Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR
" ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109603] Sa, 11 Maart 2006 03:26 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
ek skryf uit Maputo
Mark Behr

om oor 'n afstand te erken
dat ek jou wel liefhet

daarvan dat die gekraak van palms
teen die strand herinner
aan die plaashuis se houtgang saans
van jou voete wat by my kom inkruip

mosambiek is net 'n geraamte van
koloniale verledes
maar mense loop met oë wat velkleur ontleer
en maghebbers groot genoeg om foute
te erken.
gister gaan ons kyk waar die president en
kie. sokker speel
teen lede van die ou regime
voor 'n skare wat van opwinding drom -
verbeel jou die dag
wanneer die NP en ANCs teen mekaar
uitdraf
sal seker 'n mengsel rugby en sokker
moet wees -

het ek jou vertel van die aand voor ek
weg is
toe ek voetstappe om die huis hoor sluip
en uitgaan
en dat ek 'n ruk lank weggebly het?
ek het voor jou oop hortjies gaan stilstaan
waar jy besig is om jou hare te borsel,
kop vooroor,
jy bind dit in 'n poniestert
en laat val jou rok soos 'n plas om jou
voete
soos altyd braloos
en jou nippels gooi lang skaduwees
oor jou maag
jy het borste soos Greta Scacchi.

vanaand was ons by die ANC
tussen al die vrae en asemlose opwinding
kon ons vlietend vergeet wat die
Afrikaanse koerante
ons al weer gaan aandoen,
waar begin jy verduidelik
aan dié volk wat soveel dekades dom
gehou afsydig gemaak is?
praat 'n mens hier met mense
luister jy
hoe hulle eie land eie liefde verbied is
word jy opnuut hatig
oor jouself

ek bring vir jou 'n gekleurde doek van
blou duiwe
en gekerfde houtgesiggies klein soos
pinkienaels
wat jy aan jou ore sal hang
dalk kan ons weer in die dam gaan swem
en praat oor al die jare
dalk blom die varklelies nog in die vlei
onder die vinkneste
dalk kan ek jou hare vleg
Re: " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109609 is 'n antwoord op boodskap #109603] So, 12 Maart 2006 05:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
En Anti Hessie - wat seg Behr nou.... Broei hy nog by jou ANC-tjommies?
Wat het van die heldhaftige change-agents geword? Almal sit in die
buiteland - die veiligheid wat die apartheidsvarke aan swart en wit
verskaf het is mos nou weg.

Hessie wrote:
> ek skryf uit Maputo
> Mark Behr
>
> om oor 'n afstand te erken
> dat ek jou wel liefhet
>
> daarvan dat die gekraak van palms
> teen die strand herinner
> aan die plaashuis se houtgang saans
> van jou voete wat by my kom inkruip
>
> mosambiek is net 'n geraamte van
> koloniale verledes
> maar mense loop met oë wat velkleur ontleer
> en maghebbers groot genoeg om foute
> te erken.
> gister gaan ons kyk waar die president en
> kie. sokker speel
> teen lede van die ou regime
> voor 'n skare wat van opwinding drom -
> verbeel jou die dag
> wanneer die NP en ANCs teen mekaar
> uitdraf
> sal seker 'n mengsel rugby en sokker
> moet wees -
>
> het ek jou vertel van die aand voor ek
> weg is
> toe ek voetstappe om die huis hoor sluip
> en uitgaan
> en dat ek 'n ruk lank weggebly het?
> ek het voor jou oop hortjies gaan stilstaan
> waar jy besig is om jou hare te borsel,
> kop vooroor,
> jy bind dit in 'n poniestert
> en laat val jou rok soos 'n plas om jou
> voete
> soos altyd braloos
> en jou nippels gooi lang skaduwees
> oor jou maag
> jy het borste soos Greta Scacchi.
>
> vanaand was ons by die ANC
> tussen al die vrae en asemlose opwinding
> kon ons vlietend vergeet wat die
> Afrikaanse koerante
> ons al weer gaan aandoen,
> waar begin jy verduidelik
> aan dié volk wat soveel dekades dom
> gehou afsydig gemaak is?
> praat 'n mens hier met mense
> luister jy
> hoe hulle eie land eie liefde verbied is
> word jy opnuut hatig
> oor jouself
>
> ek bring vir jou 'n gekleurde doek van
> blou duiwe
> en gekerfde houtgesiggies klein soos
> pinkienaels
> wat jy aan jou ore sal hang
> dalk kan ons weer in die dam gaan swem
> en praat oor al die jare
> dalk blom die varklelies nog in die vlei
> onder die vinkneste
> dalk kan ek jou hare vleg
Re: " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109611 is 'n antwoord op boodskap #109609] So, 12 Maart 2006 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> En Anti Hessie - wat seg Behr nou.... Broei hy nog by jou ANC-tjommies?
> Wat het van die heldhaftige change-agents geword? Almal sit in die
> buiteland - die veiligheid wat die apartheidsvarke aan swart en wit
> verskaf het is mos nou weg.

Jy sal seker beter weet waar Behr nou is. Ek
het vergeet - was hy nou 'n spioen vir die
ANC tussen die apartheidsvarke of 'n spioen
vir die apartheidsvarke tussen die ANC?

Tant Hessie van Spioenskop
Re: " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109614 is 'n antwoord op boodskap #109611] Ma, 13 Maart 2006 03:43 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Anti. Obsessiwiteit en 'n agtervolgingswaansin (die ou tweetjies is
karperde) is 'n lelike ding. Veral soos mens ouer word.
Lyk my deesdae soek jy of na spioene of na ouens wat onder skuilname
pos.
In elk geval - ek het die gedig geniet.
Jou vrind Ferditjiekie het hom weer oortref in die Beeld in die
afgelope week. Hy kom tot aardskuddende besef dat mense in Suid-Afrika
voortaan van hulle huise gan werk en kragopwekkers gaan aanskaf. Dis
maar seker die resultaat as jy in 'n 'n beskermende werksomgewing van
NASPERS verkeer. As hy omk hom rondkyk sal hy sien dat daar waarskynlik
reeds meer mense is wat uit hulle huise werk as ouens wat daagliks
kantoor toe ry. En, 'n UPS en kragopwekker is lank reeds standaard by
'n klomp mense - by my in elk geval.
Vra hom om die stuk aan jou te stuur dan kan jy hom sommer raadgee oor
die skryf van Afrikaans - dit is swak. (Maar as jy dig gebruik jy kort
sinne en kan jy dalk daarmee wegkom .....?)
Vorige onderwerp: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: " Digter in sy Slaap Oorlede " deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:46:55 MGT 2024