Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Ons praat Afrikaanse muSIEK met Francois van KOBUS!
Ons praat Afrikaanse muSIEK met Francois van KOBUS! [boodskap #112251] Sa, 20 Januarie 2007 14:34
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ons praat Afrikaanse muSIEK met Francois van KOBUS!
CHopper CHarlie

(begin uitsending, cue temaliedjie)

CHopper: Hallo hallo en hoe lykkit nou? Dis Dinsdag, dis dol en ons is
terug met Lafrikaans op watkykjy - jou bron van Afrikaanse musiek. En
vandag het ons 'n baie spesiale gas. Mense wat die program volg sal weet
dat dit niemand anders is as die stem agter die beste Afrikaanse groep
in die heelal - die dinamiese meneer Francois Breytenbach Blom!

(cue opbou theme en fade out)

CHopper: Dag Francois en baie dankie vir die geleentheid man. Ons is
geëerd om julle weer in die watkykjy ateljee te hê.

Francois: Dankie Chopper, en mag ek sê dit ruik baie lekker, dog vreemd
hierbinne. Ek was gister by Sunset Studios, daar waar ons "100%
Skuldgevoelvry" opgeneem het, en wie loop ek in vas? Niemand anders nie
as Theuns Jordaan, die man wat onlangs 'n supertreffer gehad het met een
of ander song. Hulle was besig om 'n Koos du Plessis cover vir sy nuwe
album te mix. Ek het met hom gepraat en alles, en hy het teruggepraat,
dit was cool! Nou ja anyway, wat sê jy jong man? Vra my gerus 'n paar
vrae dan gee ek weereens vir watkykjy 'n paar exclusives.

CHopper: Fantasties ou vrind. Man, ek wil afskop met 'n algemene vragie.
Hoe gaan dinge in KOBUS! wêreld? Gaan als nog voor die wind? Is daar nog
(en verskoon my Frans) "woema" in KOBUS! se "wiele"?

Francois: Wel ja kyk nou dammit. Soms is jy lus vir koffie, dan kook jy
die ketel, kry 'n beker, gooi koffie en suiker in, vul dit met kookwater
en dan as jy by die yskas kom vind jy uit daar's nie melk nie. Ek het
gister 'n reënboog in my studeerkamer gesien. Of soos iemand een keer
gesê het lank lank gelede in die ou Eiketaar: "Van skone waterstrome
onder die eikebome."

But I digress.

Ja ons woema is getune ek sê, ons is far-out honky! KOBUS! wêreld is
fantasties en rooskleurig. Jy weet mos "you can't rush genius". Dis
hoekom Heino so lanklaas 'n album gemaak het.

CHopper: (Gie-gie-gie) Nou Francois, ek merk dat daar elke dan en wan 'n
nuwe KOBUS! treffer vrygestel word op heelparty verskillende uitreikings
(soos Levi's se CD04 asook Mode of Obscurity). Behalwe vir jul albums,
watter CD's sou ek moes aanskaf om die volledige KOBUS! versameling te
besit?

Francois: Ja daai songs op daai verskillende kunstenaars CD's is
SUPERTREFFERS! Nee kyk ou Choppa Chuppa Chopituppachopchop jy sal al die
Springbok Nude Girls albums (EP's ingesluit) moet kry.

Dan ook V.O.D. se Bloedrivier, wat aan die einde van die jaar
heruitgereik word deur ENT (vir die album se 10 jaar anniversary) met 'n
klomp ekstras by, soos die hele demo van die album, rare live tracks, 'n
DVD met al die musiekvideos en 'n Making of Bloedrivier documentary. Kyk
nee dammit daai album was mos nooit rêrig hier in die Vaderland properly
vrygestel nie en mense vra my die heeltyd waar hulle dit kan kry.

Volgende jaar re-release ENT ook Uncle Vinnie se Original Acid Beat en
In Dog We Thrust (en die videos ook op DVD), Die Kruis, en dan natuurlik
die V.O.D. retrospective album, wat 'n hele swetterjoel vreemde en far
out dinge op sal hê.

Enigiemand wat wil pre-order of meer info wil bekom of sommer net wil
kakpraat met 'n record exec oor bogenoemde ENT uitreikings kan vir Rui
de Sousa pla.

CHopper: Gaaf, maar kom ons gesels bietjie oor julle vorige uitreiking
"100% Skuldgevoelvry". Julle tweede poging was effe harder maar tog ook
baie melankolies op plekke. Wat was julle bedoeling met die album?

Francois: Nee wat Chopper dis maar hoe ons skryf. Bedoelings is vir
mense wat opneem vir CD's wat op SABC2 geadverteer word met die
bedoeling "Gee my jou geld jou dom poes vir nog 'n compilation met Die
Campbells en Kurt Darren op!"

CHopper: Ook waar. Hoe het die album vergelyk met julle debuut in terme
van verkope? Ook, was mense (of die media) se reaksies enigsins anders?

Francois: 100% Skuldgevoelvryhet die debuut verbygesteek met verkope
sewe maande na uitreiking. (Maar dis ook omdat die eerste CD net drie
verkoop het, my ma een, Theo se ma een, en Arno Carstens besit die ander
ene.)

CHopper: Ek sien, ek sien. Met die vrystelling van julle liedjie
"Kultuurfeestent" was dit op die oog af duidelik dat julle nie heeltemal
genoë is met die Afrikaanse musiekbedryf is nie. Hoe so? Wat presies is
dit wat julle so dwars in die krop steek?

Francois: Wel Ou Chops, Blackie Swart het pas 'n dubbel CD uitgereik met
veertig (ja, 40!) van sy grootste treffers op. Liewe jirre, waar was ek
die laaste paar jaar? Ek het nog nie een gehoor nie.

Nee wag daar's die een van Liewe Lulu, waar elke sin eindig op 'n "oe"
woord. Maar 40 grootste treffers? Dink bietjie daaraan. 40. Veertig! No
ways. Iemand praat kak hierso. Ek dink nie eers topverkoper Steve het 40
treffers nie. Ek hoop dit beantwoord die vraag.

Waar's my pen dammit?

CHopper: Umm, vat solank hierdie een. Nou ek verneem dat julle 'n
effense bloutjie geloop het met 'n groot bestelling KOBUS! t-hemde wat
spoorloos verdwyn het. Wat op aarde het daar gebeur?

Francois: Ja nee kyk, alla mapstieks! Dis die sexmagick t-shirt wat jy
van praat. Die een met die cherrie wat die ou so lekker vashou met haar
voete om sy voël. Levi's het 400 gemaak, en vir ons 50 in Jo'burg gedrop
terwyl ons op toer was (met Klopjag wat later ons albumtitel gesteel
het).

Meanwhile in die Kaap is die ander 350 uit hulle warehouse in Epping
gesteel! Theo se girlfriend het actually 'n ou (wat, sal ek maar sê,
beslis nie 'n KOBUS! fan is nie) in die Canal Walk winkelsentrum met een
aan sien loop nou die dag. Ons moes toe net vir die 50 betaal.

Toe skiem ek raait stuff dit, ek maak 'n nuwe design (Volk van Main) en
toe print Levi's maar weer. Nou't ek almal hier veilig onder my bed by
die huis. Daai vorige t-shirts is nou collector's items, ek weet ou
Gibbons het een.

So gepraat van collector's item t-shirts, ek het 10 Kultuurfeestent
shirts (soos die "pop"-sangertjie in die CD boekie dra) geprint en hulle
almal by een show in Stellenbosch verkoop. Baie main t-shirt daai ou
pellie.

CHopper: Dit betwyfel ek glad nie ou Francois. Nou toegewyde KOBUS!
ondersteuners sal weet van die "Main Str" album wat liedjie vir liedjie
op die Web vrygestel word. Wanneer kan ons die volgende aflewering van
hierdie album verwag?

Francois: Die volgende track sal seker so teen begin November online
wees. Ek sal anyway al die lede van die Volk van Main laat weet wanneer.
En as jy ook wil weet, sluit aan by die Volk van Main!

CHopper: Goed so. Een van ons watkykjy korrespondente het onlangs
Huisgenoot se Skouspel bygewoon, maar KOBUS! het nie opgetree nie. Hoe
is dit moontlik?

Francois: Jy mag net daaraan deelneem as jy aan sekere vereistes
voldoen. Eerstens moet jy net oor die belangrike dinge in die lewe sing,
soos die wind en jou nooi ens. Tweedens moet jy óf kort hare, óf 'n
mullet hê. (Dozi se hare tel nie as lank nie want dit krul.) Derdens
moet jy deel wees van die SABC 2 CD advertensie mafia. Vierdens, nie
heeltemal 'n vereiste nie, maar dit tel in jou guns, moet jy met 'n
vreemde, verwronge aksent sing. ("Kray jay vir may 'n auw liewkayl wat
may laat haayl")

CHopper: Julle is natuurlik van plan om die Kaapse kus te toer in
November en Desember. Gee ons bietjie meer inligting asseblief. Waar kan
ek en die vrou KOBUS! gaan kyk?

Francois: Jy en die antie kan in die Kaap kom kyk waar ons speel die
25ste Nov by Mercury Live, en dan by 'n klomp plekke in Desember (wat ek
nie die name voor het nie). Ek weet ons doen die 17de 'n fees in die
Weskus iewers, en die 26ste Des is ons by die Gansbaai fees se rockshow,
maar dammit nee ek kan nie ander plekke onthou nie.

Maar als sal op die site gaan as dit gebook is, en die Volk van Main sal
natuurlik per e-pos laat weet word soos gewoonlik.

Koop vir my 'n fokken dop man!

CHopper: Lekker man. Sien uit. Sê my, gaan die toere aan die kus 'n
tweemanvertoning wees of kom die hele orkes saam?

Francois: Nee dit sal die hele band wees. Ons het nou genoeg
getokkel-tokkel vir die jaar, verdomp.

CHopper: Julle kry ook 'n nuwe baskitaarspeler of hoe?

Francois: So by my kool, wie is jou informant? Ja, ou Rob speel te veel
saam met Fat Stanley toe besluit ons maar om 'n plannetjie te maak in
die best interests van KOBUS! Die nuwe bra sal in Desember saam met ons
live begin optree. Sy naam is Pierre Tredoux, hy's blond, sy hare is
lank en hy's Afrikaans. M.a.w. die totale omgekeerde van Rob Nel.

CHopper: Is daar enige groepe of kunstenaars waarmee julle graag sou wou
toer?

Francois: Nee. Maar daar's groepe wat graag saam met ons sou wou toer
omdat ons so main is.

CHopper: En nou vir die groot nuus. Ek het 'n voëltjie hoor fluit dat
die nuwe album "vroeg in 2006" vrygestel word. Vertel ons dadelik meer
asseblief man. Wat kan ons verwag? Is daar al 'n titel? Is enige snitte
al opgeneem?

Francois: Jy's reg Chopper. Die nuwe CD word uitgereik by KKNK 2006. Ons
kan dit ongelukkig nie meer "3" noem nie, want Klopjag het die naam
gesteel vir hulle nuwe CD. Ek vermoed na hulle ons nuwe poster met "3"
se cover op gesien het in hulle hometown van Bronkhorstspruit in Julie
vanjaar. Die swernote!

Ja, ons het al opgeneem, maar dis steeds in pre-production op dese
stadium. Al wat ek kan sê is as jy van heavy music hou gat jy hom die
nuwe KOBUS! CD laaik. Kom ons stel dit so: SNG meets V.O.D. - Properly

(Hoor, dit dit rym - net soos die bog-rymelary van Amerikaanse
urbaniete.)

CHopper: Watter ander planne het julle ouens, behalwe vir KOBUS!? Dit
wil lyk asof Theo betrokke is by 'n paar ander kunstenaars se
produksies. Enige ander nuus?

Francois: Wat's verkeerd met jou Chopper, luister jy nie? Dis dalk die
lugreëling hier in die ateljee, of miskien was Daniël Hugo van RSG voor
ons hier om Vers Album op te neem met Nic de Jager wat voorlees.

Ja weereens soos ek geblerriesê het 'n paar vrae terug. Kyk uit vir
V.O.D., Uncle Vinnie en Die Kruis.

Theo het nou al 'n hele paar albums produce maar nie een van hulle is so
fokken main soos die KOBUS! albums nie. 'n Voëltjie fluit en poep ook
weer iewers dat daar volgende jaar 'n V.O.D. reunion sal wees vir 'n
paar live shows.

O ja, en ek doen 'n live stage play saam met Frank Opperman wat ons
hopelik (hopelik want ons soek nog sponsorship) ook by KKNK 2006 sal
opvoer getitleld Louis & Lucifer. Dit gaan oor 'n ou en die duiwel. Met
live musiek en alles. Op die stage. Live. Met my en Frank Opperman. Live
op die stage. Wat sê jy daarvan met die biere, alles wat daarmee
saamgaan. Wat sê jy Ed? Main nê! He he HEH!

CHopper: Verseker. Nou Francois, my produksiebestuurder het nounet laat
weet dat KOBUS! nou die mense is met die meeste watkykjy onderhoude
agter die blad. Veels geluk kêrels, en mag daar nog vele wees.

Francois: Crikey Moses! Dit laat my sommer lus voel vir gin en melktert.
Wen ons dalk 'n prys? Ek wil by voorbaat dankie sê vir my ouers, Mavis
wat altyd my wasgoed vir my doen en ook natuurlik vir die Groot Gees
Daarbo sonder Wie ons nooit hierdie eer kon bereik het nie.

Bel my asb by volkv...@yahoo.co.uk

(einde van uitsending)
--
Weereens gezop van die gawe ous by
http://watkykjy.co.za/snotstories_view.asp?newEd=38&theI D=109

SHot-o! ouens...
Vorige onderwerp: Stille Nag
Volgende onderwerp: Wat is die storie....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 19:19:27 MGT 2024