Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS
" Uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS [boodskap #106050] Wo, 21 September 2005 18:46
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sonnet - Uit Malvern

Hulle stap hier deur die skemerstrate saans
die groot figure, baarde dae-oud,
met krae opgeslaan, die wind is koud
en mompel oor die weer in Afrikaans;

die koppe stug asof haas suf gedink,
kosblikke in die growwe werkershande;
onder ou gryspet en slap hoederande
oë wat vinnig uitloer, bang en blink.

Eens voor die eeu was hul grootland-besitters,
met sluheid nou onterf uit vadersgrond,
is hul van rooidag tot die straatlig-stond
asryers, pikslaners en vuilvoor-spitters.

Die mpoulas dans en laat die skadu's spook -
hul raak verlore tussen huise en rook ...

S.J. Pretorius
Vorige onderwerp: " Nuwe Jerusalem " deur D,J, OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het" deur S.J. DU TOIT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:01:15 MGT 2024