Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musiek aan't groei?
Musiek aan't groei? [boodskap #107401] Do, 24 November 2005 08:54
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hoewel ek self nie vreeslik baie van meeste Afikaanse musiek hou nie, is dit
vir my verblydend om te sien hoeveel nuwe kunstenaars en style bygekom het.
Van "Stamp" tot Klipwerf tot Visvang treffers, geestelik en "mainstream" en
die ou-garde-musikante soos Koenie en Laurika. Selfs rap. So uiteenlopend!

Dit wys vir my dat
1. Afrikaans sprekendes is bereid om te eksperimenteer met hulle smake en
volg nie almal die trop nie. Dit is nou beide die kunstanaar en die
luisteraar.
2. Die mark gegroei het om die verskeidenheid te kan dra M.A.W. meer mense
is bereid om geld uit te haal daarvoor.
3. Afrikaanse kulture is besig om te splinter en in nuwe groepe te stol, en
dalk vorm nuwe kulture hieruit. Dalk is dit net die uitvloei van die
bestaande kulture? Koenie luisteraars gaan amper beslis nie ook Stamp
albums in hulle versameling hê nie, en die Muslim afrikaans sprekers gaan
dalk nie Grafsteen Sangers regting waardeer nie.
4. Afrikaanse musiek ding mee op sommige vlakke met oorseese musiek.
Suksesvol ook as die mark gegroei het, tensy dieselfde mense nou meer musiek
koop as van tevore.
5. Nie almal volg die SA Engelse se voorbeeld slaafs na nie. Hier in
Pretoria sien 'n mens dit baie - mense is skaam vir die Afrikaans en aap die
Engelse na. Die (stedelike) Engelse sien baie neer
op Afrikaanse musiek en Afrikaners.
6. Afrikaanse musiek word meer aanvaarbaar vir meer ouderdoms- en
sosio-ekonomiese groepe.

Musiek oor die algemeen in SA het ook baie verbeter en woord rug-aan-rug
gespeel saam met Amerikaanse, Britse an Australiese treffers en 'n mens sou
nooit raai nie. Ook die meer gewilde Kwaito sterre soos Mandoza het wereld
klas verwerking, videos en klankbane.

Die vlieg in hierdie salfie vir my is die ver-on-afrikaansing van die
lugwee:
Jakaranda is nou Jacaranda, met bitter min Afrikaanse musiek inhoud.
5FM speel glad geen afrikaanse kunstenare nie, selfs nie eers Karin Zoid se
engelse goed nie. Nou en dan 'n Arno Karstens. Hulle het ook vir my 'n sterk
anti-Afrikaanse boodskap (selfde neersiende houding van die Engels
sprekendes wat deurskyn, myns insiens).

Hierdie is my waarnemings. Wat is julle mening hieroor?

Danie van Pretoria
Vorige onderwerp: Mango
Volgende onderwerp: My Sarie Marais
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:14:13 MGT 2024