Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Boek vir Gloudina
Boek vir Gloudina [boodskap #110932] Ma, 14 Augustus 2006 10:22 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Glodina

As jy 'n tydjie kan afknyp, kry die volgende boek onder oe Mbokodo:
Inside MK : Mwezi Twala : a soldier's story.

Dit kos R35 - So dit is basies verniet tov die Kanadese Dollar
Re: Boek vir Gloudina [boodskap #110933 is 'n antwoord op boodskap #110932] Ma, 14 Augustus 2006 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Aug 2006 03:22:06 -0700, "Riaan" wrote:

> Glodina
>
> As jy 'n tydjie kan afknyp, kry die volgende boek onder oe Mbokodo:
> Inside MK : Mwezi Twala : a soldier's story.
>
> Dit kos R35 - So dit is basies verniet tov die Kanadese Dollar

Onthou net dat Mwezi Twala n muiter was. Hy het hom ook later by die
IVP aangesluit.
Hy praat dus vanuit n sekere emosionele hoek.

Maar Riaan, is die punt nie ook dat as ek en jy dinge anders gedoen -
lank voor Mwezi Twala in 1984 in Angola gemuit het - dan sou Twala nie
in die posisie gewees het waarin hy hom bevind het nie?

Ek stel ook belang in wat jy van genl. Christiaan de Wet in die 2de
Vryheidsoorlog dink.
Hy het mos by vesrkeie geleenthede drosters sumier in die veld
doodgeskiet.

Oorlog, muitery, drostery ens. Dit het n bekende patroon wat oor alle
groepe strek.

Wat is die beginsel wat n mens uit sulke gebeure moet trek?
Re: Boek vir Gloudina [boodskap #110934 is 'n antwoord op boodskap #110933] Ma, 14 Augustus 2006 11:52 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> Onthou net dat Mwezi Twala n muiter was. Hy het hom ook later by die
> IVP aangesluit.
> Hy praat dus vanuit n sekere emosionele hoek.

Praat ons almal nie tot 'n sekere mate maar uit 'n emosionele hoek uit
nie. My vrou is twee maande gelede by ons huis in Centurion geskied,
ek het nie 'n grap gemaak toe ek gese het dit het skaars Beeld se
bladsy 5 gehaal nie. Daar was net so klein stukkie daaroor in die
koerant gewees. En ek sal die eerste wees om te erken ek vind dit
moeiliker as ooit tevore om die swartes te vertrou.

> Maar Riaan, is die punt nie ook dat as ek en jy dinge anders gedoen -
> lank voor Mwezi Twala in 1984 in Angola gemuit het - dan sou Twala nie
> in die posisie gewees het waarin hy hom bevind het nie?

Ferdi, dit is 'n moerse moeilike vraag om te antwoord, want daar is
derduiende faktore wat 'n rolspelende invloed sal he, dat ons vir
maande en maande daaroor sal kan praat

> Ek stel ook belang in wat jy van genl. Christiaan de Wet in die 2de
> Vryheidsoorlog dink. Hy het mos by vesrkeie geleenthede drosters sumier in die veld
> doodgeskiet.

Eerlikwaar ek was nie bewus hiervan nie. Ek sal bietjie hieroor gaan
lees en na jou toe terugkom op die punt
Vorige onderwerp: De Kat
Volgende onderwerp: Ou Boek gesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:36:56 MGT 2024