Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid."
Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113753] Do, 12 April 2007 22:44 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem aan dat hierdie bespreking
uiteindelik oor "godsdiens" gaan
eindig, maar ek hoop dat mense dit
meer wetenskaplik ook sal bespreek.

Gloudina
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113760 is 'n antwoord op boodskap #113753] Vr, 13 April 2007 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1176417857.080903.246450@w1g2000hsg.googlegroups.com...
> Ek neem aan dat hierdie bespreking
> uiteindelik oor "godsdiens" gaan
> eindig, maar ek hoop dat mense dit
> meer wetenskaplik ook sal bespreek.
>
> Gloudina

Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.

Aardige onderwerp Gloudina - Hoekom het jy nie al lankal sulke goed geplaas
nie, dan was ek en jy nie so gereeld in mekaar se hare gewees nie
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113762 is 'n antwoord op boodskap #113753] Vr, 13 April 2007 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou daar is 'n taai tema. Dis 'n frustrerende tema, want dis nie iets
esoteries nie, dis deel van ons. Dis deel van ons vandaan-kom, van ons
heen-gaan. Wanneer het tyd begin en wanneer hou dit op? Wat was voor
dit en wat is daarna? Loop dit dalk in 'n sirkel, dat dit maar net 'n
groot siklus is, like a circle in a spiral, like a never-ending wheel?

Nog erger, fisici sal s? tyd is elasties, relatief. Ek wil nie eers
daarheen gaan nie, want Dr Wynand Verwoerd het die dimensies van my
onkunde oor hierdie tema tot so 'n mate ontgin dat ek vandag nog
daaraan ly.Ek het Stephen Hawking se "A brief history of time"
deurgewroeg en voel nou nog minder of ek weet wat aangaan.

Ek het ook nie moed vir 'n teologiese debat daaroor nie. Van die
'primitiewer' volke sal s? daar was 'n groot volstruis wat 'n eier
gel? het en tyd laat begin loop het, of so iets, en so sal elke groep
sy unieke variasie h? van waar tyd sy oorsprong het.

En dit frustreer my nog meer - dat iets so basies, so kompleks kan
wees. Dit behoort nie. Ek is seker as iemand dit vir my uitl? in
woorde met een lettergreep, sal ek dit ook verstaan.

Kom in, meneer Scheffler - ons het jou nou nodig.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113772 is 'n antwoord op boodskap #113753] Vr, 13 April 2007 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
RommelPotterij  is tans af-lyn  RommelPotterij
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
"Hessie" schreef in bericht
news:1176417857.080903.246450@w1g2000hsg.googlegroups.com...
> Ek neem aan dat hierdie bespreking
> uiteindelik oor "godsdiens" gaan
> eindig, maar ek hoop dat mense dit
> meer wetenskaplik ook sal bespreek.
>
> Gloudina

Ik denk 100 jaar, een eeuw is 100 jaar. ;o)
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113775 is 'n antwoord op boodskap #113753] Vr, 13 April 2007 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Apr 2007 15:44:17 -0700, "Hessie" wrote:

> Ek neem aan dat hierdie bespreking
> uiteindelik oor "godsdiens" gaan
> eindig, maar ek hoop dat mense dit
> meer wetenskaplik ook sal bespreek.
>
> Gloudina>.

Dis n sinnelose vraag want dit veronderstel dat daar die moontlikheid
van "einde" is en daar kan nie einde wees nie.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113779 is 'n antwoord op boodskap #113760] Vr, 13 April 2007 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
> tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.

Jy slaan die spyker op die kop. Maar
gaan aan. Wat bedoel jy, dat tyd nie
"werklik" bestaan nie. Wat is jou
vereistes vir wat "werklikheid" is?

Gloudina
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113780 is 'n antwoord op boodskap #113762] Vr, 13 April 2007 20:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

. Wanneer het tyd begin en wanneer hou dit op? Wat was voor
> dit en wat is daarna?

Daar is ook mense wat sê dat die
gewone "unenlightened" mens
eintlik nie in die teenwoordige
leef nie, maar gedurig óf in die
onmiddellike verlede leef óf
in die onmiddellike toekoms,
en salig onbewus is van die
teenwoordige moment. Hy
slaap dus, is nie werklik
wakker nie.

Gloudina
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113781 is 'n antwoord op boodskap #113775] Vr, 13 April 2007 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Dis n sinnelose vraag want dit veronderstel dat daar die moontlikheid
> van "einde" is en daar kan nie einde wees nie.

By implikasie is daar dus ook nie 'n
"begin" van enigiets nie?

Gloudina
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113782 is 'n antwoord op boodskap #113780] Vr, 13 April 2007 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 13 Apr 2007 13:11:35 -0700, "Hessie" wrote:

> "Koot" skryf
>
> . Wanneer het tyd begin en wanneer hou dit op? Wat was voor
>> dit en wat is daarna?
>
> Daar is ook mense wat sê dat die
> gewone "unenlightened" mens
> eintlik nie in die teenwoordige
> leef nie, maar gedurig óf in die
> onmiddellike verlede leef óf
> in die onmiddellike toekoms,
> en salig onbewus is van die
> teenwoordige moment. Hy
> slaap dus, is nie werklik
> wakker nie.
>
> Gloudina

Ek het al voorheen hier gesê dat ek glo dat
daar meer dimensies as slegs die bekende drie bestaan.
En dat tyd miskien 'n dimensie is.
Miskien sal julle onthou dat ek daarby gevoeg het dat God wat
aller-dimensioneel is, dan deur die verskillende dimensies kan beweeg.

Dit sou beteken dat my teorie en die wat Gloudina hierbo noem,
aansluiting sou vind.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113799 is 'n antwoord op boodskap #113780] Ma, 16 April 2007 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
>
> Daar is ook mense wat sê dat die
> gewone "unenlightened" mens
> eintlik nie in die teenwoordige
> leef nie, maar gedurig óf in die
> onmiddellike verlede leef óf
> in die onmiddellike toekoms,
> en salig onbewus is van die
> teenwoordige moment.

Ha, dan is ek super-enlightened. Ek leef aanmekaar in die verlede. Dis
lekkerder daar.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113800 is 'n antwoord op boodskap #113781] Ma, 16 April 2007 09:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Apr 2007 13:13:55 -0700, "Hessie" wrote:

Ferdi skryf
>
>> Dis n sinnelose vraag want dit veronderstel dat daar die moontlikheid
>> van "einde" is en daar kan nie einde wees nie.
>
> By implikasie is daar dus ook nie 'n
> "begin" van enigiets nie?

Natuurlik nie.
Anders vra iemand netnou - "en wat was daar voor die begin"?
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113804 is 'n antwoord op boodskap #113799] Ma, 16 April 2007 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Apr 2007 01:05:58 -0700, "Koot" wrote:

> Hessie wrote:

>> Daar is ook mense wat sê dat die
>> gewone "unenlightened" mens
>> eintlik nie in die teenwoordige
>> leef nie, maar gedurig óf in die
>> onmiddellike verlede leef óf
>> in die onmiddellike toekoms,
>> en salig onbewus is van die
>> teenwoordige moment.
>
> Ha, dan is ek super-enlightened. Ek leef aanmekaar in die verlede. Dis
> lekkerder daar.

Ek moet nog oortuig word dat daar actually in hede is.
Dat wat ons hede noem nie net n beweging tussen netnou en netnou is
nie. n Blote aanhoudende oorgang.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113811 is 'n antwoord op boodskap #113804] Ma, 16 April 2007 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> On 16 Apr 2007 01:05:58 -0700, "Koot" wrote:
>
> >> Daar is ook mense wat sê dat die
>>> gewone "unenlightened" mens
>>> eintlik nie in die teenwoordige
>>> leef nie, maar gedurig óf in die
>>> onmiddellike verlede leef óf
>>> in die onmiddellike toekoms,
>>> en salig onbewus is van die
>>> teenwoordige moment.
>> Ha, dan is ek super-enlightened. Ek leef aanmekaar in die verlede. Dis
>> lekkerder daar.
>
> Ek moet nog oortuig word dat daar actually in hede is.
> Dat wat ons hede noem nie net n beweging tussen netnou en netnou is
> nie. n Blote aanhoudende oorgang.
>

Arlo Guthrie spot met tyd in een van sy optredes, "The Celery Gap". Ek
kan nie die presiese woorde onthou nie, maar dit gaan so: (in 'n regte
Deep South aksent) "There are scientists who believe that time happpens
because our brain cells don't really touch. Sort of Puritan cells.
What?? You say I'm talkin' bull. No! This shit reaally happens.
These cells, they almost touch but not really. They call it the Celery
Gap, or sumpin' Anyway, time happens because our thoughts must cross
this gap. What if we could MAKE these cells touch? We sort of squeeze
them together so there is no Celery Gap? Can you imagine that? Suddenly
TIME disappears. Does that mean that I am not here now because I was
here yesterday? Or am I saying all of this tomorrow? Scientists, weird
people, man!..."

Natuurlik spot hy ook met "Cerebral Gap"!Can you imagine that?

Ek dink die konsep van ewigheid word deur Telkom gesimboliseer, veral
wanneer mens bel om 'n fout te rapporteer. Ander sê weer die Engelse
het Krieket uitgedink om vir hulself die konsep van ewigheid te simboliseer.

Vir die deursnee mens dink ek "ewigheid" is so om en by 150 of dalk 200
jaar.

Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.

Knersus
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113816 is 'n antwoord op boodskap #113772] Di, 17 April 2007 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
RommelPotterij wrote:

>
> Ik denk 100 jaar, een eeuw is 100 jaar. ;o)

Nie "eeuwigheid" nie, man! Lees "ewigheid"!

Nare Hollander...
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113817 is 'n antwoord op boodskap #113811] Di, 17 April 2007 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
knersus wrote:
>
> Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
> dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.
>
> Knersus

So lekker om weer van jou te hoor.

Daar is blykbaar partikels gevind wat vinniger as lig beweeg en beskou
word asof hulle uit die toekoms kom.

Miskien is relatiwistiese beweging 'n vorm van tydsreis - as mens naby
ligsnelheid kom, word jy stadiger oud as jou stilstaande
tweelingbroer. Of so iets.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113819 is 'n antwoord op boodskap #113817] Di, 17 April 2007 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Apr 2007 01:32:35 -0700, Koot wrote:

> Miskien is relatiwistiese beweging 'n vorm van tydsreis - as mens naby
> ligsnelheid kom, word jy stadiger oud as jou stilstaande
> tweelingbroer. Of so iets.

Maar JOU tyd gaan dieselfde verby. Syne ook. Maar joune/syne vinniger.
Dit beteken nie jy kan jonk bly of die verlede besoek nie.
Dis net asof jy 10 jaar in die ruimteskip geleef het en hy 15 jaar op
die aarde dan kom jy daar aan en jy sioen hom 15 jaar ouer en hy sien
jou 10 jaar ouer.

Nie rerig time travel nie, eerder geleef teen verskillende spoed
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113820 is 'n antwoord op boodskap #113775] Di, 17 April 2007 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 13 apr, 13:23, Ferdi wrote:
> Dis n sinnelose vraag want dit veronderstel dat daar die moontlikheid
> van "einde" is en daar kan nie einde wees nie.

Inteendeel - dit veronderstel dat daar geen moontlikheid vir begin of
einde is of kan wees nie.
Bo en behalwe die feit dat daar min mense is met volle begrip van die
implikasies van die relatiwiteits-teorië (algemene en spesiale), is
dit amper onmoontlik om dit in alledaagse taal te beskryf sodat ek en
jy ooit 'n volle begrip daarvoor sal hê.
Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om dit uit 'n
godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
nie.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113821 is 'n antwoord op boodskap #113820] Di, 17 April 2007 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Apr 2007 02:51:13 -0700, Jottie wrote:

> On 13 apr, 13:23, Ferdi wrote:
>> Dis n sinnelose vraag want dit veronderstel dat daar die moontlikheid
>> van "einde" is en daar kan nie einde wees nie.
>
> Inteendeel - dit veronderstel dat daar geen moontlikheid vir begin of
> einde is of kan wees nie.
> Bo en behalwe die feit dat daar min mense is met volle begrip van die
> implikasies van die relatiwiteits-teorië (algemene en spesiale), is
> dit amper onmoontlik om dit in alledaagse taal te beskryf sodat ek en
> jy ooit 'n volle begrip daarvoor sal hê.
> Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om dit uit 'n
> godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
> nie.

Jy gaan in n moerse moeras wees as jy die relatiwiteitsteorie vanuit
goedsdiens gaan probeer verstaan.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113822 is 'n antwoord op boodskap #113821] Di, 17 April 2007 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Apr 17, 12:20 pm, Ferdi wrote:
> Jy gaan in n moerse moeras wees as jy die relatiwiteitsteorie vanuit
> goedsdiens gaan probeer verstaan.

Ja dit sal wraggies 'n moeras wees! Alhoewel dit nie is wat ek bedoel
het nie is dit nogal 'n heel interessante vraag. Veral nou dat daar al
heelwat wetenskaplike bewyse is wat van die teoretiese punte staaf.
Net laas week het Nasa se Gravity Probe B weer 2 punte van Einstein se
oorspronklike algemene relatiwiteitsteorie bewys (Geodetic effect and
Frame dragging). Lees gerus meer daaroor by http://einstein.stanford.edu/

Maar kom ek probeer weer my oorspronklike punt maak...
Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om "Ewigheid" uit 'n
godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
nie.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113823 is 'n antwoord op boodskap #113811] Di, 17 April 2007 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:f01019$lu0$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...

> Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
> dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.

In wiskunde is daar ook 'n formule - Ek weet dit is nie die wiskundig
korrekte beskrywing nie, maar mense wat nie wiskunde verder gaan swot het
nie vind die beskrywing meer sinvol

Die binnekant van 'n bal die buitekand word en andersom, sonder dat die
"bal" gesny word.

Prakties "onmoontlik" of so wil dit voorkom, maar in die teorie is dit wel
moontlik.Dieselfde met "time travel" glo ek
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113824 is 'n antwoord op boodskap #113819] Di, 17 April 2007 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> On 17 Apr 2007 01:32:35 -0700, Koot wrote:
>
[color=blue]>
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113825 is 'n antwoord op boodskap #113822] Di, 17 April 2007 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om "Ewigheid" uit 'n
> godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
> nie.

Nie dat dit die argument veel makliker maak nie. Dan eerder die tweede
deel van jou stelling - en dit nie te veel te bevraagteken nie.

Dis ongelukkig die verkieslike roete.

Wat my fassineer is die moontlikhede van sirkul?re tyd, en ruimte wat
gevorm is soos, s? maar, 'n ring. Dan is oneindigheid bloot 'n gewoel
binne dieselfde ring, en tyd 'n ding wat begin, omgaan en weer voor
begin. Dis waar kosmologie grens aan filosofie en ons, met ons
beperkte toegang tot ruimte en tyd, nie eksperimente kan ontwerp om
die sieninge te toets nie. Dan toets die vindingryke jafels nie die
wet self nie, maar eerder die implikasies daarvan, soos die mikrogolf-
agtergrondstraling, of die korrelagtigheid van die verspreiding van
materie. En, maak hulle selfs dramatiese deurbrake. Ons sien nie
implikasies van hierdie deurbrake nie omdat hulle gesprekke nie
deursyfer na die gemeenskapsgesprek toe nie. Ek vermoed dieselfde
proses het hom in die twintiger- en dertigerjare afgespeel met die
ontwikkeling van kwantummeganika.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113827 is 'n antwoord op boodskap #113816] Di, 17 April 2007 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Koot

> Nare Hollander...

meer rassiste op die groep as wat erken word
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113829 is 'n antwoord op boodskap #113823] Di, 17 April 2007 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Apr 2007 12:39:20 +0200, "Riaan" wrote:

> "knersus" wrote in message
> news:f01019$lu0$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>
>> Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
>> dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.
>
>
> In wiskunde is daar ook 'n formule - Ek weet dit is nie die wiskundig
> korrekte beskrywing nie, maar mense wat nie wiskunde verder gaan swot het
> nie vind die beskrywing meer sinvol
>
> Die binnekant van 'n bal die buitekand word en andersom, sonder dat die
> "bal" gesny word.
>
> Prakties "onmoontlik" of so wil dit voorkom, maar in die teorie is dit wel
> moontlik.Dieselfde met "time travel" glo ek

He,he...
Stephen hawking het gese: "If time travel is possible, why are we not
swamped with visitors from the future? "
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113830 is 'n antwoord op boodskap #113822] Di, 17 April 2007 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Jottie
>
> Maar kom ek probeer weer my oorspronklike punt maak...
> Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om "Ewigheid" uit 'n
> godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
> nie.
>

Ek hou van wat jy sê behalwe dat ek nie van die woorde 'gewone man'
hou nie. Wie is nie gewoon nie? Die wat probeer slimmer wees as die
skrywers van die Boek?

Skuus Jottie, ek het nog nooit gehou daarvan gehou om as die gewone
man op straat beskou te word nie. Deur die 'on'gewone man. En weet jy
wie is ek? Die gewone man op straat:-)

Maar ek hou van wat jy sê. Waarom dit bevraagteken?

Neem 'n strook papier. Merk een punt A en die ander punt B.
Makie sakie hoe lank die papier is, ons gaan dit onophoudelik maak.

Twst nou die papier sodat of die A of die B bo is en die ander een
onder. Nie knak nie, draai dit net. Plak nou die twee punte aan mekaar
vas.

Nou klim jy op hierdie papier en begin stap en stap en stap en stap en
stap en stap en stap..... daar is nie 'n einde nie................>
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113831 is 'n antwoord op boodskap #113830] Di, 17 April 2007 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Apr 2007 14:08:27 +0200, Dave wrote:

> Nou klim jy op hierdie papier en begin stap en stap en stap en stap en
> stap en stap en stap..... daar is nie 'n einde nie................>

Die Möbius-band.
Dis nie 'n oneindige stuk papier nie. Bloot een waar twee kante
soomlood saamgevoeg is.

Dis mos maar soos om 'n sokkerbal (of aarbol) te loop? Jy hou net aan
en aan verby Johannesburg loop en nerens val jy af nie.

Dit maak nie die sokkerbal (of die aarde) nie oneindig nie.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113833 is 'n antwoord op boodskap #113831] Di, 17 April 2007 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 17 Apr 2007 14:22:31 +0200, Ferdi wrote:

> On Tue, 17 Apr 2007 14:08:27 +0200, Dave wrote:
>
>
> en
>> stap en stap en stap..... daar is nie 'n einde nie................>
>
> Die Möbius-band.
> Dis nie 'n oneindige stuk papier nie. Bloot een waar twee kante
> soomlood saamgevoeg is.
>
> Dis mos maar soos om 'n sokkerbal (of aarbol) te loop? Jy hou net aan
> en aan verby Johannesburg loop en nerens val jy af nie.
>
> Dit maak nie die sokkerbal (of die aarde) nie oneindig nie.

dit maak nie die sokkerbal of die aarde oneindig nie
omdat dit 'n sokkerbal od aarde is.
As dit tyd sou gewees het, is dit oneindig...
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113836 is 'n antwoord op boodskap #113831] Di, 17 April 2007 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Apr 17, 2:22 pm, Ferdi wrote:
> Die Möbius-band.
> Dis nie 'n oneindige stuk papier nie. Bloot een waar twee kante
> soomlood saamgevoeg is.

Nou raak dit interessant! Alhoewel die Möbius-band nie direk verband
hou met die ewigheid nie, is dit wel 'n baie goeie voorbeeld van 'n
voorwerp met 'n enkele oppervlak. Daar is nie meer 'n duidelike bokant
en onderkant of binnekant en buitekant nie.

Dit laat my dink aan die boek Flatland waarin die skrywer op
humoristiese wyse 'n 2-dimensionele wêreld beskryf waarin alle
voorwerpe slegs 'n lengte en 'n breedte het - selfs die karakters in
die verhaal. 'n Karakter genaamd A. Square onderneem reise na wêrelde
met slegs een dimensie (Lineland) en self 'n land met geen dimensies
(Pointland) en probeer dan die inwoners van Flatland oortuig met die
idee dat 'n 3de dimensie of dalk meer moontlik iewers bestaan -
natuurlik met katastrofiese gevolge vir Mnr. A Square...

Die boek probeer verduidelik hoe moeilik dit is om hoër dimensies te
begryp uit die oogpunt van 'n laer dimensie. Wanneer ons sien hoe
absurd 'n 3-dimensionele wêreld vanuit 2 dimensionele oogpunt lyk, dan
laat dit 'n 4de dimensie (tyd) baie meer aanvaarbaar klink. Terloops,
die boek is in 1884 gepubliseer - dalk selfs inspirasie vir Einstein
gewees.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113841 is 'n antwoord op boodskap #113817] Di, 17 April 2007 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote:
> knersus wrote:
>> Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
>> dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.

>> Knersus
>
> So lekker om weer van jou te hoor.
>
> Daar is blykbaar partikels gevind wat vinniger as lig beweeg en beskou
> word asof hulle uit die toekoms kom.
>
> Miskien is relatiwistiese beweging 'n vorm van tydsreis - as mens naby
> ligsnelheid kom, word jy stadiger oud as jou stilstaande
> tweelingbroer. Of so iets.
>

Is dalk so, ja. Maar tot dusver gaan tyd altyd vorentoe, nooit terug
nie. Ek vermoed as tydreis moontlik was sou dit gelyktydig oral en in
alle tye uitgevind gewees het, vanweë die blote definisie daarvan. So,
siende dat ons nog nie so kan reis nie, beteken dit dan noodwendig dat
dit tydreis nie moontlik is nie. QED. Of so dink ek.

Knersus
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113842 is 'n antwoord op boodskap #113830] Di, 17 April 2007 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
>
> Jottie
>> Maar kom ek probeer weer my oorspronklike punt maak...
>> Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om "Ewigheid" uit 'n
>> godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
>> nie.

>
> Ek hou van wat jy sê behalwe dat ek nie van die woorde 'gewone man'
> hou nie. Wie is nie gewoon nie? Die wat probeer slimmer wees as die
> skrywers van die Boek?
>
> Skuus Jottie, ek het nog nooit gehou daarvan gehou om as die gewone
> man op straat beskou te word nie. Deur die 'on'gewone man. En weet jy
> wie is ek? Die gewone man op straat:-)
>
> Maar ek hou van wat jy sê. Waarom dit bevraagteken?
>
> Neem 'n strook papier. Merk een punt A en die ander punt B.
> Makie sakie hoe lank die papier is, ons gaan dit onophoudelik maak.
>
> Twst nou die papier sodat of die A of die B bo is en die ander een
> onder. Nie knak nie, draai dit net. Plak nou die twee punte aan mekaar
> vas.
>
> Nou klim jy op hierdie papier en begin stap en stap en stap en stap en
> stap en stap en stap..... daar is nie 'n einde nie................>
>

Die ander interessantheid van dié stukkie papier is dat die oppervlakte
meetbaar (dws begrens is).

Bolvormige voorwerpe (soos 'n bal) het ook geen "begin" of "einde" nie,
maar ons kan die volume en oppervlakte presies bepaal.

Knersus
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113843 is 'n antwoord op boodskap #113841] Di, 17 April 2007 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 17 Apr 2007 23:47:48 +0200, knersus wrote:

>
> Is dalk so, ja. Maar tot dusver gaan tyd altyd vorentoe, nooit terug
> nie. Ek vermoed as tydreis moontlik was sou dit gelyktydig oral en in
> alle tye uitgevind gewees het, vanweë die blote definisie daarvan. So,
> siende dat ons nog nie so kan reis nie, beteken dit dan noodwendig dat
> dit tydreis nie moontlik is nie. QED. Of so dink ek.
>
> Knersus

Nie in 'n drie dimensionele wereld nie, ja. Om 186600 mpu of te wel
R300 000 kmu te beweeg, is anders asom bloot deur die klankgrens te
beweeg. Nogal interessant, die spoed van lig het ek in my studiejare
geleer, en dit bly by.

Erens het ek een maal gelees van partikels wat gevind is wat teen 'n
masiewe spoed beweeg. Ek kan min besonderhede onhou, maar dit
het gegaan daaroor dat die spesifieke partikels slegs bestaan vir die
gedeelte van 'n sekonde wat dit deur die lug vlieg. Wanneer dit
vinniger beweeg, bestaan dit langer. Dit het die teorie laat ontstaan
dat spoed die bestaanstyd daarvan verleng, en daarvandeaan is daar
dan geteoriseer dat dit sou aanhou bestaan as dit sou beweeg teen
die spoed van lug.

Dìt is deels die tipe teorie waarop ek my idee grond wat sê dat die
aarde teen 'n geweldige spoed beweeg, en vir ons voel dit asof dit
stilstaan. Die aarde is slegs een spikkeltjie, een klein planeet in 'n
onmeetlike hemelruim. As daar 'n planeet is wat teen die spoed van lig
beweeg, kan ons vir ewig daarop lewe. En, ek kan uit die Bybel aanhaal
waarom ek vir Torreke gesê het dat die Hemel 'n planeet Noord van die
Aarde is.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113846 is 'n antwoord op boodskap #113843] Wo, 18 April 2007 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
. As daar 'n planeet is wat teen die spoed van lig
> beweeg, kan ons vir ewig daarop lewe. En, ek kan uit die Bybel aanhaal
> waarom ek vir Torreke gesê het dat die Hemel 'n planeet Noord van die
> Aarde is.

Teen die spoed van lig ten opsigte van wat? Ons sal nie weet nie, want
vir ons lyk dinge normaal en dit sal lyk of die verwysingspunt eerder
verbybeweeg teen die spoed van lig.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113847 is 'n antwoord op boodskap #113827] Wo, 18 April 2007 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:
> Koot
>
>> Nare Hollander...
>
> meer rassiste op die groep as wat erken word

Is hulle nie...
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113854 is 'n antwoord op boodskap #113779] Wo, 18 April 2007 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" "Riaan" skryf[/color]
>
>> Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
>> tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.

Wat bedoel jy, dat tyd nie
> "werklik" bestaan nie. Wat is jou
> vereistes vir wat "werklikheid" is?

Ek is jammer dat Riaan nie verder uitgewy het hieroor nie, want ek stem met
hom saam - tyd bestaan nie werklik nie, dis iets wat ons uitgedink het.

Ek sien dit so: Wat ons "tyd" noem is eenvoudig 'n ander woord vir "tempo
waarteen die fisiese werklikheid verander". Die fisiese werkliheid is
voortdurend aan die verander. Selfs 'n pen wat skynbaar doodstil op my
tafel lê, is elke breukdeel van "tyd" wat ons kan uitdink aan't verander
(die molekules in die materiaal waarvan dit gemaak is, is bv. aan't beweeg)

Verandering kan ook slegs waargeneem word in dié mate wat die verandering
van ander fisiese entiteite in die omgewing se verandering verskil. Omdat
ons saam met die aarde draai, kan ons nie sien dat dit draai nie. Trouens
ons kan slegs waarneem dat daar verskil in die beweging (verandering) van
son en aarde is omdat die son op- en ondergaan. Om ons dit van die aarde af
waarneem, lyk dit asof die son beweeg (verander), nie die aarde nie.

Ons druk gewoonlik "tyd" uit in terme van die verandering van die posisie
van die aarde in verhouding tot die son en die aarde se maan, d.i. jare,
maande en dae.

Ek sal die eerste wees om te erken dat ek 'n baie ernstige gebrek aan kennis
en begrip het van die relatiwiteits-teorie. Maar sou mens my definisie van
tyd as geldig aanvaar, sit mens met die dilemma dat die relatiweitsteorie
basies sê: As iets teen die snelheid van lig verander, hou dit op om te
verander. Of as dit vinniger as die snelheid van lig verander, is dit
eintlik besig om in trurat te verander? Kan dit waar wees?

En ewigheid?
Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113856 is 'n antwoord op boodskap #113779] Wo, 18 April 2007 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" "Riaan" skryf[/color]
>
>> Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
>> tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.

Wat bedoel jy, dat tyd nie
> "werklik" bestaan nie. Wat is jou
> vereistes vir wat "werklikheid" is?

Ek is jammer dat Riaan nie verder uitgewy het hieroor nie, want ek stem met
hom saam - tyd bestaan nie werklik nie, dis iets wat ons uitgedink het.

Ek sien dit so: Wat ons "tyd" noem is eenvoudig 'n ander woord vir "tempo
waarteen die fisiese werklikheid verander". Die fisiese werkliheid is
voortdurend aan die verander. Selfs 'n pen wat skynbaar doodstil op my
tafel lê, is elke breukdeel van "tyd" wat ons kan uitdink aan't verander
(die molekules in die materiaal waarvan dit gemaak is, is bv. aan't beweeg)

Verandering kan ook slegs waargeneem word in dié mate wat die verandering
van ander fisiese entiteite in die omgewing se verandering verskil. Omdat
ons saam met die aarde draai, kan ons nie sien dat dit draai nie. Trouens
ons kan slegs waarneem dat daar verskil in die beweging (verandering) van
son en aarde is omdat die son op- en ondergaan. Om ons dit van die aarde af
waarneem, lyk dit asof die son beweeg (verander), nie die aarde nie.

Ons druk gewoonlik "tyd" uit in terme van die verandering van die posisie
van die aarde in verhouding tot die son en die aarde se maan, d.i. jare,
maande en dae.

Ek sal die eerste wees om te erken dat ek 'n baie ernstige gebrek aan kennis
en begrip het van die relatiwiteits-teorie. Maar sou mens my definisie van
tyd as geldig aanvaar, sit mens met die dilemma dat die relatiweitsteorie
basies sê: As iets teen die snelheid van lig verander, hou dit op om te
verander. Of as dit vinniger as die snelheid van lig verander, is dit
eintlik besig om in trurat te verander? Kan dit waar wees?

En ewigheid?
Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113857 is 'n antwoord op boodskap #113856] Wo, 18 April 2007 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Apr 2007 13:31:45 +0200, "Torreke" wrote:

> En ewigheid?
> Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.

So, wanneer jy di ewigheid binnegaan gaan alles presies dieselfde bly
vir altyd soos dit was toe jy gesterf het?
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113858 is 'n antwoord op boodskap #113857] Wo, 18 April 2007 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 18 Apr 2007 14:25:31 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 18 Apr 2007 13:31:45 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>
> > Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.
>
> So, wanneer jy di ewigheid binnegaan gaan alles presies dieselfde bly
> vir altyd soos dit was toe jy gesterf het?
>

en die negentigers?
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113859 is 'n antwoord op boodskap #113857] Wo, 18 April 2007 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" > Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.[/color]
>
> So, wanneer jy di ewigheid binnegaan gaan alles presies dieselfde bly
> vir altyd soos dit was toe jy gesterf het?

Ferdi, moet jy nou kom staan en lol?



Sal weer oor my stelling moet dink. 'n Mens kan dit beslis nie
ongekwalifiseerd handhaaf soos ek dit hierbo gesê het nie.

Maar daar sal geen groei, veroudering, dood, kos, maag, ens. meer wees nie.
'n Mens sal nie jou status in die ewigheid kan verander, loopbaan change,
etc. nie. Geen huwelik, geen man of vrou, dus geen voortplanting. In dié
sin dus geen verandering.

Maar dit is onmoontlik om mens voor te stel dat mens nie van punt A na punt
B sal beweeg nie, nê? Dan sou ons soos God moes word wat orals, altyd ten
volle teenwoordig is. Ons "ewige lewe" en God se "ewige bestaan" kan tog
nooit gelyk aan mekaar word nie.

********

Nou loop die gesprek na godsdiens toe soos Gloudina voorspel het dit
waarskynlik sou. Ek het doelbewus van 'n teologiese perspektief probeer
wegbly met my eerste plasing.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113860 is 'n antwoord op boodskap #113859] Wo, 18 April 2007 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 18 Apr 2007 15:04:38 +0200, "Torreke" wrote:

>
> ********
>
> Nou loop die gesprek na godsdiens toe soos Gloudina voorspel het dit
> waarskynlik sou. Ek het doelbewus van 'n teologiese perspektief probeer
> wegbly met my eerste plasing.
>

jip, maar daar is hoegenaamd nie 'n kans dat dit anders kon nie.
Toe ek gesê het 'en die negentigers?' was dit slegs om Ferdi voor te
spring, want dit sou sou volgende vraag gewees het.
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #114014 is 'n antwoord op boodskap #113860] Sa, 12 Mei 2007 17:50 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Bogniemeer  is tans af-lyn  Bogniemeer
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 2007
Karma: 0
Junior Lid
N' vriend het eenmaal vir my vertel dat die ewigheid so kan verduidelik
word. Elke 10 jaar kom daar n' duifie by die berg wat so groot is as die
Drakensberg maar bestaan uit soliede diamant. Elke duif wat by die berg kom,
veeg sy bek 4 maal teen die diamand berg. Nou hoelank sal dit neem voor die
berg verdwyn?

"Dave" skryf in boodskap news:7c6c23he5p08t54340hlvqahp6fgg2dg4r@4ax.com...
> On Wed, 18 Apr 2007 15:04:38 +0200, "Torreke"
> wrote:
>

>> ********

>> Nou loop die gesprek na godsdiens toe soos Gloudina voorspel het dit
>> waarskynlik sou. Ek het doelbewus van 'n teologiese perspektief probeer
>> wegbly met my eerste plasing.

>
> jip, maar daar is hoegenaamd nie 'n kans dat dit anders kon nie.
> Toe ek gesê het 'en die negentigers?' was dit slegs om Ferdi voor te
> spring, want dit sou sou volgende vraag gewees het.
>
Vorige onderwerp: Hoe verklaar julle dié teks....?
Volgende onderwerp: NGK op Potch brand af.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:25:28 MGT 2024