Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wat is 'n keper?
Wat is 'n keper? [boodskap #112323] Di, 23 Januarie 2007 07:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nou die wat gepraat van word as mens iets op die keper beskou.

Dus - nie wat beteken dit nie.
Ek wil weet wat is 'n keper wat beskou kan word.

Annette
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112329 is 'n antwoord op boodskap #112323] Di, 23 Januarie 2007 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n Keper wat ek ken is soos 'n reghoek wat die nok van die dak vorm.

Ek weet nie of dit enigiets te make het met "kipper", 'n soort skippie nie,
en as jy die "kipper" sou omdop dan het jy ook die dak prentjie.

Miskien kan die Nederlanders beter help met hierdie. Mens kry die omgekeerde
dak of afwaartse pyltjie ook op treinspoorseine.

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:1169536517.698504@vasbyt.isdsl.net...
> Dis nou die wat gepraat van word as mens iets op die keper beskou.
>
> Dus - nie wat beteken dit nie.
> Ek wil weet wat is 'n keper wat beskou kan word.
>
> Annette
>
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112455 is 'n antwoord op boodskap #112329] Vr, 26 Januarie 2007 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Keper: dakspar; houten ribben waarop de beschieting wordt genageld

Nie dat ek nou beter weet wat dit beteken om iets op die keper te
beskou nie...
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112465 is 'n antwoord op boodskap #112455] Vr, 26 Januarie 2007 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> Keper: dakspar; houten ribben waarop de beschieting wordt genageld
>
> Nie dat ek nou beter weet wat dit beteken om iets op die keper te
> beskou nie...

Dankie vir die uitleggings. Wys jou
hoe mens woorde kan gebruik sonder
om te weet wat die woord eintlik
beteken. Blykbaar, as mens iets
op die keper beskou, dus baie
intensief ondersoek en die regte
vrae vra, dan is dit soos huiskoop,
maar jy kyk na die hoe die huis
aanmekaar gesit is en hoe veilig
dit is, ensovoorts, en nie net
hoe spoggerig die huis lyk nie.

Gloudina
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112471 is 'n antwoord op boodskap #112455] Vr, 26 Januarie 2007 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot schreef op 26 Jan 2007 01:24:54 -0800 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> Keper: dakspar; houten ribben waarop de beschieting wordt genageld
>
> Nie dat ek nou beter weet wat dit beteken om iets op die keper te
> beskou nie...

'Keper' is een term uit de weefnijverheid.

In 1923 werd van de Nederlandse taalkundige F.A. Stoett het boek
'Nederlandsche spreekwoorden, spreekwijzen, uitdrukkingen en gezegden'
uitgegeven. Daarin vind ik volgende bijdage waarin helemaal op het
einde ook wordt gezegd dat de uitdrukking eveneens in het Afrikaans
bestaat.


Iets of iemand op de keper beschouwen (of bekijken),

d.w.z. iets zeer nauwkeurig beschouwen. De wever verstaat onder de
keper de kettingschering met den inslag, wat de Franschen tissure, bij
fijner werk filure en bij grover croisure noemen. Wanneer men nu de
fijnheid of de grofheid van het weefsel, b.v. van laken, onderzoeken
wil, drukt men het wollige, harige, waarmede de grond van het weefsel
bedekt is, tegen den draad in, een weinig terug en van 't geen nu
bloot ligt, zegt men: dat is een fijne, of ook, een grove keper; zie
Clarisse, Natuurkunde, bl. 403 en vgl. het bij Sart. Il, 4, 87
voorkomende: een dinck op den uyttersten draet ondertasten. Beziet men
derhalve een weefsel tot op de keper, dan wordt dit zeer nauwkeurig
gedaan; ook in het oostfri.: nau op de Käper sên. De uitdrukking wordt
in de 18de eeuw aangetroffen in Br. v. Abr. Bl. I, 208: Beschouw Gods
ouwe Jooden eens op de keper; vgl. ook V. Janus III, 220; Harrebomée
I, 392; Villiers, 60; Gunnink, 145; O.K. 147: 'k Heb jelui nu allebei
eens op den keper bekeken; Schoolm. 87; Afrik. Iets op die keper
beskou.


Voor nog veel meer spreekwoorden waarvan misschien vele ook nog altijd
in het Afrikaans bestaan, zie

http://www.dbnl.org/tekst/stoe002nede01/

--
Michel.
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112472 is 'n antwoord op boodskap #112471] Vr, 26 Januarie 2007 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Jan 2007 20:37:22 +0100, Michel Martens

> 'Keper' is een term uit de weefnijverheid. ...
> d.w.z. iets zeer nauwkeurig beschouwen

Op die keper gesien blyk dit na 'n interessante vraag.
Miskien is hierdie dalk die antwoord
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112490 is 'n antwoord op boodskap #112471] Sa, 27 Januarie 2007 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Michel Martens wrote:
> Koot schreef op 26 Jan 2007 01:24:54 -0800 in de nieuwsgroep
> soc.culture.south-africa.afrikaans
>
>> Keper: dakspar; houten ribben waarop de beschieting wordt genageld

>> Nie dat ek nou beter weet wat dit beteken om iets op die keper te
>> beskou nie...
>
> 'Keper' is een term uit de weefnijverheid.

Ja, ek herinner my nou - toe jy van wewery praat - dat mens 'n soort
materiaal kry wat ouer mense dalk nog sal ken: keperstof of keperdoek.
Ek het nog net die woord gelees, nog nooit gesien wat die materiaal na
lyk nie.

KNERSUS
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112507 is 'n antwoord op boodskap #112471] Ma, 29 Januarie 2007 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> 'Keper' is een term uit de weefnijverheid.
>
> In 1923 werd van de Nederlandse taalkundige F.A. Stoett het boek
> 'Nederlandsche spreekwoorden, spreekwijzen, uitdrukkingen en gezegden'
> uitgegeven. Daarin vind ik volgende bijdage waarin helemaal op het
> einde ook wordt gezegd dat de uitdrukking eveneens in het Afrikaans
> bestaat.
>
>
> Iets of iemand op de keper beschouwen (of bekijken),
>
> d.w.z. iets zeer nauwkeurig beschouwen. De wever verstaat onder de
> keper de kettingschering met den inslag, wat de Franschen tissure, bij
> fijner werk filure en bij grover croisure noemen. Wanneer men nu de
> fijnheid of de grofheid van het weefsel, b.v. van laken, onderzoeken
> wil, drukt men het wollige, harige, waarmede de grond van het weefsel
> bedekt is, tegen den draad in, een weinig terug en van 't geen nu
> bloot ligt, zegt men: dat is een fijne, of ook, een grove keper; zie

Baie dankie! Dit is nou interessant.

Ek het 'n Afrikaanse Etimologiewoordeboek wat veronderstel is om
woordoorspronge te gee. Dis soms goed, maar nogal teleurstellend en
sommige van die verklarings is erg voor-die-hand-liggend.
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112509 is 'n antwoord op boodskap #112471] Ma, 29 Januarie 2007 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> Voor nog veel meer spreekwoorden waarvan misschien vele ook nog altijd
> in het Afrikaans bestaan, zie
>
> http://www.dbnl.org/tekst/stoe002nede01/
>

Ek het bietjie op die webblad rondgekyk, en dis vrek interessant. Dit
verklaar 'n klomp ou, vreemde spreekwoorde wat ek maar net goedsmoeds
gebruik het.
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112522 is 'n antwoord op boodskap #112507] Ma, 29 Januarie 2007 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" < wrote
>>
>> 'Keper' is een term uit de weefnijverheid.

>> In 1923 werd van de Nederlandse taalkundige F.A. Stoett het boek
>> 'Nederlandsche spreekwoorden, spreekwijzen, uitdrukkingen en gezegden'
>> uitgegeven. Daarin vind ik volgende bijdage waarin helemaal op het
>> einde ook wordt gezegd dat de uitdrukking eveneens in het Afrikaans
>> bestaat.

>>
>> Iets of iemand op de keper beschouwen (of bekijken),

>> d.w.z. iets zeer nauwkeurig beschouwen. De wever verstaat onder de
>> keper de kettingschering met den inslag, wat de Franschen tissure, bij
>> fijner werk filure en bij grover croisure noemen. Wanneer men nu de
>> fijnheid of de grofheid van het weefsel, b.v. van laken, onderzoeken
>> wil, drukt men het wollige, harige, waarmede de grond van het weefsel
>> bedekt is, tegen den draad in, een weinig terug en van 't geen nu
>> bloot ligt, zegt men: dat is een fijne, of ook, een grove keper; zie
>
> Baie dankie! Dit is nou interessant.
>
> Ek het 'n Afrikaanse Etimologiewoordeboek wat veronderstel is om
> woordoorspronge te gee. Dis soms goed, maar nogal teleurstellend en
> sommige van die verklarings is erg voor-die-hand-liggend.
>

M.a.w. "op die keper beskou" en "onder die vergrootglas bekyk" wil basies
presies dieselfde sê?
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112523 is 'n antwoord op boodskap #112507] Ma, 29 Januarie 2007 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

> Ek het 'n Afrikaanse Etimologiewoordeboek wat veronderstel is om
> woordoorspronge te gee. Dis soms goed, maar nogal teleurstellend en
> sommige van die verklarings is erg voor-die-hand-liggend

Wanneer jy van die Etimologiese
Woordeboek praat, praat jy dan
van HAT? Ek het skoon vergeet
dat ons onlangs 'n HAT ontwikkel
het toe 'n vriend dit vir ons uit SA
gebring het. Daarin is daar nogal
'n deeglike beskrywing van wat
keper beteken, alhoewel hulle nie
die woord se geskiedenis beskryf
nie, behalwe om te sê dat "keper"
van die Latyns "caper" af kom,
wat "bok" beteken. Ek neem aan
hulle beskou die woord nog as 'n
werkende Afrikaanse woord.
(" Skuins lopende verhewe streep
of rib oor 'n weefsel; bepaalde
driehoekvorm op 'n wapen...")

Gloudina
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112529 is 'n antwoord op boodskap #112523] Di, 30 Januarie 2007 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
>
> Wanneer jy van die Etimologiese
> Woordeboek praat, praat jy dan
> van HAT?

Nee, dis 'n nuwerige boek, uitgegee deur die mense in Stellenbosch wat
daai supervet Afrikaanse woordeboek ontwikkel (waar trek hulle nou, by
"L"?).

Ek kan vir jou meer inligting kry as jy wil.
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112548 is 'n antwoord op boodskap #112529] Di, 30 Januarie 2007 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

dis 'n nuwerige boek, uitgegee deur die mense in Stellenbosch wat
> daai supervet Afrikaanse woordeboek ontwikkel (waar trek hulle nou, by
> "L"?).
>
> Ek kan vir jou meer inligting kry as jy wil.

Ja, as jy nie omgee nie, en genoeg
tyd het.

Gloudina
Re: Wat is 'n keper? [boodskap #112554 is 'n antwoord op boodskap #112548] Wo, 31 Januarie 2007 06:24 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>>
>> Ek kan vir jou meer inligting kry as jy wil.
>
> Ja, as jy nie omgee nie, en genoeg
> tyd het.
>
> Gloudina

Dankie dat jy my so besig laat klink...

Die boek is ETIMOLOGIEWOORDEBOEK VAN AFRIKAANS - G.J. van Wyk (Tegn.
Red.) en kan teen R195 bestel word vanaf die webwerf http://www.wat.co.za.
Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: Platdiets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:31:32 MGT 2024