Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Swartbergpas
Swartbergpas [boodskap #113956] Wo, 02 Mei 2007 10:31 na volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
gery. Prins Albert had 'n olyffees, toe gaan kampeer ons by die
Stompdriftdam naby De Rust en vandaar het ons rondgery.

Wat 'n wonderlike wêreld! Daar is letterlik 'n horde besoekpunte in
die area - klowe, valleie, dorpies, grotte, snaakse heuwels - ek sal
weer moet gaan! En weer, en weer...

Moenie, soos ek, oor die pas ry as die kruin in wolke is nie. Scary.

Moenie dink jy gaan rustig kampeer tussen 'n klomp viriele Boerklonge
en -niggies nie. Vat genoeg drank saam om dit stil te drink.

Weet ook dat dit nooit daar reën nie, tensy dit presies op die oomblik
is wat jy moet tent opslaan. En, dat die reën daarna sal ophou.

Is hier van die mense wat hier skryf wat al Gamkaskloof in was? Lekker
afval uit Die Hel geëet op Prins Albert.
Re: Swartbergpas [boodskap #113958 is 'n antwoord op boodskap #113956] Wo, 02 Mei 2007 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 2 May 2007 03:31:19 -0700, Koot wrote:

> Is hier van die mense wat hier skryf wat al Gamkaskloof in was? Lekker
> afval uit Die Hel geëet op Prins Albert.>

Nog nie die hel nie (ander soort helle, ja, maar nie die gamka-een
nie). het in die wereld grootgeword. Ken die Swartbergpas. Toe ek daar
grootgeword het, was die Hel net bereikbaar met n serious soort
voertuig - of as jy wou stap. Eers daarna is die pad behoorlik gemaak
vir gewone soort voertuie.

Van bo op die pas kan n mens lekker oor die hele fokken Groot Karoo
uitkyk.
As jy weer gaan, vat n verkyker saam. Van bo op die pad word jou kop
geblaas as jy afkyk op die Groot Karoo. net daai bietjie nadertrek met
die verkyker doen die triek.

Ook lekker is om na Oudts se kant te kyk op die plase - amper asof jy
in n vliegtuig is.
Re: Swartbergpas [boodskap #113960 is 'n antwoord op boodskap #113956] Wo, 02 Mei 2007 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 2 May 2007 03:31:19 -0700, Koot wrote:

> Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
> gery.

Ek het dit vroeër as jy gedoen - was sowat 10 jaar oud.
Het nie self bestuur nie - my ma se man het.
Mosselbaai na Outshoorn of so iets. Kan nie mooi onthou nie,
dit was meer as 5 jaar gelede. George en PE was ook erens in die
prentjie.
Daar was 44gallon dromme water elke paar honderd treë
teen die pas op. Snaaks, ek was niks geworrie nie.
Kaptein van die bende gewees en dit sou nie na behore gewees
het om 'n sussie te wesie. Daar was buitendien ookie 'n perd
wat ek nie kon ry nie, en kallers ook. En donkies.
Wat is nou jou storie met die Swartbergpas(sietjie)?
Re: Swartbergpas [boodskap #113962 is 'n antwoord op boodskap #113960] Wo, 02 Mei 2007 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 May 2007 18:58:43 +0200, Dave wrote:

> On 2 May 2007 03:31:19 -0700, Koot wrote:
>
>> Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
>> gery.
>
> Ek het dit vroeër as jy gedoen - was sowat 10 jaar oud.
> Het nie self bestuur nie - my ma se man het.
> Mosselbaai na Outshoorn of so iets. Kan nie mooi onthou nie,
> dit was meer as 5 jaar gelede. George en PE was ook erens in die
> prentjie.
> Daar was 44gallon dromme water elke paar honderd treë
> teen die pas op. Snaaks, ek was niks geworrie nie.
> Kaptein van die bende gewees en dit sou nie na behore gewees
> het om 'n sussie te wesie. Daar was buitendien ookie 'n perd
> wat ek nie kon ry nie, en kallers ook. En donkies.
> Wat is nou jou storie met die Swartbergpas(sietjie)?

In die 60's en die 70's was die pas actually die kortste roete van
Oudtshoorn na Beaufort Wes - korter as deur Meiringspoort - en vir
reisigers wat daai roete gereeld gery het, was kort beter. Hulle het
soms ongeduldig geraak.

Hulle het mekaar gedice met vinnige tye wat hulle oor die pas opgestel
het.
Re: Swartbergpas [boodskap #113963 is 'n antwoord op boodskap #113962] Wo, 02 Mei 2007 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 02 May 2007 20:19:08 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 02 May 2007 18:58:43 +0200, Dave wrote:
>
> >> Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
>>> gery.

>> Ek het dit vroeër as jy gedoen - was sowat 10 jaar oud.
>> Het nie self bestuur nie - my ma se man het.
>> Mosselbaai na Outshoorn of so iets. Kan nie mooi onthou nie,
>> dit was meer as 5 jaar gelede. George en PE was ook erens in die
>> prentjie.
>> Daar was 44gallon dromme water elke paar honderd treë
>> teen die pas op. Snaaks, ek was niks geworrie nie.
>> Kaptein van die bende gewees en dit sou nie na behore gewees
>> het om 'n sussie te wesie. Daar was buitendien ookie 'n perd
>> wat ek nie kon ry nie, en kallers ook. En donkies.
>> Wat is nou jou storie met die Swartbergpas(sietjie)?
>
> In die 60's en die 70's was die pas actually die kortste roete van
> Oudtshoorn na Beaufort Wes - korter as deur Meiringspoort - en vir
> reisigers wat daai roete gereeld gery het, was kort beter. Hulle het
> soms ongeduldig geraak.
>
> Hulle het mekaar gedice met vinnige tye wat hulle oor die pas opgestel
> het.

en daar was stories oor vrese op die pas. Soos die een wat ek gehoor
het van die egpaar wat hul plaas beloof het aan 'n verbyganger as hy
hulle na benede sou neem.
Hoe waar dit sou wees weet ek nie, want dieselfde vertellers was die
grootmense wat destyds wat goëlstories vertel het asof hulle by was.

Dit wat ek gesê het van die dromme met water langs doe pad was egter
so, ter wille van enjins wat oorverhit het langs die pad.

Selfs die Van Reenens pas van tòe was daardie jare 'n uitdaging vir
sommiges.
Re: Swartbergpas [boodskap #113964 is 'n antwoord op boodskap #113962] Wo, 02 Mei 2007 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 02 May 2007 20:19:08 +0200, Ferdi wrote:
>
> Hulle het mekaar gedice met vinnige tye wat hulle oor die pas opgestel
> het.

en vinnig vir toe was 80mpu. My oom het 'n Studebaker Lark gery wat op
sy naald 120mpu kon doen. Dieselfde kar het hom sy lewe en sy seun die
gebruik van sy bene gekos.

Dit is 'n spoed wat nou deur 1300 4sil karretjies met gemak oorskry
word. Jy het gesien wat vertel jou koerant van die motorfietryer wat
hier naby ons 'n R50 000 boete of 3 jaar op die hals gejaag het. En
die BMW jaer se R30 000 of 3jr boete (en miskien word hulle voertuie
gekonfiskeer!).

Dit is van die onderwerp af, maar toe jy van spoed praat van toeka se
jare, moes ek dit ophaal. Op laerskool het 'n onderwyser vertel dat
die eerste karre het gery met iemand wat vooruit geloop het met 'n
rooi vlag. Weet nie of dit ook goëlstories was nie. Glo nie dit was
oor die Swartbergpas nie:-)
Re: Swartbergpas [boodskap #113965 is 'n antwoord op boodskap #113963] Do, 03 Mei 2007 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:

> Dit wat ek gesê het van die dromme met water langs doe pad was egter
> so, ter wille van enjins wat oorverhit het langs die pad.
>

Nou moet jy weet hoe uitgefreak ek was toe ek aan die suidekant, met
die afgaanslag, 'n ou oom (so 60?) met 'n baaisiekel driekwart teen
die pas opgesukkel kom. En hy waai nog vir my! Ons het vir hom hande
geklap.
Re: Swartbergpas [boodskap #113966 is 'n antwoord op boodskap #113958] Do, 03 Mei 2007 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> On 2 May 2007 03:31:19 -0700, Koot wrote:
>
> Lekker
>> afval uit Die Hel geëet op Prins Albert.>
>
> Nog nie die hel nie (ander soort helle, ja, maar nie die gamka-een
> nie). het in die wereld grootgeword.

Ek hoop jy besef hoe bevoorreg jy was. Toe ons in Oudtshoorn aankom,
sê my vrou "Party mense woon op mooi plekke...".

Ken die Swartbergpas. Toe ek daar
> grootgeword het, was die Hel net bereikbaar met n serious soort
> voertuig - of as jy wou stap. Eers daarna is die pad behoorlik gemaak
> vir gewone soort voertuie.
>
> Van bo op die pas kan n mens lekker oor die hele fokken Groot Karoo
> uitkyk.
> As jy weer gaan, vat n verkyker saam. Van bo op die pad word jou kop
> geblaas as jy afkyk op die Groot Karoo. net daai bietjie nadertrek met
> die verkyker doen die triek.
>
Ek is nie so seker of ek weer die moed sal hê om op te gaan nie,
hoewel Google Earth dit heel maklik laat lyk. Ek sal nogtans beslis
Gamkaskloof toe wil ry, veral na ek ou Sue van Waart (of is dit
Madeleine van Aardt?) se boek oor die plek gelees het. Daardie is
blykbaar 'n pad wat die hare op jou bors sit.

So het ek ook nog nooit die Kangogrotte besoek nie. Ek weet wat ek die
volgende paar vakansies gaan doen. Amanzimtoti moet maar wag.
Re: Swartbergpas [boodskap #113968 is 'n antwoord op boodskap #113966] Do, 03 Mei 2007 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" wrote in message
news:1178177477.954242.199960@o5g2000hsb.googlegroups.com...

Amanzimtoti moet maar wag.

Nou noem julle uiteindelik van 'n plek wat ek ook goed ken. Vandat ek maar
weet was dit die plek van keuse vir my ouers en ander familie.

Ek het amper laasjaar my gat in daai see gesien. 'n Stroom het vir my en 'n
paar ander ouens see ingevat en ek moet erken ek was vrek benoud. Ek is nie
meer so fiks soos in die dae toe ek nog rugby gespeel het nie, maar ek het
onthou dat die stroom jou gewoonlik net om die rotse vat en aan die lagoon
se kant gaan uitspoeg (Std 9 met my ook daar gebeur).

Gelukkig het die manne met hulle bootjie daar aangekom voordat ons om die
rotse was. Dit was nou nie Baywatch se Pamela gewees nie, maar ek was reg om
daai ou enige tyd 'n oopmond soen te gee van dankbaarheid
Re: Swartbergpas [boodskap #113969 is 'n antwoord op boodskap #113965] Do, 03 Mei 2007 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 3 May 2007 00:19:47 -0700, Koot wrote:

>
> Dave wrote:
>
>> Dit wat ek gesê het van die dromme met water langs doe pad was egter
>> so, ter wille van enjins wat oorverhit het langs die pad.

>
> Nou moet jy weet hoe uitgefreak ek was toe ek aan die suidekant, met
> die afgaanslag, 'n ou oom (so 60?) met 'n baaisiekel driekwart teen
> die pas opgesukkel kom. En hy waai nog vir my! Ons het vir hom hande
> geklap.

Nie naastenby so uitgefreak soos ek was toe ek sien jy noem die
baasiekellér ' 'n ou oom van so 60' nie'...!
Om een of ander rede het ouderdom met die jare vorentoe
geskuif...later en later geword.
Dekades gelede was 30 oud. Toe het dit 40 geword en later 50.
Oud is 20 jaar ouer as ek - en 60 is jare lank al nie meer 20 jaar ver
nie.

Of is dit 'n geval van relatiwiteit? As die jongeling van 60 saam met
die inwoners van die ouetehuis rugby gespeel het sou jy gevra het wat
soek hy tussen die ou mense - en wanneer hy met 'n trap-der-jeug teen
die Swartpegpas opry, is hy oud?
Re: Swartbergpas [boodskap #113970 is 'n antwoord op boodskap #113964] Do, 03 Mei 2007 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 May 2007 20:39:34 +0200, Dave wrote:

Op laerskool het 'n onderwyser vertel dat
> die eerste karre het gery met iemand wat vooruit geloop het met 'n
> rooi vlag. Weet nie of dit ook goëlstories was nie. Glo nie dit was
> oor die Swartbergpas nie:-)

Het dit vandag in Jh nodig vir minibus-taxis.
Re: Swartbergpas [boodskap #113971 is 'n antwoord op boodskap #113969] Do, 03 Mei 2007 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
> Nie naastenby so uitgefreak soos ek was toe ek sien jy noem die
> baasiekellér ' 'n ou oom van so 60' nie'...!
> Om een of ander rede het ouderdom met die jare vorentoe
> geskuif...later en later geword.
> Dekades gelede was 30 oud. Toe het dit 40 geword en later 50.
> Oud is 20 jaar ouer as ek - en 60 is jare lank al nie meer 20 jaar ver
> nie.
>
> Of is dit 'n geval van relatiwiteit? As die jongeling van 60 saam met
> die inwoners van die ouetehuis rugby gespeel het sou jy gevra het wat
> soek hy tussen die ou mense - en wanneer hy met 'n trap-der-jeug teen
> die Swartpegpas opry, is hy oud?

Ek voel wat oud raak is, as ek wil opstaan, en ek is nog so sewe jaar
jonger as daai ou. So, hy is OUD vir wat hy aanvang.

Ek bel nie eers so ver as wat hy ry nie.
Re: Swartbergpas [boodskap #113972 is 'n antwoord op boodskap #113971] Do, 03 Mei 2007 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 3 May 2007 04:43:46 -0700, Koot wrote:

>
> Dave wrote:
>> Nie naastenby so uitgefreak soos ek was toe ek sien jy noem die
>> baasiekellér ' 'n ou oom van so 60' nie'...!
>> Om een of ander rede het ouderdom met die jare vorentoe
>> geskuif...later en later geword.
>> Dekades gelede was 30 oud. Toe het dit 40 geword en later 50.
>> Oud is 20 jaar ouer as ek - en 60 is jare lank al nie meer 20 jaar ver
>> nie.

>> Of is dit 'n geval van relatiwiteit? As die jongeling van 60 saam met
>> die inwoners van die ouetehuis rugby gespeel het sou jy gevra het wat
>> soek hy tussen die ou mense - en wanneer hy met 'n trap-der-jeug teen
>> die Swartpegpas opry, is hy oud?
>
> Ek voel wat oud raak is, as ek wil opstaan, en ek is nog so sewe jaar
> jonger as daai ou. So, hy is OUD vir wat hy aanvang.
>
> Ek bel nie eers so ver as wat hy ry nie.

ja, seker is die enigste tieners op die groep bouwer en Riaan.
Nou gaan ek roei, maar nie teen die Swartbergpas op nie.
Sien jou later vanmiddag
Re: Swartbergpas [boodskap #113973 is 'n antwoord op boodskap #113968] Do, 03 Mei 2007 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Amanzimtoti .
>
> Nou noem julle uiteindelik van 'n plek wat ek ook goed ken. Vandat ek maar
> weet was dit die plek van keuse vir my ouers en ander familie.
>
> Ek het amper laasjaar my gat in daai see gesien. 'n Stroom het vir my en 'n
> paar ander ouens see ingevat en ek moet erken ek was vrek benoud.

Amanzimtoti... soet waters... daar waar Shaka sy wittebrood
gevier het.
Ek het op twee verskillende kere 'n paar
jaar op Adams Mission deurgebring, wat
net sewe myl na die binneland van
Amanzimtoti af was. Die eerste keer, toe
Adams College nog deur die Amerikaanse
sendelinge bestuur is, het ons aan die begin
van elke skooljaar van Adams Mission na
die see gestap. ( Baie van die kinders het
uit die binneland gekom, en het vir die eerste
keer die see gesien.) Ongelukkig, in daardie
jare, is swart kinders nie toegelaat op die
"wit" strande nie, en moes ons daar doer
op baie gevaarlike dele van die strand gaan
piekniek maak of swem. Ek hoop dat swart
kinders nou toegelaat word in die rotsswembad
en op die veiliger dele van die strand.

Gloudina
Re: Swartbergpas [boodskap #113985 is 'n antwoord op boodskap #113972] Ma, 07 Mei 2007 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:96mj33h13idd0t4t0qnmmau5l8f9iojj1a@4ax.com...

> ja, seker is die enigste tieners op die groep bouwer en Riaan.

Nee hel ek is 37 - Maar ek glo die Antie is 'n HELE paar jaar ouer as dit.
Inteendeel ek dink Gloudina is die oudste van ons almal hier rond.

Maar aangesien ek die "jonkste" hier is, is dit dalk dan die rede hoekom ek
die enigste een is wat van Harry Potter hou, en nie meer kan wag vir die
laaste boek nie. Nog net 2 maande oor !
Re: Swartbergpas [boodskap #113986 is 'n antwoord op boodskap #113985] Ma, 07 Mei 2007 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote:

mp3 ontvang, Riaan?
Re: Swartbergpas [boodskap #113987 is 'n antwoord op boodskap #113985] Ma, 07 Mei 2007 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
>
>> ja, seker is die enigste tieners op die groep bouwer en Riaan.
>
>
> Nee hel ek is 37 - Maar ek glo die Antie is 'n HELE paar jaar ouer as dit.
> Inteendeel ek dink Gloudina is die oudste van ons almal hier rond.
>

sien, dit is waarom selfs my vyande my diplomasie waardeer.
Hier het jy defnitief nie gescore nie - en haar bewondering vir my
het met selfs nog 'n kerfie gestyg.
Re: Swartbergpas [boodskap #113993 is 'n antwoord op boodskap #113987] Di, 08 Mei 2007 05:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:k1gu335ca1fjabqob8qcf5oqib0to4kv73@4ax.com...

> sien, dit is waarom selfs my vyande my diplomasie waardeer.

Ek was in die bar of op die kakhuis toe diplomasie uitgedeel was ... Sal
reken die gebrek daaraan is sekerlik my grootste swakpunt
Re: Swartbergpas [boodskap #113994 is 'n antwoord op boodskap #113986] Di, 08 Mei 2007 05:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" wrote in message
news:1178545150.602846.254620@q75g2000hsh.googlegroups.com.. .
>
> Riaan wrote:
>
>
>
> mp3 ontvang, Riaan?

Nee nog nie. Hoe groot is hy, want ons server sal hom blok indien dit meer
as 5MB is.
Re: Swartbergpas [boodskap #113995 is 'n antwoord op boodskap #113993] Di, 08 Mei 2007 05:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 8 May 2007 07:20:57 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:k1gu335ca1fjabqob8qcf5oqib0to4kv73@4ax.com...
>
>> sien, dit is waarom selfs my vyande my diplomasie waardeer.
>
>
> Ek was in die bar of op die kakhuis toe diplomasie uitgedeel was ... Sal
> reken die gebrek daaraan is sekerlik my grootste swakpunt
>

om eerlik te wees is om onbeskof te wees
en om hoflik te wees is om 'n leunaar te wees.
Re: Swartbergpas [boodskap #113997 is 'n antwoord op boodskap #113994] Di, 08 Mei 2007 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Nee nog nie. Hoe groot is hy, want ons server sal hom blok indien dit meer
> as 5MB is.

So 3 Meg, so dis dalk ons stelsel wat dit blokkeer. Sal dit op my
webblad plaas.
Re: Swartbergpas [boodskap #113999 is 'n antwoord op boodskap #113997] Di, 08 Mei 2007 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 7 May 2007 22:58:50 -0700, Koot wrote:

>
>> Nee nog nie. Hoe groot is hy, want ons server sal hom blok indien dit meer
>> as 5MB is.
>
> So 3 Meg, so dis dalk ons stelsel wat dit blokkeer. Sal dit op my
> webblad plaas.

wat is jou webadres, Koot?
Re: Swartbergpas [boodskap #114024 is 'n antwoord op boodskap #113999] Di, 15 Mei 2007 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
>
> wat is jou webadres, Koot?

Skoon vergeet en moes eers gaan soek! Tot my spyt, want ek sien nou
eers hoe leeg en onvriendelik dit lyk.

En nou wil absa internet my nie eers toelaat om dit op te dateer nie.
Wat ook beteken ek kan nie die song daar opsit nie.

http://myweb.absamail.co.za/koot1
Re: Swartbergpas [boodskap #114025 is 'n antwoord op boodskap #114024] Di, 15 Mei 2007 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote:
>
> http://myweb.absamail.co.za/koot1

is verkeerderig. Daarby kort nog

http://myweb.absamail.co.za/koot1/mysite/
Re: Swartbergpas [boodskap #114028 is 'n antwoord op boodskap #114025] Di, 15 Mei 2007 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 15 May 2007 01:10:48 -0700, Koot wrote:

>
> Koot wrote:

>> http://myweb.absamail.co.za/koot1
>
> is verkeerderig. Daarby kort nog
>
> http://myweb.absamail.co.za/koot1/mysite/

> is verkeerderig. Daarby kort nog

http://myweb.absamail.co.za/koot1/mysite/

Heel interessante blad, Koot.
Jy kan gerus meer foto's van Noorweë daar vasplak.
Dit is 'n plek wat ek eendag as ek groot is, wil besoek,
want ek is nogal heel nuuskierig oor Swede en Noorweë.

Dit blyk dat jou hele glimlaggende gesin saam was
wat dit ietwat van 'n duurìrìge uitstappie sou gemaak het.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het.
Re: Swartbergpas [boodskap #114033 is 'n antwoord op boodskap #114028] Wo, 16 Mei 2007 07:47 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
>
> Heel interessante blad, Koot.
> Jy kan gerus meer foto's van Noorweë daar vasplak.
> Dit is 'n plek wat ek eendag as ek groot is, wil besoek,
> want ek is nogal heel nuuskierig oor Swede en Noorweë.

Ek wou ook altyd graag soontoe gaan. Die toer was nou nie alles wat ek
wou hê nie - ek sou graag meer fjords wou gesien het, en die meer
noordelike streke met middernagson.

>
> Dit blyk dat jou hele glimlaggende gesin saam was
> wat dit ietwat van 'n duurìrìge uitstappie sou gemaak het.
>
Hulle was lede van die Oos-Kaapse jeugkoor en hulle toer was geborg
deur Lotto. So, uiteindelik was dit nie so erg duur nie. Entlik 'n
wonderlike voorreg om sodoende saam met die gesin te kon gaan.
Vorige onderwerp: Durban se strandgebied vandag en more (0/1)
Volgende onderwerp: Kamp Raad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:25:05 MGT 2024