Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Don Quixote
Don Quixote [boodskap #112695] Sa, 03 Februarie 2007 06:16
Dave Jones  is tans af-lyn  Dave Jones
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Don Quixote
Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)

Na A. von Chamisso

Nog 'n avontuur
wat my roem beloof!
Sien jy al dié reuse,
klaar om weer te roof?
Toringhoog, misgeskape;
as jy vinnig kyk,
is dit of die rakkers
net soos meules lyk!

Met verlof, heer Ridder,
kyk hulle stip maar aan.
Dit is blote meules,
wat daar draaiend staan.

Sien jy, arme domkop,
gapend waar jy staan,
al die ongediertes
vas vir meules aan?
Oogverblindery
mag 'n Kneg bedrieg,
maar 'n edel Ridder
kan g'n Reus belieg.

Met verlof, heer Ridder,
glo my dit is waar,
net opregte meules
op die bultjie daar!

Beef, jy, vette lafaard?
Dit is klaar en hel,
stryd met sulke skepsels
is net kinderspel!
Een teen almal - daag ek,
vol van riddermoed!
Netnou drink die aarde
al jou ketterbloed!

Ag, my liewe Ridder,
glo my tog dié keer!
Meules is dit waarlik;
ek kan dit besweer!

"Soetste Dulcinea!
Bron van al my hoop!"
- En die brawe ridder
druk sy ros op loop;
storm af op die eerste
met die lans gemik -
en oorrompel stort hy
in die stof verstik.

Leef jy, edele Ridder?
Ek het jou gesê -
net so seker Meules
as jy nou daar lê!

Vra jy my miskien -
- soos baie mense meer -
was dit werklik reuse
soos die Baas beweer?

Of net blote Meules
glo ek met die Kneg?
Gee ek onbedenklik
onse Ridder reg?

Met die heer ooreenstem
is die kloekste kreet.
Wat van sulke dinge
kan 'n Kneg tog weet?

--
Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
Vorige onderwerp: " Muezzen " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 03:55:29 MGT 2024