Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter?
Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113754] Do, 12 April 2007 22:46 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
wat die beste kan rym. Op die basis
daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
Riaan.

Gloudina
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113759 is 'n antwoord op boodskap #113754] Vr, 13 April 2007 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message news:1176417978.890344.267900@p77g2000hsh.googlegroups.com.. .
> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
> wat die beste kan rym. Op die basis
> daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
> Riaan.

Ek moet bieg Gloudina, ek is maar 'n sucker vir rym. Maar ek moet ook bieg
dat gedigte nie my sterkpunt is nie so ek sal op grond van jou raad dus vir
Opperman stem

VIVA OPPERMAN !
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113763 is 'n antwoord op boodskap #113754] Vr, 13 April 2007 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Iesh, maar jy saal wille perde op.

Hoewel die literatore sal verskil en hulle sekerlik objektiewe
maatstawwe het van wat 'n goeie gedig is, glo ek dis 'n subjektiewe
ding, soos musieksmaak. Wat vir my 'n goeie gedig is, word gekleur
deur my ervaring, my passies, my 'sensitiwiteite', my bietjie
kundigheid en miskien selfs musiekaanleg!

Ek is ook 'n bietjie onkant gevang, sonder my bundels hier in my
kantoor, maar mense wat frases skryf soos

Wit is die wêreld van outydse wee
en 'n treurige wals is die vroemoresee
dou oor die duine, geen windjie wat waai -
net 'n vaalvalk wat sing, soos hy draai, soos hy draai...

Wow. Ek dink dit was WEG Louw.

En dan Elizabeth Eybers. Sy kan beelde in woord omsit soos min. En
Gert Vlok Nel.

Ek weet dis Ingels, maar op die Limericks - nuusgroep is daar 'n kêrel
met die skuilnaam Tiddy Ogg (hy het sy eie webblad, soek met Google)
wat ek dink, absoluut briljant is. Bietjie skurf - nee, dikwels baie
skurf - maar 'n lus om te lees. Philip de Vos kan gerus daar gaan leer.
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113769 is 'n antwoord op boodskap #113754] Vr, 13 April 2007 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Apr 2007 15:46:18 -0700, "Hessie" wrote:
> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
> wat die beste kan rym. Op die basis
> daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
> Riaan.
>
> Gloudina

Wie was die beste losskakel? Hei, daai antwoord kom in meervoude...
Daar kan nie net een wees nie. Ten minste drie.

Dus: Van Wyk Louw, Opperman en Peter Blum.
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113774 is 'n antwoord op boodskap #113763] Vr, 13 April 2007 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hei, Koot, jy's mos van die Kaap. Hier is bietjie Peter Blum vir jou:

Mag dit behoue bly

Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!

As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.

Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113777 is 'n antwoord op boodskap #113763] Vr, 13 April 2007 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot" skryf

maar mense wat frases skryf soos
>
> Wit is die wêreld van outydse wee
> en 'n treurige wals is die vroemoresee
> dou oor die duine, geen windjie wat waai -
> net 'n vaalvalk wat sing, soos hy draai, soos hy draai...
>
> Wow. Ek dink dit was WEG Louw.

Ja, ek hou nog altyd vol dat WEG eintlik
baie beter was as wat hom krediet gegee
is, en dat NP nie so goed was as wat
mense voorgegee het nie. En dat nie
een van hulle kersvas kon hou by
Opperman wat konsekwente kwaliteit
betref nie. ( Dis nou as mens Opperman
se laaste bundel "Komas uit 'n Bamboes-
stok" uitlaat as die ylings van 'n ou man
wat nie meer al sy varkies in die hok
gehad het nie, en deur onverantwoordelike
uitgewers aangemoedig was.)

Gloudina
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113778 is 'n antwoord op boodskap #113769] Vr, 13 April 2007 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Wie was die beste losskakel? Hei, daai antwoord kom in meervoude...
> Daar kan nie net een wees nie. Ten minste drie.
>
> Dus: Van Wyk Louw, Opperman en Peter Blum.

Om nie eens van die ou Springbokke
te praat nie. Cilliers, Eugene Marais,
Leipoldt, Langenhoven.

Gloudina
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113797 is 'n antwoord op boodskap #113774] Ma, 16 April 2007 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> Hei, Koot, jy's mos van die Kaap. Hier is bietjie Peter Blum vir jou:
>

Dankie!

Dit lyk soveel makliker om oor die Kaap te skryf as oor 'n plek soos
die Baai. Die Kaap is gemarineer in kultuur, geskiedenis, in menswees,
konflik en in rou natuurskoon. Ek sou baie onproduktief wees as ek
daar gewoon het.
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113798 is 'n antwoord op boodskap #113777] Ma, 16 April 2007 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
>
> Ja, ek hou nog altyd vol dat WEG eintlik
> baie beter was as wat hom krediet gegee
> is, en dat NP nie so goed was as wat
> mense voorgegee het nie. En dat nie
> een van hulle kersvas kon hou by
> Opperman wat konsekwente kwaliteit
> betref nie.

Ek hoor wat jy sê en stem saam. Maar, dan seker, verskillende dinge
vir verskillende mense. Vir my was NP 'n vakman, baie bewus van en
trots op sy kuns. Ek vermoed WEG was 'n sanger, met verse wat uit die
hart vloei. Gee vir my eerder 'n vers wat my ontroer as 'n tegniese
meesterstuk.

Op Litnet het iemand 'n ruk gelede 'n oulike, bondige opsomming gesit
van die kriteria wat hulle vir oorweging gebruik. Wens ek kon dit weer
vind, maar hulle gee daar ruimte vir die elegante stelwyse,
oorspronklike woordtoepassings, vaardige taalgebruik, kreatiewe beelde
ensovoorts, maar dan ook vir die vers wat 'n mens sommer net
hoendervleis gee.

Hier deel poësie vir my iets met musiek. Jy sal 'n hoogs tegniese
Rachmaninoffstuk kry, wat sekerlik goeie musiek is, maar dan ook 'n
eenvoudige Chopin wat direk tot jou hart spreek. Seker so ook met
skilderwerk, verhale, beeldhou...

Die lekker is dat daar ruimte is vir almal van ons. Sommige kenners
van wyn en whiskey sal sê, bogger die reëls, jy meng jou dranke en jou
kos soos dit jou behaag. As ek van 'n slim vers hou met 'n gesonde
streep sentiment, kan julle maar lag. Ander sal soek vir elemente van
post-modernisme, vir intertekste, vir grootse seggingskrag - hulle is
ook reg, maar hulle is nie ek nie.
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113801 is 'n antwoord op boodskap #113778] Ma, 16 April 2007 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Apr 2007 13:03:06 -0700, "Hessie" wrote:

> Ferdi skryf
>
>> Wie was die beste losskakel? Hei, daai antwoord kom in meervoude...
>> Daar kan nie net een wees nie. Ten minste drie.

>> Dus: Van Wyk Louw, Opperman en Peter Blum.
>
> Om nie eens van die ou Springbokke
> te praat nie. Cilliers, Eugene Marais,
> Leipoldt, Langenhoven.

Marais was n digter (twee great gedigte). Leipoldt het een wonderlike
gedig geskryf (Boggem en Voerstek). Die ander twee meer rymelaars.

Langenhoven nie n digter nie, sorry...
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113812 is 'n antwoord op boodskap #113754] Ma, 16 April 2007 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
> wat die beste kan rym. Op die basis
> daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
> Riaan.
>
> Gloudina
>

Moeilike vraag en amper onmoontlik om te antwoord. Al wat ek kan sê, is
dat Boerneef my *gunsteling* is! NP van Wyk-Louw op nr 2.

Knersus
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113815 is 'n antwoord op boodskap #113801] Di, 17 April 2007 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> Marais was n digter (twee great gedigte). Leipoldt het een wonderlike
> gedig geskryf (Boggem en Voerstek). Die ander twee meer rymelaars.
>

Leipoldt kon ongelooflike liriese sinne skryf.

> Langenhoven nie n digter nie, sorry...

Net oor die Volkslied wat hy geskryf het, sal ek hom al tel as een.

Miskien bedoel Hessie wie was fisies die grootste. Koos Kombuis lyk op
sy foto's of sy amplitude die regte dimensies het...
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113870 is 'n antwoord op boodskap #113812] Sa, 21 April 2007 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
"knersus" skryf in boodskap news:f0106h$lu0$2@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Hessie wrote:
>> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
>> wat die beste kan rym. Op die basis
>> daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
>> Riaan.

>> Gloudina

>
> Moeilike vraag en amper onmoontlik om te antwoord. Al wat ek kan sê, is
> dat Boerneef my *gunsteling* is! NP van Wyk-Louw op nr 2.
>
> Knersus
ooit eens gehoor van ene Visser van Heidelberg
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113871 is 'n antwoord op boodskap #113870] Sa, 21 April 2007 13:32 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vlaming wrote:
> "knersus" schreef in bericht
> news:f0106h$lu0$2@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Hessie wrote:
>>> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou wat die beste kan rym. Op
>>> die basis daarvan, behoort jy vir Opperman te stem, Riaan.
>
>>> Gloudina
>
>> Moeilike vraag en amper onmoontlik om te antwoord. Al wat ek kan
>> sê, is dat Boerneef my *gunsteling* is! NP van Wyk-Louw op nr 2.

>> Knersus
> ooit eens gehoor van ene Visser van Heidelberg

Natuurlik ken ek AG Visser se werk, net soos ek al met Leipoldt, WEG
Louw, Toon vd Heever, Opperman en vele ander se werk kennis gemaak
het. Ek hou net meer van Boerneef en vW-L s'n.

Knersus
Vorige onderwerp: " Die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Proteabredie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:33:35 MGT 2024