Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING
" Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #104713] Sa, 30 Julie 2005 20:38 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Droë Waterval

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
. Poqo .. Mandela ..
en aande in die agterkop gaan lê
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's
van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droëwaterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
jy hoor water,
'n dun verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oë, diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.
(Kyk!
Hulle ry alleen oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-Wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!

Dit pla hulle nie
Dat vroeë mens en dier
uit die tye van die groen Karoo
vergete in die gestolde klippe lê
waarmee die dun pad gepak is! )

Hulle ry voort.
Hulle ry steeds voort.
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #104714 is 'n antwoord op boodskap #104713] Sa, 30 Julie 2005 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Baie mooi Gloudina.(en Ferdie). !!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:AsqdncPd8_fUfnbfRVn-tQ@rogers.com...
Droë Waterval

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
. Poqo .. Mandela ..
en aande in die agterkop gaan lê
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's
van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droëwaterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
jy hoor water,
'n dun verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oë, diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.
(Kyk!
Hulle ry alleen oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-Wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!

Dit pla hulle nie
Dat vroeë mens en dier
uit die tye van die groen Karoo
vergete in die gestolde klippe lê
waarmee die dun pad gepak is! )

Hulle ry voort.
Hulle ry steeds voort.
Re: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING [boodskap #104715 is 'n antwoord op boodskap #104714] Sa, 30 Julie 2005 21:04 Na vorige boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Jul 2005 17:59:14 -0300, "news" wrote:

> Baie mooi Gloudina.(en Ferdie). !!
>

Jou mening; maar jy het nie finale sê nie.
Natuulik het Jonas net soveel sê, en ons wag
op sy ondersoekende blik (en daarop volgende kritiek) hierna.
Vorige onderwerp: Hoe Die Wind Bekly
Volgende onderwerp: " Die Lewe na die Dood " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:01:25 MGT 2024