Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Koos Kombuis - The New South Africa
Koos Kombuis - The New South Africa [boodskap #111778] Vr, 22 Desember 2006 15:10
MoN[2]  is tans af-lyn  MoN[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid


Daar's diewe in die driveway, daar's gangsters in die pad
daar's ouens by die traffic light wat jou kar wil vat
hulle steur hulle nie aan heinings nie, burglar bars is nutteloos
die hele land is vol Satan, die hele land is boos

Bele jy geld in Masterbond, verloor jy dit te gou
pos 'n brief by Telkom dan verdwyn dit in die blou
die regering gee nie om nie, die ministers bly stil
selfs die Matie-rektor het sy vingers in die till

Blameer dit op apartheid, blameer dit op De Klerk
blameer dit op ou Satan, of blameer dit op die kerk
die hele land vol onrus, fokkol werk en fokkol geld
die Here is op holiday en die duiwel is nou los

Verkeerskonstabels kyk maar weg as minibussies wette breek
hulle doel is net om tickets op geel strepe aan te steek
jy kan maar raas en toeter, jy kan maar vloek en rape
moet net nie dat die twintigsent in jou parkeermeter verstryk

Alex Borraine stel nie belang nie, Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe en Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas, blameer dit op De Kock
Blameer dit op die army en die polisiemag wat als opfok

Daar gebeur so baie skandes in elke blerrie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders, hulle prentjies pryk op elke paal
daar's diewe in jou driveway wat jou BMW wil steel
daar's plakkers in die pastorie met messe teen jou keel

------------------------------------------------------------ --------------------
Mijn Postvak In wordt beschermd door SPAMfighter
182 spam-mails zijn er tot op heden geblokkeerd.
Download de gratis SPAMfighter vandaag nog!
Vorige onderwerp: HELP: Lyrics "Tjokkerjol" / "Dis mos musiek" by Elizabeth Fourie
Volgende onderwerp: Stille Nag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:21:27 MGT 2024