit het - moes staan om die pedale
te kon bykom en aftrap! - en my saam met 'n swarte gelos het om 'n land te
ploeg van 'n duisend hektaar of meer. My skoolvakansies het ek op die
trekkers deurgebring - swartgebrand!

Ek is 'n dromer, ja, 'n groot dromer, maar jy het beslis die verkeerde
persepsie oor my praktiese toepassing van wat ek droom. Ek dink jy sal
baie verbaas wees oor hoe eenders ons waarskynlik is as ons in die werklike
lewe met mekaar te doen kry. As ek my lewe kon oorhê sou ek waarskynlik
eerder meganiese ingeneurswese, argiktektuur of stadsbeplanning of so-iets
as teologie gestudeer het.

Ek dink ons het so baie verskil omdat ons mekaar daar aan die begin verkeerd
opgevryf, gepolariseer en toe eenvoudig by mekaar verby begin praat het - de
een so onwillig soos die ander een om 'n duim toe te gee.
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115148 is 'n antwoord op boodskap #115146] Vr, 12 Oktober 2007 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:LPidnWWQ25fW_JLanZ2dnUVZ8v2vnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>>> Ons het vantevore al hieroor gestry, maar destyds was ons altwee te
>>> gepolariseer om mekaar te hoor.
>> ---Dis jy wat die breë stelling gemaak het dat almal behoort saam te
>> stem.....
>
> Ek het bedoel saamstem dat lyfstraf nie net eenvoudig geheel-en-al by die
> agterdeur uitgegooi moet word nie.
> Maar, goed, ek sien in dat ek misverstaan kon word.
>

>>> 6) My pa het my min of meer op dieselfde wyse as jou pa hanteer. Ja,
>>> die enkele pakke slae wat ek by hom gekry het, onthou ek nou nog soos
>>> gister. Ja, dit het gewerk, maar ek onthou ook goed hoe dit my
>>> verhouding met my pa vir dae daarna beduiwel het. My pa was my beste
>>> vriend, en wanneer hy dit nodig geag het om my te slae te gee, was die
>>> emosionele pyn so diep dat ek vir dae (indien nie weke nie) eenvoudig in
>>> my dop gekruip en geen vrymoedigheid gehad het om hom as vriend te nader
>>> nie. Ek het dieselfde by my oudste seun gesien, toe ek baie jonger was
>>> en nog 'n pak slae uitgedeel het. Dit het my laat besluit dat daar
>>> beter maniere moet wees om te bereik wat mens wil bereik.
>> ----Ek verstaan wat jy sê, maar miskien is dit omdat ons in verskillende
>> wêrelde grootgeword het? Hier by ons is die natuur nader aan die mens
>> en die werklikhede van die lewe staan meer prominent. Soos die dood.
>> Diere maak mekaar dood. Die sterkste ou eet letterlik die swakkere op.
>> As jy 'n fout maak in die natuur, is daar eintlik nie veel kans om te
>> dink of te tob oor die situasie nie. Jy gaan jou alie sien sonder 'n
>> spieël as jy nie gou die werklikheid voor die moontlikes kan plaas nie.
>> Dis waarom ons so geleer is. As jy 'n fout maak, erken dit, vat jou pak
>> slae soos 'n man en verwerk dit sodat dit nie weer gaan gebeur nie.
>> Is dit dalk nie hoekom ons so baie verskil ook nie? Jy is mos meer
>> van die dromer, is dit nie?
>
> Ons het in verskillende wêrelde grootgeword, ja, en dit het invloed. Maar
> ons wêrelde is no so verskillend nie. Ek kom uit die Waterberg-omgewing
> van die Noord-Transvaal - het jaarliks gaan jag in die
> Steenbokpan-omgewing naby Ellisras, waar my pa op 'n beesplaas as beesboer
> grootgeword het. Steenbokpan is Kalahari - woestyn! - sekerlik nie
> naastenby so 'n ongerep en hard soos die Namib nie, maar dit waarvan jy
> praat is ek nie onbekend mee nie. Ek het nie sag grootgeword nie,
> Suidwester. Ek ek was nog in my prille jeug toe pa my op 'n vaaljapie
> gesit het - moes staan om die pedale te kon bykom en aftrap! - en my saam
> met 'n swarte gelos het om 'n land te ploeg van 'n duisend hektaar of
> meer. My skoolvakansies het ek op die trekkers deurgebring -
> swartgebrand!
>
> Ek is 'n dromer, ja, 'n groot dromer, maar jy het beslis die verkeerde
> persepsie oor my praktiese toepassing van wat ek droom. Ek dink jy sal
> baie verbaas wees oor hoe eenders ons waarskynlik is as ons in die
> werklike lewe met mekaar te doen kry. As ek my lewe kon oorhê sou ek
> waarskynlik eerder meganiese ingeneurswese, argiktektuur of
> stadsbeplanning of so-iets as teologie gestudeer het.
>
> Ek dink ons het so baie verskil omdat ons mekaar daar aan die begin
> verkeerd opgevryf, gepolariseer en toe eenvoudig by mekaar verby begin
> praat het - de een so onwillig soos die ander een om 'n duim toe te gee.
----Is seker maar so. Ek vrek oor stry. Hoe sal ek weet hoe prakties jy
jou drome kan toepas? Sukses in opvoeding dink ek persoonlik lê, soos
omtrent enigiets, seker 95% aan die deur van goeie kommunikasie. Die
vermoë van 'n ouer om sy reëls neer te lê sodat sy kinders dit behoorlik
verstaan en dan dit behoorlik toe te pas sonder uitsondering, skep sekerheid
by die kinders. Hulle weet wat's reg en wat's verkeerd. Tog sal ek jou
toegee dat alle mense sekerlik nie dieselfde is nie en waar een sal floreer
onder sterk dissipline, sal ander ouens rebelleer. Tog is ek bereid om te
wed daarop dat as jy 'n groep kleintjies sou vat en volgens reëls sou
grootmaak en 'n ander groep 'los' en meer liberaal, gaan die persentasie van
boggerops veel groter in die liberale groep wees. Kyk net rondom jou na
jou vriende se kinders en jy sal dieselfde gevolgtrekking maak.
Voor ek vergeet, saam met die dissipline kom ook respek vir volwassenes.
Ek kon om die dooie dood nooit vir enige van my ouers, ooms of tannies 'jy
en jou' nie. Net so kon ek nog nooit vir 'n oud-onderwyser op sy naam
noem, selfs al dring hulle daarop aan. Die dae wat ek nog vir 'n baas
gewerk het, staan die manne om die vuur en dan wil die een of ander groot
hond kolonel of brigadier hê die manne moet hulle op die voornaam noem.
Dit werk nie vir my so nie en dis een van die dinge wat ek vandag moeilik
verwerk. Hierdie moderne bestuursmetode van die ou stap met sy wit handjie
vooruitgestrek en groet jou terwyl hy diep in jou oë kyk asof hy jou wil
vry. As jou naam Torreke Pompies is, sal hy nie vir jou meneer Pompies sê
nie, nee sommer Torreke en hy stel homself as Koos voor.....so al asof hy my
pel is. Jong snotkinders met slip-on skoentjies en aktestasse en hierdie
selfoon goggatjies wat so teen die oor sit. Hoe gril ek nou!
Hehe! So 'n paar dae gelede was hier so 'n koekie-verfrep in my kantoor
en sy het een van daai goggatjies aan't oor. Terwyl jy nog sit en
onderhandel dan hoor jy uh-uh van haar af, dan is sy besig om te luister na
haar selfoon. Toe sê ek vir haar sy moet opstaan, uit my kantoor waai met
'n 'f' en terugkom sonder daai ding aan haar kop...as sy nog besigheid wil
praat en 'n bestelling wil hê. Sy't nie te gelukkig gelyk nie, maar geld
praat seker? Ek voel dis erg beledigend om nie jou volle aandag aan die
kliënt voor jou te gee nie.
>
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115151 is 'n antwoord op boodskap #115139] Vr, 12 Oktober 2007 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die plathand
> te gebruik.
>
> Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wil praat nie - ek dink ons almal, selfs
> Gloudina, sal basies hieroor saamstem.
>
> Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle gewete
> oor hierdie wetgewing te stem?

Torreke, ek neem aan daar is planne om deur
wetgewing lyfstraf te verbied in SA. Is ek reg.
Ek weet nie presies wat die toestand van
sake hier in Ontario is nie. Maar die algemene
neiging is om lyfstraf van enige soort te verbied,
en ek dink in skole is dit absoluut verbied. Hier
oorkant die rivier in Hull, wat deel is van die
provinsie Quebec, het hulle nou onlangs ouers
vervolg wat hulle kinders lyfstraf toedien, en die
ouers, wat aan een of ander konserwatiewe
Christelike sekte behoort, het die ouens hof
toe geneem vir hulle reg om hulle kinders aan
die lyf te straf.
Lyfstraf is meer n meer n ding wat mense
eenvoudig nie meer doen nie. Ek en my man
het ons kinders nog so effens op die boud
geslaan, maar ons eie kinders doen dit eenvoudig
nie. Hulle het ander metodes om die kinders
te dissiplineer, en somtyds lyk dit vir my of
daardie metodes baie beter werk as lyfstraf.
Ek self het amper geen lyfstraf van my
ouers ontvang nie. My ma het vreeslik genag,
maar nie vir ons pak gegee nie. My pa het ons
ook nie pak gegee nie. Ek kan net een keer
onthou wat hy my fisies getug het. Ek moes
sononder by die huis wees. Die een aand
het ek baie lank na sononder nog by die
bure gespeel. Toe kom haal hy my, en hy
loop agter my en raak my been so elke
nou en dan met n persketakkie aan.
Gloudina
Re: Plathand ontwettig - is dit nou demokrasie? [boodskap #115218 is 'n antwoord op boodskap #115151] Vr, 26 Oktober 2007 08:58 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" "Torreke" skryf[/color]
>
>> Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die
>> plathand
>> te gebruik.

>> Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wil praat nie - ek dink ons almal,
>> selfs
>> Gloudina, sal basies hieroor saamstem.

>> Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle
>> gewete
>> oor hierdie wetgewing te stem?
>
>
> Torreke, ek neem aan daar is planne om deur
> wetgewing lyfstraf te verbied in SA. Is ek reg.
> Ek weet nie presies wat die toestand van
> sake hier in Ontario is nie. Maar die algemene
> neiging is om lyfstraf van enige soort te verbied,
> en ek dink in skole is dit absoluut verbied. Hier
> oorkant die rivier in Hull, wat deel is van die
> provinsie Quebec, het hulle nou onlangs ouers
> vervolg wat hulle kinders lyfstraf toedien, en die
> ouers, wat aan een of ander konserwatiewe
> Christelike sekte behoort, het die ouens hof
> toe geneem vir hulle reg om hulle kinders aan
> die lyf te straf.
> Lyfstraf is meer n meer n ding wat mense
> eenvoudig nie meer doen nie. Ek en my man
> het ons kinders nog so effens op die boud
> geslaan, maar ons eie kinders doen dit eenvoudig
> nie. Hulle het ander metodes om die kinders
> te dissiplineer, en somtyds lyk dit vir my of
> daardie metodes baie beter werk as lyfstraf.
> Ek self het amper geen lyfstraf van my
> ouers ontvang nie. My ma het vreeslik genag,
> maar nie vir ons pak gegee nie. My pa het ons
> ook nie pak gegee nie. Ek kan net een keer
> onthou wat hy my fisies getug het. Ek moes
> sononder by die huis wees. Die een aand
> het ek baie lank na sononder nog by die
> bure gespeel. Toe kom haal hy my, en hy
> loop agter my en raak my been so elke
> nou en dan met n persketakkie aan.
> Gloudina

Hessie, ek het nie 'n gesprek oor lyfstraf wou voer nie, maar oor
demokrasie!!!!

Beteken demokrasie dat die meerderheid by die stembus eenvoudig hulle reg om
oor etiese kwessies soos lyfstraf te besluit, afteken en dit oorhandig aan
'n klein groepie mense wat vir hulle daaroor besluit?
Vorige onderwerp: Universiteitskoshuise en lyfstraf
Volgende onderwerp: Lyfstraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:48:56 MGT 2024