Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Paternoster " deur HEIN SWART
" Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103455] So, 29 Mei 2005 23:22 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommmers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wêreld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf
Re: " Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103456 is 'n antwoord op boodskap #103455] So, 29 Mei 2005 23:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, waar kry jy tog hierdie gedig. Jare gelede het Etienne Leroux se
dogter vir my Hein Swart se digbundel Praathuis gegee, en ek het dit oor
die jare verloor,en sou so graag dit weer wou he. Saam met Lina Spies is hy
my gunsteling Afrikaanse digter.

Ellie

"@rogers.com" skryf in boodskap news:kvqdndKTcpSc0AffRVn-vQ@rogers.com...

PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommmers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wêreld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf
Re: " Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103495 is 'n antwoord op boodskap #103456] Ma, 30 Mei 2005 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Gloudina, waar kry jy tog hierdie gedig. Jare gelede het Etienne Leroux se
> dogter vir my Hein Swart se digbundel Praathuis gegee, en ek het dit oor
> die jare verloor,en sou so graag dit weer wou he. Saam met Lina Spies is hy
> my gunsteling Afrikaanse digter.

Daar is twee Hein Swarts in my ( verouderde) Groot
Verseboek. Ek het sopas die tweede een gepos.
Het jy Etienne Leroux persoonlik geken? Indien wel,
vertel meer.

Gloudina
Re: " Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103497 is 'n antwoord op boodskap #103495] Ma, 30 Mei 2005 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:__WdnbpWbJxV7wbfRVn-vg@rogers.com...

"news" skryf

> Gloudina, waar kry jy tog hierdie gedig. Jare gelede het Etienne Leroux se
> dogter vir my Hein Swart se digbundel Praathuis gegee, en ek het dit oor
> die jare verloor,en sou so graag dit weer wou he. Saam met Lina Spies is hy
> my gunsteling Afrikaanse digter.

Daar is twee Hein Swarts in my ( verouderde) Groot
Verseboek. Ek het sopas die tweede een gepos.
Het jy Etienne Leroux persoonlik geken? Indien wel,
vertel meer.

Gloudina

Nee, ek het net sy dogter geken, ook nie baie goed nie, sy was ouer as ek,
maar n regte free spirit. Ek weet nie wat van haar geword het nie. Ek was
ook glad nie n groot fan van haar pa nie, al was hy een van die stigters van
die Sestigers. Hy het destyds in Koffiefontein gewoon, ek dink dis in die
Vrystaat iewers.

Ellie
Re: " Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103513 is 'n antwoord op boodskap #103497] Di, 31 Mei 2005 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" sskryf

Ek was
> ook glad nie n groot fan van haar pa nie, al was hy een van die stigters van
> die Sestigers. Hy het destyds in Koffiefontein gewoon, ek dink dis in die
> Vrystaat iewers.

Hoekom het jy nie van Etienne Leroux gehou nie?
Ek moet sê ek ken hom ongelukkig nie baie goed
nie. Sy eerste goed het uitgekom toe ek nog in
SA was, maar ek was óf te onkundig om sy
"Sewe dae by die Silbersteins" te verstaan, óf
anders was dit nie so aardsskuddend as wat
daar voorgegee is nie. Vir meeste van sy ander
goed was ek uit die land uit.
Ek het ook 'n spesmaas dat hy, as die seun van
'n invloedryke Nasionale Party pilaar, onder die
tafel eintlik baie meer deur die establishment
beskerm was as wat mens sou dink. In Opperman
se biografie is daar tekens dat hy Opperman geraadpleeg
het voordat hy sommige van sy werk die lig laat sien
het.

Gloudina
Re: " Paternoster " deur HEIN SWART [boodskap #103525 is 'n antwoord op boodskap #103513] Wo, 01 Junie 2005 13:30 Na vorige boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
"koekerig" is die woord waarna jy soek anti. Nie "onkundig" nie!

Danieljan.

maar ek was óf te onkundig om sy
> "Sewe dae by die Silbersteins" te verstaan, óf
> anders was dit nie so aardsskuddend as wat
> daar voorgegee is nie.
Vorige onderwerp: " Oranjezicht-bus " deur HEIN SWART
Volgende onderwerp: " Diereriem " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 11:42:40 MGT 2024