Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS
" 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106237] Sa, 01 Oktober 2005 20:28 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tom Gouws
8. mabotsa

Fil. 3:10-12
Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
moet U klinies hierdie boosberymde inprent
van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
in afrika deur gekweste leeu bespring,
arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106243 is 'n antwoord op boodskap #106237] So, 02 Oktober 2005 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jissie ek is seker biki dom, maar ek vind hierdie stukke vér bokant my
intellek.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:05adndatb-DccqPeRVn-iQ@rogers.com...
> Tom Gouws
> 8. mabotsa
>
> Fil. 3:10-12
> Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
> moet U klinies hierdie boosberymde inprent
> van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
> in afrika deur gekweste leeu bespring,
> arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
> van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
> ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
> aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.
>
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106247 is 'n antwoord op boodskap #106243] So, 02 Oktober 2005 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> Jissie ek is seker biki dom, maar ek vind hierdie stukke vér bokant my
> intellek.
>> Tom Gouws
>> 8. mabotsa
>>
>> Fil. 3:10-12
>> Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
>> moet U klinies hierdie boosberymde inprent
>> van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
>> in afrika deur gekweste leeu bespring,
>> arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
>> van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
>> ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
>> aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.

Ja-nee, François, die ding is dig. Maar kom ons kyk wat
aangaan. Vireers, ek neem aan die verwysing na die
Fil. 3: 10-12 is 'n verwysing na die boek Filemon in
die NT. Nouja, die boek Filemon is seker die kortste
boek in die NT en het geen hoofstukke nie. So hier is
seker die eerste teken dat dit 'n beentrekkery is, dat
hy 'n slaggat skep vir kritici, of mens wil dwing om
Filemon te lees.
Nou verwys hy verder na die stuk nuus dat 'n sendeling
in Afrika deur 'n "gekweste" leeu bespring is en dat die
sendeling se arm morsaf gebreek is. Hy bring ook die
verwysing is na die feit dat Christus baiekeer die Leeu
van Juda genoem word. Ek kan nie presies besluit
wat hy hier wil sê in praktiese terme nie. Ek dink hy
wil net praat van God se "onlogiese metafisika" en
hy vereenselwig homself blykbaar met die gewonde
sendeling en verklaar dat hy aan sy lyf die stigmata
van die Leeu van Juda dra.

Gloudina
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106252 is 'n antwoord op boodskap #106247] So, 02 Oktober 2005 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Filippense 3:10-12:

"Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te
ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,
in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die
dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie,
maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds
Syne gemaak het."

Ek het so 'n bietjie gaan "google" en die volgende opgespoor:

Mabotsa is 'n sendingstasie in Botswana waar David Livingstone eens op 'n
tyd gebly het. Daar was ook 'n voorval met 'n leeu:

"Livingstone shot a lion. Then, as he began to reload his gun, the wounded
lion sprang up on him and shook him as a cat does a rat. His left arm was
crushed to the bone. Mebalwe grabbed his gun and, seeing the
motion of the upraised gun, the lion left Livingstone and sprang upon
Mebalwe, biting him through the thigh. Another man coming on with a spear
was bitten as well before the lion toppled over dead as a result of the
bullet wound. Livingstone's arm was stiff and useless from then on and, when
he raised it, intense pain shot through his body. The left arm had loss of
power the rest of his life."

Skielik toe nie meer so bokant my intellek nie. :))

"@rogers.com" skryf in boodskap news:f_2dnWJx1anURKLeRVn-jg@rogers.com...
>
> "Francois Human" skryf
>
>> Jissie ek is seker biki dom, maar ek vind hierdie stukke vér bokant my
>> intellek.
>>> Tom Gouws
>>> 8. mabotsa
>>>
>>> Fil. 3:10-12
>>> Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
>>> moet U klinies hierdie boosberymde inprent
>>> van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
>>> in afrika deur gekweste leeu bespring,
>>> arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
>>> van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
>>> ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
>>> aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.
>
> Ja-nee, François, die ding is dig. Maar kom ons kyk wat
> aangaan. Vireers, ek neem aan die verwysing na die
> Fil. 3: 10-12 is 'n verwysing na die boek Filemon in
> die NT. Nouja, die boek Filemon is seker die kortste
> boek in die NT en het geen hoofstukke nie. So hier is
> seker die eerste teken dat dit 'n beentrekkery is, dat
> hy 'n slaggat skep vir kritici, of mens wil dwing om
> Filemon te lees.
> Nou verwys hy verder na die stuk nuus dat 'n sendeling
> in Afrika deur 'n "gekweste" leeu bespring is en dat die
> sendeling se arm morsaf gebreek is. Hy bring ook die
> verwysing is na die feit dat Christus baiekeer die Leeu
> van Juda genoem word. Ek kan nie presies besluit
> wat hy hier wil sê in praktiese terme nie. Ek dink hy
> wil net praat van God se "onlogiese metafisika" en
> hy vereenselwig homself blykbaar met die gewonde
> sendeling en verklaar dat hy aan sy lyf die stigmata
> van die Leeu van Juda dra.
>
> Gloudina
>
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106254 is 'n antwoord op boodskap #106252] So, 02 Oktober 2005 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> Skielik toe nie meer so bokant my intellek nie. :))

Liewe land, François, jy verduidelik vir my nou 'n ding. Jy
het die hele sleutel van die ding gekry. Natuurlik is dit
nie Filemon nie, maar Fillipense. En dan is dit Livingstone
wat deel is van die gedig, met al die gewig wat dit dra.
Dankie vir die verduideliking.

Gloudina
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106262 is 'n antwoord op boodskap #106237] Ma, 03 Oktober 2005 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> Tom Gouws
> 8. mabotsa
>
> Fil. 3:10-12
> Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
> moet U klinies hierdie boosberymde inprent
> van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
> in afrika deur gekweste leeu bespring,
> arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
> van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
> ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
> aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.

JO! Waar kry jy dit? Skryf afrikaans asb, sodat ons kan verstaan.
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106271 is 'n antwoord op boodskap #106252] Ma, 03 Oktober 2005 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> "Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te
> ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,
> in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die
> dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie,
> maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds
> Syne gemaak het."
> Mabotsa is 'n sendingstasie in Botswana waar David Livingstone eens op 'n
> tyd gebly het. Daar was ook 'n voorval met 'n leeu:
>
> "Livingstone shot a lion.

Die spreker in die gedig is dus duidelik Livingstone self. As mens
nou die stuk uit die Bybel lees, as komende van Livingstone, dan
word dit 'n diep godsdienstige gedig.

Gloudina
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106275 is 'n antwoord op boodskap #106271] Ma, 03 Oktober 2005 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
hermeneutiek = wat op aarde?

Soois wat te lui is om die woordeboek te gaan haal

"@rogers.com" skryf in boodskap news:Y-idnQUHIcVVj9zeRVn-vw@rogers.com...
>
> "Francois Human" skryf
>
>> "Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te
>> ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy
> dood,
>> in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die
>> dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie,
>> maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my
>> reeds
>> Syne gemaak het."
>> Mabotsa is 'n sendingstasie in Botswana waar David Livingstone eens op 'n
>> tyd gebly het. Daar was ook 'n voorval met 'n leeu:

>> "Livingstone shot a lion.
>
> Die spreker in die gedig is dus duidelik Livingstone self. As mens
> nou die stuk uit die Bybel lees, as komende van Livingstone, dan
> word dit 'n diep godsdienstige gedig.
>
> Gloudina
>
Re: " 8. mabotsa " deur TOM GOUWS [boodskap #106278 is 'n antwoord op boodskap #106275] Ma, 03 Oktober 2005 20:16 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> hermeneutiek = wat op aarde?
>
> Soois wat te lui is om die woordeboek te gaan haal

Ja, toe dwing jy my nou om op te staan en die woordeboek
te gaan raadpleeg. Dit sê dis "the science and methodology
of interpretation, especially scriptural interpretation."
Gewoonlik is daar by kweekskole 'n professor van
hermeneutiek. Dit het sekerlik nie net betrekking op
Christelike skriptuur nie. Dit kan van enige skriptuur
wees.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het" deur S.J. DU TOIT
Volgende onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:30:22 MGT 2024