Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Nag van die lang messe?
Nag van die lang messe? [boodskap #112747] Di, 06 Februarie 2007 05:57
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie storie steek alweer sy kop uit. Ons onthou Peter Mokaba en
Mzukisi Gigaba het al hiermee
gedreig. Is hierdie 'n bevestiging dat 'n massaslagting van blankes
beplan word?
(Onthou, Oom Siener het mos hiervan voorspel... en hoekom is die ANC
so haastig om
almal se wapens af te vat? )
--
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2064413 ,00.html

Wittes die teiken, hoor slagoffer
Feb 04 2007 09:28:28:120PM - (SA)
Hilda Fourie


"Ons gaan al julle wit mense doodmaak."

Só het 'n rower glo die naweek aan mnr. Martin Vermeulen (28) geskreeu
nadat Vermeulen se vriend oomblikke tevore doodgeskiet is.

Mnr. Albie Greyling (25) is Vrydag omstreeks 19:30 dood toe hy op sy
ma se grasperk in Eldoraigne, Pretoria, bo die linkeroog geskiet is.

Greyling, wat in Desember aan me. Sandra Barnard verloof geraak en
Vrydag die laaste paaiement op haar ring betaal het, was 'n
finalejaar- paramediese student aan die Universiteit van Johannesburg.

Volgens me. Yolanda Barnard, 'n woordvoerder vir die familie en
Barnard se suster, was Greyling Vrydag toevallig by die huis. Hy sou
na 'n braai gaan, maar het sy klere eers by die huis afgelaai. Hy bly
in die week in Johannesburg.

"Sy ma, Susan (60), is omstreeks 19:00 deur drie rowers in haar
woonstel oorval. Die rowers het haar agter die kop met 'n rewolwer
geslaan en uit die huis gehardloop met haar selfoon en R700.

"Dis toe dat die rowers hulle in Martin en Albie vasloop. Hulle het
eers 'n skoot op Martin afgevuur, maar hy kon betyds wegkom. Dis toe
dat Albie geskiet is.

"Martin het agter na die swembad toe gehardloop waar hy deur die
rowers vasgekeer is. Hy het vir hulle gesê hulle kan alles vat, hulle
moet hom net uitlos. Die rowers het toe gevlug.

"Die verdagtes het met die tannie in Afrikaans gepraat, maar wat my
die meeste ontstel, is dat hulle vir Martin gesê het hulle gaan al ons
wit mense doodmaak."

Die familie wil 'n trust skep sodat Eldoraigne beveilig kan word,
"want Albie was net 'n toevallige slagoffer en 'n mens gaan nie
verniet dood nie", het Barnard gesê.

Volgens insp. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, is geen verdagtes
nog aangekeer nie.

Greyling laat sy pa, Gert (72), ma en vyf broers, wat almal paramedici
is, agter. Hy word Woensdag om 11:00 uit die NG kerk Eldoraigne
begrawe.

---
Vorige onderwerp: Wat kan gewone Suid-Afrikaners doen om misdaad hok te slaan
Volgende onderwerp: MEDIAVRYSTELLING OP 13 FEBRUARIE 2007 TLU-Veiligheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:27:45 MGT 2024