Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Krokodil
Die Krokodil [boodskap #111527] Do, 09 November 2006 09:03
rosieg  is tans af-lyn  rosieg
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Laerskool Limpopo Vraestel 1 van die 2de Semester.
Skryf 'n opstel oor die volgende vraag: "Wat is 'n krokodil?"
Gebruik drukskrif en skryf netjies.

Naam: Christiaan Janse van Vuuren
Datum: Maandag 19/02/2000

Antwoord:
Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert
sit die krokodil. 'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n
rotweiler. 'n Krokodil se lyf is oor getrek met handsakmateriaal.
Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want
'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly onder die water want
as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly het. Dit is goed
dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so groot as
'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou kan
eet. 'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie,
behalwe as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit.
Baie ou krokodille suig hulle mense en bok wat hulle vang dood. As jy
hom eet, is hy 'n krokosatie. 'n Krokodil het nie geleer om met sy
arms te swem nie nou gebruik hy sy stert. Die kleinboetie van die
krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van die krokodil is die
trapsuutjies. Die moffie broer van die krokodil is die daffodil. En
dan het die krododil nog 'n dooie boetie - die frikkidil.
Vorige onderwerp: SMS Grappie
Volgende onderwerp: Soek ou snaakse storie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 18:12:49 MGT 2024