Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Bok Van Blerk Se Song
Bok Van Blerk Se Song [boodskap #111354] Di, 10 Oktober 2006 04:43
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n berg in die nag
lê ons in die donker en wag
in die modder en bloed lê ek koud,
streepsak en reën kleef teen my

en my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Oor die Kakies wat lag,
'n handjie van ons teen 'n hele groot mag
en die kranse lê hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.

Maar die hart van 'n Boer lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Want my vrou en my kind lê in 'n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Vorige onderwerp: Die lied van jonk Suid-Afrika
Volgende onderwerp: HELP: Lyrics "Tjokkerjol" / "Dis mos musiek" by Elizabeth Fourie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 14:53:38 MGT 2024