Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical
Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical [boodskap #113623] Do, 29 Maart 2007 14:15 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical

Van sy onderonsies met joernaliste tot by vleisbraai saam met Jacob Zuma -
Steve Hofmeyr het nog altyd mense aan die praat gekry. Om homself te speel
in 'n musical oor sy lewe, mag moontlik vir baie die kersie op die koek
wees. Dit is egter presies wat vanaf 4 Oktober tot 18 November 2007 op die
verhoog van die Operahuis van die Staatsteater in Pretoria gaan gebeur!

Packed House Productions bied met trots aan: Dis hoe dit was.die Steve
Hofmeyr-storie - 'n splinternuwe Afrikaanse musical waarin jy kan sien hoe
sy lewe regtig verloop het, met Steve self in die hoofrol!

Steve Hofmeyr is sonder twyfel een van die grootste supersterre wat
Suid-Afrika nog ooit opgelewer het. Die bekende dramaturg en vervaardiger,
Deon Opperman, het die stoute skoene aangetrek om 'n Afrikaanse musical oor
Steve te skryf- en hom ook oortuig om homself te speel. Packed House
Productions is die vervaardiger en die produksie sal, soos vorige Packed
House-produksies, 'n lewendige orkes sowel as groot en skouspelagtige
stelle, beligting en kostuums hê.

Vir almal wat Steve Hofmeyr se lewe nog net deur die mediabril kon volg, is
hierdie 'n geleentheid om die ware verhaal oor sy lewe te sien. Wat dit nog
meer opwindend gaan maak, is dat Steve van sy grootste treffers soos
Pampoen, Agter elke man, asook 'n paar nuwe komposisies in die produksie
gaan sing. Ons gaan ook 'n paar van sy verborge talente ontdek, soos dat hy
al opera-areas gekomponeer het.

Die produksie is om meer as een rede iets besonders :
. Dit is een van die weinige Afrikaanse musicals wat al op die verhoog van
die Staatsteater se Operahuis aangebied is.
. Die lewensverhaal van 'n superster wat nog leef, gaan op die verhoog
uitgebeeld word.
. Dit is die eerste Afrikaanse musical ooit, en een van die weiniges in die
wêreld, waar die hoofkarakter deur homself gespeel word.

Dis hoe dit was.die Steve Hofmeyr-storie word weer eens met trots geborg
deur Absa. kykNET is die mediavennoot.

Packed House Productions is in 2003 gestig deur die gevierde dramaturg Deon
Opperman, waar die ervare vervaardiger, Paul Berning, in 2004 by hom
aangesluit het. 'n Stigterslid en later Feesbestuurder van die Aardklop
Nasionale Kunstefees, Giep van Zyl, is in November 2005 aangestel as
Uitvoerende Direkteur:Teater. Packed House Productions was verantwoordelik
vir die onlangse treffers My Fair Lady en The Sound of Music, sowel as die
splinternuwe musical, Soweto Story, wat tans in die Johannesburg Skouburg te
sien is. Met sy visie "bringing magic to the stage", kan gehore verwag om
musiekblyspele en ander produksies van die hoogste kwaliteit en met
buitengewone vermaaklikheidwaarde te sien

Bespreek by Computicket 083 915 8000, of besoek die webwerf
www.computicket.co.za. Skakel Computicket se Korporatiewe
Besprekings-afdeling by 011 340 8128 / 8475 vir korporatiewe- of
blokbesprekings. 'n Spesiale afslag van 10% vir groepe van 20 of meer word
aangebied. Besoek www.packedhouse.co.za vir meer inligting.

--

TJ

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255
Re: Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical [boodskap #113630 is 'n antwoord op boodskap #113623] Vr, 30 Maart 2007 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Mar 2007 16:15:39 +0200, "TJ" wrote:

> Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical
>
> Van sy onderonsies met joernaliste tot by vleisbraai saam met Jacob Zuma -
> Steve Hofmeyr >

Superster?????
Re: Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical [boodskap #113632 is 'n antwoord op boodskap #113630] Vr, 30 Maart 2007 17:41 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Mar 2007 13:17:27 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 29 Mar 2007 16:15:39 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> Superster speel homself in nuwe Afrikaanse musical

>> Van sy onderonsies met joernaliste tot by vleisbraai saam met Jacob Zuma -
>> Steve Hofmeyr >
>
>
> Superster?????

nie eens 'n superpa nie - miskien wel 'n superpublisiteitsoeker
Vorige onderwerp: Wat is die storie....
Volgende onderwerp: Golden Oldie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 17:32:28 MGT 2024