Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Vir Soois
Vir Soois [boodskap #110685] Di, 04 Julie 2006 05:37 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien nou vir die eerste keer dat jy 'n Noot vir Noot wenner was.
Tensy ek nou die verkeerde Soois hier beet het natuurlik. In elk geval,
ek glo jy is dus 'n man wat sy musiek ken en uit die aard dit ook
geniet.

Wat dink jy van die plan om "piracy" te probeer bekamp.

Musiek moet soos 'n kar behandel word. Indien dit 'n 2006 model is dan
is die song vir arguments onthalwe R20 werd. Hoe ouer die song hoe
goedkoper word hy.

Net soos met karre is daar ook "limited edition's", dit is soos die
"one hit wonders" wat natuurlik bietjie duurder kan wees. Ou songs
afhangende van hoe beskikbaar hulle is kan na 'n sekere tyd weer
bietjie duurder word, net soos wat 'n kar 'n "vintage" word na ek
dink 30 jaar.
Re: Vir Soois [boodskap #110762 is 'n antwoord op boodskap #110685] So, 16 Julie 2006 11:51 Na vorige boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sorry ek was by die see......

Musiekroof sal altyd bestaan. Tensy bandopnemers en rekenaars wat digitale
opnames kan maak verbied word, (selfs dan sal dit nie werk nie, kyk maar die
drankhandel wat tydens die "prohibition" hoogty gevier het.) sal mense altyd
musiek opneem van CD's af en vir hulle pelle gee en so aan. 80% van die
mp3's op my rekenaar, kom van my eie CD's af, maar die res het ek ook maar
geroof by ander mense.

Die hele probleem van musiekroof is soos die ewige "hoender of eier" debat:
As die mense hulle musiek goedkoper maak, sal daar meer mense CD's koop en
minder sal geroof word, maar as die mense minder roof, sal die kunstenaars
meer geld verdien en hulle sal die CD's vir goedkoper kan verkoop.

"Riaan" wrote in message
news:1151991470.917847.66120@a14g2000cwb.googlegroups.com...
> Ek sien nou vir die eerste keer dat jy 'n Noot vir Noot wenner was.
> Tensy ek nou die verkeerde Soois hier beet het natuurlik. In elk geval,
> ek glo jy is dus 'n man wat sy musiek ken en uit die aard dit ook
> geniet.
>
> Wat dink jy van die plan om "piracy" te probeer bekamp.
>
> Musiek moet soos 'n kar behandel word. Indien dit 'n 2006 model is dan
> is die song vir arguments onthalwe R20 werd. Hoe ouer die song hoe
> goedkoper word hy.
>
> Net soos met karre is daar ook "limited edition's", dit is soos die
> "one hit wonders" wat natuurlik bietjie duurder kan wees. Ou songs
> afhangende van hoe beskikbaar hulle is kan na 'n sekere tyd weer
> bietjie duurder word, net soos wat 'n kar 'n "vintage" word na ek
> dink 30 jaar.
>
Vorige onderwerp: Afrikaanse Radio
Volgende onderwerp: SKRYF AFRIKAANSE SONG EN WEN R 50 000
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 16:44:34 MGT 2024