Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
" Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #111587] Wo, 22 November 2006 15:54 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #111588 is 'n antwoord op boodskap #111587] Wo, 22 November 2006 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Nov 2006 07:54:48 -0800, "Hessie" wrote:

sjit! Is jy nog steeds (al weer) hier?
As jy enige selfrespek gehad het sou jy nie eens hierdie aanhalings
hier geplaas het nie, maar net weggebly het. Het jy steeds daardie
vet boedha beeldjie as deurstop?
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #111590 is 'n antwoord op boodskap #111587] Wo, 22 November 2006 20:04 Na vorige boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie schreef op 22 Nov 2006 07:54:48 -0800 in de nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans
> BOESMANSRIVIERMOND
> Ferdi Greyling
>
> By Boesmansriviermond
> waar die land stadig die see intuimel,
> val die son soet op die vel.
>
> Tussen die gebreekte rotse
> lê die rivier laatmiddag
> 'n stuk metaal tussen sy walle.
>
> Bote streep onverstaanbare lyne
> op die blink water
> wat van hoog teen die plato se rant
> uit die Stormberge breek.
>
> Noord tier die woeste Karoo.
> Ver suid lê die stilte van ys.
> Hier, by Boesmansriviermond,
> val die son egter soet op die vel.

Mooi sonnet, Gloudina, erg mooi.
Ik hou het bij.

Dank.

--
Michel.
Vorige onderwerp: " Lente in Johannesburg " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Naweekpas " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:38:21 MGT 2024