Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #106423] Do, 13 Oktober 2005 17:26 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gert Vlok Nel
i sagte reën het agtermiddag

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #106425 is 'n antwoord op boodskap #106423] Vr, 14 Oktober 2005 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou onthou ek weer hoekom ek nie van poësie op skool gehou het nie --
gedigte soos die se skuld, absolute kak

"@rogers.com" skryf in boodskap news:Nr6dnRYkic0lC9PeRVn-tQ@rogers.com...
> Gert Vlok Nel
> i sagte reën het agtermiddag
>
> i sagte reën het die agtermiddag.
> ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
> tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
> julle sal koue.
>
> ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
> het nie geluister vir Ma nie, ons het.
> ons het bootjies gery in die sloot langs.
> Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
>
> in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
> ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
> in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
> i sagte reën het agtermiddag.
>
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #106427 is 'n antwoord op boodskap #106425] Vr, 14 Oktober 2005 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is ook 'n resitasiebarbaar:)))
--
Groetnis
Annette

> Nou onthou ek weer hoekom ek nie van poësie op skool gehou het nie --
> gedigte soos die se skuld, absolute kak
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:Nr6dnRYkic0lC9PeRVn-tQ@rogers.com...
>> Gert Vlok Nel
>> i sagte reën het agtermiddag
>>
>> i sagte reën het die agtermiddag.
>> ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
>> tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
>> julle sal koue.
>>
>> ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
>> het nie geluister vir Ma nie, ons het.
>> ons het bootjies gery in die sloot langs.
>> Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
>>
>> in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
>> ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
>> in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
>> i sagte reën het agtermiddag.
>>
>
Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #106438 is 'n antwoord op boodskap #106425] Vr, 14 Oktober 2005 12:08 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Nou onthou ek weer hoekom ek nie van poësie op skool gehou het nie --
> gedigte soos die se skuld, absolute kak

Riaan, ek is geinteresseerd. Weet jy wat in die gedig
aangaan? Wat is die "storie" wat in die gedig vertel word?
Mens kan natuurlik argumenteer oor die tegniek met
die woorde wat daar in die gedig gebruik word. 'n Goeie
Afrikaanse onderwyser sou jou uitgedaag het om jou opinie
te lug oor dié saak. 'n Goeie Afrikaanse onderwyser sou
jou ander voorbeelde van dieselfde tegniek in byvoorbeeld
Engels gewys het en jou opinie daaroor gevra het. Ek kan
alleen maar aanneem dat jy nie 'n goeie Afrikaanse
onderwyser op skool gehad het nie, of dat jy een van daardie
studente was wat sit en droogmaak het terwyl die onderwyser
swoeg, en nou kla dat jy nie gedigte verstaan nie. Die feit
dat jy " poësie" skryf soos jy dit skryf, wys vir my dat jy
nie 'n baie goeie student van jou eie moederstaal op skool
was nie. Is jy ook een van daardie Afrikaners wat gedurig
sit en kla oor hoe Afrikaans nou in SA verwaarloos word?
Ek kan amper wed jy is.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Ou Foto " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Groenspreeu " deur P. W. BUYS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 04:41:54 MGT 2024