Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Kaarte en semiGPS gratis op selfoon
Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115125] Do, 11 Oktober 2007 10:55 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Gaan cehck bietjie www.amazegps.com - kaarte van Jhb, Kaapstad en
Durban (en omtrent alle ander stede in die wereld) waarop 'n mens 'n
adres kan soek. Dan kry jy die kaart met die adres (zoomable) of
hybrid - wat basies Google earth kaart is met die strate se name
opgeskryf.

Dit werk SONDER 'n GPS inset.

Maar as jy 'n bluetooth GPS het, werk dit daarmee saam en gee jou
instruksies hoe om op plekke uit te kom of waar jy is. Ek het 'n Nokia
GPS wat vasgesluit is met 'n foon met 'n Garmin kaart op. Kom toe
agter dis net die Garmin-kaart wat op die foon vesgesluit is. Die
GPS-eenheid werk lekker saam met AmazeGPS op ander selfone waarop
Amaze gelaai is.

Jou foon moet egter Java kan loop en met die internet kan konnekteer.
Verder is alles gratis.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115126 is 'n antwoord op boodskap #115125] Do, 11 Oktober 2007 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 12:55:25 +0200, Ferdi wrote:

>
> Gaan cehck bietjie www.amazegps.com - kaarte van Jhb, Kaapstad en
> Durban (en omtrent alle ander stede in die wereld) waarop 'n mens 'n
> adres kan soek. Dan kry jy die kaart met die adres (zoomable) of
> hybrid - wat basies Google earth kaart is met die strate se name
> opgeskryf.
>
> Dit werk SONDER 'n GPS inset.
>
> Maar as jy 'n bluetooth GPS het, werk dit daarmee saam en gee jou
> instruksies hoe om op plekke uit te kom of waar jy is. Ek het 'n Nokia
> GPS wat vasgesluit is met 'n foon met 'n Garmin kaart op. Kom toe
> agter dis net die Garmin-kaart wat op die foon vesgesluit is. Die
> GPS-eenheid werk lekker saam met AmazeGPS op ander selfone waarop
> Amaze gelaai is.
>
> Jou foon moet egter Java kan loop en met die internet kan konnekteer.
> Verder is alles gratis.

Dankie Ferdi, ek mik vir 'n R2800 GPS by Hi Fi Corporation
en net miskien spaar jy my die geld.

Somtyds lag mense daaroor dat ek 'n fundi is met rekenaars
en boggerol weet van selfone. Ek het altyd 'n 'pay as you go'
en voor ek vir jou sê wat ek het moet ek dit eers oopmaak en kyk
wat dit is, al het ek dieselfde een al sowat 2 jaar.

Weet nie, dit staan nerens geskryf nie maar my vrou, wat dit vir my
gegee het, sê dit is 'n Samsung E600. Ek het in twee jaar nog nie 'n
foto daarmee geneem nie, en weet nie watter knoppie om te druk
om dit te doen nie.

Maar die GPS fasiliteit wil ek hê. Dankie vir die inligting.
Miskien moet dit op my vrou s'n Samsung D820 gaan
want sy is die fundi met selfone. Myne vergeet ek
buitendien by die huis wanneer ek uitgaan ook:-)
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115131 is 'n antwoord op boodskap #115126] Do, 11 Oktober 2007 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 13:48:48 +0200, Dave wrote:

> Dankie Ferdi, ek mik vir 'n R2800 GPS by Hi Fi Corporation
> en net miskien spaar jy my die geld.

Selfoon GPS'e kom nie regtig by die soort waarvoor jy spaar nie. Die
skerms is bietjie klein.
As jy wel vir GPS op jou selfoon wil gaan, sal ek aanbeveel jy koop of
'n Nokia foon plus Nokia GPS-eenheid wat met bluetooth konnekteer, of
'n Garmin GPS-selfoon-eenheid wat (ook met bluetooth) met 'n hele
reeks fone (veral Nokias) kan konnekteer.

Dit gaan jou so R2000 kos. Dan is die volle GPS waarvoor jy spaar dalk
'n beter opsie. Dit het 'n lekker groot skerm en jy skakel aan en werk
- sonder tweaking of hassles.

> Somtyds lag mense daaroor dat ek 'n fundi is met rekenaars
> en boggerol weet van selfone. Ek het altyd 'n 'pay as you go'
> en voor ek vir jou sê wat ek het moet ek dit eers oopmaak en kyk
> wat dit is, al het ek dieselfde een al sowat 2 jaar.
>
> Weet nie, dit staan nerens geskryf nie maar my vrou, wat dit vir my
> gegee het, sê dit is 'n Samsung E600. Ek het in twee jaar nog nie 'n
> foto daarmee geneem nie, en weet nie watter knoppie om te druk
> om dit te doen nie.

Vroeg volgende jaar kom Samsung met drie selfone wat GPS chips op het.
Met hulle sal jy egter steeds 'n fooi per maand moet betaal of die
kaarte te gebruik. Dan is jou HiFi Corp Garmin steeds beter. Jy koop
dit een keer en dit werk van daar af sonder ekstra fooie - behalwe die
dag wanneer nuwe kaart uitkom. Dan kap hulle jou met 'n paar honderd
rand vir die nuwe kaarte.

> Maar die GPS fasiliteit wil ek hê. Dankie vir die inligting.
> Miskien moet dit op my vrou s'n Samsung D820 gaan
> want sy is die fundi met selfone. Myne vergeet ek
> buitendien by die huis wanneer ek uitgaan ook:-)

GPS is seriously koel. Dit impress die poefies uit my elke keer as ek
afwyk van die roete wat hy vooraf uitgewerk het. Dan pas hy eenvoudig
aan en gee binne sekondes 'n nuwe roete van waar jy op daai oomblik in
jou afwyking is. Dit is baie elegante coding vermoed ek.

Ek het 'n selfoon gebaseerder Garmin bloot omdat ek dit verniet met 'n
selfoon upgrade kon kry. Anders was ek ook by HiFi Corp vir 'n
goedkoop garmin.

Garmin waarsku jou selfs oor speed traps waarvan hulle weet en wat die
beperking is. Dit waarsku ook oor gevaarlike dele.

GPS is op pad om 'n moerse ding te word in samelewings.

Enigste probleem is dat die frekewensie waarop die huidige stel
Amerikaanse satelliete werk, teen 2012 deur son-aktiwiteite gewhack
gaan word.

Die Europeers beplan 'n stelsel - Galileo - maar die Duitsers en die
Franse baklei oor geld. Die Chinese werk ook aan een die Yanks is
besig om 'n nuwe een te beplan.

Maar teen dan, is jy waarskynlik al gatvol vir die een wat jy nou gaan
koop.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115134 is 'n antwoord op boodskap #115126] Do, 11 Oktober 2007 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 13:48:48 +0200, Dave wrote:

> On Thu, 11 Oct 2007 12:55:25 +0200, Ferdi wrote:
>

>> Gaan cehck bietjie www.amazegps.com - kaarte van Jhb, Kaapstad en
>> Durban (en omtrent alle ander stede in die wereld) waarop 'n mens 'n
>> adres kan soek. Dan kry jy die kaart met die adres (zoomable) of
>> hybrid - wat basies Google earth kaart is met die strate se name
>> opgeskryf.

>> Dit werk SONDER 'n GPS inset.

>> Maar as jy 'n bluetooth GPS het, werk dit daarmee saam en gee jou
>> instruksies hoe om op plekke uit te kom of waar jy is. Ek het 'n Nokia
>> GPS wat vasgesluit is met 'n foon met 'n Garmin kaart op. Kom toe
>> agter dis net die Garmin-kaart wat op die foon vesgesluit is. Die
>> GPS-eenheid werk lekker saam met AmazeGPS op ander selfone waarop
>> Amaze gelaai is.

>> Jou foon moet egter Java kan loop en met die internet kan konnekteer.
>> Verder is alles gratis.
>
>

Ek het nou hier oor de straat na Vodicom by uShaka gestap
en gevind dat my vrou s''n Samsung D820 die weergawe is waarmee
Oom Noag na Ararat geskakel het om die weersomstandighede
uit te vind, en my Samsung E600 was deur Miss Pless gebruik.

Die tempo waarteen opgraderings gedoen word is
niks anders as uitbuitery. Dit begin klink asof
Hi Fi Corporation a GPS gaan verkoop.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115136 is 'n antwoord op boodskap #115131] Do, 11 Oktober 2007 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 15:36:47 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 11 Oct 2007 13:48:48 +0200, Dave wrote:
>
> GPS is op pad om 'n moerse ding te word in samelewings.
>
> Enigste probleem is dat die frekewensie waarop die huidige stel
> Amerikaanse satelliete werk, teen 2012 deur son-aktiwiteite gewhack
> gaan word.
>
> Die Europeers beplan 'n stelsel - Galileo - maar die Duitsers en die
> Franse baklei oor geld. Die Chinese werk ook aan een die Yanks is
> besig om 'n nuwe een te beplan.
>
> Maar teen dan, is jy waarskynlik al gatvol vir die een wat jy nou gaan
> koop.

Thanx, jy het my oortuig. Garmin 200 (by HI Fi Corp) sal dit wees.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115147 is 'n antwoord op boodskap #115136] Vr, 12 Oktober 2007 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2007 17:10:01 +0200, Dave wrote:

> Dit is een van die voordele wat ek van weet en wat ek wil hê. Ek is
> nog nie seker of dit slegs waarsku teen gevestigde kameras, en of dit
> 'n laseropspoorder in het. Sien dit daai ou in die kar
> onder die boom ook raak?

Die meeste spoedlokvalle is altyd op dieselfde plek. Sover ek weet
gebruik garmin mense om op die paaie te ry en aan te teken waar
gereelde spoedlokvalle is en dit dan op hul kaarte aan te bring.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115149 is 'n antwoord op boodskap #115147] Vr, 12 Oktober 2007 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 12 Oct 2007 14:14:24 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 11 Oct 2007 17:10:01 +0200, Dave wrote:
>
>
> > nog nie seker of dit slegs waarsku teen gevestigde kameras, en of dit
>> 'n laseropspoorder in het. Sien dit daai ou in die kar
>> onder die boom ook raak?
>
> Die meeste spoedlokvalle is altyd op dieselfde plek. Sover ek weet
> gebruik garmin mense om op die paaie te ry en aan te teken waar
> gereelde spoedlokvalle is en dit dan op hul kaarte aan te bring.
>

Ek het nooit so daaraan gedink nie, en verseker is jy reg:-)
Ek kom nou selde meer as een keer per jaar in Carletonville
en weet steeds waar om versigtiger te ry. Eintlik is dit snaaks
want toe gatsometers gebruik was, was daar verfstrepe op
die teer vir die pype, maar lasertoestelle behoort meer vryheid
toe te laat; nie dat ek kla nie:-)
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115162 is 'n antwoord op boodskap #115134] Ma, 15 Oktober 2007 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
> uit te vind, en my Samsung E600 was deur Miss Pless gebruik.
>
> Die tempo waarteen opgraderings gedoen word is
> niks anders as uitbuitery. Dit begin klink asof
> Hi Fi Corporation a GPS gaan verkoop.

Laat my weet wat jy van die Garmin dink wat jy koop. Ek wil ook - het
te sleg daar in jou Durbs verdwaal.

Ek het ook 'n E600. Gedag dis diep cool. Sies.
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115165 is 'n antwoord op boodskap #115162] Di, 16 Oktober 2007 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die Nokia 6110 Navigator telefoon met GPS. Ek kan hom sterk aanbeveel
!

"Koot" skryf in boodskap news:1192482329.102235.15690@q5g2000prf.googlegroups.com...
>
> Dave wrote:
>> uit te vind, en my Samsung E600 was deur Miss Pless gebruik.

>> Die tempo waarteen opgraderings gedoen word is
>> niks anders as uitbuitery. Dit begin klink asof
>> Hi Fi Corporation a GPS gaan verkoop.
>
> Laat my weet wat jy van die Garmin dink wat jy koop. Ek wil ook - het
> te sleg daar in jou Durbs verdwaal.
>
> Ek het ook 'n E600. Gedag dis diep cool. Sies.
>
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115168 is 'n antwoord op boodskap #115165] Di, 16 Oktober 2007 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 16 Oct 2007 07:26:01 +0200, "Riaan" wrote:

> Ek het die Nokia 6110 Navigator telefoon met GPS. Ek kan hom sterk aanbeveel
> !
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:1192482329.102235.15690@q5g2000prf.googlegroups.com...

>> Dave wrote:
>>> uit te vind, en my Samsung E600 was deur Miss Pless gebruik.
>
>>> Die tempo waarteen opgraderings gedoen word is
>>> niks anders as uitbuitery. Dit begin klink asof
>>> Hi Fi Corporation a GPS gaan verkoop.

>> Laat my weet wat jy van die Garmin dink wat jy koop. Ek wil ook - het
>> te sleg daar in jou Durbs verdwaal.

>> Ek het ook 'n E600. Gedag dis diep cool. Sies.

>

Koot, ek het 'n Nokia 3410 weggegee toe my vrou die E600 vir my gegee
het. Dit is nou 'n lekker foon. Soos Windows 3.1. Geen tricks en so
maklik hanteerbaar.

Die 3310 voor dit, wou nie op my kar se dak bly (waar ek dit gesit het
toe ek die deur oopgesluit het) nie en toe koop ek die 3410. (Nie dat
dìt daar sou bly tydens 'n rit nie:-) Net toe dit uitgekom het. As ek
reg onthou, het ek R1400 daarvaar betaal. In hierdie symste Durban.
Die E600 weet nie eens as jy 'n SMS doen waar om
woorde af te kap nie, en dit is net 'n eenvoudig 'n simpel masjientjie
om 'n brief mee te skryf.

As jy van normaal skryf na karakters toe beweeg en terug na normaal
skryf, is dit 'n hele proses. As jy oopmaak en toemaak hakies wil
insit, kan jy ook nie albei doen en dan tussen dit skryf nie (probeer
maar) maar jy moet telkens die hele riekmarole doen. Ek doen 'n
oopmaak hakie, gaan uit, sit enige karakter daarin, teru, doen 'n
toemaak hakie, terug na klein letters, en vervang dan dit wat tussen
die hakies is met wat ek daar wil hê.

Spesifiek vir SMS'se, is dit nie gemaak nie. Ek is geen selfoon mens
nie, en wil nie sukkel met dit wanneer ek dit wil gebruik nie. Het nog
nooit 'n kontrakfoon gehad nie, maar slegs 'pay as you go's en
defnitief jy ook. Dit is waarom ons Model T Fords gebruik.

Die gesprek oor selfone laat my nou dink aan toe ek eendag by die
huis kom, en vind dat my foon weg was, en ek besluit het om terug te
ry na die dorp waar ek vandaan gery het. My vrou ry toe saam.

Toe ons Carletonville in ry, wys ek na 'n smous langs die pad en sê
vir my vrou dat ek daar stil gehou en uitgeklim het. Ek hou toe weer
stil en vra vir die smous of ek nie 'n selfoon daar laat val het nie.
Terwyl hy sê 'nee', skakel my vrou my foon en dit begin lui. Ek sê
haastig 'dankie' en klim in om weer te ry. my vrou vra waarom ek wil
ry, want 'daar lui die foon dan!"

"yip, ek sal nou verduidelik." Ek klim toe weer uit en haal dit onder
die sitplek uit waar dit lê en lui:-)
Re: Kaarte en semiGPS gratis op selfoon [boodskap #115170 is 'n antwoord op boodskap #115162] Di, 16 Oktober 2007 13:00 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 15 Oct 2007 14:05:29 -0700, Koot wrote:

>
> Laat my weet wat jy van die Garmin dink wat jy koop. Ek wil ook - het
> te sleg daar in jou Durbs verdwaal.
>

Nog voor ek dit koop kan ek jou vertel dat dit uit die boonste rakke
is. My dogter het 'n 'Garmin 200' ons dit op die proef gestel
toe sy onlangs hier was.

Dit wys nié die korste pad nie, maar is baie akuraat. Haar dogter het
deelgeneem aan 'n SA Kampioenskappe by 'n universiteit en na ek haar
gewys het hoe om daarheen te ry, het ons die Garmin daarvoor ingestel.
Dit was 'n paar ritte daarheen oor 'n paar dae, en hulle het die pad
gekies wat ek hulle gewys het, maar as dit net vir die Garmin was,
sou dit 'n effe langer pad, maar steeds so maklik gewees het.

En waar dit ons teen spoedlokvalle gewarsku het, het ek later gesoek
daarvoor en die kameras gevind. Dit sê selfs vir die bestuurder, in 'n
baie duidelike vrouestem, wat die spoedgrens op die paaie is wat jy
ry. Wanneer jy moet draai, waarsku dit jou sowat 200 treë voor die
tyd, en weer wanneer jy moet draai.

En soos Ferdi hier genoem het, herprogrammeer dit onmiddellik as jy van
die roete afwyk, en gee onmiddellik die nuwe roete aan van waar jy dan
is. Dit is 'n indrukwekkende meganisme.

Moet dit nie by die eerste die beste winkel koop waar jy dit sien nie.
Pryse wissel aansienlik. En almal het nie dieselfde fasiliteite nie,
so vind eers uit van die een wat jy wil koop.
Vorige onderwerp: Jan
Volgende onderwerp: Lewe in Johannesburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 03:10:54 MGT 2024