Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
" Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108361] Ma, 30 Januarie 2006 00:14 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108362 is 'n antwoord op boodskap #108361] Ma, 30 Januarie 2006 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Swak gedig!

"Hessie" wrote in message
news:1138580066.422141.101490@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .

BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108364 is 'n antwoord op boodskap #108362] Ma, 30 Januarie 2006 04:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waar is die digbundel? Die volk hou hulle asems op - so ook 'n paar
skole se jaarblaaie...
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108365 is 'n antwoord op boodskap #108364] Ma, 30 Januarie 2006 05:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
spaar ons dit asb

"Jonas" wrote in message
news:1138596940.881747.313660@g14g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Waar is die digbundel? Die volk hou hulle asems op - so ook 'n paar
> skole se jaarblaaie...
>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108368 is 'n antwoord op boodskap #108365] Ma, 30 Januarie 2006 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wou net sê sy poging tot joernalis is swak genoeg vir een leeftyd...

"Otterkop" skryf in boodskap news:Tp6dnZava5gaOUDeRVn-pg@is.co.za...
> spaar ons dit asb
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:1138596940.881747.313660@g14g2000cwa.googlegroups.com.. .
>> Waar is die digbundel? Die volk hou hulle asems op - so ook 'n paar
>> skole se jaarblaaie...

>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108373 is 'n antwoord op boodskap #108365] Ma, 30 Januarie 2006 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Otterkop skryf

> spaar ons dit asb
> "Jonas"
>> Waar is die digbundel?

Aitsa. Ek weet darem net hoe om die knoppie
te druk en dan pop die marionette so een vir
een op en rek hulle bekke. Jaloesie is darem
maar 'n pynvolle ding, nè?

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108374 is 'n antwoord op boodskap #108373] Ma, 30 Januarie 2006 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja jaloesie is 'n baie lelike ding.
Nog 'n groter lelike ding is om snert voor te hou as kuns aangesien jy
met die skrywer bevriend is. Dit terwyl jy 'n kundige is en die verskil
tussen gehalte digkuns en snert te herken. Dit kom basies neer op
bedrog.
Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig - dan kan ons jou
en Ferdietjiekie takseer - ek daag jou.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108375 is 'n antwoord op boodskap #108374] Ma, 30 Januarie 2006 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Ja jaloesie is 'n baie lelike ding.
> Nog 'n groter lelike ding is om snert voor te hou as kuns

Ek daag jou uit om 'n paar gedigte wat onlangs
in boekvorm gepubliseer is hierheen te bring en
te bewys dat dit enigsins beter is as die bostaande
gedig. Neem die oorgrote gros van Breyten Breytenbach
se werk, wat oorwegend so boring is dat ek my nie
kan kry om dit deur te lees nie. Ek verbaas my ook
elke keer oor die kwaliteit van sommige van Jean-
Pierre Naude of Tom Gouws se werk, twee digters
wat ek onder die beste van die nuwe Afrikaanse
digters sien. "Boesmansriviermond" het al die
kwaliteite van 'n suksesvolle gedig. En wat dit
vir my skokkend nuut maak, is die feit dat dit
in die gesprek inbring iets wat omtrent nooit deel
van die bewussyn van die Suid-Afrikaner bereik
nie - die feit dat die kus van SA halfpad is tussen
die droë Karoo met sy intense hitte, en die koue
ys en sneeu van Antarktika. En dat 'n plek soos
Boesmansriviermond daardie plek verteenwoordig
waar dié twee ekstreme in perfekte balans is. So
word die gedig meer as 'n gedig wat net oor iets
atmosferies praat. Dit word verteenwoordiger van
die mens se gees.
Ek verklaar weer: jou giftigheid teen
Ferdi Greyling, wat jy as 'n bedreiging vir jou
opinies sien, laat jou met jou niere dink en nie
met jou kop nie.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108376 is 'n antwoord op boodskap #108375] Ma, 30 Januarie 2006 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek herhaal:
"Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig - dan kan ons
jou
en Ferdietjiekie takseer - ek daag jou. "
En hou asseblief op met die eierdans - hier het jy het met grootmense
te doen.
Maar - as jy dit nie doen nie, aanvaar ek dat ek die rindte, weereens,
loshande wen.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108380 is 'n antwoord op boodskap #108373] Ma, 30 Januarie 2006 21:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Agtertangse" van Helsdingens.

Agtertang is 'n klein stasietjie daar in Colesberg se omgewing. Of daar van
Helsdingens gebly het, weet ek nie. Maar die uitdrukking wat gebruik is in
toeka se radioprogram ("Bog met Bloumaandag"?) was "Agtertangse van
Helsdingens" nie "agterste van Helsdingens" nie... Dis nou te sê tensy jy
werklik van die agterstes wil wees.

Hessie wrote:
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108386 is 'n antwoord op boodskap #108374] Di, 31 Januarie 2006 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Enige iets uit Ferdie se pen/mond is snert.
Net soos sy vertalings in beeld is hierdie ook seker een of
ander onbekende se gedig wat hy vertaal het en as sy eie werk plaas...

maar aan die ander kant dink ek nie daar is iemand wat sulke
stront kan uitdink behalwe hy nie

"Jonas" wrote in message
news:1138635375.278652.44480@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Ja jaloesie is 'n baie lelike ding.
> Nog 'n groter lelike ding is om snert voor te hou as kuns aangesien jy
> met die skrywer bevriend is. Dit terwyl jy 'n kundige is en die verskil
> tussen gehalte digkuns en snert te herken. Dit kom basies neer op
> bedrog.
> Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig - dan kan ons jou
> en Ferdietjiekie takseer - ek daag jou.
>
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108392 is 'n antwoord op boodskap #108380] Di, 31 Januarie 2006 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf

> "Agtertangse" van Helsdingens.
>
> Agtertang is 'n klein stasietjie daar in Colesberg se omgewing. Of daar van
> Helsdingens gebly het, weet ek nie. Maar die uitdrukking wat gebruik is in
> toeka se radioprogram ("Bog met Bloumaandag"?) was "Agtertangse van
> Helsdingens" nie "agterste van Helsdingens" nie...

Dankie, Knersus. Is ek die enigste wat die
uitdrukking "die agterste van Helsdingens"
gebruik?
Daar is natuurlik ook 'n plek genaamd
Helsdingen in Nederland, as ek reg onthou.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108393 is 'n antwoord op boodskap #108376] Di, 31 Januarie 2006 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Ek herhaal:
> "Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig

Jonas, ek weet nie wat gaan aan nie. Ek het noual
tweekeer vir jou op 'n baie spesifieke manier oor die
gedig geantwoord, en elke keer word dit nie geplaas
nie. Eenkeer as 'n aparte pos. Eenkeer as 'n vervolg
in hierdie pos. My antwoord aan Knersus, wat ek
later gepos het, verskyn, maar nie die ander nie. Ek
wonder watter tegniese knoop verhinder die pos van
die vorige twee plasings? Ek sal weer later probeer.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108394 is 'n antwoord op boodskap #108374] Di, 31 Januarie 2006 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

Dit terwyl jy 'n kundige is en die verskil
> tussen gehalte digkuns en snert te herken. Dit kom basies neer op
> bedrog.
> Doen 'n objektiewe ontleding/waardering van die gedig

Nou Jonas. Ten eerste is jy heeltemal verkeerd oor
die feit dat die gedig "Boesmansriviermond" nie 'n
gepubliseerde gedig is nie. Dit is gepubliseer in die
Nederlandse literêre joernaal "Concept" waar ek dit
oorspronklik gelees het. Dat jy jou aanmatig om alles
oor die letterkundige wêreld te weet, slaan my asem
weg. Wat is jou letterkundige kwalifikasies?
Maar laat ons nou verder gaan. Laat ek vir jou
toets. Ek plaas hieronder 'n gedig van 'n persoon
wat 'n "gepubliseerde skryfster" is. Dit gaan ook
omtrent oor die kus en die see, en oor 'n spesifieke
plek. Nou wil ek vir jou vra. ( Ek laat die naam van
die digteres uit, want ek wil nie gedagvaar word nie.)
Nou, as eerste toets vir jou, vra ek vir jou. Watter
van hierdie twee gedigte is die beste? As jy vir my
vertel dat dit nie "Boesmansriviermond" is nie, sal
ek vir jou 'n noukeurige vergelyking van die twee
gedigte gee, en vir jou vertel hoekom die een wat
kwaliteit betref, ver bo die ander uitstaan. Komaan,
ek wag op jou antwoord.

chaka's rock

ek wou gaan stap het langs die see
wat nou swarter word teen sononder
ten spyte van die steenkool in die sand
die gebreekte pyp van 'n ou riool
en verderop die swambruin van 'n stroom
ten spyte van die swerm blikkies leeggedrink
die stalletjie alleen en toegestaal
in die laat lig van die aand

want ek het aan jou gedink
skaars ses uur afwesig
het ek verlang het ek gewonder
hoe was daardie droom
toe jy die woord skimmellig
skielik uit jou hartsak haal
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108396 is 'n antwoord op boodskap #108394] Di, 31 Januarie 2006 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - nee. Ek erken ek het geen letterkundige agtergrond nie.
En, jy eierdans steeds weg van die vraag wat ek vra en die stelling wat
ek maak.
So - ek aanvaar ek wen die rondte. Of, beter gestel - jy verloor die
ene.
Jy weet net so goed soos ek waarom Greyling nie sal publiseer nie - die
kritici sal hom sink. (Maar, as jy my nie glo nie, wat ek weet jy doen,
daag hom om dit te doen. Ek wag in spanning)
Die man kan nie eens 'n enkel rubriek na iets professioneels laat lyk
nie - digwerk is ietwat moeiliker glo ek - en dit weet jy.

Ek is so in 1975 weg uit Durban - en het myself belowe ek wil "eendag"
'n plekkie koop te Salt Rock. (Daar waar EG Malherbe sy "By die see"
gehad het.) Twintig jaar later het beide Salt Rock en Chaka's Rock
verdwyn - vermors saam met Ballito in massabehuising vir die
Transvalers.
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108458 is 'n antwoord op boodskap #108396] Wo, 01 Februarie 2006 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - nee. Ek erken ek het geen letterkundige agtergrond nie.
> En, jy eierdans steeds weg van die vraag wat ek vra en die stelling wat
> ek maak.
> So - ek aanvaar ek wen die rondte.

Nee, jy verloor. Jy verloor jou reputasie as 'n
letterkundige kenner, volgens jou eie bieging.
Jy verloor jou manlikheid, omdat jy nie die
uitdaging aanneem wat ek aan jou stel nie.
Jy wys die tipiese aksies van 'n skoolwerf-
bullebak, wat aantygings maak en terroriseer,
maar nie bereid is om soos 'n man op te
tree nie. Hoekom stuur jy nie die twee
gedigte aan 'n letterkundige kenner van
jou keuse, sonder die name van die digters,
en laat daardie persoon vir jou vertel hoekom
die een beter as die ander is nie.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108476 is 'n antwoord op boodskap #108458] Do, 02 Februarie 2006 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - maar jy is die beste letterkundige kenner wat ek ken. En daarom
dat ek jou gevra het. Kom ons bly by Ferditjiekie se digkuns - wat jy
weet substandaard is.
Waarom publiseer hy nie? En dis al wat ek vra - sodoende kan ander
objektiewe mense dan hulle menings huldig oor hierdie "fonds".
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108493 is 'n antwoord op boodskap #108476] Do, 02 Februarie 2006 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - maar jy is die beste letterkundige kenner wat ek ken. En daarom
> dat ek jou gevra het. Kom ons bly by Ferditjiekie se digkuns - wat jy
> weet substandaard is.
> Waarom publiseer hy nie?

Hy publiseer wel. So watter been het jy nou
om op te staan. Ek daag jou weer uit. Vertel
vir my watter van die twee gedigte onder
bespreking is die beste, dan sal ek vir jou
kan verduidelik wat die verskil tussen hulle
is. Tot tyd en wyl jy dit nie doen nie, moet
jy maar my woord neem dat Greyling se gedig
vir my as letterkundige kenner aan al die
vereistes van 'n "goeie" gedig voldoen.

Gloudina
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108523 is 'n antwoord op boodskap #108493] Vr, 03 Februarie 2006 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou maar Anti vertel dan vir my waar hy publiseer - ek stel baie belang
daarin.
Maar kom ek sluit my bydrae af in die verband met net 2 opmerkings:
1. Indien Ferditjiekie nie eens die mas opkom met sy gewone rubrieke
nie - hoe de joos verwag die man om dit met die digkuns te vermag?
2. As jy nou werklik sy vriend is, waarom help jy nie die man nie?
Waarom praat jy die soort snert goed, terwyl jy as kundige van beter
weet? Is jy bevooroordeel, of bloot 'n slegte vriend?
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #108554 is 'n antwoord op boodskap #108523] Sa, 04 Februarie 2006 13:11 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
> Nou maar Anti vertel dan vir my waar hy publiseer - ek stel baie belang
> daarin.

Ek het vir jou gesê. Ek het "Boesmansriviermond"
in die Nederlandse letterkundige tydskrif Concept
gevind.
Maar ek dink jy is siek, emosioneel siek. Jy
het 'n abnormale reaksie teen enigiets wat Ferdi
Greyling skryf. Jy sing hierdie deuntjie elke keer
as hy ter sprake kom. Jy blyk al die tipiese reaksies
van jaloesie te toon. Hoekom is jy jaloers op
Ferdi Greyling? Is dit die aandag wat hy kry?
Is dit omdat hy hoër op in die intellektuele
food chain is as jy en jy hom dus wil neerhaal?
Jammer, want dit verhoed vir jou om 'n baie
goeie en suiwer gedig te waardeer. Een waar
elke beeld, elke ritme-verandering verantwoord
word, 'n gedig wat 'n waardevolle toevoeging is
tot die genre wat die heerlikheid van plek en
bodem besing.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " Muezzen " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:29:47 MGT 2024