Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » 'Hofsake op pad' n wysigings aan wet
'Hofsake op pad' n wysigings aan wet [boodskap #109327] Di, 28 Februarie 2006 10:01 na volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
KAAPSTAD. - Wapeneienaars en -verenigings beskou die regering se wysigings
aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens as 'n erkenning dat die wet misluk
het.

Die regering en polisie kan nou glo verskeie hofsake en geldeise van
wapeneienaars en -wapenverenigings verwag.

Mnr. Martin Hood, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse
Wapeneienaarsvereniging (Saga), het aan Die Burger gesê die polisie het
wapeneienaars die laaste maande behoorlik geboelie en gedreig om van hul
wapens ontslae te raak en nou draai die regering om en wysig die wet.

"Die regering en polisie kan beslis geldeise teen hulle verwag.
Wapeneienaars het óf hul wapens ingehandig óf honderde rande betaal vir
bevoegdheid- en vaardigheidsertifikate. Hier kom beslis lang en uitgerekte
hofsake."

Een van die wysigings, soos aangekondig deur mnr. Charles Nqakula, minister
van veiligheid en sekuriteit, in die nuutste Staatskoerant lui dat alle
bestaande vuurwapenlisiensies lewenslank geldig bly indien 'n wapeneienaar 'n
bevoegdheidsertifikaat het.

Wapeneienaars hoef volgens die wysiging nie meer om 'n nuwe lisensie aansoek
te doen nie, maar moet 'n bevoegdheidsertifikaat bekom en bewys lewer dat
die wapen wel hul eiendom is.

Volgens Hood erken Nqakula met dié wysigings net dat dié wet, wat in Julie
2004 in werking gestel is, 'n mislukking is.

Hy het gesê dis wel sê dat 'n bestaande lisensie geldig bly, maar die
registrateur van die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) kan nou ook enige tyd
'n bevoegdheidsertifikaat afkeur.

'n Geldige wapenlisensie verval dan dadelik.

Eienaars wat onder die indruk is dat hul lisensies tot 2009 geldig is, moet
volgens dié wysigings nou binnekort om 'n bevoegdheidsertifikaat aansoek
doen. Die minister sal eersdaags datums aankondig wanneer dié sertifikate
bekom moet word.

"Volgens die nuwe wysigings moet alle antieke wapens wat buskruit skiet nou
ook gelisensieer word. Dit is belaglik. Versamelaars moet nou óf van dié
wapens ontslae raak óf aansoek doen om lisensies. Dié wysiging kompliseer
net die wet," het hy gesê.

Volgens Hood verwelkom Saga die positiewe wysigings, maar sal dié vereniging
die negatiewe wysigings beslis teenstaan.

Mnr. Abios Khoele, voorsitter van die Swart Wapeneienaarsvereniging, het
gesê swart wapeneienaars gaan met dié wysigings weer aan die kortste ent
trek.

"Die regering boelie nou met dié vereistes eienaars van buskruit-wapens. Die
nuwe wysigings gaan nie onwettige besit van wapens voorkom nie. Sake lyk nou
net nog erger as voorheen. Die regering erken eintlik met die wysigings maar
net dat die wet 'n mislukking is."

Mnr. Charl van Wyk, nasionale koördineerder van die Wapeneienaarsvereniging
van Suid-Afrika (Wesa), het Hood en Khoele se reaksie beaam.

Volgens hom het die regering nou bewys die Wet op die Beheer van Vuurwapens
is vir die regering een te veel om te hanteer.

"Die minister, polisie en SVR het in die laaste maande nie net wettige
wapeneienaars geboelie nie. Hulle het bykans eiehandig ook 'n
multimijoenrand-wapen- en jagbedryf uitgewis. Dit is nou tyd dat Nqakula
besef sy wet is niks anders as 'n wit olifant nie."

Mnr. Roy Jankielsohn, DA-woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het gesê
hy is verlig die regering het effe "lig gesien".

Die betrokke partye sal egter aan maniere moet dink om wapeneienaars te
vergoed wat reeds óf hul wapens onder druk ingehandig het óf wat reeds geld
betaal het om aan die vereistes vir 'n nuwe lisensie te voldoen.

Mnr. Trevor Bloem, woordvoerder van die minister, het in 'n verklaring gesê
die wysigings is bloot wysigings en wapeneienaars moet, totdat dit in die
wet opgeneem is, steeds aan die wet voldoen.

Bron:nieuwsbrief
Re: 'Hofsake op pad' n wysigings aan wet [boodskap #109345 is 'n antwoord op boodskap #109327] Di, 28 Februarie 2006 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mon skryf

> KAAPSTAD. - Wapeneienaars en -verenigings beskou die regering se wysigings
> aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens as 'n erkenning dat die wet misluk
> het.

Dit lyk vir my die SA situasie is dieselfde as dit
wat in Kanada op die oomblik is. Die vorige
Liberale regering het 'n "gun registry" begin 'n
aantal jare gelede. Tot op datum werk die
ding nog maar mankerig en is dit miljoene
oor die beraamse koste. Die huidige minder-
heids Konserwatiewe regering gaan glo
die ding sommer laat doodloop, maar dan
gaan die mense wat die wapens wil beheer
hulle weer beskuldig dat hulle soft on crime
is.

Gloudina
Re: 'Hofsake op pad' n wysigings aan wet [boodskap #109357 is 'n antwoord op boodskap #109345] Do, 02 Maart 2006 05:03 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wapenbeheer is goed maar hier in SA is die fokus verkeerd.
Die weermag het al iets soos 4000 wapens verloor. Die word
nou deesdae gebruik in transito rooftogte ens. As die
weermag vir bevoegdheid sertifikate moet aansoek doen
sal ons seker die eerste wapenlose weermag wees.

In die ou dae as jy jou wapen verloor het was dit 'n DD1 en die
DB was jou voorland.

"Hessie" wrote in message
news:1141166790.586440.65330@u72g2000cwu.googlegroups.com...
>
> Mon skryf
>
>> KAAPSTAD. - Wapeneienaars en -verenigings beskou die regering se
>> wysigings
>> aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens as 'n erkenning dat die wet
>> misluk
>> het.
>
> Dit lyk vir my die SA situasie is dieselfde as dit
> wat in Kanada op die oomblik is. Die vorige
> Liberale regering het 'n "gun registry" begin 'n
> aantal jare gelede. Tot op datum werk die
> ding nog maar mankerig en is dit miljoene
> oor die beraamse koste. Die huidige minder-
> heids Konserwatiewe regering gaan glo
> die ding sommer laat doodloop, maar dan
> gaan die mense wat die wapens wil beheer
> hulle weer beskuldig dat hulle soft on crime
> is.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Wapensmokkelary in SA
Volgende onderwerp: Nuwe wapenwet in Belgie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:16:48 MGT 2024