Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Haaihokke....
Haaihokke.... [boodskap #111821] Di, 02 Januarie 2007 05:59
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Warm storie doer in julle se Kaap is mos die witdood haaie wat so vanuit
die hokke besigtig word op die oop see. Dis glo die vinnigs-groeinde
sport? Nou kry jy die besorgdes wat reken dit lok meer haaie na die
kusgebied en maak dit minder veilig vir strandgebruikers, terwyl die
operateurs wat hierdie ding aanbied, reken dis bog want daar was
haaiaanvalle op die kus lank voor hulle die haaie in die hokke gaan kyk het.
Wat sê logika? Kom ons bou 'n sterk hok in die middel van die
leeuwêreld waarin 'n mens veilig kan sit en lok dan die leeus met aas nader
sodat die mense in die hok die leeus van nader af kan beleef. Die eerste
ding wat gaan gebeur, is dat die leeus die reuk van die aas met die mens se
reuk gaan vereenselwig en die volgende keer wat hy 'n mens se reuk gaan kry,
gaan sy alarm af en dit sê net een ding: Kos!
Nou, dieselfde ding gebeur met die haaie. Hy assosieer kos met die
reuk van die mens........
Vorige onderwerp: honden
Volgende onderwerp: sommer so terloops
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:45:37 MGT 2024