Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » My Sarie Marais
My Sarie Marais [boodskap #107446] So, 27 November 2005 06:36 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11141
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gekry op 'n ander kol:
Die wat belangstel in foto's van die huidige graf en die troufoto, laat my
weet, en ek sal julle na die artikel lei.

1)Sarie Marais photographed in Pietermaritzburg 1857 in her wedding dress a
few days after her marriage to Louis Jacobus Nel.
The Story behind the Song
How was Sara Mare's name linked to the famous song Sarie Marais?
Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a book
The Cavendish Song Album. When Ella de Wet, wife of General Louis Botha's
military attachê N.J.de Wet came to the battle front to see her husband she
often played on the piano while the nearby burghers sang songs from the
album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:

Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.

The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Mare' (which only
recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers wanted
to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories around
the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Mare':

My Sarie Marais is so ver van mij af
Ek hoop haar weer te sien
Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
O bring my terug na die ou transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais

The song Sarie Marais has been translated into many languages including
Frech, Italian and Russian.

"Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom)
The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7
Investigations editor Tony Oosthuize

Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the natal
Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered the
grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.

According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province, South
Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met him
in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year long
trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm. She
died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was buried
near the old homestead.
Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome," says
Welgegund's owner Gert von Beneke. ( ek ken hom hy stel net belang in
polosport )
From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km. Turn
left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the driveway
opposite the farm of C.W.Robertson also called Welgegund.

2)SARIE MARAIS en die dossier
In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die
Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na '
n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor die
legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al
die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te
skryf.

Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net met
die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want:

'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is die
skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel;

Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê daar
is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het nie.

In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante dossier
raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou dokumente
en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van Bergvliet
versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.

Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad, Jan
Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat
kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul boeke
kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan die
oplossing nie.

Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder die
openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in Bloemfontein
by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev.
Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man,
J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as Jepete,
die skrywer van die woorde is.

Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek
om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig eers
aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter later
daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.

Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer het
dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan "so bang
dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik
gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)

Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê,
"ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná 'n
hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos
voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere
inligting by sy groot dossier voeg nie.

Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle
hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai
daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie
dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die
oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander
is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.

Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is
waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar
vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder se
dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou
dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan nie
een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd gevoel
het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op
danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.

Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te
vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat haar
vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy het
ook ander gedigte daarin gesien.

Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde van
Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die
oorspronklike kopie.

Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat Sarie
Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander gediggies
wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie, Martha
Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.

Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie oor
sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word nie,
behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n gedig
gesien het.

"Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood
opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders
besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar
lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks dat
sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie."

Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar
na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie.
"Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig wou
sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.

Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan boekdele
vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe,
wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.

Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De
Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit te
publiseer.

Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later
hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se kommando in
die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die burgers
onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval gevind
het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.

'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die Boere
vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het die
woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan,
sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee, soos
saamgestel deur Ella de Wet.

En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis '
n ooreenkoms. Ellie Rhee lui so:

Sweet Ellie Rhee so dear to me,
Is lost forever more;
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war

KOOR:
Then carry me back to Tennessee,
Back where I long to be;
Among the fields of yellow corn;
To my darling Ellie Rhee.

Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:

My Sarie Maré is so ver van my hart,
Om haar nooit weer te sien,
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Voordat die oorlog begin.

KOOR:
O neem my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Maré.

Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die
Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.

Mev. Malherbe sê ook Jepete kan nie die skrywer van die lied wees nie, want
eers in die Tweede Vryheidsoorlog is van kakies gepraat. In die eerste
oorlog is hulle Rooibaadjies en tommies genoem. As 'n mens in aanmerking
neem hoe dikwels die woorde van die lied al verander is, kan dit moontlik
wees dat Jepete geskryf het: "Sy was so bang dat die tommies my sou vang."
Dit kan later deur kakies vervang gewees het toe die Engelse begin het om
kakieklere te dra.

Hier is egter ook 'n interessante brief met betrekking tot dié punt. Dit is
van 'n mej. E.J. Neethling van Utrecht, Natal, en is gerig aan 'n mnr.
Andries de Klerk, wat ook vroeër gehelp het met navorsing na die Sarie
Marais-raaisel. Die brief is gedateer 25 September 1945.

In die brief sê mej. Neethling dat sy die persoon is wat volgens mev.
Malherbe met mev. De Wet na die Boerekommando's gegaan het om haar man te
besoek.

Sy skryf: "Mev. De Wet was nooit in die oorlog naby Utrecht nie. Dit is nie
waar dat sy saans voor die klavier gesit het en vir die burgers liedjies
gespeel het nie. Utrecht was toe in die hande van die Engelse en elke Boer
wat sy gesig daar durf waag het, sou dadelik gevange geneem gewees het."

Mej. Neethling wys ook daarop dat die wyk Mooirivier nie in Natal was nie,
maar net die rivier met daardie naam. Daar was wel 'n wyk Mooirivier in
Transvaal.

En sover ek met behulp van die dossier kon vasstel, het mev. De Wet self
nooit beweer dat sy dié liedjie geskryf het nie. Sy het wel in die jare
twintig hand bygesit om die lied reg te stel, en dit is deur 'n Kaapstadse
drukker uitgegee.

Wie het dan gelyk, die Toeriens of mev. Malherbe?

Wat interessant is, is dat daar op die laaste oomblik voor die artikel ter
perse gegaan het, ontdek is dat mev. Malherbe se oupagrootjie waarskynlik 'n
broer van die Toeriens se oupa was. Daar is egter nog geen duidelikheid oor
hoe verlangs hulle verwant is nie, maar hulle is beslis familie.

Die Toerien-susters is, soos hul moeder en vader was, baie godsdienstig en
weier nou enige verdere kommentaar op die aangeleentheid.

"Dit maak net baie seer om te hoor hoe ons moeder se lieflingsliedjie so
misbruik word op partytjies, en elke keer is daar 'n stertjie by," sê hulle
egter.

Maar die Toerien-susters glo dat oor die geheim van Sarie Marais nooit
saamgestem sal word nie en dat die oorspronklike woorde vernietig is toe
Ella die dag volgens haar moeder se opdrag die trommel met die ou dokumente
vernietig het.

En as dit so is, dan was daardie woorde beslis nie dieselfde as wat vandag
gesing word nie. "Al wat ons weet, is dat ons moeder nooit 'n leuen sou
vertel nie, en vóór sy besluit het dat haar geheim met haar na die graf sal
gaan, het sy tog uitdruklik gesê haar Jepete het 'n lied oor haar geskryf."

Die susters glo ook dat hul moeder daarteen gekant was dat haar lied soos
Ellie Rhee op elke straathoek gesing word.

Hierdie "magtige geheim", soos dit al beskryf is, het selfs al die
verbeelding van manne soos Lawrence Green aangegryp. Uit ou koerantknipsels
het hy besluit om die standpunt van mev. Malherbe te aanvaar, min wetende
dat hy eintlik net bevestig dat Sarie Marais, soos dit vandag gesing word, '
n verdraaiing van 'n geheim is wat in 1939 met Susara Margaretha Toerien na
die graf is.

Dit is waarom ek glo dat geeneen van hierdie dik dossiere en geen
verslaggewer ooit die geheim gaan oplos nie. Ons sal eers moet besluit na
watter Sarie ons nou eintlik soek.

Eers as iemand met sekerheid kan sê of Sarie Marais al in die Eerste
Vryheidsoorlog gesing is, en of die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog die
woorde vir die eerste keer gehoor het, kan daar weer oor die geheim gepraat
word. En eers dan sal mnr. J.P. Toerien van Bergvliet miskien sy dossier kan
aflsuit. Maar dit is 'n groot miskien...

3)SARIE MARAIS
Woorde: Waarskynlik deur (a) J.P. TOERIEN of (b) DIRK VAN ALPHEN of (c)
SUSTERS BEZUIDENHOUT (d) B.A. DE WET: Vers 3
Musiek: SEP WINNER, na "Sweet Ellie Rhee" uit Scottish Students Song Book,
1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

[1]
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[2]
Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[3]
Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
die josie weet waarnatoe.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[4]
Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met 'n kus te beloon.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Re: My Sarie Marais [boodskap #107450 is 'n antwoord op boodskap #107446] So, 27 November 2005 10:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant! Dankie.

"Annette" skryf in boodskap news:dmbkco$3a9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gekry op 'n ander kol:
> Die wat belangstel in foto's van die huidige graf en die troufoto, laat my
> weet, en ek sal julle na die artikel lei.
>
> 1)Sarie Marais photographed in Pietermaritzburg 1857 in her wedding dress
> a
> few days after her marriage to Louis Jacobus Nel.
> The Story behind the Song
> How was Sara Mare's name linked to the famous song Sarie Marais?
> Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a book
> The Cavendish Song Album. When Ella de Wet, wife of General Louis Botha's
> military attachê N.J.de Wet came to the battle front to see her husband
> she
> often played on the piano while the nearby burghers sang songs from the
> album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:
>
> Sweet Ellie Rhee, so dear to me
> Is lost forever more
> Our home was down in Tennessee
> Before this cruel war
> Then carry me back to Tennessee
> Back where I long to be
> Amid the fields of yellow corn
> To my darling Ellie Rhee.
>
> The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Mare' (which only
> recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers
> wanted
> to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories around
> the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Mare':
>
> My Sarie Marais is so ver van mij af
> Ek hoop haar weer te sien
> Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
> Nog voor die oorlog het begin
> O bring my terug na die ou transvaal
> Daar waar my Sarie woon
> Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
> Daar woon my Sarie Marais
>
> The song Sarie Marais has been translated into many languages including
> Frech, Italian and Russian.
>
>
> "Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom)
> The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7
> Investigations editor Tony Oosthuize
>
> Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the natal
> Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered the
> grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.
>
> According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province, South
> Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met him
> in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year long
> trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm. She
> died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was buried
> near the old homestead.
> Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome," says
> Welgegund's owner Gert von Beneke. ( ek ken hom hy stel net belang in
> polosport )
> From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km.
> Turn
> left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the
> driveway
> opposite the farm of C.W.Robertson also called Welgegund.
>
> 2)SARIE MARAIS en die dossier
> In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die
> Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na
> '
> n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor
> die
> legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al
> die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te
> skryf.
>
> Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net met
> die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want:
>
> 'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is die
> skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel;
>
> Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê daar
> is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het nie.
>
> In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante
> dossier
> raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou
> dokumente
> en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van
> Bergvliet
> versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.
>
> Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad,
> Jan
> Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat
> kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul
> boeke
> kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan
> die
> oplossing nie.
>
> Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder
> die
> openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in
> Bloemfontein
> by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev.
> Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man,
> J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as
> Jepete,
> die skrywer van die woorde is.
>
> Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek
> om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig
> eers
> aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter
> later
> daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.
>
> Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer het
> dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan "so
> bang
> dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik
> gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)
>
> Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê,
> "ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná 'n
> hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos
> voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere
> inligting by sy groot dossier voeg nie.
>
> Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle
> hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai
> daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie
> dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die
> oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander
> is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.
>
> Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is
> waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar
> vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder
> se
> dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou
> dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan
> nie
> een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd
> gevoel
> het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op
> danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.
>
> Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te
> vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat haar
> vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy
> het
> ook ander gedigte daarin gesien.
>
> Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde
> van
> Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die
> oorspronklike kopie.
>
> Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat
> Sarie
> Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander
> gediggies
> wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie, Martha
> Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.
>
> Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie oor
> sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word nie,
> behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n
> gedig
> gesien het.
>
> "Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood
> opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders
> besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar
> lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks
> dat
> sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie."
>
> Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar
> na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie.
> "Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig
> wou
> sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.
>
> Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan
> boekdele
> vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe,
> wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.
>
> Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De
> Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit
> te
> publiseer.
>
> Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later
> hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se kommando
> in
> die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die burgers
> onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval
> gevind
> het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.
>
> 'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die Boere
> vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het die
> woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan,
> sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee, soos
> saamgestel deur Ella de Wet.
>
> En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis
> '
> n ooreenkoms. Ellie Rhee lui so:
>
> Sweet Ellie Rhee so dear to me,
> Is lost forever more;
> Our home was down in Tennessee
> Before this cruel war
>
> KOOR:
> Then carry me back to Tennessee,
> Back where I long to be;
> Among the fields of yellow corn;
> To my darling Ellie Rhee.
>
> Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:
>
> My Sarie Maré is so ver van my hart,
> Om haar nooit weer te sien,
> Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
> Voordat die oorlog begin.
>
> KOOR:
> O neem my terug na die ou Transvaal,
> Daar waar my Sarie woon,
> Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> Daar woon my Sarie Maré.
>
> Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die
> Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.
>
> Mev. Malherbe sê ook Jepete kan nie die skrywer van die lied wees nie,
> want
> eers in die Tweede Vryheidsoorlog is van kakies gepraat. In die eerste
> oorlog is hulle Rooibaadjies en tommies genoem. As 'n mens in aanmerking
> neem hoe dikwels die woorde van die lied al verander is, kan dit moontlik
> wees dat Jepete geskryf het: "Sy was so bang dat die tommies my sou vang."
> Dit kan later deur kakies vervang gewees het toe die Engelse begin het om
> kakieklere te dra.
>
> Hier is egter ook 'n interessante brief met betrekking tot dié punt. Dit
> is
> van 'n mej. E.J. Neethling van Utrecht, Natal, en is gerig aan 'n mnr.
> Andries de Klerk, wat ook vroeër gehelp het met navorsing na die Sarie
> Marais-raaisel. Die brief is gedateer 25 September 1945.
>
> In die brief sê mej. Neethling dat sy die persoon is wat volgens mev.
> Malherbe met mev. De Wet na die Boerekommando's gegaan het om haar man te
> besoek.
>
> Sy skryf: "Mev. De Wet was nooit in die oorlog naby Utrecht nie. Dit is
> nie
> waar dat sy saans voor die klavier gesit het en vir die burgers liedjies
> gespeel het nie. Utrecht was toe in die hande van die Engelse en elke Boer
> wat sy gesig daar durf waag het, sou dadelik gevange geneem gewees het."
>
> Mej. Neethling wys ook daarop dat die wyk Mooirivier nie in Natal was nie,
> maar net die rivier met daardie naam. Daar was wel 'n wyk Mooirivier in
> Transvaal.
>
> En sover ek met behulp van die dossier kon vasstel, het mev. De Wet self
> nooit beweer dat sy dié liedjie geskryf het nie. Sy het wel in die jare
> twintig hand bygesit om die lied reg te stel, en dit is deur 'n Kaapstadse
> drukker uitgegee.
>
> Wie het dan gelyk, die Toeriens of mev. Malherbe?
>
> Wat interessant is, is dat daar op die laaste oomblik voor die artikel ter
> perse gegaan het, ontdek is dat mev. Malherbe se oupagrootjie waarskynlik
> 'n
> broer van die Toeriens se oupa was. Daar is egter nog geen duidelikheid
> oor
> hoe verlangs hulle verwant is nie, maar hulle is beslis familie.
>
> Die Toerien-susters is, soos hul moeder en vader was, baie godsdienstig en
> weier nou enige verdere kommentaar op die aangeleentheid.
>
> "Dit maak net baie seer om te hoor hoe ons moeder se lieflingsliedjie so
> misbruik word op partytjies, en elke keer is daar 'n stertjie by," sê
> hulle
> egter.
>
> Maar die Toerien-susters glo dat oor die geheim van Sarie Marais nooit
> saamgestem sal word nie en dat die oorspronklike woorde vernietig is toe
> Ella die dag volgens haar moeder se opdrag die trommel met die ou
> dokumente
> vernietig het.
>
> En as dit so is, dan was daardie woorde beslis nie dieselfde as wat vandag
> gesing word nie. "Al wat ons weet, is dat ons moeder nooit 'n leuen sou
> vertel nie, en vóór sy besluit het dat haar geheim met haar na die graf
> sal
> gaan, het sy tog uitdruklik gesê haar Jepete het 'n lied oor haar
> geskryf."
>
> Die susters glo ook dat hul moeder daarteen gekant was dat haar lied soos
> Ellie Rhee op elke straathoek gesing word.
>
> Hierdie "magtige geheim", soos dit al beskryf is, het selfs al die
> verbeelding van manne soos Lawrence Green aangegryp. Uit ou
> koerantknipsels
> het hy besluit om die standpunt van mev. Malherbe te aanvaar, min wetende
> dat hy eintlik net bevestig dat Sarie Marais, soos dit vandag gesing word,
> '
> n verdraaiing van 'n geheim is wat in 1939 met Susara Margaretha Toerien
> na
> die graf is.
>
> Dit is waarom ek glo dat geeneen van hierdie dik dossiere en geen
> verslaggewer ooit die geheim gaan oplos nie. Ons sal eers moet besluit na
> watter Sarie ons nou eintlik soek.
>
> Eers as iemand met sekerheid kan sê of Sarie Marais al in die Eerste
> Vryheidsoorlog gesing is, en of die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog die
> woorde vir die eerste keer gehoor het, kan daar weer oor die geheim
> gepraat
> word. En eers dan sal mnr. J.P. Toerien van Bergvliet miskien sy dossier
> kan
> aflsuit. Maar dit is 'n groot miskien...
>
>
> 3)SARIE MARAIS
> Woorde: Waarskynlik deur (a) J.P. TOERIEN of (b) DIRK VAN ALPHEN of (c)
> SUSTERS BEZUIDENHOUT (d) B.A. DE WET: Vers 3
> Musiek: SEP WINNER, na "Sweet Ellie Rhee" uit Scottish Students Song Book,
> 1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
>
> [1]
> My Sarie Marais is so ver van my hart,
> maar'k hoop om haar weer te sien.
> Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
> nog voor die oorlog het begin.
>
> [KOOR]
> O bring my t'rug na die ou Transvaal,
> daar waar my Sarie woon,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais.
>
> [2]
> Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
> en ver oor die see wegstuur;
> toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
> daar onder langs die Grootrivier.
>
> [KOOR]
> O bring my t'rug na die ou Transvaal,
> daar waar my Sarie woon,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais.
>
> [3]
> Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
> Hul sleep jou altyd water toe.
> Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
> die josie weet waarnatoe.
>
> [KOOR]
> O bring my t'rug na die ou Transvaal,
> daar waar my Sarie woon,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais.
>
> [4]
> Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
> terug na die ou Transvaal;
> my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
> om my met 'n kus te beloon.
>
> [KOOR]
> O bring my t'rug na die ou Transvaal,
> daar waar my Sarie woon,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais,
> daar onder in die mielies by die groen doringboom,
> daar woon my Sarie Marais.
>
Re: My Sarie Marais [boodskap #107451 is 'n antwoord op boodskap #107446] So, 27 November 2005 23:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A[2]  is tans af-lyn  A[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Junior Lid
Waar is die foto's?
Re: My Sarie Marais [boodskap #107452 is 'n antwoord op boodskap #107451] Ma, 28 November 2005 03:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11141
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Stuur vir my 'n epos - dan laat weet ek jou.
--
Groetnis
Annette
"A" wrote in message
news:1133135661.931593.222620@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Waar is die foto's?
>
Re: My Sarie Marais [boodskap #107548 is 'n antwoord op boodskap #107446] Do, 01 Desember 2005 16:26 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1507
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nogal gewonder of dit jy is wat so heupe swaai daar...

(ek lees so af en toe daar - en luister podcasts - daarom dat ek nie meer so
baie hier kom nie.)

"Annette"
> Gekry op 'n ander kol:
Vorige onderwerp: Musiek aan't groei?
Volgende onderwerp: Stille Nag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Aug 24 23:12:13 UTC 2019